Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ATKV-behoud
ATKV-behoud [boodskap #79327] Di, 17 Junie 2003 08:44 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die Rapport Sondag was daar 'n artikel oor al die Afrikaanse organisasies
wat glo veg vir die behoud van die Afrikaanse taal en kultuur.
Almal, behalwe die ATKV, is besig om 'n stille dood te sterf, en Praag en
G63 is glo hoofsaaklik afhanklik van die kuberruimte.
Selfs die Afrikaanse Akedemie vir Wetenskap en Kuns is besig om te verskiet
na hulle blapsvolle Wetenskapsolimpiadevraestel.
Die FAK bestaan nog net in naam, en ons het juis Saterdag gepraat dat daar
nie meer 'n toekoms is vir 'n organisasie soos die VLV nie. Verskeie takke
is besig om saam te smelt omdat die ledetal per tak te min raak.
Die ATKV bemoei hulle nie uitsluitlik met die behoud van die taal en kultuur
nie, maar spits hulle eerder toe op die uitbreiding daarvan dmv projekte
waaraan enige persoon kan deelneem. Die lede betaal elk R32 per maand, en
dit sorg natuurlik dat die vereniging 'n vaste bron van inkomste het.

Annette
Re: ATKV-behoud [boodskap #79458 is 'n antwoord op boodskap #79327] Vr, 20 Junie 2003 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> In die Rapport Sondag was daar 'n artikel oor al die Afrikaanse organisasies
> wat glo veg vir die behoud van die Afrikaanse taal en kultuur.
> Almal, behalwe die ATKV, is besig om 'n stille dood te sterf, en Praag en
> G63 is glo hoofsaaklik afhanklik van die kuberruimte.
> Selfs die Afrikaanse Akedemie vir Wetenskap en Kuns is besig om te verskiet
> na hulle blapsvolle Wetenskapsolimpiadevraestel.
> Die FAK bestaan nog net in naam, en ons het juis Saterdag gepraat dat daar
> nie meer 'n toekoms is vir 'n organisasie soos die VLV nie. Verskeie takke
> is besig om saam te smelt omdat die ledetal per tak te min raak.
> Die ATKV bemoei hulle nie uitsluitlik met die behoud van die taal en kultuur
> nie, maar spits hulle eerder toe op die uitbreiding daarvan dmv projekte
> waaraan enige persoon kan deelneem. Die lede betaal elk R32 per maand, en
> dit sorg natuurlik dat die vereniging 'n vaste bron van inkomste het.
>
> Annette

Wat probeer jy nou eintlik sê deur Rapport (van alle koerante) na te
praat, of het jy nie 'n mening van jou eie nie?
Belangriker nog, wat doen jy daar aan om Afrikaanse belange te
bevorder?
Kry jou feite korrek. Om soos Rapport te beweer
> Die FAK bestaan nog net in naam
is louter twak. Die FAK het nie individuele lede nie, maar is 'n
alliansie van Afrikaanse kultuurverenigings. Onder leiding van Hennie
de Wet is hulle besig met groot dinge en behaal hulle groot sukses.
Probeer 'n slag moeite doen om vas te stel op welke terreine hulle
oral besig is.
Om die Groep van 63 en PRAAG in een sin te noem (soos wat Rapport
doen) is om soos die AWB en ANC in een sin saam te groepeer en te
kategoriseer. Al bestaan hulle "hoofsaaklik" in die "kuberruimte" is
die gehalte van die debatte op die Groep van 63 se e-poslys van die
hoogste gehalte van enigiets soortgelyks in SA (en beslis van 'n veel
ho"er gehalte as die debatte in Rapport).
Ek kry die indruk asof jy "schadefreude" ervaar n.a.v. Rapport se
artikel?
Re: ATKV-behoud [boodskap #79494 is 'n antwoord op boodskap #79458] Vr, 20 Junie 2003 23:12 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Intact wrote:

> Wat probeer jy nou eintlik sê deur Rapport (van alle koerante) na te
> praat, of het jy nie 'n mening van jou eie nie?

>> Die FAK bestaan nog net in naam

> is louter twak. Die FAK het nie individuele lede nie, maar is 'n
> alliansie van Afrikaanse kultuurverenigings. Onder leiding van Hennie
> de Wet is hulle besig met groot dinge en behaal hulle groot sukses.
> Probeer 'n slag moeite doen om vas te stel op welke terreine hulle
> oral besig is.

Dankie vir die inligting. Dis nogal komies
as iemand (blykbaar om kwaad teen die
huidige regime te stook?) sê iets bestaan
nog net in naam, wanneer dit altyd nog net
in naam bestaan het! Miskien moet Annette
by die FAK probeer aansluit, en as verskoning
gebruik dat sy 'n hele industrie is van
malinformasie en kwaadstokery.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Vorige onderwerp: Re: Aan Lorinda en Speedy
Volgende onderwerp: Everest
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 16:42:49 MGT 2024