Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Twee gedigte oor menslike verhoudings
Twee gedigte oor menslike verhoudings [boodskap #7891] Sa, 28 Desember 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
SKRIK
Ingrid Jonker

Jy is
'n rustelose see;
dis snaaks hoe jou liefde
'n vrees is; ek is bang
As jy stort en styg om my heen
Tot ek vlug
Oor die sand
Van die bewende waterkant heen.

Jou woord is 'n klotsende brander
en die skuim jou wit trots
Maar wat gebeur en verander
In die donkergroen diep van jou bors?

KONTINENTALE DRYWING
Charl Durand

Warrelwind,

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy --
jou sandduin het verskuif
die lugfotos kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: 'n Gedig deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: 'n Gedig opgedra aan Paul in die Paradys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 19:57:32 MGT 2024