Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bietjie galgehumor
Bietjie galgehumor [boodskap #78352] Di, 27 Mei 2003 18:05 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Stukkie galgehumor vir julle. Ek het 'n vriend hier, al die laaste
30 jaar. Die storie gaan nie oor hom nie, maar oor sy broer, noem hom
maar Piet. Ek en my ou.pêl het self ernstige probleme met Bacchus
gehad, maar nog nooit soos Piet nie en daarom kan en mag ons daaroor
lag

Hy het 'n pragtige mooi huis daar in een van die dorpies in
Kapaailand, daai ongelooflike mooi stuk van die verste Noord-Oostelike
hoekie van die Oos-Kaap waar hy gewerk het vir 'n papier maatskapy wat
duisende hektare plase uitgekoop het om bome te plant, wat die dorpies
daar baie skade aangedoen het en die mense baie kwaad gemaak het.

Eeste probleem: Hy val, breek sy heup, maar die dokter sê hy kan niks
vir hom doen nie, want hy het eintlik 'n operasie met skroewe nodig,
maar omdat hy net duskant 2 meter lank is en nie eet nie (die probleem
van baie alkoholiste) weeg hy maar 'n skamele 63 Kg. Hy is toe na 'n
spesialis in Oos-Londen toe. Dieselfde diagnose. Hy moes toe tussen 6
weke en 3 maande lê sodat die heup self kan aangroei. Hy het dit
probeer doen, maar die heup het effens skeef aangegroei, met die
gevolg dat hy toe so effens hinkepink begin loop het..

Tweede probleem: Hy besluit een aand dat die lewe is nie meer die
moeite werd nie en ry Barkly-Oos toe, want daar is hoë berge met
lekker afgronde om van af te ry. Ongelukkig (gelukkig?) ry die poephol
toe heeltemal in die verkeerde rigting. Na 'n ruk toe ry hy 'n bees so
skrams raak, wat ons nogal laat dink het dat hy die ou Transkei
ingefoeter het, want daai Oos-Kaap boere se beeste loop nie snags op
die paaie nie. Hy is toe so hartseer oor die skade aan sy kar dat hy
maar toe huis toe gaan om te gaan slaap.

Derde probleem: Hy val weer en breek sy ander heup! Dieselfde diagnose
van sy dokter en die spedialis. Hulle kry vir hom 'n rolstoel, maar
daarvan wou hy hy niks weet nie. Iemand maak toe vir hom 'n loopring,
die soort soos vir babatjies.

Vierde probleem: Hy suip nog, val met sy loopring en breek drie
ribbes.

Wat doen mens met so 'n mens?

Eintlik tragies? Seker so, maar lekker galgehumor vir die van ons wat
weet. Hulle sê mos die Afrikaners suip te veel, so dis maar deel van
ons kultuur.
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78392 is 'n antwoord op boodskap #78352] Wo, 28 Mei 2003 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Waar's Kapaailand, Drom? Noord van Oos-Londen?

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0305271005.3e624c25@posting.google.com...
> 'n Stukkie galgehumor vir julle. Ek het 'n vriend hier, al die laaste
> 30 jaar. Die storie gaan nie oor hom nie, maar oor sy broer, noem hom
> maar Piet. Ek en my ou.pêl het self ernstige probleme met Bacchus
> gehad, maar nog nooit soos Piet nie en daarom kan en mag ons daaroor
> lag
>
> Hy het 'n pragtige mooi huis daar in een van die dorpies in
> Kapaailand, daai ongelooflike mooi stuk van die verste Noord-Oostelike
> hoekie van die Oos-Kaap waar hy gewerk het vir 'n papier maatskapy wat
> duisende hektare plase uitgekoop het om bome te plant, wat die dorpies
> daar baie skade aangedoen het en die mense baie kwaad gemaak het.
>
> Eeste probleem: Hy val, breek sy heup, maar die dokter sê hy kan niks
> vir hom doen nie, want hy het eintlik 'n operasie met skroewe nodig,
> maar omdat hy net duskant 2 meter lank is en nie eet nie (die probleem
> van baie alkoholiste) weeg hy maar 'n skamele 63 Kg. Hy is toe na 'n
> spesialis in Oos-Londen toe. Dieselfde diagnose. Hy moes toe tussen 6
> weke en 3 maande lê sodat die heup self kan aangroei. Hy het dit
> probeer doen, maar die heup het effens skeef aangegroei, met die
> gevolg dat hy toe so effens hinkepink begin loop het..
>
> Tweede probleem: Hy besluit een aand dat die lewe is nie meer die
> moeite werd nie en ry Barkly-Oos toe, want daar is hoë berge met
> lekker afgronde om van af te ry. Ongelukkig (gelukkig?) ry die poephol
> toe heeltemal in die verkeerde rigting. Na 'n ruk toe ry hy 'n bees so
> skrams raak, wat ons nogal laat dink het dat hy die ou Transkei
> ingefoeter het, want daai Oos-Kaap boere se beeste loop nie snags op
> die paaie nie. Hy is toe so hartseer oor die skade aan sy kar dat hy
> maar toe huis toe gaan om te gaan slaap.
>
> Derde probleem: Hy val weer en breek sy ander heup! Dieselfde diagnose
> van sy dokter en die spedialis. Hulle kry vir hom 'n rolstoel, maar
> daarvan wou hy hy niks weet nie. Iemand maak toe vir hom 'n loopring,
> die soort soos vir babatjies.
>
> Vierde probleem: Hy suip nog, val met sy loopring en breek drie
> ribbes.
>
> Wat doen mens met so 'n mens?
>
> Eintlik tragies? Seker so, maar lekker galgehumor vir die van ons wat
> weet. Hulle sê mos die Afrikaners suip te veel, so dis maar deel van
> ons kultuur.
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78406 is 'n antwoord op boodskap #78392] Wo, 28 Mei 2003 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf in boodskap news:...
> Waar's Kapaailand, Drom? Noord van Oos-Londen?
>
Ja, net bietjie ver Noord. As jy na 'n ou landkaart kyk wat nog die
Transkei wys, is Kapaailand so min of meer daai stukkie Noord van die
ou Transkei, wat Kaapprovinsie gebly het. Sommiges sê dis net die area
vanaf Maclear in die Ooste dan Weswaarts deur Ugie, Elliott, Ida,
Indwe tot by Dordrecht, terwyl ander ook die meer noordelike dorpies
soos Lady Grey, Barkly-Oos en Rhodes insluit. So dis maar daar rond.
Groete, Drom
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78409 is 'n antwoord op boodskap #78406] Wo, 28 Mei 2003 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

>> Waar's Kapaailand, Drom? Noord van Oos-Londen?

> Ja, net bietjie ver Noord. As jy na 'n ou landkaart kyk wat nog die
> Transkei wys, is Kapaailand so min of meer daai stukkie Noord van die
> ou Transkei, wat Kaapprovinsie gebly het. Sommiges sê dis net die area
> vanaf Maclear in die Ooste dan Weswaarts deur Ugie, Elliott, Ida,
> Indwe tot by Dordrecht, terwyl ander ook die meer noordelike dorpies
> soos Lady Grey, Barkly-Oos en Rhodes insluit. So dis maar daar rond.

En waar kom die woord "Kapaailand"
nou weer vandaan?

Gloudina
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78473 is 'n antwoord op boodskap #78409] Do, 29 Mei 2003 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
>
> En waar kom die woord "Kapaailand"
> nou weer vandaan?
>
> Gloudina

So paar maande gelede het daar 'n ouerige man oor die radio gepraat
van Kapaailand, hoofsaaklik oor tipieses Xhosa en Griekwa woorde en
uitdrukkings watin hulle Afrikaans gebruik word. Hy het ook genoem dat
die naam afgelei is van die naam van 'n belangrike hoofman wat in die
ou dae daar geheers het; Ncapayi of so iete - ek is nie seker van die
spelling nie. Dit was vir my ook nuus. Ek ken die woord van kleintyd
af, maar het nooit geweet waar dit vandaan kom nie.

Groete, Drom
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78477 is 'n antwoord op boodskap #78406] Do, 29 Mei 2003 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Makliker gestel - die streek van skuins tennisbane en amper onbegaanbare
paaie:))
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0305280426.64c56d97@posting.google.com...
> "Koot" wrote in message
news:...
>> Waar's Kapaailand, Drom? Noord van Oos-Londen?
>>
> Ja, net bietjie ver Noord. As jy na 'n ou landkaart kyk wat nog die
> Transkei wys, is Kapaailand so min of meer daai stukkie Noord van die
> ou Transkei, wat Kaapprovinsie gebly het. Sommiges sê dis net die area
> vanaf Maclear in die Ooste dan Weswaarts deur Ugie, Elliott, Ida,
> Indwe tot by Dordrecht, terwyl ander ook die meer noordelike dorpies
> soos Lady Grey, Barkly-Oos en Rhodes insluit. So dis maar daar rond.
> Groete, Drom
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78490 is 'n antwoord op boodskap #78473] Do, 29 Mei 2003 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> So paar maande gelede het daar 'n ouerige man oor die radio gepraat
> van Kapaailand, hoofsaaklik oor tipieses Xhosa en Griekwa woorde en
> uitdrukkings watin hulle Afrikaans gebruik word. Hy het ook genoem dat
> die naam afgelei is van die naam van 'n belangrike hoofman wat in die
> ou dae daar geheers het; Ncapayi of so iete - ek is nie seker van die
> spelling nie. Dit was vir my ook nuus. Ek ken die woord van kleintyd
> af, maar het nooit geweet waar dit vandaan kom nie.

Ja, ek kan ook vaagweg van daardie
hoofman onthou.
Is die huidige Oostelike Provinsie
(wat is die offisiële benaming) nou
die hele Transkei plus die vorige
Ciskei en dele van die ou Kaapprovinsie?
Op die kus, waar hou die Weskaap op en
begin die Ooskaap.

Gloudina
Re: Bietjie galgehumor [boodskap #78506 is 'n antwoord op boodskap #78490] Do, 29 Mei 2003 19:00 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Is die huidige Oostelike Provinsie
> (wat is die offisiële benaming) nou
> die hele Transkei plus die vorige
> Ciskei en dele van die ou Kaapprovinsie?
> Op die kus, waar hou die Weskaap op en
> begin die Ooskaap.
>
> Gloudina

Ja, beide die vorige Transkei en Ciskei en 'n groot deel van die
vorige Oos-Kaap. Kuslangs is die grens die Blaauwkrans brug, een van
die mooistes in die wêreld, seker so 300 tot 400 meter lank en op sy
hoogste punt 218 meter hoog. Effens binneland toe is die grens van die
Oos-Kaap daar naby Willowmore, en as mens van die Noorde op die N1 kom
is dit daar in die omgewing van Driesusters. Tot nou toe was die
Oos-Kaap amptelik "Eatern Cape" genoem, maar daar is al heelparty nuwe
name voorgestel. Ons sal maar sien.
Groete, Drom
Vorige onderwerp: Wat het van henerietjie geword?
Volgende onderwerp: Rugbynuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 18:48:08 MGT 2024