Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!)
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!) [boodskap #7806] Wo, 11 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
> Koos skryf:
>
>> Daar is toe 'n stukkie audio op van PW wat in sy paranoiese ergste
>> stemtoom (daai een wat so 'n mengsel was van selfbejammering en woede)
>> die wereld uitdaag om te doen wat hulle wil....
>> Fokkit. Toe kry ek koue rillings.
>
> Dit laat my nou dink aan daai tyd van die onluste,



>
> Vriendelike groete.
> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>

Galjoen

Jy is darem baie bitter - sal ons die SA troepe vergelyk met Vietnam? Hoeveel
het jy op 18 geweet, en hoeveel het jy omgegee? Die feit dat die Army eintlik
- nou as jy terug kyk - nogal lekker was - ou menslike ding - onthou die
lekker en vergeet die bad stukke - soos wagstaan, snotkop offisiere se stront
en 'intellectually challenged' PF's se magspeletjies, tydmors, terug keer van
pas, maak gou en wag ens ens.

Mens kan sien jy is al 'n tydjie uit die land. Die Afrikaners (en Engelse)
wat ek ken (ek het meeste uit gehaal en ken ingesit voor iemand weer oop my
kop dinges) krimp in mekaar as iemand die kaffer en meit woord gebruik. Dis
erger as om te vloek so sensitief is dinge deesdae. Was onlangs oorsee en
snaaks hoe die mense wat 'n tydjie uit die land is nog daardie woorde gebruik.
Jy voel hoe jy ineenkrimp as iemand dit hardop in 'n geselskap sê. Kyk rond
of iemand nie dalk gehoor het en jou in 'sulke' geselskap sien nie. Snaaks hoe
gou dinge verander.

Ek was gelukkig nie in die infanterie nie so het geen diens in operasionele
toestande gesien nie - was in die MP's en op die grens (Nam) - en het baie van
die minder gewenste elemente in die weermag gesien. So om nou van verkragting,
doodskiet by begrafnisse, konfiskeer van drank, bloufilms, verkragtings,
rondslaap, dagga rook te praat asof dit die norm was is 'n bietjie, nee sommer
baie oordrewe. Ek dink jy ruk die hol onder die hoender uit daarso.

So terug na Vietnam/SA - ons was binne 'n stelsel en het nie die moed of die
inisiatief of die lus gehad om teen die prikkels te skop nie. Het meer geworry
oor jou volgende date as oor die politiek. Bietjie volstruis politiek ja maar
dis nou maar ons Afrikaners - sal ons 'perceived' leiers tot in die hel volg -
hulle sal mos nie vir ons lieg nie, sal hulle? So moet ons nou ons eie longe
oopskeur en daarop kak omdat ons deel was van 'n stelsel wat uitgedraai het
dat dit mense regte geskend het? (Al was dit duidelik as jy vir 'n oomblik
stil gestaan en gedink het). Nie deel was van die stigting van so 'n stelsel
nie, maar tog gedeel het in die voordele daarvan (en gestem het vir die
voortbestaan daarvan?)? Hoe lank moet ons boete doen( as enig sins)? Hoekom?
Gaan dit enigiets verander? Daar is tans hierdie geskopte hond mentaliteit (
jy weet mos so 'n brak wat sy baas baie geskop het - gaan le^ stert tussen die
bene - reg vir die volgende skop of skrobering) by die Afrikaner. Die klere
skeur en as op die hoof hoop mentaliteit - kruisig my - ek's 'n Afrikaner - ek
het gebaat by apartheid - mentaliteit! Die gat kruip by enig iemand wat nie
gesien word as apartheid deler? Hoekom moet ons boete doen? Moet ons
kollektief verantwoordelikheid aanvaar vir die sondes van apartheid? Gaan dit
enigsins help - of sal dit maar wees soos - ons het dit gedoen - voel jammer
daaroor ( en fok julle in elk geval)! Hoeveel van die ouens voor die
Waarheids Kommissie is rerig jammer en hoeveel probeer maar net hulle eie
gatte red?

Soos (ek dink) klaasvakie gesê het : wat is eintlik aan die gang? Probeer ons
nou ons eie gewetes salf deur die sondes van apartheid as ons eie te aanvaar?
Of is dit maar net 'n gebors slanery - ter salwing van die gewete?

Vir eers - genoeg vrae? Antwoorde het ek nie! Het iemand?

Cheers
Lou
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!) [boodskap #7807 is 'n antwoord op boodskap #7806] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos skryf:

> Daar is toe 'n stukkie audio op van PW wat in sy paranoiese ergste
> stemtoom (daai een wat so 'n mengsel was van selfbejammering en woede)
> die wereld uitdaag om te doen wat hulle wil....
> Fokkit. Toe kry ek koue rillings.

Dit laat my nou dink aan daai tyd van die onluste,
ek was toe in die hoerskool. Die Burger het toe in verskriklike
groot donker, vet letters geskryf op die voorblad: STAAK DIT!
en ek dink daar was 'n groot, dreigende bulhond foto van Vorster.
(Vorster het altyd soos 'n bulhond gelyk, sonder om te probeer).

Dit was so 'n regte vinger-wysende (nes P.W. Poephol Weetnie) houding,
een wat seg: julle kaffertjies moet nou ophou en terug skool toe,
anders gaan ons julle opdonner....genoeg is genoeg!

Vir 'n tyd het hoerskoolkinders snags hul blanke
skole gaan oppas - "want die kaffers sou dit kom afbrand".
Vir die kinders was dit 'n moerse avontuur. Hulle het met messe en
punt-twee-twees en flitse om die skole gesluip en middernagfees gehou.
Party ouers het meegedoen en hulle het soos generaals die skoolbewaking
gereel. Dit was vir hulle jammer toe die onluste bedaar.

Dit was dieselfde vir baie in die Army. 'n Reuse avontuur.
Offisiere het Potjiekos aande gehad, vleis gebraai en lekker gesuip
terwyl die arme troepe alles moes doen. Sulke drolle kon nie wag
vir die volgende kamp nie. Om kaffers by begrafnisse te skiet,
sodat hulle weer 'n begrafnis kan he...en weer kan skiet.....
dit was soos om "Cowboys en crooks" te speel.
(Tog te lekker as jy in 'n gepantserde voertuig sit).
En vir al die kak aanjaag het hulle nog pips en strepe gekry ook.
Waaroor dit eintlik gegaan het, het hulle vokkol geskeel.
(Nou vind hul uit...)
En sommige troepe het ook "lekker" gehad: Drank en
dagga by die swartes gekonfiskeer, bloufilms gekyk, goedkoop drank
en "danger pay" gekry, en lekker rondgenaai (en verkrag),
terwyl vroulief by die huis sit: Seen die manne op ons grense.
(die ovambomeide was blykbaar so mooi as hul in die rivier was).
Ander ouens het maar doodgewoon hul diens gedoen,
En selfs daarvoor was hulle bewonder: dapper jong seuns,
helde van die velde...

Ja-nee, vir sommige: Ai die goeie ou dae!!
Sluit my uit.

Daar is natuurlik 'n ander storie ook: Daar is sport gespeel met die
swartes en vrugte uitgedeel en misdaad bekamp in die Townships ens.
Baie mense in die weermag het 'n eerlike poging aangewend om goed te
doen, maar dit was om teen donderweer te probeer poep.

Van poep gepraat...
in die army kon mens maar sommer lekker gemaklik poep,
sonder om skies te seg, hoe vrotter hoe beter...

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!) [boodskap #7820 is 'n antwoord op boodskap #7806] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Lou,

Ek ruik dieselfde rot as jy.. mense wat lankal weg is, weet nie
of besef miskien nie wat nou aangaan nie.. Ek is vier maande gelede
daar weg, en ek se vir julle, die mense is fed-up, moedeloos, *atvol:
dis 'n oog vir 'n oog ... al die pad met die nuwe bewind. Dis nag vir
baie van ons mense.

> Vir eers - genoeg vrae? Antwoorde het ek nie! Het iemand?
en ek het ook nie antwoorde nie.
Ek wonder *of* daar 'n antwoord is.
Of net suiwer *Afrika* ....

Verskoon maar as ek negatief klink.
Dis net moedeloos en hartseer vir wat
aan die gebeur is.
rana
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!) [boodskap #7821 is 'n antwoord op boodskap #7806] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
> From: gal...@ibm.net

>
> Vir 'n tyd het hoerskoolkinders snags hul blanke
> skole gaan oppas - "want die kaffers sou dit kom afbrand".
> Vir die kinders was dit 'n moerse avontuur. Hulle het met messe en
> punt-twee-twees en flitse om die skole gesluip en middernagfees gehou.
> Party ouers het meegedoen en hulle het soos generaals die skoolbewaking
> gereel. Dit was vir hulle jammer toe die onluste bedaar.
>
> Dit was dieselfde vir baie in die Army. 'n Reuse avontuur.
> Offisiere het Potjiekos aande gehad, vleis gebraai en lekker gesuip
> terwyl die arme troepe alles moes doen. Sulke drolle kon nie wag
> vir die volgende kamp nie. Om kaffers by begrafnisse te skiet,
> sodat hulle weer 'n begrafnis kan he...en weer kan skiet.....
> dit was soos om "Cowboys en crooks" te speel.
> (Tog te lekker as jy in 'n gepantserde voertuig sit).
> En vir al die kak aanjaag het hulle nog pips en strepe gekry ook.
> Waaroor dit eintlik gegaan het, het hulle vokkol geskeel.
> (Nou vind hul uit...)
> En sommige troepe het ook "lekker" gehad: Drank en
> dagga by die swartes gekonfiskeer, bloufilms gekyk, goedkoop drank
> en "danger pay" gekry, en lekker rondgenaai (en verkrag),
> terwyl vroulief by die huis sit: Seen die manne op ons grense.
> (die ovambomeide was blykbaar so mooi as hul in die rivier was).

As my geskiedenis SO gelyk het, het ek sekerlik ook jammer gevoel!

Groete
Dave
Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!) [boodskap #7834 is 'n antwoord op boodskap #7806] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Dec 1996 00:07:01 +0000, rana wrote:

of besef miskien nie wat nou aangaan nie.. Ek is vier maande gelede[/color]
> daar weg, en ek se vir julle, die mense is fed-up, moedeloos, *atvol:
> dis 'n oog vir 'n oog ... al die pad met die nuwe bewind. Dis nag vir
> baie van ons mense. >>>

Speak for yourself lady.
>
Vorige onderwerp: Twee gedigte uit die apartheidsjare
Volgende onderwerp: "Dankgabet vannie Skollie" deur ADAM SMALL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:50:28 MGT 2024