Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Fiasko'tjie
Fiasko'tjie [boodskap #78113] Do, 22 Mei 2003 05:30 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
Ag ja...

Annette
Laer inflasie? [boodskap #78127 is 'n antwoord op boodskap #78113] Do, 22 Mei 2003 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette...
Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
Ag ja...


Wouter
Nie heeltemaal reg nie, Annette

Hulle beplan wel om dit vandeesmaand bekend te maak, teen 30 Mei, dus sowat
11 dae laat. Daar is ook net getuienis van een komponent, nl. groei in huur,
wat foutiewelik oor die laaste jaar of twee nie aangepas is. Dit is deur
Investec opgetel en aan Stats SA uitgewys. Hulle het dadelik die fout erken
en besluit om ook al die ander komponente na te gaan voor hulle April se
inflasiesyfer aankondig.

Dis nie goed vir vertroue in ons inflasie-indekse nie, maar die feit dat
hulle die fout dadelik erken het en dit nie probeer wegpraat het (soos ons
in die ou bedeling gewoond was nie) is darem positief. Wat ook positief is,
is dat ons inflasiesyfers deesdae elke maand in sulke detail gepubliseer
word dat onafhanklike ekonome sulke foute kan agterkom. Stats SA se probleem
is duidelik onakkuraatheid en nie skelmgeit nie. Sommige mense reken dis
omdat hulle as gevolg van die inkorting in staatsuitgawes nie genoeg geld
kry nie.

Terloops, die waarskynlike effek hiervan is dat die VPIX-inflasiekoers 1%
tot 2% laer was as wat ons gedink het. Huurgroeie het gedaal in die periode
waartydens dit nie aangepas is nie en VPIX is as gevolg daarvan te hoog
bereken.
Re: Laer inflasie? [boodskap #78133 is 'n antwoord op boodskap #78127] Do, 22 Mei 2003 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die persoon aan die hoof van die ondersoek en uitwys is John Stopford van
Investec ( in die Kaap).
Die syfers word nou op 30 Mei vrygestel ( indien SA Stats die interne
hervasstelling van data betyds kan inkorporeer ) in plaas van 20 Mei.

Die algemene gevolge - hetsy goed of sleg- is die volgende:
1) SA Huiseienaars het duidende rande meer in rente op hul verbande betaal
as wat hulle moes.
2) Buitelandse beleggingsvertroue in offisiele syfers sal geskud wees.
3) Verhogings is gekoppel aan hoër inflasie-syfers.
4) CPI - ( lewenskoste) en CPIX - ( verbruikersinflasie uitgesluit
verbandkoerse) - het 'n invloed op die reserwebank se besluit oor
rentekoerse - dus het die wat skuld te veel rente betaal en die wat het te
veel rente gekry.
5) Eindomsverhuring se inflasie word tans geag 35% te wees, maar SA Stats
gebruik nog steeds data van huurinflasie soos in Oktober 1999. ( 15%)

Volgens Stopford hoop hy dat SA Stats voor 30 Mei die volgende sal uitklaar:
1) Sal SA Stats erken dat die CPIX te hoog gestel is.
2) Hoe groot was die oorberekening.
3) Was daar enige ander foute in die berekening van die syfers.
4) Hoe lank is daar al met die verkeerde syfers gewerk.

SA Stats beweer hulle het 'n tekort aan fondse.

Volgens die huidige berekening word die koste/inkomste van eiendomme wat
verhuur word bereken op 'n groei van 94% per jaar op huise en woonstelle.
Volgens Stopford het hierdie foutiewelike berekening beteken dat die
inflasiekoers met 1/9% te veel aangetoon is vir langer as 'n jaar, met die
verskil na die verkeerde kant toe wat meer word elke maand.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3eccb707.0@news1.mweb.co.za...
> Annette...
> Die inflasiesyfers gaan nie hierdie maand bekend gemaak word nie. Daar is
> bevind dat die Dept van Statistiek etlike belangrike komponente buite
> rekening gelaat het by die berekening van vorige inflasiesyfers.
> Ag ja...
>
> Wouter
> Nie heeltemaal reg nie, Annette
>
> Hulle beplan wel om dit vandeesmaand bekend te maak, teen 30 Mei, dus sowat
> 11 dae laat. Daar is ook net getuienis van een komponent, nl. groei in huur,
> wat foutiewelik oor die laaste jaar of twee nie aangepas is. Dit is deur
> Investec opgetel en aan Stats SA uitgewys. Hulle het dadelik die fout erken
> en besluit om ook al die ander komponente na te gaan voor hulle April se
> inflasiesyfer aankondig.
>
> Dis nie goed vir vertroue in ons inflasie-indekse nie, maar die feit dat
> hulle die fout dadelik erken het en dit nie probeer wegpraat het (soos ons
> in die ou bedeling gewoond was nie) is darem positief. Wat ook positief is,
> is dat ons inflasiesyfers deesdae elke maand in sulke detail gepubliseer
> word dat onafhanklike ekonome sulke foute kan agterkom. Stats SA se probleem
> is duidelik onakkuraatheid en nie skelmgeit nie. Sommige mense reken dis
> omdat hulle as gevolg van die inkorting in staatsuitgawes nie genoeg geld
> kry nie.
>
> Terloops, die waarskynlike effek hiervan is dat die VPIX-inflasiekoers 1%
> tot 2% laer was as wat ons gedink het. Huurgroeie het gedaal in die periode
> waartydens dit nie aangepas is nie en VPIX is as gevolg daarvan te hoog
> bereken.
>
Re: Laer inflasie? [boodskap #78154 is 'n antwoord op boodskap #78133] Do, 22 Mei 2003 22:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Eindomsverhuring se inflasie word tans geag 35% te wees, maar SA Stats
gebruik nog steeds data van huurinflasie soos in Oktober 1999. ( 15%)

Wouter
Ek vermoed jy het dié twee syfers omgedraai. Huurgroei is nou
eerder in die omgewing van 10%, heelwat laer as die 35% in
1999. Hulle het tot Maart daardie foutiewe 35% gebruik; daarom
is die werklike inflasie laer as wat hulle dit bereken het.

Annette
Sal SA Stats erken dat die CPIX te hoog gestel is.

Wouter
Die hoof van Stats SA het reeds Maandagaand op Moneyweb se
radioprogram erken dat hulle verkeerde syfers gebruik het. Hy wou
hom egter nie uitlaat oor hoeveel die finale syfer sal afwyk nie,
omdat hulle ook ander elemente ondersoek.

Annette
Volgens die huidige berekening word die koste/inkomste van eiendomme wat
verhuur word bereken op 'n groei van 94% per jaar op huise en woonstelle.

Wouter
Jy kan nie ernstig wees nie? 94% per jaar? Hier bo sê jy dan hulle
gebruik 15%? Ek reken dis albei verkeerd, dis eintlik 35% wat tot
in Maart gebruik is.
Re: Laer inflasie? [boodskap #78224 is 'n antwoord op boodskap #78133] So, 25 Mei 2003 05:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Die algemene gevolge - hetsy goed of sleg- is die volgende:
> 1) SA Huiseienaars het duidende rande meer in rente op hul verbande betaal
> as wat hulle moes.

Die rente wat op verbande betaal word is nie direk gekoppel aan die CPIX
syfer nie. Indien dit was, sou dit nie nodig gewes het vir SARB om n MPC te
he nie, verbandkoerse kon mos elke maand outomaties aangepas geword het.
CPIX is bloot een van die aanwysers wat deur die MPC gebruik word.

Joeboy
Re: Laer inflasie? [boodskap #78229 is 'n antwoord op boodskap #78224] So, 25 Mei 2003 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Die algemene gevolge - hetsy goed of sleg- is die volgende:
> 1) SA Huiseienaars het duidende rande meer in rente op hul verbande betaal
> as wat hulle moes.

Joeboy
Die rente wat op verbande betaal word is nie direk gekoppel aan die CPIX
syfer nie. Indien dit was, sou dit nie nodig gewes het vir SARB om n MPC te
he nie, verbandkoerse kon mos elke maand outomaties aangepas geword het.
CPIX is bloot een van die aanwysers wat deur die MPC gebruik word.

Wouter
Korrek, maar hoekom nou Annette se klaaglied met allerhande feite kom
bederf? :-)
Re: Laer inflasie? [boodskap #78246 is 'n antwoord op boodskap #78229] So, 25 Mei 2003 21:25 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Korrek, maar hoekom nou Annette se klaaglied met allerhande feite kom
> bederf? :-)

Presies. Sien dit vir wat dit is.
'n Industrie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Sekwestrasie
Volgende onderwerp: Vat 'n slaapsak saam Absa toe.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:39:08 MGT 2024