Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Ja Baas " deur WOPKO JENSMA
" Ja Baas " deur WOPKO JENSMA [boodskap #77987] Di, 20 Mei 2003 00:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wopko Jensma
Ja Baas

1
'n renoster is 'n nors vent. meneer hier -
rye skedels, gekatalogiseer, op rakke (spykers in my keel)
laat ons jou geheue, in alle redelikheid
oophark
nou, luister mooi hoe ek die bordjie sop opslurp
luister na die sirene
probeer nou deur jou gewete loop
probeer voel hoe die visse jou vleis vreet
van renosters gepraat: is jy 'n suid-afrikaner?

2
16 desember en 'n skottel bloed op tafel
die karkas van afrika hang in-tempel
hallelujas onder koepelblou
'n skermutseling iewers
ek trommel my vingers op my propvol maag

3
ek is vredevors hier
ek wik en beskik
ek besluit wie vrek

julle koppe rol rose van ranke

julle eet klippe vir brood

ek is vredevors hier
ek ken harde kontant
lek my gat
Vorige onderwerp: Beste Afrikaanse CDs??
Volgende onderwerp: Prostitusie - praktiese wenke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 14:04:07 MGT 2024