Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Annika Sorensam.......
Annika Sorensam....... [boodskap #77692] Do, 15 Mei 2003 07:00 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77723 is 'n antwoord op boodskap #77692] Do, 15 Mei 2003 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
motorwedrenne, hengel - noem hulle op.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77732 is 'n antwoord op boodskap #77723] Do, 15 Mei 2003 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik is dit eenvoudig. Die bane vir golf verskil vir mans en vroue.
Die mans speel langer putjies en die plasing van die gaatjie is ook
moeiliker. Wat hengel aanbetref, solank fisiese krag nie 'n rol speel nie
[dis nou die groter visse soos haaie en marlyn] kan die vrou wel met die man
kompeteer in die dat die gooit en die vis wat gevang word wel binne die
fisiese vermoë van 'n vrou lê. Sodra jy begin haai vang en jou aas moet
150m in die see in en jy moet in die water instap tot net jou kop uitsteek
en dan gooi.....dan vou die anties.
Die vroue wat ooit geslaag het op motorwedrenne, het net beperkte
sukses gehad, want weereens kan 'n vrou fisies nie die stres vat nie.
Verder het dit baie met geestelike instelling ook te doen. Suksesvolle
renjaers is mense wat onder hoë stres helderkop kan bly en terwyl sy lyf
gehamer word, steeds die regte dinge kan doen. Vroumense kan wel intense
pyn vat, maar die vraag is nie die weerstand daarvan nie.....dis of die kop
kan helder bly. Snaaks genoeg, net so iets soos 1,7% van alle mans kan dit
doen en bitter min vroumense. Hoe weet ek? Die army!

"Jonas" skryf in boodskap news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
>> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
>> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
>> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
>> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>>
>
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77733 is 'n antwoord op boodskap #77732] Do, 15 Mei 2003 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek volg die anner dag 'n program op DSTV waarvolgens die mans tydens 'n
ruimtereis, en waartydens dar 'n vrou of vrouens teenwoordig is binne 48 uur
begin meeding vir die aandag van die vrou/vrouens.
'n Baie goeie rede waarom vrouens nie op die slagveld moet dien nie. Ek het
geen probleem dat hulle wil "dien" nie, maar afsonderlik.

Jamer Suidwester maar ek glo 'n klomp sportsoorte moet oopgegooi word vir
medediging tussen mans en vrouens. En rook hulle nie die pyp nie kan hulle
na sigarette oorskakel.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ec39a7b.0@news1.mweb.co.za...
> Eintlik is dit eenvoudig. Die bane vir golf verskil vir mans en vroue.
> Die mans speel langer putjies en die plasing van die gaatjie is ook
> moeiliker. Wat hengel aanbetref, solank fisiese krag nie 'n rol speel nie
> [dis nou die groter visse soos haaie en marlyn] kan die vrou wel met die man
> kompeteer in die dat die gooit en die vis wat gevang word wel binne die
> fisiese vermoë van 'n vrou lê. Sodra jy begin haai vang en jou aas moet
> 150m in die see in en jy moet in die water instap tot net jou kop uitsteek
> en dan gooi.....dan vou die anties.
> Die vroue wat ooit geslaag het op motorwedrenne, het net beperkte
> sukses gehad, want weereens kan 'n vrou fisies nie die stres vat nie.
> Verder het dit baie met geestelike instelling ook te doen. Suksesvolle
> renjaers is mense wat onder hoë stres helderkop kan bly en terwyl sy lyf
> gehamer word, steeds die regte dinge kan doen. Vroumense kan wel intense
> pyn vat, maar die vraag is nie die weerstand daarvan nie.....dis of die kop
> kan helder bly. Snaaks genoeg, net so iets soos 1,7% van alle mans kan dit
> doen en bitter min vroumense. Hoe weet ek? Die army!
> "Jonas" wrote in message
> news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
>> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
>> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
>> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
>>> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
>>> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
>>> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>>>
>>
>
Re: Annika Sorenstam....... [boodskap #77740 is 'n antwoord op boodskap #77732] Do, 15 Mei 2003 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai tog, nou moet ek alweer nie met jou saamstem nie - daar is van daardie
tannies met baarde wat vir Rusland en Oos-Duitsland in die veldnommers
deelgeneem het wat met fisieke krag vir geen man hoef agteruit te staan nie.
Jy is reg van die korter bane, maar nie noodwendig van die moeiliker
putjieplasing nie - en dit gaan basies daaroor dat die
liggaamsgewig/spierkragverhouding van vrouens en mans verskil - ongelukkig
speel die groter spierkragvrouens gewoonlik nie gholf nie, maar hulle
verkies die veldnommers in atletiek, gewigoptel, rofstoei, of tel motors op
om te wys hoe sterk hulle is.
Wat motor renne betref dink ek nie dit het met streshantering te doen nie -
meer met verveling. Terloops dit is al meer as een keer bewys dat vrouens
wat aan drag racing deelneem oor die algemeen 'n vinniger reaksietyd het as
mans. Hulle raak net gouer vervelig om dieselfde ding oor en oor te doen.
Mans is basies creatures of habit;)))
As mens so luister na die meerderheid mans se jeremiades omdat hulle
kwansuis nie werk kan kry of hou nie, dan dink ek die meeste vrouens is
baie beter toegerus vir streshantering as mans.
Dan kom mens natuurlik by die army wat vir die manne vertel hulle kan pyn
hanteer en vroue nie eintlik nie, omdat hulle so aangaan oor geboortepyne -
en dan sit die arme tawwe latte met hul gewaande hoë pyndrumpel en krul van
die pyn as hulle 'n spier verrek het.
Sjeim.:))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ec39a7b.0@news1.mweb.co.za...
> Eintlik is dit eenvoudig. Die bane vir golf verskil vir mans en vroue.
> Die mans speel langer putjies en die plasing van die gaatjie is ook
> moeiliker. Wat hengel aanbetref, solank fisiese krag nie 'n rol speel nie
> [dis nou die groter visse soos haaie en marlyn] kan die vrou wel met die man
> kompeteer in die dat die gooit en die vis wat gevang word wel binne die
> fisiese vermoë van 'n vrou lê. Sodra jy begin haai vang en jou aas moet
> 150m in die see in en jy moet in die water instap tot net jou kop uitsteek
> en dan gooi.....dan vou die anties.
> Die vroue wat ooit geslaag het op motorwedrenne, het net beperkte
> sukses gehad, want weereens kan 'n vrou fisies nie die stres vat nie.
> Verder het dit baie met geestelike instelling ook te doen. Suksesvolle
> renjaers is mense wat onder hoë stres helderkop kan bly en terwyl sy lyf
> gehamer word, steeds die regte dinge kan doen. Vroumense kan wel intense
> pyn vat, maar die vraag is nie die weerstand daarvan nie.....dis of die kop
> kan helder bly. Snaaks genoeg, net so iets soos 1,7% van alle mans kan dit
> doen en bitter min vroumense. Hoe weet ek? Die army!
> "Jonas" wrote in message
> news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
>> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
>> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
>> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
>>> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
>>> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
>>> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
>>> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>>>
>>
>
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77743 is 'n antwoord op boodskap #77733] Do, 15 Mei 2003 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik het ek g'n probleem dat hulle die spul wil meng nie want so mooi
soos die meisietjies se gatte darem deesdae is........MAAR ongelukkig
beteken dit dan dat die vroumense omtrent nooit sal kan slaag met sport nie.
Ek meen, doer in die dae van Chris Evert-Lloyd, toe sy die wêreld se nommer
een was en haar man, John, het net-net die top 100 van die wêreld gehaal en
hy het haar gereeld in oefenwedstryde geklop! Net so sal geen van die
vroumense wat vandag tennis speel, eers kan kwalifiseer vir 'n toernooi as
dit gemeng was nie. Wat die golf aanbetref, sal 'n vrouegolfspeler sukkel
om die top 50 te haal en wat maak die res van die vrouegolfspelers dan met
hulleself?
Eintlik lees ek daar is 'n eenvoudige oplossing vir die
Sorenstam-probleem. Toe die vroumense nog so skrou oor die manne kla omdat
sy aan hulle toernooi wil deelneem, toe sê die een administrateur:
"Sekerlik werk hierdie storie na beide kante toe? As die vrouens by ons
kompeteer, kan die mans wat nie by ons kan slaag nie, mos dan ook by die
vroue gaan kompeteer? Ons wys jaarliks letterlik honderde mans af wat nie
kan kwalifiseer vir die PGA-toer nie, maar hulle sal heel maklik kan
toernooie wen by die LPGA."
Dis toe nou net hier wat die vroumense begin skrou maar nou neuk hy óns
storie op!

"Jonas" skryf in boodskap news:ba06c4$7mk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek volg die anner dag 'n program op DSTV waarvolgens die mans tydens 'n
> ruimtereis, en waartydens dar 'n vrou of vrouens teenwoordig is binne 48 uur
> begin meeding vir die aandag van die vrou/vrouens.
> 'n Baie goeie rede waarom vrouens nie op die slagveld moet dien nie. Ek het
> geen probleem dat hulle wil "dien" nie, maar afsonderlik.
>
> Jamer Suidwester maar ek glo 'n klomp sportsoorte moet oopgegooi word vir
> medediging tussen mans en vrouens. En rook hulle nie die pyp nie kan hulle
> na sigarette oorskakel.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ec39a7b.0@news1.mweb.co.za...
>> Eintlik is dit eenvoudig. Die bane vir golf verskil vir mans en vroue.
>> Die mans speel langer putjies en die plasing van die gaatjie is ook
>> moeiliker. Wat hengel aanbetref, solank fisiese krag nie 'n rol speel nie
>> [dis nou die groter visse soos haaie en marlyn] kan die vrou wel met die man
>> kompeteer in die dat die gooit en die vis wat gevang word wel binne die
>> fisiese vermoë van 'n vrou lê. Sodra jy begin haai vang en jou aas moet
>> 150m in die see in en jy moet in die water instap tot net jou kop uitsteek
>> en dan gooi.....dan vou die anties.
>> Die vroue wat ooit geslaag het op motorwedrenne, het net beperkte
>> sukses gehad, want weereens kan 'n vrou fisies nie die stres vat nie.
>> Verder het dit baie met geestelike instelling ook te doen. Suksesvolle
>> renjaers is mense wat onder hoë stres helderkop kan bly en terwyl sy lyf
>> gehamer word, steeds die regte dinge kan doen. Vroumense kan wel intense
>> pyn vat, maar die vraag is nie die weerstand daarvan nie.....dis of die kop
>> kan helder bly. Snaaks genoeg, net so iets soos 1,7% van alle mans kan dit
>> doen en bitter min vroumense. Hoe weet ek? Die army!
>> "Jonas" wrote in message
>> news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
>>> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
>>> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
>>> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
>>>> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
>>>> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
>>>> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>>>>
>>>>
>>>
>>
>
Re: Annika Sorenstam....... [boodskap #77747 is 'n antwoord op boodskap #77740] Do, 15 Mei 2003 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Is jou toontjie seer getrap? Jy moet appels met appels vergelyk.
Daai dik busse stoot 'n gewig ook 60 voet, maar hulle doen dit met 'n 8 pond
gewig en die mans doen dit met 'n 14 pond gewig! Hou by atletiek.
Vroumense spring 2,04m hoog en mans boing! oor 2,3m. Vrouens sukkel om oor
die 60m met 'n ligte spies te kom....mans vlieg rustig oor die 80 met 'n
swaarder spies. Paalspring....die vroumense kan nie 5m haal nie....mans
gaan oor die 6m.
Wat die motorwedrenne aanbetref. Weet jy dat Schumacher een van die
fikste sportmanne ter wêreld is? Dat sy hart se spoed varieer tussen
normaal op tot oor die 200 slae? Dat hulle tot so 'n 8kg gewig verloor in
een Grand Prix? Dat 'n GP-motor G-forces trek wat enige gewone mens sal
laat 'blackout'? Ander sportmense soos bv atlete, berei voor vir 'n enkele
prestasie gebeurtenis wat meiskien 4 - 6 repetisies vereis....'n Grand Prix
duur amper 2 ure waartydens hulle meeste van die tyd teen 'n spoed beweeg
wat maper die lengte van 'n rugbyveld per sekonde is! En maak hy 'n fout,
dan verloor hy sy lewe. Glo my vry, daar is maar min mense op aarde wat
hierin kan slaag.
Hoe kan jy sê vroumense raak gouer verveeld? Dis dan juis die
gespeletes wat so hou van roetinewerk en dinge? Julle vroumense is die een
wat reken julle kan die pyn van 'n geboorte vat en daarom meer pyn as
vroumense kan hanteer! Hoe waar dit is, kan nie bepaal word nie want mans
kan nooit 'n kind kry nie, so dis dan mos net 'n aanname om julleself so
effe te troos? Jy moet ook onthou vroumense is gebruiksdiere en hoekom jou
gestampte toon self versorg as daar 'n vrou is dit om vir jou te doen? Jy
moet ook onthou dat die masseer van daai spier lei tot ander dinge en dan
kan die vrou darem ook vir 'n slag so 'n bietjie plesier
kry..................?

"Annette" skryf in boodskap news:ba0avf$o0crf$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ai tog, nou moet ek alweer nie met jou saamstem nie - daar is van daardie
> tannies met baarde wat vir Rusland en Oos-Duitsland in die veldnommers
> deelgeneem het wat met fisieke krag vir geen man hoef agteruit te staan nie.
> Jy is reg van die korter bane, maar nie noodwendig van die moeiliker
> putjieplasing nie - en dit gaan basies daaroor dat die
> liggaamsgewig/spierkragverhouding van vrouens en mans verskil - ongelukkig
> speel die groter spierkragvrouens gewoonlik nie gholf nie, maar hulle
> verkies die veldnommers in atletiek, gewigoptel, rofstoei, of tel motors op
> om te wys hoe sterk hulle is.
> Wat motor renne betref dink ek nie dit het met streshantering te doen nie -
> meer met verveling. Terloops dit is al meer as een keer bewys dat vrouens
> wat aan drag racing deelneem oor die algemeen 'n vinniger reaksietyd het as
> mans. Hulle raak net gouer vervelig om dieselfde ding oor en oor te doen.
> Mans is basies creatures of habit;)))
> As mens so luister na die meerderheid mans se jeremiades omdat hulle
> kwansuis nie werk kan kry of hou nie, dan dink ek die meeste vrouens is
> baie beter toegerus vir streshantering as mans.
> Dan kom mens natuurlik by die army wat vir die manne vertel hulle kan pyn
> hanteer en vroue nie eintlik nie, omdat hulle so aangaan oor geboortepyne -
> en dan sit die arme tawwe latte met hul gewaande hoë pyndrumpel en krul van
> die pyn as hulle 'n spier verrek het.
> Sjeim.:))
>
> Annette
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ec39a7b.0@news1.mweb.co.za...
>> Eintlik is dit eenvoudig. Die bane vir golf verskil vir mans en vroue.
>> Die mans speel langer putjies en die plasing van die gaatjie is ook
>> moeiliker. Wat hengel aanbetref, solank fisiese krag nie 'n rol speel nie
>> [dis nou die groter visse soos haaie en marlyn] kan die vrou wel met die man
>> kompeteer in die dat die gooit en die vis wat gevang word wel binne die
>> fisiese vermoë van 'n vrou lê. Sodra jy begin haai vang en jou aas moet
>> 150m in die see in en jy moet in die water instap tot net jou kop uitsteek
>> en dan gooi.....dan vou die anties.
>> Die vroue wat ooit geslaag het op motorwedrenne, het net beperkte
>> sukses gehad, want weereens kan 'n vrou fisies nie die stres vat nie.
>> Verder het dit baie met geestelike instelling ook te doen. Suksesvolle
>> renjaers is mense wat onder hoë stres helderkop kan bly en terwyl sy lyf
>> gehamer word, steeds die regte dinge kan doen. Vroumense kan wel intense
>> pyn vat, maar die vraag is nie die weerstand daarvan nie.....dis of die kop
>> kan helder bly. Snaaks genoeg, net so iets soos 1,7% van alle mans kan dit
>> doen en bitter min vroumense. Hoe weet ek? Die army!
>> "Jonas" wrote in message
>> news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
>>> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
>>> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
>>> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3ec33c6a.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Die wêreld se top golfkoekie het besluit sy gaan die mans in 'n groot
>>>> toernooi aanpak en skryf in. Die mans is egter nie so opgeklits met
>>>> hierdie idee nie. Sekerlik sal hulle nie omgee om saam met die beentjies
>>>> rond te loop nie, maar vir wat wil 'n vroumens tussen die mans inboender?
>>>>
>>>
>>
>
Re: Annika Sorenstam....... [boodskap #77753 is 'n antwoord op boodskap #77740] Do, 15 Mei 2003 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

Terloops dit is al meer as een keer bewys dat vrouens
> wat aan drag racing deelneem oor die algemeen 'n vinniger reaksietyd het as
> mans.

Ja, my man herleef nog telkens die trauma
toe hy uitgevind het dat ek 'n vinniger reaksie-
tyd as hy het. Dit was in 'n Museum of Science
en dus heel wetenskaplik bepaal. En hy was nie
soseer male chauvist pig, denkende dat alle
vroue stadiger as hy sou wees nie. Maar hy was
op sy dae kampioen-bokser en het aangeneem dat
sy reaksietyd baie vinnig sou wees, beide teen
mans en vrouens.

Gloudina
Re: Annika Sorenstam....... [boodskap #77766 is 'n antwoord op boodskap #77753] Vr, 16 Mei 2003 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dalk het die boksery so 'n paar ekstra breinselle vrekgeslaan die dat hy nie
meer lekker reaksies het nie? Dalk moet jy liefde traai....
skryf in boodskap news:3EC3C50A.5080208@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> Terloops dit is al meer as een keer bewys dat vrouens
>> wat aan drag racing deelneem oor die algemeen 'n vinniger reaksietyd het as
>> mans.
>
>
> Ja, my man herleef nog telkens die trauma
> toe hy uitgevind het dat ek 'n vinniger reaksie-
> tyd as hy het. Dit was in 'n Museum of Science
> en dus heel wetenskaplik bepaal. En hy was nie
> soseer male chauvist pig, denkende dat alle
> vroue stadiger as hy sou wees nie. Maar hy was
> op sy dae kampioen-bokser en het aangeneem dat
> sy reaksietyd baie vinnig sou wees, beide teen
> mans en vrouens.
>
> Gloudina
>
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77806 is 'n antwoord op boodskap #77723] Sa, 17 Mei 2003 04:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig maak -
> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.
>
Moenie "Skaak" vergeet nie ...
Joeboy
Re: Annika Sorensam....... [boodskap #77811 is 'n antwoord op boodskap #77806] Sa, 17 Mei 2003 06:03 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 May 2003 06:18:17 +0200, "Joeboy" wrote:

>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b9vte6$49g$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waarom is daar afsonderlike toernooie vir vroue? Gholf is een van daardie
>> sportsoorte wat dit leen daartoe dat alle geslagte kan meeding.
>> Daar is ook 'n klomp ander sportsoorte wat skeiding volledig onnodig
> maak -
>> motorwedrenne, hengel - noem hulle op.

> Moenie "Skaak" vergeet nie ...
> Joeboy
>

Nee, Jonas. Ek verskil. Die oorgrootte hoeveelheid skakers
is van die mans geslag:-)))

DD
Vorige onderwerp: Test post, please ignore.
Volgende onderwerp: Sisulu se begrafnis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 02:48:31 MGT 2024