Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe
Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77567] So, 11 Mei 2003 04:23 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."
(Naweek-Beeld).
"Mbeki skryf dat die situasie nie te wyte is aan "demoniese mense met bose
harte in Harare", of korrupsie of roekelose politici nie."
Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
hulp aan die armes aan te spreek.

http://www.anc.org.za/ancdocs/anctoday/2003/at18.htm
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77574 is 'n antwoord op boodskap #77567] So, 11 Mei 2003 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mmmmmm!!! Nog steeds 'n Zim gesoetjiespoepery.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:b9kj90$14d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
> huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
> onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."
> (Naweek-Beeld).
> "Mbeki skryf dat die situasie nie te wyte is aan "demoniese mense met bose
> harte in Harare", of korrupsie of roekelose politici nie."
> Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
> hulp aan die armes aan te spreek.
>
> http://www.anc.org.za/ancdocs/anctoday/2003/at18.htm
>
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77581 is 'n antwoord op boodskap #77574] So, 11 Mei 2003 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 11 May 2003 09:12:59 +0200, "Annette" wrote:

> Mmmmmm!!! Nog steeds 'n Zim gesoetjiespoepery.
> Annette
>

Zim cops arrest 46 at Mother's Day march
[Africa] Forty-six women have been arrested in Zimbabwe's second city
of Bulawayo during a peaceful but unsanctioned march to mark Mother's
Day. According to one witness, many of those arrested had not been
taken part in a march, but were simply bystanders. Full Story...

http://rwc.iol.co.za/index.php?click_id=68&art_id=qw1052 578981987B253&set_id=1

Dave
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77587 is 'n antwoord op boodskap #77567] So, 11 Mei 2003 12:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
> huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
> onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."

> Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
> hulp aan die armes aan te spreek.

Dis natuurlik net mense wat nie die realiteite
van goeie landsregering verstaan nie, wat Mbeki
in 'n negatiewe lig probeer stel as hy bostaande
sê. Dis een van die mirakels van post-apartheid
SA dat daar sulke goeie fiskale staatshuishoud-
kunde bedryf word. Ek kan alleen dink dat dit is
omdat Mbeki en baie van sy binnekring hulle
ekonomie-grade gekry het in die Engeland van
Margaret Thatcher en dus glo dat fiskale
konserwatisme die bybel is. Die versoeking in SA
moes groot gewees het om ekstensiewe "hulp aan die
armes" te gee, juis omdat die nood so groot is.
Binne elke land wat demokraties georganiseer
is, is daar hierdie staatshuishoudkundige spanning:
wat is belangriker: om jou boeke te balanseer of
om hulp aan die minderbevoorregtes te organiseer.
Die mense wat sê: balanseer die boeke, en as jy
kan, sny belastings vir die middel en hoër klasse
ook, word Republikeine in die VSA, Konserwatiewes
in Kanada, Labour in Engeland, ens. In SA is daar
seker 'n groot vleuel van die ANC wat wil hê dat
hulp aan die armes voorkeur moet hê bo fiskale
konserwatisme. Dis verbasend dat Mbeki so 'n taamlike
rustige vrye hand gegee word om sy konserwatiewe
fiskale posisie voort te sit. Daar is nie agitasies
vir laer pryse vir kos soos ons in die afgelope tyd
in Suid-Amerika gesien het nie. Daar is nie massa
aksie in die strate teen regeringsbeleid soos wat
ons gereeld in Frankryk sien as die boere en vissers
dink hulle word verontreg nie.
Ons het juis nou weer in Kanada se Maritieme
Provinsies sulke opstande, waar hulle bote verbrand.
Dit omdat die federale regering visvangs vir sekere
soorte vis verban omdat die vis aan die verdwyn is.

Gloudina
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77589 is 'n antwoord op boodskap #77587] So, 11 Mei 2003 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En ek dink dat wanneer Mugabe aangekla word van menseregte skending moet
soortgelyke klagtes ook teen Mbeki en Zuma ingedien word.
Mbeki het vir drie jaar toegekyk hoe Zimbabwe op elke terrein geruineer
word. Hy en Zuma het hulle stille diplomasie beoefen - sodat die Zimbanwese
bugers nie oor die die grense na Suid-Afrika stroom nie.
Wel, daardie Zimbabwese burgers is nou reeds hier. Zim burgers het nie kos
nie - die ekonomiese infrastruktuur is voledig opgeneuk. En nou, na alles
verby is het Mbeki sy mondvol.
Die geskiedenis sal bewys dat Mbeki die swakste leier van die RSA tot op
hede was.

skryf in boodskap news:3EBE42DF.2020000@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
>> huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
>> onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."
>
>> Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
>> hulp aan die armes aan te spreek.
>
> Dis natuurlik net mense wat nie die realiteite
> van goeie landsregering verstaan nie, wat Mbeki
> in 'n negatiewe lig probeer stel as hy bostaande
> sê. Dis een van die mirakels van post-apartheid
> SA dat daar sulke goeie fiskale staatshuishoud-
> kunde bedryf word. Ek kan alleen dink dat dit is
> omdat Mbeki en baie van sy binnekring hulle
> ekonomie-grade gekry het in die Engeland van
> Margaret Thatcher en dus glo dat fiskale
> konserwatisme die bybel is. Die versoeking in SA
> moes groot gewees het om ekstensiewe "hulp aan die
> armes" te gee, juis omdat die nood so groot is.
> Binne elke land wat demokraties georganiseer
> is, is daar hierdie staatshuishoudkundige spanning:
> wat is belangriker: om jou boeke te balanseer of
> om hulp aan die minderbevoorregtes te organiseer.
> Die mense wat sê: balanseer die boeke, en as jy
> kan, sny belastings vir die middel en hoër klasse
> ook, word Republikeine in die VSA, Konserwatiewes
> in Kanada, Labour in Engeland, ens. In SA is daar
> seker 'n groot vleuel van die ANC wat wil hê dat
> hulp aan die armes voorkeur moet hê bo fiskale
> konserwatisme. Dis verbasend dat Mbeki so 'n taamlike
> rustige vrye hand gegee word om sy konserwatiewe
> fiskale posisie voort te sit. Daar is nie agitasies
> vir laer pryse vir kos soos ons in die afgelope tyd
> in Suid-Amerika gesien het nie. Daar is nie massa
> aksie in die strate teen regeringsbeleid soos wat
> ons gereeld in Frankryk sien as die boere en vissers
> dink hulle word verontreg nie.
> Ons het juis nou weer in Kanada se Maritieme
> Provinsies sulke opstande, waar hulle bote verbrand.
> Dit omdat die federale regering visvangs vir sekere
> soorte vis verban omdat die vis aan die verdwyn is.
>
> Gloudina
>
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77591 is 'n antwoord op boodskap #77567] So, 11 Mei 2003 16:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:b9kj90$14d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> In die weeklikse e-nuusblief van die ANC (ANC Today) "skryf Mbeki dat die
> huidige probleme in Zimbabwe is die gevolg daarvan dat die regering sedert
> onafhanklikheid sosiale besteding voor fiskale dissipline gestel het."
> (Naweek-Beeld).
> "Mbeki skryf dat die situasie nie te wyte is aan "demoniese mense met bose
> harte in Harare", of korrupsie of roekelose politici nie."
> Mbeki gaan op die trant voort om sy binnelandse kritici wat aandring op meer
> hulp aan die armes aan te spreek.
**************************************************
Actie van Amnesty Nederland
http://web.amnesty.org/pages/zwe-020503-action-eng

Een brief opgesteld door Amnesty Nederland aan Mbeki aan Mogae (botswana) en
aan Mwanawasa.( zambia)

Veel Nederlanders e-mailen of faxen deze standaard brief ondertekend met hun
eigen naam naar de Presidenten van deze drie landen..
------------------------------------------------------------ ----------------
----------------------
His Excellency, Mr Thabo Mbeki,

Office of the President,

Private Bag X1000,

Pretoria 0001,

South Africa

12th of May, 2003

Dear President,

I am concerned about the spiralling human rights crisis in Zimbabwe.
Officials and supporters of the opposition Movement for Democratic Change
(MDC), independent media workers and members of Zimbabwe's civil society are
being subjected to escalating harassment, arrest, ill-treatment and torture
by the police, ruling party supporters and youth "militia" among others.

The Zimbabwean authorities have put into place restrictive legislation to
suppress dissent such as the Public Order and Security Act (POSA), the
Access to Information and Protection of Privacy Act (AIPPA) and the Private
and Voluntary Organizations (PVO) Act. This legislation breaches regional
and international guarantees of the right to freedom of expression,
association and assembly. Police have used provisions of this legislation to
carry out with impunity human rights violations against those they perceive
to be supporters and members of the opposition.

The role of your government in engaging with the political situation in
Zimbabwe is of vital importance. Please use your influence to bring all
possible pressure to bear on the government of Zimbabwe to drastically amend
or repeal all restrictive legislation and promote and respect the rights of
Zimbabweans to freedom of expression, association and assembly. Your active
engagement with the human rights situation in Zimbabwe is vital to
protecting the fundamental human rights of Zimbabwe's citizens.

Yours sincerely
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77595 is 'n antwoord op boodskap #77587] So, 11 Mei 2003 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Dis een van die mirakels van post-apartheid
SA dat daar sulke goeie fiskale staatshuishoud-
kunde bedryf word.

Wouter
Ek stem saam

Gloudina
Ek kan alleen dink dat dit is
omdat Mbeki en baie van sy binnekring hulle
ekonomie-grade gekry het in die Engeland van
Margaret Thatcher en dus glo dat fiskale
konserwatisme die bybel is.

Wouter
Nee, eerder ten spyte daarvan. Mbeki, het sy M in ekonomie
by Sussex gedoen en Sussex is bekend vir erg sosialistiese
leringe en dit sluit hulle ekonomiedepartement in.
Mbeki en Manuel se huidige insigte kom van kontak met
Westerse leiers, sakeleiers, ens., eerder as van enige akademiese
studie. Die realiteit is dat as jy in die eeu nie finansiële dissipline
toepas nie, dan verval jy in 'n land van armoede en bedelary,
gelukkig verstaan ons leiers dit.
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77596 is 'n antwoord op boodskap #77595] So, 11 Mei 2003 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Nee, eerder ten spyte daarvan. Mbeki, het sy M in ekonomie
> by Sussex gedoen en Sussex is bekend vir erg sosialistiese
> leringe en dit sluit hulle ekonomiedepartement in.
> Mbeki en Manuel se huidige insigte kom van kontak met
> Westerse leiers, sakeleiers, ens., eerder as van enige akademiese
> studie. Die realiteit is dat as jy in die eeu nie finansiële dissipline
> toepas nie, dan verval jy in 'n land van armoede en bedelary,
> gelukkig verstaan ons leiers dit.

Dankie vir die inligting. Dit is interessant.
Maar jy laat dit klink asof dit net 'n eenvoudige
saak is vir politici soos Mbeki en Manuel "om te
leer" van die sakeleiers wat die "regte" ding is
om te doen. Maar hier in Kanada is die tweespalt
tussen wat die belangrikste is: goeie besigheids-
praktyke in die staatshuishouding of sosialistiese
ingrype in die welsyn van die "agtergeblewenes"
iets wat ons hele politiek domineer. Die NDP (New
Democratic Party) is geheel en al gevorm deur die
dringendheid om na die welsyn van die burgers om
te sien, selfs al moet jy daarvoor in die skuld
gaan. Selfs binne die regerende Liberal Party is die
twee flanke duidelik geskei. Jean Chretien is op die
oomblik meer aan die kant van sosialistiese ingrype,
en Paul Martin ( vantevore Minister van Finansies
en nou kandidaat en omtrent sekerlik die volgende
eerste minister van Kanada volgende jaar) is aan die
fiskale konserwatiewe kant.

Gloudina
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77617 is 'n antwoord op boodskap #77596] Ma, 12 Mei 2003 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Mbeki en Manuel se huidige insigte kom van kontak met
> Westerse leiers, sakeleiers, ens., eerder as van enige akademiese
> studie. Die realiteit is dat as jy in die eeu nie finansiële dissipline
> toepas nie, dan verval jy in 'n land van armoede en bedelary,
> gelukkig verstaan ons leiers dit.

Gloudina
Dankie vir die inligting. Dit is interessant.
Maar jy laat dit klink asof dit net 'n eenvoudige
saak is vir politici soos Mbeki en Manuel "om te
leer" van die sakeleiers wat die "regte" ding is
om te doen.

Wouter
Nee, dis beslis nie 'n eenvoudige saak nie. Want dis politiek
ongewild en kan jou die volgende verkiesing laat verloor.
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77619 is 'n antwoord op boodskap #77617] Di, 13 Mei 2003 05:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter - ek stem Die makro-ekonomise beleid lyk goed en werp vrugte af.
Maar. 'n jaar gelede, toe die rand op sy laagtepunt was, was daar nie veel
lofliedere gesing van Mbeki se gebrek aan optrede jeen Zimbabwe nie.
Ook - moet Mbeki 'n medalje kry vir die werk waarvoor hy betaal word. Dit is
tog sy verantwoordelikheid om in belang van Suid-Afrika op te tree. Daarin
het hy volledig gefaal mbt Zimbabwe.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ec00782.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
>> Mbeki en Manuel se huidige insigte kom van kontak met
>> Westerse leiers, sakeleiers, ens., eerder as van enige akademiese
>> studie. Die realiteit is dat as jy in die eeu nie finansiële dissipline
>> toepas nie, dan verval jy in 'n land van armoede en bedelary,
>> gelukkig verstaan ons leiers dit.
>
> Gloudina
> Dankie vir die inligting. Dit is interessant.
> Maar jy laat dit klink asof dit net 'n eenvoudige
> saak is vir politici soos Mbeki en Manuel "om te
> leer" van die sakeleiers wat die "regte" ding is
> om te doen.
>
> Wouter
> Nee, dis beslis nie 'n eenvoudige saak nie. Want dis politiek
> ongewild en kan jou die volgende verkiesing laat verloor.
>
Re: Mbeki neem standpunt in "teen" Zimbabwe [boodskap #77641 is 'n antwoord op boodskap #77619] Di, 13 Mei 2003 19:24 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ons stem daaroor ook saam, ek reken ook die Zimbabwe-storie was 'n onnodig
groot verleentheid vir SA, dit was eintlik 'n fiasko. So ook Mandela se
toetrede om kommentaar oor Irak te lewer. Dis baie maklik om iets te kry wat
'n mens met reg kan kritiseer. Maar ek dink ons moet ook krediet gee vir
wat goed gedoen word, dit gebeur ongelukkig te min.
Wouter

"Jonas" skryf in boodskap news:b9pve5$a9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Wouter - ek stem Die makro-ekonomise beleid lyk goed en werp vrugte af.
Maar. 'n jaar gelede, toe die rand op sy laagtepunt was, was daar nie veel
lofliedere gesing van Mbeki se gebrek aan optrede jeen Zimbabwe nie.
Ook - moet Mbeki 'n medalje kry vir die werk waarvoor hy betaal word. Dit is
tog sy verantwoordelikheid om in belang van Suid-Afrika op te tree. Daarin
het hy volledig gefaal mbt Zimbabwe.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ec00782.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter
>> Mbeki en Manuel se huidige insigte kom van kontak met
>> Westerse leiers, sakeleiers, ens., eerder as van enige akademiese
>> studie. Die realiteit is dat as jy in die eeu nie finansiële dissipline
>> toepas nie, dan verval jy in 'n land van armoede en bedelary,
>> gelukkig verstaan ons leiers dit.
>
> Gloudina
> Dankie vir die inligting. Dit is interessant.
> Maar jy laat dit klink asof dit net 'n eenvoudige
> saak is vir politici soos Mbeki en Manuel "om te
> leer" van die sakeleiers wat die "regte" ding is
> om te doen.
>
> Wouter
> Nee, dis beslis nie 'n eenvoudige saak nie. Want dis politiek
> ongewild en kan jou die volgende verkiesing laat verloor.
>
Vorige onderwerp: Hi
Volgende onderwerp: Re: Yoo Hoo--to da female dairy farmers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 16:52:10 MGT 2024