Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Namib Snoektert
Namib Snoektert [boodskap #77501] Vr, 09 Mei 2003 07:46 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
250ml gevlokte gerookte snoek
250ml gerasperde kas
25ml gesmelte botter
4 eiers
2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180

Room:
125ml room
1ml suurlemoenpeper
1ml sout
30ml gekapte pietersielie
Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
Re: Namib Snoektert [boodskap #77502 is 'n antwoord op boodskap #77501] Vr, 09 Mei 2003 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hê? Waar kom die Namib in? Jy't die koppie sand vergeet!!!

"Annette" skryf in boodskap news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> 250ml gevlokte gerookte snoek
> 250ml gerasperde kas
> 25ml gesmelte botter
> 4 eiers
> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>
> Room:
> 125ml room
> 1ml suurlemoenpeper
> 1ml sout
> 30ml gekapte pietersielie
> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77503 is 'n antwoord op boodskap #77501] Vr, 09 Mei 2003 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie? Die water is te
koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!

"Annette" skryf in boodskap news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> 250ml gevlokte gerookte snoek
> 250ml gerasperde kas
> 25ml gesmelte botter
> 4 eiers
> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>
> Room:
> 125ml room
> 1ml suurlemoenpeper
> 1ml sout
> 30ml gekapte pietersielie
> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77504 is 'n antwoord op boodskap #77502] Vr, 09 Mei 2003 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek is seker dit sal nie saak maak as jy die "gerasperde kas" met sand
vervang nie.
Of hoe Annette:-))))

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ebb6a22.0@news1.mweb.co.za...
> Hê? Waar kom die Namib in? Jy't die koppie sand vergeet!!!
> "Annette" wrote in message
> news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>> 250ml gerasperde kas
>> 25ml gesmelte botter
>> 4 eiers
>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>
>> Room:
>> 125ml room
>> 1ml suurlemoenpeper
>> 1ml sout
>> 30ml gekapte pietersielie
>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77505 is 'n antwoord op boodskap #77502] Vr, 09 Mei 2003 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nou jou geleentheid om Namib sand uit te voer aan almal wat die dis gaan
probeer;))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ebb6a22.0@news1.mweb.co.za...
> Hê? Waar kom die Namib in? Jy't die koppie sand vergeet!!!
> "Annette" wrote in message
> news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>> 250ml gerasperde kas
>> 25ml gesmelte botter
>> 4 eiers
>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>
>> Room:
>> 125ml room
>> 1ml suurlemoenpeper
>> 1ml sout
>> 30ml gekapte pietersielie
>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77506 is 'n antwoord op boodskap #77503] Vr, 09 Mei 2003 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons Weskus se water is kouer, want ons is nader aan die Suidpool:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3ebb6a7e.0@news1.mweb.co.za...
> Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie? Die water is te
> koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!
> "Annette" wrote in message
> news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>> 250ml gerasperde kas
>> 25ml gesmelte botter
>> 4 eiers
>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>
>> Room:
>> 125ml room
>> 1ml suurlemoenpeper
>> 1ml sout
>> 30ml gekapte pietersielie
>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77507 is 'n antwoord op boodskap #77504] Vr, 09 Mei 2003 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Dis nog nie al nie, soos TV ons vertel - van die resep waarvan ek dit
afgekryf het, staan daar lewensgroot gerusperde kaas:)))
Annette

"Stone" skryf in boodskap news:b9fr5b$kdl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is seker dit sal nie saak maak as jy die "gerasperde kas" met sand
> vervang nie.
> Of hoe Annette:-))))
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ebb6a22.0@news1.mweb.co.za...
>> Hê? Waar kom die Namib in? Jy't die koppie sand vergeet!!!
>> "Annette" wrote in message
>> news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>>> 250ml gerasperde kas
>>> 25ml gesmelte botter
>>> 4 eiers
>>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>
>>> Room:
>>> 125ml room
>>> 1ml suurlemoenpeper
>>> 1ml sout
>>> 30ml gekapte pietersielie
>>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>>
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77512 is 'n antwoord op boodskap #77505] Vr, 09 Mei 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is so baie Suidwesters in die RSA dat die invoer van sand nogal kan
help......as ons flou val help water niks nie. So 'n emmer of wat sand,
wel!

"Annette" skryf in boodskap news:b9g229$ivebt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dis nou jou geleentheid om Namib sand uit te voer aan almal wat die dis gaan
> probeer;))
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ebb6a22.0@news1.mweb.co.za...
>> Hê? Waar kom die Namib in? Jy't die koppie sand vergeet!!!
>> "Annette" wrote in message
>> news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>>> 250ml gerasperde kas
>>> 25ml gesmelte botter
>>> 4 eiers
>>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>
>>> Room:
>>> 125ml room
>>> 1ml suurlemoenpeper
>>> 1ml sout
>>> 30ml gekapte pietersielie
>>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77513 is 'n antwoord op boodskap #77501] Vr, 09 Mei 2003 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 May 2003 09:46:45 +0200, "Annette" wrote:

> 250ml gevlokte gerookte snoek
> 250ml gerasperde kas
> 25ml gesmelte botter
> 4 eiers
> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>
> Room:
> 125ml room
> 1ml suurlemoenpeper
> 1ml sout
> 30ml gekapte pietersielie
> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>

Hm, dit klink alles wel baie heerlik, Annette!
Ek sou wou geweet het watter vis snoek eintlik is. Hier by ons in
Vlaandere ken ons ook daai woord, net dieselfde. By ons is snoek 'n
roofvis uit die soetwater, nou baie seldsaam hier omdat 'n klomp van
ons riviere te vuil is. Ek vind by Eksteen dat snoek 'n gewilde,
trekkende vis is, maar daar staan nêrens of snoek 'n seevis dan wel
'n soetwatervis is nie.
Dis waarskynlik nie noodsaaklik ons gebruik "snoek", nè? Miskien gaan
dit ook met gerookte forel, haring of makriel? Ek weet sekers jou
resep gaan ook met gerookte salm of salmforel.
Wat is suurlemoenpeper? Ek weet wat suurlemoen is (ons sê "citroen"),
maar wat is suurlemoenpeper? Of bedoel jy gewoon dat jy die room met 1
ml van die sap van suurlemoen kruidig maak?

Groete,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Namib Snoektert [boodskap #77514 is 'n antwoord op boodskap #77513] Vr, 09 Mei 2003 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sterrenkijker wrote:

> Ek sou wou geweet het watter vis snoek eintlik is. Hier by ons in
> Vlaandere ken ons ook daai woord, net dieselfde. By ons is snoek 'n
> roofvis uit die soetwater snoek 'n seevis dan wel
> 'n soetwatervis is

Die Dictionary of South African English
sê die volgende oor SNOEK:
"Thyrsites atun, the edible small-scaled
fish of the Gempylidae family, common in
Cape waters..... In naming the snoek
"zee snoek" the pioneers obviously realized
that they had found something different from
the Dutch fresh-water pike..."
Die kultuur van SA, veral die westelike
deel van Suid-Afrika, is verbasend nou aan die
see verbonde, as mens in ag neem dat baie dele
daarvan halfwoestyn is en baie ver weg van
die sout water. Mense dink byvoorbeeld amper
altyd aan die see as 'n destinasie vir hulle
somervakansies. Wat dan ook nie verbasend is nie,
want SA het so 'n groot stuk seekus, as gevolg
van sy ligging aan die suidepunt van Afrika.
Hier in Kanada het ons byvoorbeeld dieselfde
see-gebaseerde kultuur eintlik alleen in die
Kanadese Maritimes, en in 'n mindere mate in
dele van British Columbia. Maar in SA reik die
see diep in die siele van selfs die binnelanders
in. Ons het gereeld snoek gekoop van die mense
wat daarmee kom smous het in Kakamas se wêreld.
Ek kan onthou dat ek probeer het om repe van die
droë snoek sommer so te eet. Gewoonlik het my ma
dit egter uitgevars en dan 'n heerlike dis daarvan
gekook. Bo en behalwe die snoek, was die winkels
ook altyd vol van die blikkies en bottels van
ingelegde vis wat in SA waters gevang is. Suid-
Afrikaners eet dus baie vis, enige manier van dit
in die hande kry. Dis nie altyd so vanselfsprekend
in ander dele van die wêreld nie.

Gloudina
Re: Namib Snoektert [boodskap #77515 is 'n antwoord op boodskap #77513] Vr, 09 Mei 2003 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O koek nee Norbert!!! Daar is geen ander vis wat smaak soos gerookte snoek
nie - en hier by ons is dit definitief 'n see vis ( dus soutwater).
Ons kry hier by ons sukkel botteltjies met suurlemoenpeper in - as ons 'n
plan kan maak, kan ek miskien vir jou 'n botteltjie en 'n mootjie aanpos:))
Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:4ljnbv46ska9sa8051tkkb8buk4iesqctr@4ax.com...
> On Fri, 9 May 2003 09:46:45 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> 250ml gevlokte gerookte snoek
>> 250ml gerasperde kas
>> 25ml gesmelte botter
>> 4 eiers
>> 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>> Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>
>> Room:
>> 125ml room
>> 1ml suurlemoenpeper
>> 1ml sout
>> 30ml gekapte pietersielie
>> Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>
>
> Hm, dit klink alles wel baie heerlik, Annette!
> Ek sou wou geweet het watter vis snoek eintlik is. Hier by ons in
> Vlaandere ken ons ook daai woord, net dieselfde. By ons is snoek 'n
> roofvis uit die soetwater, nou baie seldsaam hier omdat 'n klomp van
> ons riviere te vuil is. Ek vind by Eksteen dat snoek 'n gewilde,
> trekkende vis is, maar daar staan nêrens of snoek 'n seevis dan wel
> 'n soetwatervis is nie.
> Dis waarskynlik nie noodsaaklik ons gebruik "snoek", nê? Miskien gaan
> dit ook met gerookte forel, haring of makriel? Ek weet sekers jou
> resep gaan ook met gerookte salm of salmforel.
> Wat is suurlemoenpeper? Ek weet wat suurlemoen is (ons sê "citroen"),
> maar wat is suurlemoenpeper? Of bedoel jy gewoon dat jy die room met 1
> ml van die sap van suurlemoen kruidig maak?
>
> Groete,
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Namib Snoektert [boodskap #77516 is 'n antwoord op boodskap #77514] Vr, 09 Mei 2003 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Gloudina, ek het weer iets geleer!

Norbert

On Fri, 09 May 2003 17:11:44 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Sterrenkijker wrote:
>
>
>> Ek sou wou geweet het watter vis snoek eintlik is. Hier by ons in
>> Vlaandere ken ons ook daai woord, net dieselfde. By ons is snoek 'n
>> roofvis uit die soetwater
> snoek 'n seevis dan wel
>> 'n soetwatervis is
>
>
> Die Dictionary of South African English
> sê die volgende oor SNOEK:
> "Thyrsites atun, the edible small-scaled
> fish of the Gempylidae family, common in
> Cape waters..... In naming the snoek
> "zee snoek" the pioneers obviously realized
> that they had found something different from
> the Dutch fresh-water pike..."
> Die kultuur van SA, veral die westelike
> deel van Suid-Afrika, is verbasend nou aan die
> see verbonde, as mens in ag neem dat baie dele
> daarvan halfwoestyn is en baie ver weg van
> die sout water. Mense dink byvoorbeeld amper
> altyd aan die see as 'n destinasie vir hulle
> somervakansies. Wat dan ook nie verbasend is nie,
> want SA het so 'n groot stuk seekus, as gevolg
> van sy ligging aan die suidepunt van Afrika.
> Hier in Kanada het ons byvoorbeeld dieselfde
> see-gebaseerde kultuur eintlik alleen in die
> Kanadese Maritimes, en in 'n mindere mate in
> dele van British Columbia. Maar in SA reik die
> see diep in die siele van selfs die binnelanders
> in. Ons het gereeld snoek gekoop van die mense
> wat daarmee kom smous het in Kakamas se wêreld.
> Ek kan onthou dat ek probeer het om repe van die
> droë snoek sommer so te eet. Gewoonlik het my ma
> dit egter uitgevars en dan 'n heerlike dis daarvan
> gekook. Bo en behalwe die snoek, was die winkels
> ook altyd vol van die blikkies en bottels van
> ingelegde vis wat in SA waters gevang is. Suid-
> Afrikaners eet dus baie vis, enige manier van dit
> in die hande kry. Dis nie altyd so vanselfsprekend
> in ander dele van die wêreld nie.
>
> Gloudina
Re: Namib Snoektert [boodskap #77519 is 'n antwoord op boodskap #77514] Vr, 09 Mei 2003 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet ook nie van geen ander plek wat ingelegde snoek maak ( met baie uie
en borrie om alles mooi geel te vlek) nie.
Annette

skryf in boodskap news:3EBBE193.50802@rogers.com...
>
> Sterrenkijker wrote:
>
>
>> Ek sou wou geweet het watter vis snoek eintlik is. Hier by ons in
>> Vlaandere ken ons ook daai woord, net dieselfde. By ons is snoek 'n
>> roofvis uit die soetwater
> snoek 'n seevis dan wel
>> 'n soetwatervis is
>
>
> Die Dictionary of South African English
> sê die volgende oor SNOEK:
> "Thyrsites atun, the edible small-scaled
> fish of the Gempylidae family, common in
> Cape waters..... In naming the snoek
> "zee snoek" the pioneers obviously realized
> that they had found something different from
> the Dutch fresh-water pike..."
> Die kultuur van SA, veral die westelike
> deel van Suid-Afrika, is verbasend nou aan die
> see verbonde, as mens in ag neem dat baie dele
> daarvan halfwoestyn is en baie ver weg van
> die sout water. Mense dink byvoorbeeld amper
> altyd aan die see as 'n destinasie vir hulle
> somervakansies. Wat dan ook nie verbasend is nie,
> want SA het so 'n groot stuk seekus, as gevolg
> van sy ligging aan die suidepunt van Afrika.
> Hier in Kanada het ons byvoorbeeld dieselfde
> see-gebaseerde kultuur eintlik alleen in die
> Kanadese Maritimes, en in 'n mindere mate in
> dele van British Columbia. Maar in SA reik die
> see diep in die siele van selfs die binnelanders
> in. Ons het gereeld snoek gekoop van die mense
> wat daarmee kom smous het in Kakamas se wêreld.
> Ek kan onthou dat ek probeer het om repe van die
> droë snoek sommer so te eet. Gewoonlik het my ma
> dit egter uitgevars en dan 'n heerlike dis daarvan
> gekook. Bo en behalwe die snoek, was die winkels
> ook altyd vol van die blikkies en bottels van
> ingelegde vis wat in SA waters gevang is. Suid-
> Afrikaners eet dus baie vis, enige manier van dit
> in die hande kry. Dis nie altyd so vanselfsprekend
> in ander dele van die wêreld nie.
>
> Gloudina
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77524 is 'n antwoord op boodskap #77519] Vr, 09 Mei 2003 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek weet ook nie van geen ander plek wat ingelegde snoek maak ( met baie uie
> en borrie om alles mooi geel te vlek) nie.

Ja, ek wens hulle wil dit bemark. Ek is
seker dit sal hier in Noord-Amerika goed
verkoop.

Gloudina
Re: Namib Snoektert [boodskap #77535 is 'n antwoord op boodskap #77506] Sa, 10 Mei 2003 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis seker logies om dit so te aanvaar, maar daar is so 'n paar ander faktore
ook.   Die warm en koue seestrome ontmoet so half daar onder in die Kaap en
afhangende van die windrigtings, kan dit veroorsaak dat die warm seestroom
'oorwin' en dat die warmer water van Kaappunt af op teen die weskus op
beweeg.    Ons kus daarenteen, is meerendeels koue water en dit word
veroorsaak deur die endemies suidwestewinde wat teen die vasteland opwaai en
die seewater 'laat rol' en so die koue onderste water opbring na bokant toe.
Die enigste dat ons water warmer word, is wanneer die winde lank noordwes
waai en warmer water van die ewenaar se kant af inbring......en omdat ons
koue see so lewensryk is, veroorsaak die warmer water dat van die plankton
vrek en dan afsak en begin vrot.   Dit vreet die suurstof in die water en
dié suurstofarme water wel op van die seebodem totdat die hele stuk water
suurstofarm is en die visse en ander lewende goete nie meer kan lewe
nie......dan begin die visse padgee na waters waar suurstof is.   Dis nou
die rooitgety waarvan ek praat.
    Hier by ons het ons die hoogste roessyfer in die wêreld omdat die
grootste kol 'dooie water' op die seebodem juis hier aan ons kus is.   Saam
met die vrottende plankton is die effek vinniger en erger en word die swael
wat so uit die see vrygestel word, verbind met die suurstof uit die lug en
het jy amper 'n soort van swaelsuur in die lug wat weer met kalk in die
woestyn verbind om gips te vorm.
   Hoe's daai vir 'n lesing......?

"Annette"  skryf in boodskap news:b9g22c$ivebt$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Ons Weskus se water is kouer, want ons is nader aan die Suidpool:))
>  Annette
>
>
>  "Suidwester"  wrote in message
>  news:3ebb6a7e.0@news1.mweb.co.za...
>>  Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie?   Die water is te
>>  koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!
>>  "Annette"  wrote in message
>>  news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>  250ml gevlokte gerookte snoek
>>>  250ml gerasperde kas
>>>  25ml gesmelte botter
>>>  4 eiers
>>>  2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>>  Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>
>>>  Room:
>>>  125ml room
>>>  1ml suurlemoenpeper
>>>  1ml sout
>>>  30ml gekapte pietersielie
>>>  Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>>
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77537 is 'n antwoord op boodskap #77535] Sa, 10 Mei 2003 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy kan met enige persoon by Yzerfontein of by Laaiplek praat, en ek is seker
dat nie een 'n dag kan onthou wat die water nie ysig koud was nie.
Jy praat van rooigety - het jy al swartgety gesien? Veel erger - tot die
huise op Velddrif, 3km van die see af het swart spore op enige oppervlakte
buite.
Aaklig. Terloops, ek hoor hoe vreeslik skielik ryk sommige mense word as die
rooigety begin en die kreef uitloop.
:))

Annette

"Suidwester"  skryf in boodskap news:3ebcab20.0@news1.mweb.co.za...
>  Dis seker logies om dit so te aanvaar, maar daar is so 'n paar ander faktore
>  ook.   Die warm en koue seestrome ontmoet so half daar onder in die Kaap en
>  afhangende van die windrigtings, kan dit veroorsaak dat die warm seestroom
>  'oorwin' en dat die warmer water van Kaappunt af op teen die weskus op
>  beweeg.    Ons kus daarenteen, is meerendeels koue water en dit word
>  veroorsaak deur die endemies suidwestewinde wat teen die vasteland opwaai en
>  die seewater 'laat rol' en so die koue onderste water opbring na bokant toe.
>  Die enigste dat ons water warmer word, is wanneer die winde lank noordwes
>  waai en warmer water van die ewenaar se kant af inbring......en omdat ons
>  koue see so lewensryk is, veroorsaak die warmer water dat van die plankton
>  vrek en dan afsak en begin vrot.   Dit vreet die suurstof in die water en
>  dié suurstofarme water wel op van die seebodem totdat die hele stuk water
>  suurstofarm is en die visse en ander lewende goete nie meer kan lewe
>  nie......dan begin die visse padgee na waters waar suurstof is.   Dis nou
>  die rooitgety waarvan ek praat.
>       Hier by ons het ons die hoogste roessyfer in die wêreld omdat die
>  grootste kol 'dooie water' op die seebodem juis hier aan ons kus is. Saam
>  met die vrottende plankton is die effek vinniger en erger en word die swael
>  wat so uit die see vrygestel word, verbind met die suurstof uit die lug en
>  het jy amper 'n soort van swaelsuur in die lug wat weer met kalk in die
>  woestyn verbind om gips te vorm.
>      Hoe's daai vir 'n lesing......?
>  "Annette"  wrote in message
>  news:b9g22c$ivebt$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>  Ons Weskus se water is kouer, want ons is nader aan die Suidpool:))
>>  Annette
>>
>>
>>  "Suidwester"  wrote in message
>>  news:3ebb6a7e.0@news1.mweb.co.za...
>>>  Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie?   Die water is te
>>>  koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!
>>>  "Annette"  wrote in message
>>>  news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>  250ml gevlokte gerookte snoek
>>>>  250ml gerasperde kas
>>>>  25ml gesmelte botter
>>>>  4 eiers
>>>>  2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>>>  Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>>
>>>>  Room:
>>>>  125ml room
>>>>  1ml suurlemoenpeper
>>>>  1ml sout
>>>>  30ml gekapte pietersielie
>>>>  Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77542 is 'n antwoord op boodskap #77515] Sa, 10 Mei 2003 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 9 May 2003 19:32:28 +0200, "Annette" wrote:

> O koek nee Norbert!!! Daar is geen ander vis wat smaak soos gerookte snoek
> nie - en hier by ons is dit definitief 'n see vis ( dus soutwater).
> Ons kry hier by ons sukkel botteltjies met suurlemoenpeper in - as ons 'n
> plan kan maak, kan ek miskien vir jou 'n botteltjie en 'n mootjie aanpos:))
> Annette
>
>

Ek weet nie hoekom, maar ek loop hier al 'n paar dae met kwyl in my
mond...
Ek ken eintlik nie daai gerookte snoek van julle nie, Annette, maar
soos iedere rookvis sal dit 'n delikatesse wees. Julle snoek is
eintlik "barracuda", nè? Neen, ons ken dit hier nie. Ek het egter al
dikwels gesien op die televisie hoe mense hom vang.
Ek glo ek weet wat suurlemoenpeper is. Ons het dit ook hier. Dis so 'n
klein botteltjies met suurlemoensap, nè? Baie origineel, daardie
benaming. Dis beter as ons eie "citroensap".
Neen, laat maar die mootjie Afrikaanse snoek in Suid-Afrika, Annette.
Dit duur mos drie weke voordat dit hier is...
Tog dankie!

Groete,

Norbert
Re: Namib Snoektert [boodskap #77544 is 'n antwoord op boodskap #77537] Sa, 10 Mei 2003 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en die apteke verkoop volop goete vir spuitpoep?    Het jy gehoor van die
groot krewe van Stanger in Natal?    Twee manne is amper gevang met kreef
wat hulle uit die Kaap ingesmokkel het en om dit weg te hou van
Natuurbewaring af, het hulle 'n tou om die krewe vasgemaak en dit in die
'longdrop' toilet gehang.    Hulle het dit so 'n bietjie vergeet en 'n paar
dae later toe's daai krewe baie groter.    Kreef is mos die stront-stofsuier
van die see.    Dit eet mos kak.   Dis die dat dit so groot in die toilet
geword het en die ouens het toe begin om die krewe so groot te maak vir
verkoop.   Destyds is daar in die koerante gewaarsku om nie van hierdie
strontkrewe te koop nie want jy kan typhoid op die lyf loop.    Die
moedswilliges het gespot dat jy net die bruin tussen die segmente moet
uitwas voor jy hom kan kook!   Jeeaagh!

"Annette"  skryf in boodskap news:b9icbu$ivfbe$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>  Jy kan met enige persoon by Yzerfontein of by Laaiplek praat, en ek is seker
>  dat nie een 'n dag kan onthou wat die water nie ysig koud was nie.
>  Jy praat van rooigety - het jy al swartgety gesien? Veel erger - tot die
>  huise op Velddrif, 3km van die see af het swart spore op enige oppervlakte
>  buite.
>  Aaklig. Terloops, ek hoor hoe vreeslik skielik ryk sommige mense word as die
>  rooigety begin en die kreef uitloop.
>  :))
>
>  Annette
>
>
>
>  "Suidwester"  wrote in message
>  news:3ebcab20.0@news1.mweb.co.za...
>>  Dis seker logies om dit so te aanvaar, maar daar is so 'n paar ander faktore
>>  ook.   Die warm en koue seestrome ontmoet so half daar onder in die Kaap en
>>  afhangende van die windrigtings, kan dit veroorsaak dat die warm seestroom
>>  'oorwin' en dat die warmer water van Kaappunt af op teen die weskus op
>>  beweeg.    Ons kus daarenteen, is meerendeels koue water en dit word
>>  veroorsaak deur die endemies suidwestewinde wat teen die vasteland opwaai en
>>  die seewater 'laat rol' en so die koue onderste water opbring na bokant toe.
>>  Die enigste dat ons water warmer word, is wanneer die winde lank noordwes
>>  waai en warmer water van die ewenaar se kant af inbring......en omdat ons
>>  koue see so lewensryk is, veroorsaak die warmer water dat van die plankton
>>  vrek en dan afsak en begin vrot.   Dit vreet die suurstof in die water en
>>  dié suurstofarme water wel op van die seebodem totdat die hele stuk water
>>  suurstofarm is en die visse en ander lewende goete nie meer kan lewe
>>  nie......dan begin die visse padgee na waters waar suurstof is.   Dis nou
>>  die rooitgety waarvan ek praat.
>>       Hier by ons het ons die hoogste roessyfer in die wêreld omdat die
>>  grootste kol 'dooie water' op die seebodem juis hier aan ons kus is. Saam
>>  met die vrottende plankton is die effek vinniger en erger en word die swael
>>  wat so uit die see vrygestel word, verbind met die suurstof uit die lug en
>>  het jy amper 'n soort van swaelsuur in die lug wat weer met kalk in die
>>  woestyn verbind om gips te vorm.
>>      Hoe's daai vir 'n lesing......?
>>  "Annette"  wrote in message
>>  news:b9g22c$ivebt$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>  Ons Weskus se water is kouer, want ons is nader aan die Suidpool:))
>>>  Annette
>>>
>>>
>>>  "Suidwester"  wrote in message
>>>  news:3ebb6a7e.0@news1.mweb.co.za...
>>>>  Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie?   Die water is te
>>>>  koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!
>>>>  "Annette"  wrote in message
>>>>  news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>  > 250ml gevlokte gerookte snoek
>>>>  > 250ml gerasperde kas
>>>>  > 25ml gesmelte botter
>>>>  > 4 eiers
>>>>  > 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>>>  > Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>>  >
>>>>  > Room:
>>>>  > 125ml room
>>>>  > 1ml suurlemoenpeper
>>>>  > 1ml sout
>>>>  > 30ml gekapte pietersielie
>>>>  > Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>>>  >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Namib Snoektert [boodskap #77550 is 'n antwoord op boodskap #77544] Sa, 10 Mei 2003 09:46 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Die gesoute kreefeters noem dit die mayonaise:))))

Ek weet nie vir wat jy nou eintlik so gril nie - jy eet elke dag veel meer
st*** op van die politci - en kyk hou mooi groot en slim is jy:)))

Annette

"Suidwester"  skryf in boodskap news:3ebcc6d7.0@news1.mweb.co.za...
>  Ja en die apteke verkoop volop goete vir spuitpoep?    Het jy gehoor van die
>  groot krewe van Stanger in Natal?    Twee manne is amper gevang met kreef
>  wat hulle uit die Kaap ingesmokkel het en om dit weg te hou van
>  Natuurbewaring af, het hulle 'n tou om die krewe vasgemaak en dit in die
>  'longdrop' toilet gehang.    Hulle het dit so 'n bietjie vergeet en 'n paar
>  dae later toe's daai krewe baie groter.    Kreef is mos die stront-stofsuier
>  van die see.    Dit eet mos kak.   Dis die dat dit so groot in die toilet
>  geword het en die ouens het toe begin om die krewe so groot te maak vir
>  verkoop.   Destyds is daar in die koerante gewaarsku om nie van hierdie
>  strontkrewe te koop nie want jy kan typhoid op die lyf loop.    Die
>  moedswilliges het gespot dat jy net die bruin tussen die segmente moet
>  uitwas voor jy hom kan kook!   Jeeaagh!
>  "Annette"  wrote in message
>  news:b9icbu$ivfbe$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>  Jy kan met enige persoon by Yzerfontein of by Laaiplek praat, en ek is seker
>>  dat nie een 'n dag kan onthou wat die water nie ysig koud was nie.
>>  Jy praat van rooigety - het jy al swartgety gesien? Veel erger - tot die
>>  huise op Velddrif, 3km van die see af het swart spore op enige oppervlakte
>>  buite.
>>  Aaklig. Terloops, ek hoor hoe vreeslik skielik ryk sommige mense word as die
>>  rooigety begin en die kreef uitloop.
>>  :))
>>
>>  Annette
>>
>>
>>
>>  "Suidwester"  wrote in message
>>  news:3ebcab20.0@news1.mweb.co.za...
>>>  Dis seker logies om dit so te aanvaar, maar daar is so 'n paar ander faktore
>>>  ook.   Die warm en koue seestrome ontmoet so half daar onder in die Kaap en
>>>  afhangende van die windrigtings, kan dit veroorsaak dat die warm seestroom
>>>  'oorwin' en dat die warmer water van Kaappunt af op teen die weskus op
>>>  beweeg.    Ons kus daarenteen, is meerendeels koue water en dit word
>>>  veroorsaak deur die endemies suidwestewinde wat teen die vasteland opwaai en
>>>  die seewater 'laat rol' en so die koue onderste water opbring na bokant toe.
>>>  Die enigste dat ons water warmer word, is wanneer die winde lank noordwes
>>>  waai en warmer water van die ewenaar se kant af inbring......en omdat ons
>>>  koue see so lewensryk is, veroorsaak die warmer water dat van die plankton
>>>  vrek en dan afsak en begin vrot.   Dit vreet die suurstof in die water en
>>>  dié suurstofarme water wel op van die seebodem totdat die hele stuk water
>>>  suurstofarm is en die visse en ander lewende goete nie meer kan lewe
>>>  nie......dan begin die visse padgee na waters waar suurstof is.   Dis nou
>>>  die rooitgety waarvan ek praat.
>>>       Hier by ons het ons die hoogste roessyfer in die wêreld omdat die
>>>  grootste kol 'dooie water' op die seebodem juis hier aan ons kus is. Saam
>>>  met die vrottende plankton is die effek vinniger en erger en word die swael
>>>  wat so uit die see vrygestel word, verbind met die suurstof uit die lug en
>>>  het jy amper 'n soort van swaelsuur in die lug wat weer met kalk in die
>>>  woestyn verbind om gips te vorm.
>>>      Hoe's daai vir 'n lesing......?
>>>  "Annette"  wrote in message
>>>  news:b9g22c$ivebt$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>  Ons Weskus se water is kouer, want ons is nader aan die Suidpool:))
>>>>  Annette
>>>>
>>>>
>>>>  "Suidwester"  wrote in message
>>>>  news:3ebb6a7e.0@news1.mweb.co.za...
>>>>  > Seker omdat die snoek van ons kus nie wurms het nie?   Die water is te
>>>>  > koud......en jy weet mos alle soorte van wurms krimp as dit koudkry!!!
>>>>  > "Annette"  wrote in message
>>>>  > news:b9fm8u$j1a6e$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>>  > > 250ml gevlokte gerookte snoek
>>>>  > > 250ml gerasperde kas
>>>>  > > 25ml gesmelte botter
>>>>  > > 4 eiers
>>>>  > > 2 snye dik wit brood geweek in 500ml melk.
>>>>  > > Meng alles saam, plaas in gesmeerde bakskottel en bak vir 30 min teen 180
>>>>  > >
>>>>  > > Room:
>>>>  > > 125ml room
>>>>  > > 1ml suurlemoenpeper
>>>>  > > 1ml sout
>>>>  > > 30ml gekapte pietersielie
>>>>  > > Meng alles saam en smeer oor tert wanneer dit uit die oond kom.
>>>>  > >
>>>>  >
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Kaasgoed
Volgende onderwerp: koeksisters
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 08:58:57 MGT 2024