Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Kaasgoed
Kaasgoed [boodskap #76955] Wo, 30 April 2003 14:30 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Camembert met vye en neute

1 x 125g Camembert
60ml roomkaas
30ml okkerneute, gekap
1 geperseveerde heel vy, gekap.

Sous:
30ml pruimkonfyt
15ml port.

Metode - halveer die Camembert ( horisontaal).
meng die roomkas, neute, en vy saam. Smeer oor die onderste helfte van die
camembert, en plaas die ander helfte van die camembert bo-op. Druk liggies
bo-op.
Smelt die knofyt en voeg die port by.

Bedien bereide Camembert met sous, heel konfytvye in skyfies gesny en melba
toast.
( Pecan neute ipv okkerneute kan gebruik word)

2) Brie, pesto en toamatieslaai.

1 x 125 g Brie
15ml basil pesto
6 -8 klein tamatietjies, in snye
10ml olyfolie ( of druiwepitolie)
5ml balsamiese asyn
sout en varsgemaalde swart peper na smaak.

metode:
Halveer die Brie ( horisontaal). Smeer pesto op die onder helfte en plaas
die ander helfte bo-op.
Plaas op opdienbord.
Meng die tamaties, olyfolie, balsamiese asyn, sout en peper saam. Gooi
mengsel oor en rondom Brie.
Bersier met rocket en basil blare
Bedien met gebotterde snye franse brood.
Re: Kaasgoed [boodskap #76961 is 'n antwoord op boodskap #76955] Wo, 30 April 2003 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> 1 geperseveerde heel vy, gekap.

Ai, die arme vy. Nadat dit solank
geperseveer het, solank uitgehou
het, toe kap hulle hom tog stukkend.
Vye, dis iets wat ek desperaat mis
hier in die noordelike dele van Noord-
Amerika. Daar is wel nou en dan 'n
kissie met ryp groenvye in die vrugte
winkels, maar wie wil nou amper 'n
dollar betaal vir een, en dan loop jy
nog die gevaar dat die ding dalk
binnekant nie goed sal wees nie. En
mens moet ook maar oppas "van waar dit
vandaan kom."
Waar ek grootgeword het, was vye
amper stapelkos sekere dele van die jaar.
Die klein bruinetjies was my geliefkoosde
vye. Maar daar was ook die groot groenes,
en Adamsvye ook.

Gloudina
Re: Kaasgoed [boodskap #76964 is 'n antwoord op boodskap #76955] Wo, 30 April 2003 17:16 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Apr 2003 16:30:33 +0200, "Annette" wrote:

> 1) Camembert met vye en neute
>
> 1 x 125g Camembert
> 60ml roomkaas
> 30ml okkerneute, gekap
> 1 geperseveerde heel vy, gekap.
>
> Sous:
> 30ml pruimkonfyt
> 15ml port.
>
> Metode - halveer die Camembert ( horisontaal).
> meng die roomkas, neute, en vy saam. Smeer oor die onderste helfte van die
> camembert, en plaas die ander helfte van die camembert bo-op. Druk liggies
> bo-op.
> Smelt die knofyt en voeg die port by.
>
> Bedien bereide Camembert met sous, heel konfytvye in skyfies gesny en melba
> toast.
> ( Pecan neute ipv okkerneute kan gebruik word)
>
> 2) Brie, pesto en toamatieslaai.
>
> 1 x 125 g Brie
> 15ml basil pesto
> 6 -8 klein tamatietjies, in snye
> 10ml olyfolie ( of druiwepitolie)
> 5ml balsamiese asyn
> sout en varsgemaalde swart peper na smaak.
>
> metode:
> Halveer die Brie ( horisontaal). Smeer pesto op die onder helfte en plaas
> die ander helfte bo-op.
> Plaas op opdienbord.
> Meng die tamaties, olyfolie, balsamiese asyn, sout en peper saam. Gooi
> mengsel oor en rondom Brie.
> Bersier met rocket en basil blare
> Bedien met gebotterde snye franse brood.
>
>
Ja, ek het dit al begryp. Dis "haute cuisine"! Ja, waaragtig, kaas
gaan pragtig saam met fruit, of groentes. Ek kan my eie al voorstel
hoe dit gaan smaak.
Dankie, Annette! Sal dit meteen opneem in my persoonlike kookboek.

Norbert
Vorige onderwerp: Kerrierys
Volgende onderwerp: Namib Snoektert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 08:44:37 MGT 2024