Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: ANC verklaar oorlog teen Pretoria
Die Afrikaner: ANC verklaar oorlog teen Pretoria [boodskap #7662] Vr, 15 November 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner.

************************************************************ *****************
ANC verklaar oorlog teen Pretoria

DIE uitspraak van die ANC se nuwe burgemeester van Groter
Pretoria, Joyce Ngele, dat hulle Afrikaner-standbeelde gaan
afbreek en straatname verander, is 'n oorlogsverklaring teen die
Afrikaner wat nie onbeantwoord gelaat sal word nie. Alhoewel
hierdie raad geen seggenskap oor hierdie aangeleenthede het nie,
is die blote feit dat hulle hulle aangematig het om dit te sˆ,
reeds 'n aanduiding van die ingesteldheid van die ANC om die
Afrikaner uit te daag.
Dit is die Stadsraad van Pretoria wat seggenskap het oor
hierdie sake, en nie Groter Pretoria nie. Daar is reeds sprake
daarvan dat Pretorianers gaan weier om hulle belasting aan die
Metropolitaanse Raad, wat by die maandelikse munisipale rekening
ingesluit is, te betaal.
Ngele se onverantwoordelike uitsprake is ondersteun deur Donsie
Khumalo, ANC-sweep in die Metropolitaanse Raad. Hy het
gesuggereer dat waar hulle nie die mag het om hierdie
veranderinge aan te bring nie, die stadsrade van die ANC in die
Pretoriase stadsraad die gedagte steun, en dat daar 'n
gesamentlike ANC-strategie beplan word om hierdie "simbole van
apartheid" te verwyder. Hy verwag ook steun van ander partye (NP
en VF). Hulle het hulle nie daarteen uitgespreek nie.
Die Vryheidsfront in die Groter Pretoriase stadsraad was direk
vir hierdie debakel verantwoordelik toe hulle hulle steun vir
Ngele in die burgemeestersverkiesing toegesˆ het. Hulle het vir
haar, en teen 'n blanke gestem in ruil vir die pos van onder-
burgemeester. Hulle beskik oor die magsbalans, en het die finale
sˆ gehad oor wie verkies sou word. In die verkiesing van die
Pretoriase stadsraad het hulle weer vir die blanke gestem teen
die ANC. Dit word as die toppunt van opportunisme bgestempel.
Een van die lede van die VF wat vir die swart vrou, Ngele as
burgemeester gestem het, is Alma Chiol‚, vrou van Joseph Chiol‚,
'n LP van die VF.
Die feit dat die ANC bereid is om so luidrugtig te raak oor 'n
saak waaroor hulle geen seggenskap het nie, is 'n bewys van die
vurige rassehaat waarmee hulle teen die Afrikaner vervul is.
Praatjies van versoening is net lippetaal wat vir na‹ewe lede van
die NP en die VF bedoel is.
Ngele het die indruk geskep dat sy omgeswaai het wat betref die
verwydering van die standbeeld van pres. Kruger. Die joernalis
van die Sunday Independent, wat dit oorspronklik gerapporteer
het, bly egter by haar berig. Ngele het dit werklik gesˆ.
Buitendien is die uitsprake van Donsie Khumalo dat die standbeeld
van adv. JG Strijdom verwyder moet word, die algemene beskouing
van die ANC.
Die drif waarmee die inwoners van Pretoria die dreigement van
die verwydering van hulle erfenis uit hulle stad ontvang het, is
egter 'n duidelike waarskuwing aan die ANC dat hy sy pote van
hierdie dinge moet afhou. Hy sal sy vingers verbrand, en hy gaan
seerkry.
Ook die Vryheidsfront wat vir die verraad verantwoordelik was
om hierdie swart vrou in te stem as burgemeester, het die
gramskap van Afrikaners op hulle neergehaal.
Re: Die Afrikaner: ANC verklaar oorlog teen Pretoria [boodskap #7663 is 'n antwoord op boodskap #7662] Vr, 15 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Nov 1996 17:16:43 -0800, Herstigte Nasionale Party/ Die
Afrikaner <afri...@hnp.org.za> wrote:
<<<>ANC verklaar oorlog teen Pretoria..>>>

Fokit, huh!

So julle ouens moet nou perde opsaal en baklei!!
Vorige onderwerp: Contact gezocht
Volgende onderwerp: Die Afrikaner:Linkse IDASA het regses na onderhandelings gelei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 11:18:58 MGT 2024