Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Afrikaner: Tribunale beplan nuwe heksejag
Die Afrikaner: Tribunale beplan nuwe heksejag [boodskap #7611] Vr, 08 November 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ **********

Spesiale tribunale moet ingryp waar Tutu misluk

VOORSIENING word in wetgewing gemaak vir die instel van spesiale
tribunale met spesiale regters, waarskynlik selfs uit die
internasionale gemeenskap, asook spesiale staatsaanklaers met
buitengewone magte om sogenaamde oortreders van menseregte te
vervolg. Hierdie tribunale sal opereer met gewysigde re‰ls vir
getuienislewering. Dit word hanteer as 'n saak van groot
dringendheid.
Hierdie proses word gesien as 'n verdere uitbouing van die
werksaamhede van die Tutu-kommissie, veral in gevalle waar dit
blyk dat "versoening" nie tot sy reg kom nie. Dit is ook gemik
op lede van die veiligheidsmagte wat getuig voor Tutu, en dan
"vry uitstap". Hierdie tribunale sal verhoed dat hulle "vry
uitstap".
Daar word beweer dat die tyd vir vergewing kort is, en
inderdaad reeds verby is. Daarom is dit nou tyd om diegene wat
vir hierdie dade verantwoordelik was, te vervolg.
Daar word ook voorsiening voor gemaak dat gewone burgers
vervolg kan word wat apartheid voorgestaan het. Veral
staatsamptenare wat betrokke was by die uitvoering daarvan, sal
nie deur hierdie tribunale oorgeslaan word nie.
Hierdie prosedure word gesien as 'n metode om die werk van die
Tutu-kommissie na 'n tweede fase te voer.
Hierdie nuutste vervolgingsmetodes wat in die vooruitsig gestel
word, het groot ontsteltenis in veiligheidskringe veroorsaak.
Hulle het 'n verslag daaroor die lig laat sien, en dit bevat die
volgende inligting:
l 'n Sekere wetsontwerp is onlangs ingedien wat op die oog af
verreikende gevolge vir veral lede van die voormalige
veiligheidsbestel inhou.
l Die Wetsontwerp op Spesiale Ondersoekeenhede en Spesiale
Tribunale (W 76-96) behels dat voorsiening gemaak word vir
"...investigating serious malpractices or maladministration in
connection with the administration of State institutions... As
well as any conduct which may seriously harm the interests of the
public..."
l Nadere ontleding van die betrokke wetsontwerp, dui egter
daarop dat die magte en bevoegdhede van die wetsontwerp so wyd
is dat enige persoon, vir enige "oortreding" volgens die
diskresie van die beamptes (2.g) gearresteer mag word en dat die
Tribunaal sy verrigtinge kan laat geskied sonder dat "information
relating to the proceedings" p.12 10,5,a) bekend gemaak sal word.
l Die primˆre implikasie is duidelik dat 'n meganisme in stand
gebring word waardeur vervolgings kan plaasvind sonder dat 'n
saak deur gevestigde regswe‰, nl. deur 'n hof gaan, asook feitlik
in die geheim.
l Hierdie wetsontwerp het sy verskyning gemaak sonder dat
belanghebbende groepe, bv uit die SAPD en SANW eers daarvan bewus
was. Met ander woorde, slegs geselekteerde groepe was waarskynlik
geraadpleeg soos bv The National Association of Democratic
Lawyers (NADEL).
l Op 1 November 1996 verskyn 'n artikel in The New Nation (p.11)
waarin 'n argument gelewer word vir "... Special Courts to be set
up with Special judges ... And with Special Prosecutors with
special rules of perpetrators to be brought to Court and tried".
l Die artikel sluit af met die pleidooi dat daar 'n meganisme
ingestel moet word "... to take the work of the TRC into a Second
Phase. The Second Phase towards hopefully the whole truth, total
reconciliation and real justice."

IMPLIKASIES

Die implikasies van beide die wetsontwerp en die artikel (wat
ooglopend dien as klimaatskepper vir die deurvoer van die beoogde
Wet) is as volg:
l Die teikens van die WVK en die beoogde wetgewing, is eerstens
die leiers van die voormalige bestel.
l Vervolgings sal nie staak na die WVK se werksaamhede
afgehandel is nie.
l Daar sal ook beteikening wees van enige persoon, wat na die
demokratisering van die RSA, nog werklik of gewaand, aan die
bevordering van "Apartheid", deelneem.
l Die politieke voordeel skyn reeds in die hande van die
opstellers van hierdie wet te wees, aangesien propaganda reeds
in die media gemaak word vir die voorgestelde wetsontwerp. Enige
moontlike teenstand van kabinet kollegas en ander wat die gevolge
van die wet tov versoening sou teenstaan, is tans afgeweer.
l Die beoogde wetsontwerp blyk deels 'n vergestalting te wees
van die ANC/SAKP se besprekingsdokument (Jun 80) getiteld, A
Criminal and Civil Code of the People of South Africa, wat 'n
bloudruk vir 'n toekomstige regstelsel vir die RSA behels. Die
dokument het politieke misdrywe aangespreek met erkenning aan die
konvensie van die VN, dat apartheid 'n misdryf teen die mensdom
is.
l Mnr PW Botha en ander oud-ministers soos mnr Vlok, word tans
as 't ware gedwing om voor die WVK te verskyn. Die algemene
persepsie is dat sodanige optredes, moontlik 'n snelle einde sal
bring aan die WVK se optredes. Die teendeel is egter waar. Die
wetsontwerp dui daarop dat die bogenoemde verskynings, slegs die
begin is. Die "uitspraak sal nog jare duur aangesien die Spesiale
ondersoekspanne en tribunale voort sal gaan met die inwin van
inligting wat mag meebring dat sodanige leiers straks keer op
keer, weer sal verskyn, na gelang van die wens van hierdie
tribunale.
l Wat is die nut van amnestie vra of selfs van vrywillige
verskyning voor die WVK as daar feitlik geen hoop is op
versoening nie, aangesien stigmatisering en viktimisering aan die
orde van die dag gaan bly?
Vorige onderwerp: Die Herkoms van Afrikaans
Volgende onderwerp: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES...........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 22:37:53 MGT 2024