Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Irak se gif
Re: Irak se gif [boodskap #75381 is 'n antwoord op boodskap #75373] Sa, 05 April 2003 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis die een wat jy KON sien, die plek is nogal bebos, daar kon maklik
ander "onsienbare" sekuriteit gewees het.

E

wrote:

. In die winter.
> Met twee klein kindertjies. En die hele
> Pelindaba word beskerm met een swart
> man in 'n klein hokkie.
>
> Gloudina
>
Re: Irak se gif [boodskap #75390 is 'n antwoord op boodskap #75380] So, 06 April 2003 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Apr 2003 19:59:07 +0200, "Elaine" wrote:

> Haai Antie, jy't my wragtie laat smaail. Ja ek praat van Pelindaba. Ons
> het nou die dag daar verby gery, en dit lyk nogal asof daar lewe in die plek
> is. Seker maar net die oppassers of iets.

Dis steeds 'n kern-navorsingsinstituut met 'n werkende reaktor. Dit
vervaardig onder meer bestralingsinstrumente vir die nuwerheid (om
akkurate meting te doen dink ek) en die mediese wereld - onder meer om
kanker te behandel.
Re: Irak se gif [boodskap #75392 is 'n antwoord op boodskap #75390] So, 06 April 2003 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Aaahh okay, dit laat my veilig voel! Gelukkig bly ek nou ver van Pretoria
af - maar ek wonder of dit ver genoeg is :-)) Speel sommer, darem word die
ding nou nuttig gebruik, i.p. daarvan om net daar te staan en verrot.

Elaine

"Ferdi Greyling" wrote :
>
> Dis steeds 'n kern-navorsingsinstituut met 'n werkende reaktor. Dit
> vervaardig onder meer bestralingsinstrumente vir die nuwerheid (om
> akkurate meting te doen dink ek) en die mediese wereld - onder meer om
> kanker te behandel.
>
Re: Irak se gif [boodskap #75408 is 'n antwoord op boodskap #75375] Ma, 07 April 2003 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm. Het jy gisteraand dit gevang op TV? 'n Stapel missiele wat aan Irak
verkoop is na die nuutste wapenverbod teen Irak. En die geskrifte? In
Frans! G'n wonder die haakneuse keer so nie! Al wat die VSA met Saddam
se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:bf3u8vcgji7m5esqilpc47u6fvm6lpioev@4ax.com...
> On Fri, 4 Apr 2003 16:16:48 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> oorlog nooit
>> moes plaasvind nie. Doer uit die dae toe Saddam jerusalem wou looi met sy
>> groot kanon, was die Franse en Duitsers diep betrokke.
>
> Ander verskaffers was natuurlik Brittanje en die VSA self.
> Het jy geweet die antrax wat in Washington se 'n geskarrel veroorsaak
> het, is teruggetrace na 'n Amerikaanse militere labarotorium in
> Maryland?
>
Re: Irak se gif [boodskap #75418 is 'n antwoord op boodskap #75408] Ma, 07 April 2003 08:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester" wrote:

> Hmm. Het jy gisteraand dit gevang op TV? 'n Stapel missiele wat aan Irak
> verkoop is na die nuutste wapenverbod teen Irak. En die geskrifte? In
> Frans! G'n wonder die haakneuse keer so nie! Al wat die VSA met Saddam
> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].

Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?

Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
Re: Irak se gif [boodskap #75419 is 'n antwoord op boodskap #75246] Ma, 07 April 2003 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Apr 2003 11:36:48 +0200, "Suidwester" wrote:

> Die verskil is dat niemand dit aanwend behalwe Irak nie.

Onwaar.
Duitsland en Brittanje het mostertgas in WW1 gebruik.
Japan het in die 30's antrak op Chinese stede gegooi.
Die VSA het Agent Orange in Vietnam gebruik.
Die VN-magte het in die eerste Golf-oorlog "depleted unranium"
gebruik. Die VSA het dieselfde in Kosovo gebruik.
Re: Irak se gif [boodskap #75425 is 'n antwoord op boodskap #75418] Ma, 07 April 2003 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel ek weet nou nie so lekker van daai storie nie want ons was in daai
bedryf en dalk het ons self nie so lekker geweet nie? Wat ek wel weet is
dat daar 'n wapenverbod deur Amerika op Suid-Afrika was en dat die
tegnologie vir die G5 en G6 van John Bull gekoop is en uitgesmokkel is na SA
juis dat die Yanks dit nie moes agterkom nie. Deur sewe lande se hawens is
die goete gesmokkel en dit was 'n hele klompie jare daarna dat dit vir die
eerste keer uitge-'figure' is en 'n film daaroor vertoon is op die BBC.
Later jare, toe ons die Irakese voorsien het van kanonne, was daar manne wat
met snaakse identiteite die Iraki's gaan oplei het....alles net om die
Amerikaners te mislei? So dit is verniet gedoen? Wat van die tegnologie
van seemyne uit Italië? Het jy geweet die 'Eyeties' is van die voorstes in
die wêreld sover dit seemyne aangaan? Ook die is gesmokkel teen die
wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
Jitte....

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e9134af.1422568@news.saix.co.za...
> On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> > se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>
> Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
> verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?
>
> Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
> die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
> Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
> toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
>
Re: Irak se gif [boodskap #75430 is 'n antwoord op boodskap #75425] Ma, 07 April 2003 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
John Bull is nog voor die Golfoorlog vermoor.
En intussen wag almal nog steeds angstig dat Saddam sy wapens van
massavernietiging moet begin gebruik, of dat dit " gevind" word.
Hoe langer hierdie inval duur, hoe minder geloofwaardig sal enige "vonds"
wees.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e914347.0@news1.mweb.co.za...
> Wel ek weet nou nie so lekker van daai storie nie want ons was in daai
> bedryf en dalk het ons self nie so lekker geweet nie? Wat ek wel weet is
> dat daar 'n wapenverbod deur Amerika op Suid-Afrika was en dat die
> tegnologie vir die G5 en G6 van John Bull gekoop is en uitgesmokkel is na SA
> juis dat die Yanks dit nie moes agterkom nie. Deur sewe lande se hawens is
> die goete gesmokkel en dit was 'n hele klompie jare daarna dat dit vir die
> eerste keer uitge-'figure' is en 'n film daaroor vertoon is op die BBC.
> Later jare, toe ons die Irakese voorsien het van kanonne, was daar manne wat
> met snaakse identiteite die Iraki's gaan oplei het....alles net om die
> Amerikaners te mislei? So dit is verniet gedoen? Wat van die tegnologie
> van seemyne uit Italië? Het jy geweet die 'Eyeties' is van die voorstes in
> die wêreld sover dit seemyne aangaan? Ook die is gesmokkel teen die
> wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
> Jitte....
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:3e9134af.1422568@news.saix.co.za...
>> On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester"
>> wrote:
>>
>> Saddam
>>> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>>> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
>>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
>>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>>
>> Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
>> verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?
>>
>> Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
>> die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
>> Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
>> toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
>>
>
Re: Irak se gif [boodskap #75437 is 'n antwoord op boodskap #75430] Ma, 07 April 2003 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tog word sy tegnologie steeds gebruik en as hulle nie in Irak sy groot loop
opgeblaas het nie, dan sou hy sekerlik verder kon ontwikkel daaraan. Dit
was egter geensins 'n nuwe idee nie. Die Duitsers was ook aan't werk in
die 2de Wêreldoorlog om London te looi met so 'n tipe kanon. Die
ontwikkeling van wapens vat 'n lang tyd. Weet jy dat die 'stealth'
vliegtuie wat Amerika so suksesvol gebruik en so hoog tegnologies is dat
ander lande nog net droom daarvan, reeds in proefvorm reeds in die 50's die
eerste toetsvlug gedoen het?
Ek self hoop en bid dat die Amerikaners wel nie wapens van
massavernietiging moet kry nie [veral nie as die Irakese enige moontlikheid
het om dit te gebruik nie] want dan gaan die wêreld moet keer of die 3 de
Wêreldoorlog het pas begin. Ek stem ook nie saam met jou dat die
geloofwaardigheid oor wapens van die aard begin kwyn hoe langer dit vat om
dit te ontdek nie, want as jy iets wil wegsteek is dit maklik om dit te doen
en om dit te kry is 'n ander storie. Tog, die aaklige regime van Saddam
gaan iets van die verlede wees en hopelik sal die Irakese van die
geleentheid gebruik maak om 'n ordentlike konstitusie op papier te kry en
die rykdom van die land so 'n bietjie wyer te sprei.........nou nie dat dit
maklik sal gebeur nie. Hier sit ons in Afrika met demokrasie�....die
politici raak al vetter en die mense op die grond al armer.

"Annette" skryf in boodskap news:b6ri63$86uun$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> John Bull is nog voor die Golfoorlog vermoor.
> En intussen wag almal nog steeds angstig dat Saddam sy wapens van
> massavernietiging moet begin gebruik, of dat dit " gevind" word.
> Hoe langer hierdie inval duur, hoe minder geloofwaardig sal enige "vonds"
> wees.
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e914347.0@news1.mweb.co.za...
>> Wel ek weet nou nie so lekker van daai storie nie want ons was in daai
>> bedryf en dalk het ons self nie so lekker geweet nie? Wat ek wel weet is
>> dat daar 'n wapenverbod deur Amerika op Suid-Afrika was en dat die
>> tegnologie vir die G5 en G6 van John Bull gekoop is en uitgesmokkel is
na
> SA
>> juis dat die Yanks dit nie moes agterkom nie. Deur sewe lande se
hawens
> is
>> die goete gesmokkel en dit was 'n hele klompie jare daarna dat dit vir die
>> eerste keer uitge-'figure' is en 'n film daaroor vertoon is op die BBC.
>> Later jare, toe ons die Irakese voorsien het van kanonne, was daar manne
> wat
>> met snaakse identiteite die Iraki's gaan oplei het....alles net om die
>> Amerikaners te mislei? So dit is verniet gedoen? Wat van die
> tegnologie
>> van seemyne uit Italië? Het jy geweet die 'Eyeties' is van die
voorstes
> in
>> die wêreld sover dit seemyne aangaan? Ook die is gesmokkel teen die
>> wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
>> Jitte....
>> "Ferdi Greyling" wrote in message
>> news:3e9134af.1422568@news.saix.co.za...
>>> On Mon, 7 Apr 2003 08:36:15 +0200, "Suidwester"
>>> wrote:
>>>
>>> > Saddam
>>>> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>>>> gekom het....die res van komponente was uit Frankryk en Duitsland.
>>>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook
> aan
>>>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>>>
>>> Inderdaad. Maar dink jy ons destydse regering sou dit aan Irak kon
>>> verkoop as die Yanks nie toestemming gegee het nie?
>>>
>>> Het jy geweet dat, ten tyde van die veel genoemde chemiese aanvalle op
>>> die Koerde deur Saddam, was Donald Rumsfeld in Irak op besoek aan
>>> Saddam? Dat hy hom ontmoet het en dat Rumsfeld GEEN WOORD van kritiek
>>> toe teen die chemiese aanvalle gespreek het nie?
>>>
>>
>
Re: Irak se gif [boodskap #75446 is 'n antwoord op boodskap #75408] Ma, 07 April 2003 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Al wat die VSA met Saddam
> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
> gekom het.
> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].

Bull was 'n Kanadees.
En wat sê jy van die feit dat baie wapens
van Irak in die Gulf War van die apartheids-
regime af gekom het? Dink jy daar is nou
enige wapens in Irak se hande, noudat die
ANC die leisels het. Hoe verklaar jy dit?

Gloudina
Re: Irak se gif [boodskap #75456 is 'n antwoord op boodskap #75425] Ma, 07 April 2003 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 7 Apr 2003 11:22:03 +0200, "Suidwester" wrote:

Ook die is gesmokkel teen die
> wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
> Jitte....

Ek sal so se ja want daar was bitter min wat ons gedoen het wat die
Yanks nie in geken is nie - omrede ons die groot skans teen kommunisme
in Suider-Afrika was ens. ens.

So ook is die inval in Angola eers uitgecheck met die CIA voor dit
gedoen is.

Wat dink jy het magnus, Pik en Chester Crocker alles oor gepraat?
Re: Irak se gif [boodskap #75461 is 'n antwoord op boodskap #75446] Ma, 07 April 2003 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai antie, Krygkor bestaan steeds onder die naam Denel en hulle het steeds
onderdele en ammunisie verkoop aan Irak onder die tafel deur. SA is een
van die voorste vervaardigers van radiotegnologie [Frequency hopping] in die
wêreld en met optiese goete staan ons ook nie terug nie. Wat jy duidelik
nie besef nie, is dat 'n politieke verandering in 'n land nie maak dat 90%
van die alledaagse werksaamhede ook verander nie. Ons gewone donners doen
maar nog ons werk, maak nie saak wie die politieke skrouers is nie. Wapens
is 'n groot verdiener van valuta uit die buiteland en hoekom sal SA reeds
bestaande markte verwaarloos? Byvoorbeeld, AK47 patrone word by die
miljoene in SA gemaak en wyd in die wêreld versprei. Net om een rede:
Geld! Die ANC is pro-Irak. Hoekom sal hulle nie aan hulle verskaf nie?
So het die Franse en die Duitsers ook goete gegooi teen die VSA se wil in en
hulle probleme sal oor so 'n paar weke begin. Die eerste Franse missiele
is gevind in Irak. Nogal aangekoop in die tyd van die wapenverbod. Mens
wonder wat die Amerikaners kan doen om die Franse se skroewe bietjie in te
draai? Dit sal nie baklei wees nie, maar miskien net soos toe SA se
Rooivalk helikopter [toevallig een van die bestes in die wêreld] in die UK
bemark is. Die VSA het net sekere komponente vna die stelsel teruggehou en
daarsonder het die Souties nie belanggestel in die choppers nie.
Eenvoudig! Business is business. Nou maak die Franse vliegtuie wat
sekere komponnete vanuit die VSA in het waarsonder hulle nie kan nie. Die
Franse gaan nog baie, baie spyt wees.......
skryf in boodskap news:3E9179FC.3010708@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Al wat die VSA met Saddam
>> se kanon te doene gehad het was die feit dat John Bull uit daai rigting
>> gekom het.
>> Toevallig was die tegnologie van die G5 en G6 kanonne van SA [wat ook aan
>> Irak verkoop was, ook van Bull afkomstig].
>
> Bull was 'n Kanadees.
> En wat sê jy van die feit dat baie wapens
> van Irak in die Gulf War van die apartheids-
> regime af gekom het? Dink jy daar is nou
> enige wapens in Irak se hande, noudat die
> ANC die leisels het. Hoe verklaar jy dit?
>
> Gloudina
>
Re: Irak se gif [boodskap #75462 is 'n antwoord op boodskap #75456] Ma, 07 April 2003 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ja en onder andere het hulle gepraat oor die ANC probleem en hoe om dit op
te los. Toe dit nie militêr gedoen kon word nie, toe moes hulle maar
praat...........

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:3e958f92.25019789@news.saix.co.za...
> On Mon, 7 Apr 2003 11:22:03 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
> > wapenverbod en nou vertel jy vir my al die geheimhouding was verniet?
>> Jitte....
>
> Ek sal so se ja want daar was bitter min wat ons gedoen het wat die
> Yanks nie in geken is nie - omrede ons die groot skans teen kommunisme
> in Suider-Afrika was ens. ens.
>
> So ook is die inval in Angola eers uitgecheck met die CIA voor dit
> gedoen is.
>
> Wat dink jy het magnus, Pik en Chester Crocker alles oor gepraat?
>
Re: Irak se gif [boodskap #75520 is 'n antwoord op boodskap #75425] Di, 08 April 2003 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Dit is darem jammer Zimbabwe het nie olie nie. Dan kon die Yanks sommer gou
gou hulle kak ook uitsorteer.
Bye

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.467 / Virus Database: 266 - Release Date: 1/04/2003
Re: Irak se gif [boodskap #75526 is 'n antwoord op boodskap #75520] Di, 08 April 2003 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 20:45:20 +1000, "Afro Ozzie" wrote:

> Dit is darem jammer Zimbabwe het nie olie nie. Dan kon die Yanks sommer gou
> gou hulle kak ook uitsorteer.

Die probleem is jy sorteer niks uit deur dit te bom nie.
Re: Irak se gif [boodskap #75536 is 'n antwoord op boodskap #75526] Di, 08 April 2003 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sê wie? Die 2de wêreldoorlog het geëindig met 'n moerse bang.

E

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Die probleem is jy sorteer niks uit deur dit te bom nie.
>
Re: Irak se gif [boodskap #75537 is 'n antwoord op boodskap #75536] Di, 08 April 2003 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 15:41:41 +0200, "Elaine" wrote:

> Sê wie? Die 2de wêreldoorlog het geëindig met 'n moerse bang.

En dit het gelei tot die Oos-Europese blok en die Koue Oorlog met al
sy sterftes en vernietiging.

Dit het ons ook die atoombom gegee.
Re: Irak se gif [boodskap #75563 is 'n antwoord op boodskap #75537] Di, 08 April 2003 20:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, die Duitsers het ons die Atoombom gegee, Amerika het net die tegnologie
by hulle gesteel en hom gebou voor die Duitsers kon :o))

E

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Dit het ons ook die atoombom gegee.
>
Krygkor en Denel [boodskap #75591 is 'n antwoord op boodskap #75461] Wo, 09 April 2003 01:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Haai antie, Krygkor bestaan steeds onder die naam Denel en hulle het
steeds onderdele en ammunisie verkoop aan Irak onder die tafel deur.

Wouter (wat dié week in Windhoek werk)
Denel bestaan seker al meer as 10 jaar langs Krygkor, hulle het die
nie-militêre bedrywighede oorgeneem en is 'n groot maatskappy. Maar
Krygkor (Armscor) bestaan ook nog, en jy is reg dat ons die vermoë
en die lus het om 'n groot verskeidenheid militêre wapens uit te voer.
Re: Irak se gif [boodskap #75610 is 'n antwoord op boodskap #75563] Wo, 09 April 2003 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 8 Apr 2003 22:46:34 +0200, "Elaine" wrote:

> Nee, die Duitsers het ons die Atoombom gegee, Amerika het net die tegnologie
> by hulle gesteel en hom gebou voor die Duitsers kon :o))

Eintlik middel Europese Jode soos Einstein, Zillard, Teller, Lise
Meitner ens.

Maar die punt is WW2 het die politieke en finansiele wil geskep om so
'n projek te finansier en deur te druk.
Re: Irak se gif [boodskap #75615 is 'n antwoord op boodskap #75610] Wo, 09 April 2003 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is miskien so, maar sulke wapens sou wel mettertyd ontwikkel geword het.

E

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> Maar die punt is WW2 het die politieke en finansiele wil geskep om so
> 'n projek te finansier en deur te druk.
>
Re: Irak se gif [boodskap #75630 is 'n antwoord op boodskap #75615] Wo, 09 April 2003 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is dit nie interessant dat miljoene der miljoene gespandeer word om wapens
te ontwikkel, mense word maan toe gestuur, ons weet naastenby dat daar niks
op Mars aangaan nie, maar nog steeds kon niemand daarin slaag om verkoue hok
te slaan nie?
Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.
Die geval hier in Kaapstad is negatief.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e9402d6.0@news1.mweb.co.za...
> Is miskien so, maar sulke wapens sou wel mettertyd ontwikkel geword het.
>
> E
>
> "Ferdi Greyling" wrote:
>>
>> Maar die punt is WW2 het die politieke en finansiele wil geskep om so
>> 'n projek te finansier en deur te druk.
>>
>
SARS [boodskap #75633 is 'n antwoord op boodskap #75630] Wo, 09 April 2003 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.
> Die geval hier in Kaapstad is negatief.

Is dit bekend hoe die persoon in aanraking
gekom het met SARS? Ek hoop hulle is bereid
vir die situasie. Hier in veral Toronto is
dit 'n regtige reuseprobleem, met honderde
mense onder kwarantyn, en tien mense al dood,
almal in Ontario. Die regering moes ook 'n
wet maak wat dit moontlik maak om mense teen
hulle wil te kwarantyn.

Gloudina
Re: SARS [boodskap #75634 is 'n antwoord op boodskap #75633] Wo, 09 April 2003 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, hy was glo onlangs op 'n vlug na Hong Kong.
Daar word nou dringend gesoek na al die mense hier met wie hy in aanraking
was.
Sy toestand is kritiek, en die Rooikruis en 'n hulplyn beskikbaar gestel vir
mense wat meer wil weet.
Annette

skryf in boodskap news:3E9421D1.7050604@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.
>> Die geval hier in Kaapstad is negatief.
>
> Is dit bekend hoe die persoon in aanraking
> gekom het met SARS? Ek hoop hulle is bereid
> vir die situasie. Hier in veral Toronto is
> dit 'n regtige reuseprobleem, met honderde
> mense onder kwarantyn, en tien mense al dood,
> almal in Ontario. Die regering moes ook 'n
> wet maak wat dit moontlik maak om mense teen
> hulle wil te kwarantyn.
>
> Gloudina
>
Re: SARS [boodskap #75643 is 'n antwoord op boodskap #75634] Wo, 09 April 2003 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ja, hy was glo onlangs op 'n vlug na Hong Kong.
> Daar word nou dringend gesoek na al die mense hier met wie hy in aanraking
> was.
> Sy toestand is kritiek, en die Rooikruis en 'n hulplyn beskikbaar gestel vir
> mense wat meer wil weet.

Wel, ek hoop hulle het hare op hulle tande
en die wil om almal op te spoor en om hulle
te dwing om vir tien dae vir hulself te isoleer.
Mens sidder om te dink wat in 'n stad soos
Johannesburg kan aangaan as die ding versprei
in plekke soos Soweto. In Toronto, met 'n
gesofistikeerde gesondheidsdiens en 'n redelik
hoogs-ontwikkelde bevolking, is dit al vreeslik
moeilik om alles onder beheer te kry. Hulle moes
al iemand met 'n polisiebevel dwing om in kwarantyn
te gaan.
Hier in Ottawa het ons nog geen geval nie, maar
op elke dokter se deur staan die caveat dat jy nie
moet inkom as jy vir dié en dié vrae positief
antwoord nie.

Gloudina
Re: Irak se gif [boodskap #75645 is 'n antwoord op boodskap #75630] Wo, 09 April 2003 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Inderdaad baie vreemd.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b716vk$97umm$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Is dit nie interessant dat miljoene der miljoene gespandeer word om wapens
> te ontwikkel, mense word maan toe gestuur, ons weet naastenby dat daar niks
> op Mars aangaan nie, maar nog steeds kon niemand daarin slaag om verkoue hok
> te slaan nie?
>
> Annette
Re: SARS [boodskap #75665 is 'n antwoord op boodskap #75633] Do, 10 April 2003 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
wrote in message
>
> Annette wrote:
>
>> Die eerste gevestigde geval van SARS is in Johannesburg.

In Pretoria, nie JHB nie. Hy is tans onder kwarentyn in Pta Oos
Hospitaal. Aanvanklike toets was negatief, maar die mense wat
hom al gesien het en behandel het is baie seker dat dit wel SARS
is. Nog toetse word nou gedoen.

Volgens wat ek gehoor het almal wat betrokke was (Hospitaal,
NICD, ens.) dit uitstekend hanteer en is daar 'n goeie kans dat
dit nie verder sal versprei nie. Al sy kontakte is ook in kwarantyn,
meeste in hulle eie huise en elke dag gaan daar iemand na hulle toe
om hulle te monitor.

>> Die geval hier in Kaapstad is negatief.
>
> Is dit bekend hoe die persoon in aanraking
> gekom het met SARS?

Hy was met vakansie in Hong Kong/China. Dink amper hy was
ook nogal in Guangdon waar dit alles begin het. Terug gevlieg
SA toe en eers na hy terug was by sy huis begin sleg voel.

> Ek hoop hulle is bereid
> vir die situasie. Hier in veral Toronto is
> dit 'n regtige reuseprobleem, met honderde
> mense onder kwarantyn, en tien mense al dood,
> almal in Ontario. Die regering moes ook 'n
> wet maak wat dit moontlik maak om mense teen
> hulle wil te kwarantyn.
>
> Gloudina
>

As al die mense onder kwarantyn mooi saamwerk (en as niemand
oorgeslaan is nie), lyk dit of dit gestop gaan word. En ek hoop
elkeen wat bygedra het om dit te stop kry 'n medalje of iets.
Re: SARS [boodskap #75670 is 'n antwoord op boodskap #75643] Do, 10 April 2003 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 09 Apr 2003 19:08:04 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Wel, ek hoop hulle het hare op hulle tande
> en die wil om almal op te spoor en om hulle ..ens..

Sien daar is ', uitbreek van Ebola in die Kongo. Meer mense is al
daarvan daar dood as wereldwyd van SARS. Het dit die nuus gemaak in
Kanada?
Re: SARS [boodskap #75685 is 'n antwoord op boodskap #75670] Do, 10 April 2003 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Ferdi Greyling wrote:

> Sien daar is ', uitbreek van Ebola in die Kongo. Meer mense is al
> daarvan daar dood as wereldwyd van SARS. Het dit die nuus gemaak in
> Kanada?

Ja, maar dis nie deel van die paniekreaksie
wat SARS hier veroorsaak nie. As jy nou na
'n dokter of kliniek hier gaan, staar daar
'n kennisgewing vir jou in die gesig:"Moenie
inkom as jy ja kan sê op enige van hierdie
vrae nie." En ek dink nie ons het enige
gevalle in Ottawa nie.
Snaaks genoeg, dis glo makliker om ebola
uit te roei as sommige van hierdie ander dinge.
Dis so dodelik, dat almal wat dit het, doodgaan.
Dus kwarantyn jy net die hele area en sien dat
geen mense daaruit ontsnap nie.

Gloudina
Re: SARS [boodskap #75694 is 'n antwoord op boodskap #75685] Do, 10 April 2003 13:36 Na vorige boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Apr 2003 12:14:47 GMT, "@rogers.com" wrote:

Snaaks genoeg, dis glo makliker om ebola
> uit te roei as sommige van hierdie ander dinge.
> Dis so dodelik, dat almal wat dit het, doodgaan.
> Dus kwarantyn jy net die hele area en sien dat
> geen mense daaruit ontsnap nie.

Wag dat ebola in New York uitbreek en kyk hoe verander die houding
daaroor.
Vorige onderwerp: Proteas se nuwe spanliedjie
Volgende onderwerp: Slim Mel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:18:23 MGT 2024