Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » gloudina
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74749 is 'n antwoord op boodskap #74738] Vr, 21 Maart 2003 00:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Elaine
Ek kon nie eers 'n statistiek vir kapings in Kanada kry nie!
Die motordiefstal is dit wat gedoen word as die ou jou kar
van jou sypaadjie afsteel en niemand kry seer nie. 'n Kaping
vind plaas met geweld en wapens, terwyl jy in jou kar sit.

Wouter
Baie van ons verlang terug na die goeie ou dae toe hulle
nog jou motor gesteel het wanneer jy nie daarin is nie :-)
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74752 is 'n antwoord op boodskap #74682] Vr, 21 Maart 2003 03:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
possum  is tans af-lyn  possum
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek skud net my kop oor Gloudina se ongeneeslike idiotisme

Probeer asseblief verstaan:

Die syfer is per 100,000 van die BEVOLKING, nie per 100,000 VOERTUIE nie

Kanada het waarskynlik 10 maal meer voertuie per capita as SA; dus skuif die
punt een plek as jy wil weet hoeveel meer kans het dat jou voertuig in SA
gesteel gaan word.

skryf in boodskap news:3E793755.5020006@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>
>> 2001 Statistieke vir Misdaad in Kanada.
>
>
>> 9. Motordiefstal - 547.6 per 100 000 (1997 - 590.7)
>
> Vir Suid-Afrika:
>> 8. Motordiefstal - 681.5
>
>
>
> Nou kom nou, Elaine. Kanada is amper
> op julle hakke. Sou jy nou kon dink
> dat in die "veilige" Kanada, wat
> omtrent tien keer groter is as SA,
> daar nie veel minder motordiefstal
> per 100,000 as in SA plaasvind nie.
> Ek is self verbaas hoe kort op julle
> hakke ons is. Verskil is, ons sit nie
> met ons skrille stemme en tjank oor
> die toestand nie.
>
> Gloudina
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74754 is 'n antwoord op boodskap #74713] Vr, 21 Maart 2003 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek sal die vraag weer herhaal - antwoord slegs dit, en dan kan ons
die ding verder voer.

Hoeveel mense is vermoor terwyl die motordiefstalle plaasgevind het.

Die statistieke van misdaad in Kanada is vryelik beskikbaar - nie so in die
RSA nie.
Hierdie onbevoegde en korrupte amptenare glo deur persepsies te manipuleer
sal dit 'n direkte impak op kriminaliteit het.

skryf in boodskap news:3E79BAB5.90907@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Anti - vertel ons hoeveel mense is vermoor terwyl die motordiefstalle
>> plaasgevind het.
>
> Wel, ou Jonas, ek kan nou maar net van
> Montreal praat, wat twee uur se ry van
> my af is. Daar word onskuldige kinders
> in bomontploffings gedood, bomme wat
> ontplof in 'n oorlog tussen twee gangs
> wat om mag stry in die baie winsgewende
> karstelery-besigheid. Ons Kanadese
> Hell's Angels en ander gangs is vreeslik
> intelligent ( ons Kanadese is 'n intelligente
> klomp.) Hulle steel die karre, verander die
> die buitekant sommer vinnig, en sit dit op
> skepe en voer dit uit na die buiteland.
>
> Gloudina
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74775 is 'n antwoord op boodskap #74745] Vr, 21 Maart 2003 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - almal is teen jou. Gewoonlik sal ek my dan aan die kant van die
onderhond ("underdog") skaar - maar jy weet jongie, jy maak dit verskriklik
moeilik vir my ...

Ek sien darem die winterstemperature is besig om die wyk daar in Qubec te
neem. So - alles is darem nie teen jou nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:3e7a43ea.0@news1.mweb.co.za...
> Ek meen R40 000 borgtog, en as jy gelukkig is net 15 jaar. Koppie raas!
>
> E
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3e7a27d8.0@news1.mweb.co.za...
>> Ag Antie, jy't nie 'n clue nie... Die dwelm besigheid het met 100% gegroei
>> van 2000 af. So erg dat jy nou 'n R40 000 boete kry as hulle jou met twee
>> bankies vang, want dan's jy 'n dealer.
>
>> E
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74778 is 'n antwoord op boodskap #74663] Vr, 21 Maart 2003 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
En wie doen dit na 1994 toe jy jou ANC gebroedsels
en nasate bevry het van die vreeslike ondinge wat met hulle gebeur het.Wie
vermoor die Boere?
Wie vermoor die gewone man op straat?
Ag,antie jy is vermetel om die minste te se!
skryf in boodskap news:3E786E67.6030501@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Anti - die feit is dat baie meer Inkatha-lede deur die ANC vermoor is as wat
>> ooit in veiligheidsoptredes dood is.
>> Jammer - maar ek kan nie die feite ignoreer nie. (Indien jy dit betwyfel
>> kontak Inkatha self - sodat hulle dit aan jou kan verduidelik. Of hulle deur
>> jou dik harspan sal kan dring is hulle, en jou, probleem.)
>
> Jy weet natuurlik net so goed as ek dat
> Inkatha lakeie was vir die Nasionale Party
> voor 1994. Moenie dink alle Zulus was
> Inkatha nie. Ek het tussen hulle gewoon.
> Ek het nou nog vriende daar. Ek weet wat
> het aangegaan. Jy sit en skree maar net
> Inkatha en dink jy wen 'n punt. Dis
> witnerwe wat daardie "Inkatha/ANC oorlog"
> in Natal gestook het, met geld in baie
> gevalle. Of met een stam teen die ander een
> afspeel. Don't get me started.
>
> Gloudina
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74779 is 'n antwoord op boodskap #74673] Vr, 21 Maart 2003 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Waar is jou suiwer Afrikaans jou ou stoere verraaier?
skryf in boodskap news:3E788B40.8010808@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Wat ek ook weet is dit - Zulus en swartes verfoei blankes (witnerwe) wat 'n
>> houding het van "ek is jammer om blank te wees, en ons blankes is
>> verantwoordelik vir al die swartman se probleme." Hulle vertrou diesulkes
>> nie.
>
> Luister, jy kan ook nou maar ophou met
> hierdie deuntjie. Witmense is in die
> minderheid in SA en is nie so belangrik
> as wat jy dink nie. Die deursnee politikus
> in die nie-blanke geledere sien 'n ander
> matrix as 'n swart/wit matrix. En tot op
> datum lyk dit vir my nogal of hulle weet
> hoe om dinge te balanseer, veral op
> ekonomiese gebied.
>
> Gloudina
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74780 is 'n antwoord op boodskap #74689] Vr, 21 Maart 2003 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Beste Suidwester,

Die arme siel gaan glo nou die Kanadese se krieketspan afrig...net dan,en
dan alleen het sy alles gedoen:)))

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e795ab9.0@news1.mweb.co.za...
> Jinne antie, maar jy hêt darem alles in die lewe gedoen, het jy nie? Hoe
> oud is jy sê jy?
> skryf in boodskap news:3E786E67.6030501@rogers.com...
>>
>> Jonas wrote:
>>
>>> Anti - die feit is dat baie meer Inkatha-lede deur die ANC vermoor is
as
> wat
>>> ooit in veiligheidsoptredes dood is.
>>> Jammer - maar ek kan nie die feite ignoreer nie. (Indien jy dit betwyfel
>>> kontak Inkatha self - sodat hulle dit aan jou kan verduidelik. Of
hulle
> deur
>>> jou dik harspan sal kan dring is hulle, en jou, probleem.)
>>
>> Jy weet natuurlik net so goed as ek dat
>> Inkatha lakeie was vir die Nasionale Party
>> voor 1994. Moenie dink alle Zulus was
>> Inkatha nie. Ek het tussen hulle gewoon.
>> Ek het nou nog vriende daar. Ek weet wat
>> het aangegaan. Jy sit en skree maar net
>> Inkatha en dink jy wen 'n punt. Dis
>> witnerwe wat daardie "Inkatha/ANC oorlog"
>> in Natal gestook het, met geld in baie
>> gevalle. Of met een stam teen die ander een
>> afspeel. Don't get me started.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74781 is 'n antwoord op boodskap #74678] Vr, 21 Maart 2003 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Stem 100% saam met jou,Elaine!
Sien die wereld in jou eie land!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e78ea56.0@news1.mweb.co.za...
> As dit julle enigste probleme is klink die plek vir my na 'n paradys! Die
> Suid-Afrikaners is seker weg omdat dit so deksels koud word daar.
> Ten spyte van ons probleme, verkies ek SA, daar is darem niks mooier as 'n
> olifant koei en haar kleintjie nie :-)) Vir my is SA (eindelik die hele
> Afrika) 'n paradys, ten spyte van al ons probleme hier. Oor so 5 - 10 jaar
> gaan ons in elk geval nie meer mense in SA hê nie. 60% van ons bevolking is
> HIV+, ek's seker daarvan julle het dieselfde probleem in Kanada, julle mense
> glo ook mos nie aan kondome nie :o)) Julle 'toordokters' glo seker ook
> daaraan dat 'n man wat HIV+ is genees sal word as hy saam met 'n maagd
> slaap.
> Ek neem aan julle probleme is elke dag NET so erg soos ons s'n. Nee wat ons
> kan nie kers vashou by julle misdaadsyfer nie. Kanada klink vir my te
> gevaarlik. Ek's seker daarvan met ons verkragtingsyfer wat 1 elke 22
> sekondes is, is my kanse om verkrag te word vir seker en absoluut nul. Ek
> vermoed julle lees seker ook ELKE dag in julle koerante van nog 'n 6 maande
> oue babadogtertjie wat verkrag is. En julle lees seker elke dag van nog
> 20 - 100 mense wat op die paaie in "taxi ongelukke" dood is? Julle lees
> seker ook elke dag van nog mense wat wreed in hulle huise vermoor is, of van
> ou tannies wat vasgebind is in hulle huise en doodgeslaan is. So erg dat
> hulle haar tande die hele wêreld vol moes optel en hulle haar breins van die
> mure moes afwas. Of van huishulpe wat vermoor is sodat huise leeg gedra kan
> word. En o weë om nie eers van julle "carjackings" te praat nie. Daar word
> ook seker oor die 200 karre ELKE DAG gesteel daar? Of hoe? Ek neem aan
> julle polisie stel ook glad nie belang in julle wel en weë nie. As jy hulle
> bel om te sê iemand breek in by jou daag hulle seker ook eers 'n uur later
> op? Ek neem aan daar's polisiestasies daar by julle wat ook sonder landlyne
> sit, vir weke aaneen, en julle polisiekarre het seker ook nie aldag petrol
> nie? Hier by ons staan die polisiekarre somtyds vir twee weke en kan die
> polisie nêrens heen gaan nie, al wil hulle hoe graag, want hulle het nie
> vervoer nie.
> Ek wil nie eers ingaan op die probleem wat die staatshospitale en klinieke
> is nie. Maar jy verstaan seker wat daar gaan dit mos net so vrot in julle
> hospitale?
> 30 lyke op 'n plaas in Vancouver - hier by ons vee ons lyke by die honderde
> op, elke dag van ons lewens. Ons lap stukkende baba dogterjies weer
> aanmekaar en begrawe ons dooies. Ons kry ons versekeringsuitbetalings en
> ons koop nuwe karre en huisinhoud. Ons vertroos die slagoffers van misdade,
> en in meeste gevalle, hulle stukkende families. Ons plaas druk op ons
> regering om AZT en Retrovan gratis beskikbaar te stel, en as dit moet koop
> ons dit vir ons vriende en familie wat die siekte het (teen ongeveer R1000
> per maand). Ons verskerp ons sekuriteit en ons sit Netstar in, want op die
> einde van die dag is dit ons land, ons kies om hier te bly, en die lewe gaan
> aan.
>
> Maar dit gaan seker daar by julle ook so? Wat weet ek nou?
>
> Groete
> Elaine
>
> wrote:
>>
> Dit terwyl hulle nou
>> al oor die dertig lyke uitgegrawe het op 'n
>> plasie net buite Vancouver. Dit nadat die
>> premier van British Columbia vir dronk bestuur
>> in Hawai gevang is. Dit terwyl dele van downtown
>> Vancouver van die ergste hole in Kanada is, en
>> mense in gegoede buurtes vra dat daar iets gedoen
>> moet word om die groeiende probleem van prostitute
>> in hulle buurtes te bekamp.Dit nou, bo en behalwe
>> die feit dat mense in duur condominiums sit waarvan
>> die dakke so lek weens slegte struktuur dat die
>> provinsie moet ingryp. Ek ken SA wat Vancouver toe
>> getrek het en nou weer terug is in SA. Dit ten spyte
>> van die feit dat dit nou glo, saam met Zurich, die
>> beste stad in die wereld is om in te bly.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74786 is 'n antwoord op boodskap #74752] Vr, 21 Maart 2003 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

new2usa wrote:

> Ek skud net my kop oor Gloudina se ongeneeslike idiotisme
>
> Probeer asseblief verstaan:
>
> Die syfer is per 100,000 van die BEVOLKING, nie per 100,000 VOERTUIE nie
>
> Kanada het waarskynlik 10 maal meer voertuie per capita as SA; dus skuif die
> punt een plek as jy wil weet hoeveel meer kans het dat jou voertuig in SA
> gesteel gaan word.

En op wat baseer jy jou aanname dat
ek dink dis "per 100,000 voertuie"
en nie per 100,100 van die bevolking
nie. Ek het aangeneem dat Elaine ook
die Kanadese syfer aanhaal as per
100,000 van die bevolking, al het sy
dit nie uitgespel nie.
Of Kanada nou 10 maal meer voertuie
per capita het as SA, dit is debatteer-
baar.

Gloudina
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74787 is 'n antwoord op boodskap #74754] Vr, 21 Maart 2003 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Hierdie onbevoegde en korrupte amptenare glo deur persepsies te manipuleer
> sal dit 'n direkte impak op kriminaliteit het.

Also sprach die witnerf weer

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74794 is 'n antwoord op boodskap #74747] Vr, 21 Maart 2003 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wie skel wie uit hierso? Ons hou 'n doodgewone gesprek oor misdaad - niks
anders nie. As 'n mens ophou om daaroor te praat en die neighbourhood watch
(vir wat dit werd is) toe maak en so aan, sal dinge maar net erger raak en
ons sal vergeet dat ons eintlik iets aan die probleem moet doen.

E

wrote:

>
> Sien, Elaine, hoe dinge verloop. Uiteindelik
> sit die een Suid-Afrikaner vir die ander
> Suid-Afrikaner en uitskel omdat die ander
> Afrikaner nie wil saamspeel met hierdie spel
> van "by ons gaan dinge so sleg dat dit eenvoudig
> nie meer slegter kan gaan nie." Kry jy 'n soort
> van 'n charge as jy jouself so orgasmies opwerk
> oor hoe "sleg dinge is"? Almal weet dat dinge
> beter kan wees, maar julle werk julle so op dat
> julle net die teenoorgestelde effek het as wat
> julle hoop om te hê. Dis wat gebeur het in die
> geval van die bespreking oor die Swellendam-
> hospitaal. Waar iemand uit Swellendam, tot kort
> gelede nog op die Hospitaalraad, uitgemaak is as
> 'n leuenaar omdat sy durf waag het om te sê dat
> hulle hospitaal daar eintlik nou "beter" is as
> in die vroeë negentigerjare.
>
> Gloudina
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74795 is 'n antwoord op boodskap #74749] Vr, 21 Maart 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe waar :-)))

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Baie van ons verlang terug na die goeie ou dae toe hulle
> nog jou motor gesteel het wanneer jy nie daarin is nie :-)
>
Re: Oor ooreenkomste, en verskille [boodskap #74796 is 'n antwoord op boodskap #74786] Vr, 21 Maart 2003 17:40 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het wel gesê dis per 100 000 jy sal sien na elke statistiek vir Kanada
het ek gesê "Moord - 1.8 per 100 000" dis duidelik genoeg sou ek dink.

E

wrote:

Ek het aangeneem dat Elaine ook
> die Kanadese syfer aanhaal as per
> 100,000 van die bevolking, al het sy
> dit nie uitgespel nie.
> Of Kanada nou 10 maal meer voertuie
> per capita het as SA, dit is debatteer-
> baar.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit
Volgende onderwerp: Onsportiewe skilde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 02:44:49 MGT 2024