Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is die Griek
Waar is die Griek [boodskap #74243] Do, 06 Maart 2003 06:40 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.

Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".

Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Waar is die Griek [boodskap #74245 is 'n antwoord op boodskap #74243] Do, 06 Maart 2003 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hulle is nog daar - maar die keffie oppie hoek is mos nou deel van een of
ander franchise - Freindly Grocer, Seven Eleven, Spar of selfs Shoprite of
Woollies.
Die klein mannetjie het nie 'n kat se kans teen die groot maatskappye wat
met bulk aankope goedkoper is nie.
Ek sien jy leef lekker in die verlede as jy dink jy kan nou nog 'n Scope
gaan koop:))

Ons het nie meer tydskrifte wat mens soveel plesier kan verskaf nie. David
Mullany se aanmerkings in die briewekolom was altyd skreeusnaaks.

Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>
> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>
> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Waar is die Griek [boodskap #74273 is 'n antwoord op boodskap #74245] Do, 06 Maart 2003 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
So van Scope gepraat, nou't julle gesoek hiervoor:

Die laaitie wil by sy pa weet wat 'n d--s is. Sy pa vat toe 'n Scope , slaan
die middelblad vol oop en wys sy laaitie die sterretjies wat op strategiese
plekke geplak is. "Ou seun,'' sê hy, "die vark wat die sterretjies hier op
die skone dame se lyf geplak het is 'n regte d--s!"
Re: Waar is die Griek [boodskap #74349 is 'n antwoord op boodskap #74243] Ma, 10 Maart 2003 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
TJ - as jy in Pretoria kom kan jy gerus na 'n Sjinese-winkel ("Win Sun")
gaan - die is oorkant die Louis Pasteur gebou in die stad geleë. Enige iets,
van 'n kopspeld tot 'n dooie poliesman - en dis die naaste wat jy aan jou
kêffie en die "general dealer" van ouds sal kom. Ek neem buitelanders
soentoe om die snaakste dinge te koop - jy noem, en dis daar.

"TJ" skryf in boodskap news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>
> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>
> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>
> :-)
>
> TJ
> www.artslink.co.za
>
Re: Waar is die Griek [boodskap #74352 is 'n antwoord op boodskap #74349] Ma, 10 Maart 2003 06:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dis baie waar. Ek het eendag pik nodig gehad om my teleskoop se spieël mee
te poleer. Toe ek daar inloop en vra, loop die ou direk na 'n rak toe en gee
dit vir my.

Bly om te hoor hulle bestaan nog.

Koot

"Jonas" skryf in boodskap news:b4h5nl$99s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> TJ - as jy in Pretoria kom kan jy gerus na 'n Sjinese-winkel ("Win Sun")
> gaan - die is oorkant die Louis Pasteur gebou in die stad geleë. Enige iets,
> van 'n kopspeld tot 'n dooie poliesman - en dis die naaste wat jy aan jou
> kêffie en die "general dealer" van ouds sal kom. Ek neem buitelanders
> soentoe om die snaakste dinge te koop - jy noem, en dis daar.
>
> "TJ" wrote in message
> news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
>> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
>> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
>> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
>> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>>
>> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
>> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
>> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
>> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>>
>> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
>> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
>> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>> www.artslink.co.za
>>
>
Re: Waar is die Griek [boodskap #74357 is 'n antwoord op boodskap #74352] Ma, 10 Maart 2003 06:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sulke mense dwing eindelose bewondering van my af. Hoe hulle presies weet
waar alles is, laat my dink dat hulle liasseerstelsel in hul kop anders as
myne werk.
Die ou in Langstraar se boekwinkel is ook so 'n wonderwerk.
Mens loop in, vra, en hy kan vir jou dadelik sê of hy die boek het of nie,
en dan vir jou stuur na 'n gedeelte waar jy soortgelyke boeke oor die
onderwerp kan kry.
Mens moenie op 'n Saterdagoggend daar inloop nie, mens bly daar tot
toemaaktyd, en jou hele oggend is verlore vir ander noodsaaklike goed

Annette

.ac.za> skryf in boodskap news:b4hak6$bgm$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis baie waar. Ek het eendag pik nodig gehad om my teleskoop se spieël mee
> te poleer. Toe ek daar inloop en vra, loop die ou direk na 'n rak toe en gee
> dit vir my.
>
> Bly om te hoor hulle bestaan nog.
>
> Koot
>
> "Jonas" wrote in message
> news:b4h5nl$99s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> TJ - as jy in Pretoria kom kan jy gerus na 'n Sjinese-winkel ("Win Sun")
>> gaan - die is oorkant die Louis Pasteur gebou in die stad geleë. Enige iets,
>> van 'n kopspeld tot 'n dooie poliesman - en dis die naaste wat jy aan jou
>> kêffie en die "general dealer" van ouds sal kom. Ek neem buitelanders
>> soentoe om die snaakste dinge te koop - jy noem, en dis daar.
>>
>> "TJ" wrote in message
>> news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
>>> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
>>> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
>>> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
>>> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>>>
>>> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
>>> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
>>> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
>>> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>>>
>>> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
>>> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
>>> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>>>
>>> :-)
>>>
>>> TJ
>>> www.artslink.co.za
>>>
>>
>
Re: Waar is die Griek [boodskap #74551 is 'n antwoord op boodskap #74245] So, 16 Maart 2003 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nie net Griekke en Porras wat winkels het nie.
Ek is nie so groot soos 'n Spar of eens 'n Seveneleven nie
en my pryse is soms baie beter as hulle s'n!
Ek sien nou die dag in die Citizen adverteer Shoprite hulle
5 kg mielie meel op "Special" vir R15-89...of so iets.My
prys die afgelope twee weke is al R15-95 Let wel:dis my gewone prys!My 1lt
sakkies volroom melk is maar R3-95 teen die melkery so 3,5km van my af se
R3-85.
Dus, as 'n mens nie 'n "Shark" is nie, kan jy 'n diens aan jou mede mens
lewer en dus eerder groter volume verkoop en dus die selfde wins maak as wat
jy minder sou
verkoop teen 'n duurder prys!Al wat jy nodig het is 'n bietjie menslikheid
en "guts" en om so 'n bietjie rond-te-shop!
Jy hoef nie 'n boep-pens porra of 'n ongeskikte griek te wees nie...jy kan
maar 'n dood gewone vriendelike
Boere Afrikaner wees met insig en die wil om met die Groot Kanonne saam te
praat!

"Annette" skryf in boodskap news:b46skr$1subkc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Hulle is nog daar - maar die keffie oppie hoek is mos nou deel van een of
> ander franchise - Freindly Grocer, Seven Eleven, Spar of selfs Shoprite of
> Woollies.
> Die klein mannetjie het nie 'n kat se kans teen die groot maatskappye wat
> met bulk aankope goedkoper is nie.
> Ek sien jy leef lekker in die verlede as jy dink jy kan nou nog 'n Scope
> gaan koop:))
>
> Ons het nie meer tydskrifte wat mens soveel plesier kan verskaf nie. David
> Mullany se aanmerkings in die briewekolom was altyd skreeusnaaks.
>
> Annette
>
>
> "TJ" wrote in message
> news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
>> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
>> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou? Ek sien nie dat hulle tjips en
>> swiets verkoop op 'n strykplank in die straat nie. Waar gaan ek nou my Scope
>> kry? Koerante word darem afgelewer by die huis.
>>
>> Antie, wat is 'n "unisex"? Hulle seg vir my ek kan my hare daar laat sny,
>> maar ek is nie seker of hulle ook Brylcream en Pantene Lotion het nie. Wat
>> het geword van ons manshaarkappers - selfs die "army" gebruik hulle nie meer
>> nie - die nuwe manskappe se hare is "low-maintenance".
>>
>> Ek het altyd so geniet om die "comics" en daai klein wit en swart
>> fotoboekies te sit en lees terwyl ek my beurt wag en dit was definitief
>> goedkoper as hierdie nuwe "unisex" ding.
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>> www.artslink.co.za
>>
>
Re: Waar is die Griek [boodskap #74563 is 'n antwoord op boodskap #74551] So, 16 Maart 2003 16:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's bly jou winkeltjie is so goedkoop, vriendelik en diensgerig, maar laat
ek nou vir jou 'n ding vertel. Die Boere Afrikaners was nog baie meer
ongeskik met my in hulle winkels as wat die Grieke of Porras was. Meeste
Porras wat ek ken in die winkels hier (veral die groentewinkels) is nie
boeppens nie en hulle lyk ook nie so sleg nie. En die Grieke is seker van
die vriendelikste mense wat ek ken. Nee wat meeste Afrikaner winkeleienaars
dink hulle doen jou 'n guns omdat sy winkel beskikbaar is. Dis baie van
hulle se mindset. Die Grieke en Porras dink weer ek doen hom 'n guns omdat
ek na sy winkel toe gaan.
As ek aan jou "regte boere afrikaner" dink, sien ek 'n omie met groot pens
van te veel brandy en coke en sit en niks doen agter sy vistokkies met 'n
short wat te hoog opgetrek is, rugby sokkies en 'n khaki hemp! Afrikaner
mans (veral die ouer garde van so 40 en op) dink mos hulle hoef nie na
hulself te kyk nie.
Daar is die uitsonderings, en ek's seker daarvan jy dra al jou kliënte op
die hande, net soos wat my pa hulle kliënte op die hande gedra het, maar die
meeste "wit" winkel eienaars is maar arrogante goed. Hy dink mos hy's
spesiaal omdat hy sy eie winkel het of iets.
En jy moenie so praat soos jy hier onder gepraat het nie - dit klink na suur
druiwe.

Groete
Elaine

"Paul" wrote:

> Jy hoef nie 'n boep-pens porra of 'n ongeskikte griek te wees nie...jy kan
> maar 'n dood gewone vriendelike
> Boere Afrikaner wees met insig en die wil om met die Groot Kanonne saam te
> praat!
Re: Waar is die Griek [boodskap #76853 is 'n antwoord op boodskap #74243] Ma, 28 April 2003 16:59 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"TJ" skryf in boodskap news:3e66ed75$0$226@hades.is.co.za...
> Die kafee op die hoek maak toe. Al hoe minder Griekse en Portugese families
> bedryf kafees deesdae - wat doen hulle nou?

Hulle kinders will meesal nie meer die beroep volg nie...... Ek was op
universiteit met Grieke en Portugese wie se ouers kafees gehad het, die
kinders het die kafee definitief nie as hulle toekoms gesien nie.

Lyn.
Vorige onderwerp: Nuwe uitspanplek
Volgende onderwerp: re Spitfire
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:38:42 MGT 2024