Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Yengeni maak ANC geskiedenis
Yengeni maak ANC geskiedenis [boodskap #74229] Wo, 05 Maart 2003 20:11 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tony Yengeni, na veelvuldige ontkennings, advertensies ten dien effekte in
koerante, en na 'n uitgerekte hofsaak (waar sy aansoek om regshulp geweier
is, en hy sy laaste advokaat verloor het omdat hy hulle 800 000 skuld) wat
uitgeloop het op 'n ooreenkoms waar hy nie vir die ernstiger van twee
aanklagte vervolg is nie, en skuld beken het dat hy die parlement doelbewus
mislei en bedrieg het, het toe vandag as parlementslid bedank.
Dis die eerste ANC parlementslid wat ek van weet wat so "eerbaar" optree.
Het hy dit maar gedoen heel aan die begin dan was hy nie nou so diep in die
skuld nie, en is ons ook nie so seker dat die bedanking nie heeltemal
vrywillig was nie.
Ons sal maar moet sien hoe lank hy as lid van die uitvoerende kommittee van
die ANC gaan aanbly, aangesien Maduna verklaar het dar die ANC die mense
help wat hulp nodig het.
Sjeim.

Annette
Re: Yengeni maak ANC geskiedenis [boodskap #74234 is 'n antwoord op boodskap #74229] Do, 06 Maart 2003 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Yengeni is 'n bedrieer. Hou hom dop - die ANC-strukture sal die sakie so 6
maande kans gee om af te koel en hom dan in een van die "swart
bemagtiging"-besighede indruk. Dit is die patroon wat nou reeds gevestig is
mbt ander, soortgelyke gevalle. Soos Alan en Elna Boesak.

Wat egter interessanter is, is die optrede van ANC wat hom deur hulle
meerderheidstem in die parlement beskerm het.

Dit word toenemend duidelik - ook nav uitsprake oor byvoorbeeld Zimbawe.
Daar is 'n front wat vir openbare beeld gebruik word, en dan dit wat hulle
werklik glo. Die ANC ondersteun Mugabe in dit wat hy doen omdat dit is wat
hulle self plaaslik sal wil doen - maar openbare/internasionale druk weerhou
hulle.

"Annette" skryf in boodskap news:b45m6j$1tagn5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Tony Yengeni, na veelvuldige ontkennings, advertensies ten dien effekte in
> koerante, en na 'n uitgerekte hofsaak (waar sy aansoek om regshulp geweier
> is, en hy sy laaste advokaat verloor het omdat hy hulle 800 000 skuld) wat
> uitgeloop het op 'n ooreenkoms waar hy nie vir die ernstiger van twee
> aanklagte vervolg is nie, en skuld beken het dat hy die parlement doelbewus
> mislei en bedrieg het, het toe vandag as parlementslid bedank.
> Dis die eerste ANC parlementslid wat ek van weet wat so "eerbaar" optree.
> Het hy dit maar gedoen heel aan die begin dan was hy nie nou so diep in die
> skuld nie, en is ons ook nie so seker dat die bedanking nie heeltemal
> vrywillig was nie.
> Ons sal maar moet sien hoe lank hy as lid van die uitvoerende kommittee van
> die ANC gaan aanbly, aangesien Maduna verklaar het dar die ANC die mense
> help wat hulp nodig het.
> Sjeim.
>
> Annette
>
Re: Yengeni maak ANC geskiedenis [boodskap #74549 is 'n antwoord op boodskap #74234] So, 16 Maart 2003 11:39 Na vorige boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Ek het laas mos genoem dat hulle hom(yengeni...of is dit:"jy-ken-nie")later
sal soen en vergewe.Dit lyk my dat 'n mens deesdae net vergewe word as jy
van die oor-belaste
belastingbetalers en/of van die armstes onder die armes steel, wanneer jy
die ou mbeki-madala omverskoning gevra het:))
Nee wat die vet boy ry met sy duur karre na die hof...hy
het hoegenaamd geen berou oor sy ingebore instink om te steel nie.Miskien
het beeld of rapport vir hom werk as 'n konsultant ek dink hy behoort goed
te vaar met ondersoekkende joernalistiek.Hy hoef ten minste nie die
belasting betalers se geld te steel om advertensies ten duurste te plaas
nie.Hy doen dit dan verniet en word darem 'n salaris betaal om dit te kan
doen.
Shame hy kan hulp kry om die regses te jag...as ek mooi onthou is daardie
persgroep ok mos anti-regs of is dit nou:
anti-Afrikaner....miskien dalk anti-wit......moenie worry nie
hulle is darem "anti"!Aangesien hulle die anti is,kan
"jy-ken-nie/yengeni" mos dan die "oom" word.
Ek lees darem nie die beeld se gemors nie ek lees veel eerder die Sowetan.

"Jonas" skryf in boodskap news:b46hp5$bkp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Yengeni is 'n bedrieer. Hou hom dop - die ANC-strukture sal die sakie so 6
> maande kans gee om af te koel en hom dan in een van die "swart
> bemagtiging"-besighede indruk. Dit is die patroon wat nou reeds gevestig is
> mbt ander, soortgelyke gevalle. Soos Alan en Elna Boesak.
>
> Wat egter interessanter is, is die optrede van ANC wat hom deur hulle
> meerderheidstem in die parlement beskerm het.
>
> Dit word toenemend duidelik - ook nav uitsprake oor byvoorbeeld Zimbawe.
> Daar is 'n front wat vir openbare beeld gebruik word, en dan dit wat hulle
> werklik glo. Die ANC ondersteun Mugabe in dit wat hy doen omdat dit is wat
> hulle self plaaslik sal wil doen - maar openbare/internasionale druk weerhou
> hulle.
>
> "Annette" wrote in message
> news:b45m6j$1tagn5$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Tony Yengeni, na veelvuldige ontkennings, advertensies ten dien effekte in
>> koerante, en na 'n uitgerekte hofsaak (waar sy aansoek om regshulp geweier
>> is, en hy sy laaste advokaat verloor het omdat hy hulle 800 000 skuld) wat
>> uitgeloop het op 'n ooreenkoms waar hy nie vir die ernstiger van twee
>> aanklagte vervolg is nie, en skuld beken het dat hy die parlement
> doelbewus
>> mislei en bedrieg het, het toe vandag as parlementslid bedank.
>> Dis die eerste ANC parlementslid wat ek van weet wat so "eerbaar" optree.
>> Het hy dit maar gedoen heel aan die begin dan was hy nie nou so diep in
> die
>> skuld nie, en is ons ook nie so seker dat die bedanking nie heeltemal
>> vrywillig was nie.
>> Ons sal maar moet sien hoe lank hy as lid van die uitvoerende kommittee
> van
>> die ANC gaan aanbly, aangesien Maduna verklaar het dar die ANC die mense
>> help wat hulp nodig het.
>> Sjeim.
>>
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Nuwe lisensies
Volgende onderwerp: Zing.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 04:26:40 MGT 2024