Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Weer iets oor krieket
Weer iets oor krieket [boodskap #73321] Di, 11 Februarie 2003 10:08 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
krieket kan beïnvloed nie.

Dis jammer. Hy is dêm goed.
Drom
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73322 is 'n antwoord op boodskap #73321] Di, 11 Februarie 2003 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, dis waar - nou is die Aussies in Oz bitter ongelukkig oor hierdie
toetse en goed.
Miskien was hierdie die vonk wat die hele toetsproses en skuldigbevinding
sal herreguleer - ek kan nog steeds nie verstaan hoekom Charl Mattheus van
sy Comrades wennersmedalje ontneem is om dat hy hoesgoed gebruik het nie -
ek sou graag wou weet hoe dit sy vertoning kon be- invloed het.
Die blote toetsing en vind van verbode middels is nie goed genoeg nie - daar
moet bewys kan word hoe hierdie middels die atleet se uitvoering kon
verbeter het en 'n onregverdige voordeel besorg het.
Daar word glad vertel van 'n paalspringer wat 5 koppies koffie gedrink het
terwyl hy gewag het om deel te neem, en toe positief getoets is vir te veel
kaffeine, en vir twee jaar van deelname verban is. Hulle dink seker sy
voordeel was dat hy nie aan die slaap sou raak terwyl hy daar in die lug aan
die paal hang nie.

Ek sê nie daar moenie toetse wees nie - inteendeel - maar summiere
skuldigbevindings en skorsing as iets van enige middel wat op die lys gevind
word, is absurd.

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302110208.6cbcf936@posting.google.com...
> Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
> gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
> krieket kan beïnvloed nie.
>
> Dis jammer. Hy is dêm goed.
> Drom
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73340 is 'n antwoord op boodskap #73322] Di, 11 Februarie 2003 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die ding werk so:

Ek is 'n professionele persoon. Ek weet wat ek in my beroep mag doen en wat
ek nie mag doen nie. Die mense is professionele sportmanne. Dieselfde word
van hulle verwag. Hulle moet weet wat hulle mag neem en wat nie. Onkunde
is nie 'n verskoning voor die reg nie. Die probleem met 'n diuretikum is
dat dit spore van serker ander 'performance-enhancing' middels kan verbloem.
Daar is in elke ontwikkelde land genoeg literatuur vir die mense om na te
slaan wat hulle mag neem. Jammer dat Australiën dan nie so 'n ontwikkelde
land is nie. Seker te doen met die voorvaders wat almal tronkvoëls was.
.
Sorry Warnie, ten minste spaar ons jou die verleentheid om te sien hoe Zulu
die een na die nader bal oor die grens moker!

--
Groetnis

Francois

"Annette" skryf in boodskap news:b2aj0f$1a27bj$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ja, dis waar - nou is die Aussies in Oz bitter ongelukkig oor hierdie
> toetse en goed.
> Miskien was hierdie die vonk wat die hele toetsproses en skuldigbevinding
> sal herreguleer - ek kan nog steeds nie verstaan hoekom Charl Mattheus van
> sy Comrades wennersmedalje ontneem is om dat hy hoesgoed gebruik het nie -
> ek sou graag wou weet hoe dit sy vertoning kon be- invloed het.
> Die blote toetsing en vind van verbode middels is nie goed genoeg nie - daar
> moet bewys kan word hoe hierdie middels die atleet se uitvoering kon
> verbeter het en 'n onregverdige voordeel besorg het.
> Daar word glad vertel van 'n paalspringer wat 5 koppies koffie gedrink het
> terwyl hy gewag het om deel te neem, en toe positief getoets is vir te veel
> kaffeine, en vir twee jaar van deelname verban is. Hulle dink seker sy
> voordeel was dat hy nie aan die slaap sou raak terwyl hy daar in die lug aan
> die paal hang nie.
>
> Ek sê nie daar moenie toetse wees nie - inteendeel - maar summiere
> skuldigbevindings en skorsing as iets van enige middel wat op die lys gevind
> word, is absurd.
>
> Annette
>
>
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0302110208.6cbcf936@posting.google.com...
>> Lees nounet op News24 dat Shane Warne huistoe is. Hy is glo 'n ruk
>> gelede positief getoets vir 'n 'diuretic'. Weet nie hoe so iets jou
>> krieket kan beïnvloed nie.
>>
>> Dis jammer. Hy is dêm goed.
>> Drom
>
>

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.449 / Virus Database: 251 - Release Date: 27/01/03
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73343 is 'n antwoord op boodskap #73340] Di, 11 Februarie 2003 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" wrote in
news:b2bmbg$e79$1...@ctb-nnrp2.saix.net:

>
> Ek is 'n professionele persoon. Ek weet wat ek in my beroep mag
> doen en wat ek nie mag doen nie. Die mense is professionele
> sportmanne.

> Jammer dat
> Australiën dan nie so 'n ontwikkelde land is nie. Seker te doen
> met die voorvaders wat almal tronkvoëls was. .
> Sorry Warnie, ten minste spaar ons jou die verleentheid om te
> sien hoe Zulu
> die een na die nader bal oor die grens moker!
>

Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?

Dink gerus twee keer voor jy jou mond so groot rek - mens kan jou
fout daarin verloor. 'n Kinderagtige aanmerking soos dié van jou
oor tronkvoëls vertel meer van die soort "professionele persoon"
wat jy is, as al die ander snert wat jy nou net kwytgeraak het.

Royleen
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73348 is 'n antwoord op boodskap #73343] Wo, 12 Februarie 2003 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Paar ondersteuners is gisteraand gevra wat hulle dink van ou Warne se
toetse en hulle het gesê hulle dink hy's "stupid" gewees. Sy eie
landsgenote voel hy moes van beter geweet het. Waar het jy nou in elk geval
gehoor 'n sportsman moet dieetpille drink om sy gewig in toom te hou. As hy
net minder en reg geëet het, sou hy nie pille nodig gehad het nie. Dink jy
nie so nie? Dit vat nou nie juis 'n rocket scientist om te weet dat
dieetpille nie 'n goeie ding is nie - veral nie oor die lang duur nie, en
veral nie as jy aan sport deel neem nie. Daar is altyd die een of ander
"slegte" bestandeel in die tipe van goed. Ek weet dit, en ek neem nie eers
aan sport deel nie. Buitendien word alle professionele sportsmense 'n lys
van goed gegee wat hulle nie mag gebruik nie, dit is dan die atleet se plig
om seker te maak dat die pille en goed wat hy gebruik nie die ongeoorloofde
bestandeel bevat nie.

Elaine

"bobby's girl" wrote:
>>
>
> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?

> Royleen
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73349 is 'n antwoord op boodskap #73348] Wo, 12 Februarie 2003 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit moet seker wwees in die sirkels waar ons beweeg, maar die Australiers in
die ander groep dink ook dit wat Warne se eie skuld, en dat daar nie
verskonings vir hom gesoek behoort te word nie.

Hieronder een van die antwoorde, wat die algemene gevoel op daardie ng
taamlik goed saamvat - behalwe vir die laaste opmerking:)

Well, I guess it's history now and there will be all sorts of excuses (which
we are starting to see... "my mother gave me this pill and I did not know
what it was" etc. but the fact is that Shane, great bowler that he is has
often been a bit of an embarrasment to us with the obscene mobile phone
calls, the money paid to him to give up smoking and from Indian bookmakers
etc. He may have changed the way that the cricketing world sees spin bowling
in the One-Day version of the game but knowing his character I would suspect
that he was not adverse to sucking on a bong after a hard day in the field
and as the drug he has been caught out taking is supposed to disguise this,
I doubt that I (or anyone else) would believe anything he might say to the
contrary. So now we know that Australia can still win (and I think that, if
anything the loss of Warne will make us more determined to do so) we are
hoping that the ICC may allow us to replace him with my own preference and
the man who should have been there from day one..Steve Waugh.

Dit blyk dus dat Royleen 'n groter Shane aanhanger en verdediger is as die
natuurlike Australiërs wat op die ander groep is.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e49e59c.0@news1.mweb.co.za...
> 'n Paar ondersteuners is gisteraand gevra wat hulle dink van ou Warne se
> toetse en hulle het gesê hulle dink hy's "stupid" gewees. Sy eie
> landsgenote voel hy moes van beter geweet het. Waar het jy nou in elk geval
> gehoor 'n sportsman moet dieetpille drink om sy gewig in toom te hou. As hy
> net minder en reg geëet het, sou hy nie pille nodig gehad het nie. Dink jy
> nie so nie? Dit vat nou nie juis 'n rocket scientist om te weet dat
> diéetpille nie 'n goeie ding is nie - veral nie oor die lang duur nie, en
> veral nie as jy aan sport deel neem nie. Daar is altyd die een of ander
> "slegte" bestandeel in die tipe van goed. Ek weet dit, en ek neem nie eers
> aan sport deel nie. Buitendien word alle professionele sportsmense 'n lys
> van goed gegee wat hulle nie mag gebruik nie, dit is dan die atleet se plig
> om seker te maak dat die pille en goed wat hy gebruik nie die ongeoorloofde
> bestandeel bevat nie.
>
> Elaine
>
> "bobby's girl" wrote:
>>>
>>
>> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
>> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
>> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
>> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
>> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
>> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
>> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
>> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
>> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
>> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
>> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?
>
>> Royleen
>
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73350 is 'n antwoord op boodskap #73343] Wo, 12 Februarie 2003 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"bobby's girl" skryf in boodskap news:Xns93204CA6B150Fbobbysgirl166hotmail@66.150.105.46...
> "Francois Human" wrote in
> news:b2bmbg$e79$1...@ctb-nnrp2.saix.net:
>

> Met jou groot kennis van Australië sal ons dan seker jou woord moet
> neem, nê? Australië is een van die mees ontwikkelde lande ter
> wêreld, en ons is leiers op die gebied van hierdie soort toetse.
> Maar niemand is volmaak nie, en jy het miskien in you beroep nog
> nooit 'n fout gemaak nie, maar ongelukkig is Shane 'n doodgewone
> mens wat al baie foute in sy lewe gemaak het. Nou het hy
> ongelukkig nog een gemaak, juis om sy gewig onder beheer te hou
> terwyl hy herstel het van sy skouer besering. Nege maande se harde
> werk om sy gewig te beheer voor die besering. Maar jy sal dit nie
> verstaan nie. Een speler maak nie 'n span nie. En selfs sonder
> hom het ons nog steeds ons eerste wedstryd gewen. Het julle?
>
> Dink gerus twee keer voor jy jou mond so groot rek - mens kan jou
> fout daarin verloor. 'n Kinderagtige aanmerking soos dié van jou
> oor tronkvoëls vertel meer van die soort "professionele persoon"
> wat jy is, as al die ander snert wat jy nou net kwytgeraak het.
>
> Royleen

Gits maar ons is 'rakerig' (hoe's daai vir 'n vertaling van 'touchy')

Ek het my boodskappie weer gelees en gesien ek het nêrens beweer dat ek nog
nooit 'n fout gemaak het nie. Ek beweer nou wel dat ek die gevolge van my
foute ook ge dra het sonder om te kla. Ek het GEEN kennis van Australië
nie, maar ek hou daarvan om enigiemand se siel uit te trek en jy het 100%
daarvoor geval. Baie Dankie daarvoor :).

Terloops, Shane is nie 'n doodgewone mens nie, hy is 'n 'celebrity' en dit
maak hom fair game vir ons gewone ouens wat nog nie naastenby so baie soos
hy bereik het nie.

Nee ons het nie ons eerste wedstryd gewen nie. Kom ons sien maar wie lig
die beker oor ses weke. Die eerste wedstryd tel minder as die eindstryd.
Laat my maar my ou bietjie patriotisme ook toe. Dan sal ek die gekekkel van
die hoender probeer ignoreer wat ek hoor as ek so 'n pragtige patriotiese
Afrikaans-sprekende Australiër sien skryf.

Julle is welkom om terug te kom, hoor :))

Groetnis

Soois

---
Outgoing mail is certified Virus Free.
Checked by AVG anti-virus system (http://www.grisoft.com).
Version: 6.0.449 / Virus Database: 251 - Release Date: 27/01/03
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73354 is 'n antwoord op boodskap #73321] Wo, 12 Februarie 2003 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee - Herschelletjie - nog steeds:))
Moenie Boje beledig nie - hy is 'n Vrystater;)

BTW blykbaar die toetse wat hulle by die krieket doen, wys nie dagga uit as
'n verbode middel nie.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e49f99d.0@news1.mweb.co.za...
> Mos gesê dis die man se eie skuld. O wel, wie was dit boje? wat ook so lief
> was vir sy dagga?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b2cq9c$1appul$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dit moet seker wwees in die sirkels waar ons beweeg, maar die Australiers in
>> die ander groep dink ook dit wat Warne se eie skuld, en dat daar nie
>> verskonings vir hom gesoek behoort te word nie.
>>
>> Hieronder een van die antwoorde, wat die algemene gevoel op daardie ng
>> taamlik goed saamvat - behalwe vir die laaste opmerking:)
>>
>> Annette
>
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73355 is 'n antwoord op boodskap #73349] Wo, 12 Februarie 2003 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mos gesê dis die man se eie skuld. O wel, wie was dit boje? wat ook so lief
was vir sy dagga?

E

"Annette" skryf in boodskap news:b2cq9c$1appul$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit moet seker wwees in die sirkels waar ons beweeg, maar die Australiers in
> die ander groep dink ook dit wat Warne se eie skuld, en dat daar nie
> verskonings vir hom gesoek behoort te word nie.
>
> Hieronder een van die antwoorde, wat die algemene gevoel op daardie ng
> taamlik goed saamvat - behalwe vir die laaste opmerking:)
>
> Annette
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73358 is 'n antwoord op boodskap #73340] Wo, 12 Februarie 2003 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die probleem met 'n diuretikum is
> dat dit spore van serker ander 'performance-enhancing' middels kan verbloem.

Is so ja, maar ek het so idee dat Warnie poephol genoeg was om te dink
dat 'n diaretikum vir gewigsverlies gebruik kan word. Met die Oz
krieketspan se aankoms hier was al die koerante vol van hoeveel gewig
hy verloor het. In my opinie is die Oz en NZ sportmanne van die
"skoonstes." Mens hoor baie selde van een van hulle wat positief vir
verbode middels getoets word.
Drom
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73360 is 'n antwoord op boodskap #73354] Wo, 12 Februarie 2003 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag natuurlik, ou herschell. Maar jy moet weet, in die Vrystaat is dit so
boring dat daar nie juis veel beter is om te doen as om so bietjie "electric
spinach" te rook nie. Ek kom van die Vrystaat af.

Nou as die toetse nie dagga wys nie, vir wat rook die kolwers dit nie. Die
balletjie sal in "slow motion" op hulle af kom en dan kan hulle beter en
verder slaan. Dalk sal hulle die bal raaksien :-)

E

"Annette" skryf in boodskap news:b2cuf1$1b0294$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee - Herschelletjie - nog steeds:))
> Moenie Boje beledig nie - hy is 'n Vrystater;)
>
> BTW blykbaar die toetse wat hulle by die krieket doen, wys nie dagga uit as
> 'n verbode middel nie.
>
> Annette
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73362 is 'n antwoord op boodskap #73360] Wo, 12 Februarie 2003 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie so nie - die kanse is goed dat die rokers nie lopies sal
hardloop nie, maar drentel:))
Of miskien nog erger - as dit nie sy kolfbeurt is nie, so skuins-skuins gaan
lê:))

Ek het 'n baie opwindende tyd gehad toe ek in die Vrystaat was - dis nie my
skuld dat jy op 'n droë kol geland het nie:))

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3e4a1583.0@news1.mweb.co.za...
> Ag natuurlik, ou herschell. Maar jy moet weet, in die Vrystaat is dit so
> boring dat daar nie juis veel beter is om te doen as om so bietjie "electric
> spinach" te rook nie. Ek kom van die Vrystaat af.
>
> Nou as die toetse nie dagga wys nie, vir wat rook die kolwers dit nie. Die
> balletjie sal in "slow motion" op hulle af kom en dan kan hulle beter en
> verder slaan. Dalk sal hulle die bal raaksien :-)
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:b2cuf1$1b0294$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Nee - Herschelletjie - nog steeds:))
>> Moenie Boje beledig nie - hy is 'n Vrystater;)
>>
>> BTW blykbaar die toetse wat hulle by die krieket doen, wys nie dagga uit as
>> 'n verbode middel nie.
>>
>> Annette
>
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73363 is 'n antwoord op boodskap #73358] Wo, 12 Februarie 2003 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die rede hoekom ons niks hoor nie, is omdat hulle verkies om dit stil te
hou. Die Ben Tune storie is maar net die tippie van die seekoei se oor.
Daar is geen manier wat iemand my sal probeer wysmaak dat die sportmense van
Oz en NZ meer voorbeeldig as ander lande s'n nie.

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0302120107.29d25926@posting.google.com...
> Die probleem met 'n diuretikum is
>> dat dit spore van serker ander 'performance-enhancing' middels kan verbloem.
>
> Is so ja, maar ek het so idee dat Warnie poephol genoeg was om te dink
> dat 'n diaretikum vir gewigsverlies gebruik kan word. Met die Oz
> krieketspan se aankoms hier was al die koerante vol van hoeveel gewig
> hy verloor het. In my opinie is die Oz en NZ sportmanne van die
> "skoonstes." Mens hoor baie selde van een van hulle wat positief vir
> verbode middels getoets word.
> Drom
Re: Weer iets oor krieket [boodskap #73365 is 'n antwoord op boodskap #73349] Wo, 12 Februarie 2003 12:59 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Dit blyk dus dat Royleen 'n groter Shane aanhanger en verdediger is as die
> natuurlike Australiërs wat op die ander groep is.

Aha.

Die Ruiter met die snor
Vorige onderwerp: Krieket - dag 3
Volgende onderwerp: krieket - moeilikheid?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:45:16 MGT 2024