Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Suidwester - bande wat bars
Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71887] Ma, 13 Januarie 2003 16:37 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Snaaks hoe dinge altyd gebeur - verlede week praat ons daarvan, en Saterdag
toe gebeur die met 'n motor voor my.
Gelukkig het ek stadig soos gewoonlik gery in die middelbaan, anders was dit
my tyd:))
Ewenwel, die regter voorband het gebars, en die bestuurder het geen kontrole
oor die motor gehad nie - dit het links oor die twee stadiger bane beweeg,
teen die reling gebots, 'n 180grade draai agtertoe gemaak en met die
agterkant teen die reling gebots, en toe horisontaal halfpad oor die twee
stadiger bane tot stilstand gekom.
Genadiglik is geen ander motor getref nie.

Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.

Annette
Re: Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71907 is 'n antwoord op boodskap #71887] Di, 14 Januarie 2003 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 Jan 2003 18:37:09 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>
> Annette
>

`n wilde statement om te maak sonder dat jy die persoon ken of weet
wat hulle skills is. glo dit of nie maar daar is mense wat beheer oor
`n kar verloor as hulle links draai of for that matter regs ook.

>
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71908 is 'n antwoord op boodskap #71887] Di, 14 Januarie 2003 06:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In sekere gevalle [soos dié] is jy reg, maar mens moet oor algemeen kyk.
Vandag se karre het oor die algemeen kragstuur en die probleem met 'n band
wat aan die voorkant bars, is dat jy sukkel om die stuur reguit te hou want
dit trek skeef na die een kant toe. Die beste is maar om om te klou aan
die stuurwiel en laat die motor maar sy loop neem. Bars jou agterwiel
egter, veral as die motor gelaai is met mense of goete, moet jy baie
versigtig wees om nie die motor van rigting te laat verander sodat die gat
swaai na die kant wat die band gebars het nie want dan kan jy die kar maklik
rol. Veral met die hoë 4x4-tipe van voertuie van vandag is die agterband
wat gaan veel gevaarliker.

"Annette" skryf in boodskap news:avuq49$jospp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Snaaks hoe dinge altyd gebeur - verlede week praat ons daarvan, en Saterdag
> toe gebeur die met 'n motor voor my.
> Gelukkig het ek stadig soos gewoonlik gery in die middelbaan, anders was dit
> my tyd:))
> Ewenwel, die regter voorband het gebars, en die bestuurder het geen kontrole
> oor die motor gehad nie - dit het links oor die twee stadiger bane beweeg,
> teen die reling gebots, 'n 180grade draai agtertoe gemaak en met die
> agterkant teen die reling gebots, en toe horisontaal halfpad oor die twee
> stadiger bane tot stilstand gekom.
> Genadiglik is geen ander motor getref nie.
>
> Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>
> Annette
>
Re: Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71958 is 'n antwoord op boodskap #71908] Wo, 15 Januarie 2003 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net vir die interessantheid.....ek lees gister het daar 'n agterband gebars
op 'n voertuig tussen Windhoek en Rehoboth en die ou het totaal beheer
verloor en die kar gerol en 'n paar mense is dood.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e23abc9.0@news1.mweb.co.za...
> In sekere gevalle [soos dié] is jy reg, maar mens moet oor algemeen kyk.
> Vandag se karre het oor die algemeen kragstuur en die probleem met 'n band
> wat aan die voorkant bars, is dat jy sukkel om die stuur reguit te hou want
> dit trek skeef na die een kant toe. Die beste is maar om om te klou aan
> die stuurwiel en laat die motor maar sy loop neem. Bars jou agterwiel
> egter, veral as die motor gelaai is met mense of goete, moet jy baie
> versigtig wees om nie die motor van rigting te laat verander sodat die gat
> swaai na die kant wat die band gebars het nie want dan kan jy die kar maklik
> rol. Veral met die hoë 4x4-tipe van voertuie van vandag is die agterband
> wat gaan veel gevaarliker.
> "Annette" wrote in message
> news:avuq49$jospp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Snaaks hoe dinge altyd gebeur - verlede week praat ons daarvan, en Saterdag
>> toe gebeur die met 'n motor voor my.
>> Gelukkig het ek stadig soos gewoonlik gery in die middelbaan, anders was dit
>> my tyd:))
>> Ewenwel, die regter voorband het gebars, en die bestuurder het geen kontrole
>> oor die motor gehad nie - dit het links oor die twee stadiger bane beweeg,
>> teen die reling gebots, 'n 180grade draai agtertoe gemaak en met die
>> agterkant teen die reling gebots, en toe horisontaal halfpad oor die twee
>> stadiger bane tot stilstand gekom.
>> Genadiglik is geen ander motor getref nie.
>>
>> Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71962 is 'n antwoord op boodskap #71958] Wo, 15 Januarie 2003 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wie van ons gaan die AA kontak om statistiek te kry van hoeveel ongelukke
daar was agv gebarste bande, en sien of die voorstes of die agterstes
wen?:))

Dit hang mos baie af van die spoed waarmee daar gery is, die toestand van al
die bande en bestuursvernuf, om nie te praat van hoe swaar die voertuig
gelaai was, die algemene toestand van die motor en die pad, en of die
bestuurder 'n ongelukkige persoon is;))

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e251b11.0@news1.mweb.co.za...
> Net vir die interessantheid.....ek lees gister het daar 'n agterband gebars
> op 'n voertuig tussen Windhoek en Rehoboth en die ou het totaal beheer
> verloor en die kar gerol en 'n paar mense is dood.
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e23abc9.0@news1.mweb.co.za...
>> In sekere gevalle [soos dié] is jy reg, maar mens moet oor algemeen kyk.
>> Vandag se karre het oor die algemeen kragstuur en die probleem met 'n band
>> wat aan die voorkant bars, is dat jy sukkel om die stuur reguit te hou want
>> dit trek skeef na die een kant toe. Die beste is maar om om te klou aan
>> die stuurwiel en laat die motor maar sy loop neem. Bars jou agterwiel
>> egter, veral as die motor gelaai is met mense of goete, moet jy baie
>> versigtig wees om nie die motor van rigting te laat verander sodat die gat
>> swaai na die kant wat die band gebars het nie want dan kan jy die kar maklik
>> rol. Veral met die hoë 4x4-tipe van voertuie van vandag is die agterband
>> wat gaan veel gevaarliker.
>> "Annette" wrote in message
>> news:avuq49$jospp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Snaaks hoe dinge altyd gebeur - verlede week praat ons daarvan, en Saterdag
>>> toe gebeur die met 'n motor voor my.
>>> Gelukkig het ek stadig soos gewoonlik gery in die middelbaan, anders was dit
>>> my tyd:))
>>> Ewenwel, die regter voorband het gebars, en die bestuurder het geen kontrole
>>> oor die motor gehad nie - dit het links oor die twee stadiger bane beweeg,
>>> teen die reling gebots, 'n 180grade draai agtertoe gemaak en met die
>>> agterkant teen die reling gebots, en toe horisontaal halfpad oor die twee
>>> stadiger bane tot stilstand gekom.
>>> Genadiglik is geen ander motor getref nie.
>>>
>>> Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Vir Suidwester - bande wat bars [boodskap #71966 is 'n antwoord op boodskap #71962] Wo, 15 Januarie 2003 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sug! Jy sal ook nie toegee nie, nê? Om die dooie dood nie, soos die
Suidwesters sê!!

"Annette" skryf in boodskap news:b03c26$l8cda$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wie van ons gaan die AA kontak om statistiek te kry van hoeveel ongelukke
> daar was agv gebarste bande, en sien of die voorstes of die agterstes
> wen?:))
>
> Dit hang mos baie af van die spoed waarmee daar gery is, die toestand van al
> die bande en bestuursvernuf, om nie te praat van hoe swaar die voertuig
> gelaai was, die algemene toestand van die motor en die pad, en of die
> bestuurder 'n ongelukkige persoon is;))
>
> Annette
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3e251b11.0@news1.mweb.co.za...
>> Net vir die interessantheid.....ek lees gister het daar 'n agterband gebars
>> op 'n voertuig tussen Windhoek en Rehoboth en die ou het totaal beheer
>> verloor en die kar gerol en 'n paar mense is dood.
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3e23abc9.0@news1.mweb.co.za...
>>> In sekere gevalle [soos dié] is jy reg, maar mens moet oor algemeen kyk.
>>> Vandag se karre het oor die algemeen kragstuur en die probleem met 'n band
>>> wat aan die voorkant bars, is dat jy sukkel om die stuur reguit te hou want
>>> dit trek skeef na die een kant toe. Die beste is maar om om te klou aan
>>> die stuurwiel en laat die motor maar sy loop neem. Bars jou agterwiel
>>> egter, veral as die motor gelaai is met mense of goete, moet jy baie
>>> versigtig wees om nie die motor van rigting te laat verander sodat die gat
>>> swaai na die kant wat die band gebars het nie want dan kan jy die kar maklik
>>> rol. Veral met die hoë 4x4-tipe van voertuie van vandag is die agterband
>>> wat gaan veel gevaarliker.
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:avuq49$jospp$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Snaaks hoe dinge altyd gebeur - verlede week praat ons daarvan, en Saterdag
>>>> toe gebeur die met 'n motor voor my.
>>>> Gelukkig het ek stadig soos gewoonlik gery in die middelbaan, anders was dit
>>>> my tyd:))
>>>> Ewenwel, die regter voorband het gebars, en die bestuurder het geen kontrole
>>>> oor die motor gehad nie - dit het links oor die twee stadiger bane beweeg,
>>>> teen die reling gebots, 'n 180grade draai agtertoe gemaak en met die
>>>> agterkant teen die reling gebots, en toe horisontaal halfpad oor die twee
>>>> stadiger bane tot stilstand gekom.
>>>> Genadiglik is geen ander motor getref nie.
>>>>
>>>> Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel bars.
>>>>
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: bande wat bars [boodskap #71967 is 'n antwoord op boodskap #71887] Wo, 15 Januarie 2003 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel
bars."
---
Tensy jy 'n Citroën bestuur. :-) 120 kpu oor 'n skerp pyp geplant in die
teer,
voorwiel bars, stuurwiel word gelos en rem plat getrap. Motorkar stop veilig
sonder dat die motor rondswenk. Onthou julle dié advertensie?
Re: bande wat bars [boodskap #72024 is 'n antwoord op boodskap #71967] Do, 16 Januarie 2003 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, stry is stry, maar miskien moet mens na die opstel van enige motor se
suspensie gaan. Die voorwiele gee rigting in die dat dit draai in die
rigting wat die motor moet gaan volgens wat die bestuurder wil hê. Die
agterwiele gee stabiliteit en die mate daarvan gaan bepaal hoe maklik die
voorwiele hulle effek sal hê. Dus, 'n motor met bv. 'n lang asafstand is
veel meer stabiel as 'n kar met 'n kort asafstand. Dis waarom jy met
hierdie klein parrakarretjies soos die Uno, Corsa, ens. maar liewer moet
wegbly van grondpaaie af.
As 'n motor se stuurwiel heen en weer gedraai word, sal die motor links
en rags beweeg en jy sal vind dat die gewigsverplasing oorhel van die een
kan na die ander kant. Omdat die motor vorentoe beweeg, sal die gewig
nader na die agterkant geleë wees [centre of gravity]. As 'n voorband dus
bars, is al wat die bestuurder moet doen, is om op die stuurwiel te klim en
te klou om te keer dat die trek van die pap band nie die motor skielik van
rigting laat verander nie en alles is dood dollies. Bars 'n agterband
egter, dan vind daar 'n skielike gewigsverplasing na daardie wiel se kant
toe. Keer die bestuurder dit nie vinnig nie, gee die hele band mee en is
die kanse dat die kar gaan rol groot.

"Tobie" skryf in boodskap news:b04bah$gde$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel
> bars."
> ---
> Tensy jy 'n Citroën bestuur. :-) 120 kpu oor 'n skerp pyp geplant in die
> teer,
> voorwiel bars, stuurwiel word gelos en rem plat getrap. Motorkar stop veilig
> sonder dat die motor rondswenk. Onthou julle dié advertensie?
>
Re: bande wat bars [boodskap #72070 is 'n antwoord op boodskap #71967] Do, 16 Januarie 2003 20:23 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Jan 2003 12:27:02 +0200, "Tobie" wrote:

> "Dus, ek dink ek was tog reg dat mens meer beheer het as die agterwiel
> bars."
> ---

10/01/2003 02:40 PM - (SA)
Vyf sterf toe motorband bars
Carina Smith-Morgan


Vyf mense, waarvan vier lede van een familie van Carletonville, se
lewens is in 'n oogwenk van hulle weggeneem toe die motor waarin hulle
gereis het, se band gebars en van die pad gerol het. Mnr. Hannes
Willemse (45), sy vrou, Hansie (35), sy moeder, me. Magrieta (Blondie)
Willemse (63) en hul vyfjarige dogtertjie, Elsie, is almal in die
ongeluk oorlede. 'n Vriend van sy seun, Deon van Staden, het ook in
die ongeluk omgekom terwyl sy seun, Andries (21) erg beseer is, Die
ongeluk het op die N1 gebeur nadat Willemse sy vrou by 'n hospitaal in
Johannesburg gaan haal het. 'n Kilometer ná die
Randfontein-vierrigtingstop het hy 'n vragmotor verbygegaan, waarna
die band gebars het. Hy het beheer verloor en die motor het begin rol
en aan die regterkant van die pad in die veld tot stilstand gekom.
Willemse is kort ná die voorval agter die stuurwiel oorlede. Al vyf
die ander insittendes is uitgeslinger en Elsie en sy moeder is op slag
dood. Van Staden is ongeveer 'n uur ná die ongeluk oorlede. Sy vrou is
op 30 Desember in die Baragwanath-hospitaal aan haar beserings
oorlede. Andries is steeds in die Rustenburg-hospitaal met ernstige
beenbreuke en beserings aan sy oog. Willemse se suster, me. Elsie
Jacobs, is diep geskok oor die voorval wat haar familie van haar
weggeneem het. "Nou is net ek, my man en my suster van Brakpan nog
oor," sê sy. Sy het nog 'n kwartier voor die ongeluk met haar broer
gepraat om te hoor of sy vrou uit die hospitaal ontslaan is. "Ek het
nie eers vanjaar aan Oujaar of Nuwejaar gedink nie. Ons familie het in
'n oogwenk kleiner geword," sê sy. Jacobs troos haar egter aan die
mooi herrinneringe van haar geliefdes waaraan sy kan vasklou. Die
Willemse-familie is Vrydag vanuit die Ou Apostel-kerk begrawe en Van
Staden is op 30 Desember begrawe. Willemse word ook oorleef deur twee
seuns van onderskeidelik negentien en sewentien jaar.
Vorige onderwerp: Sutherland - akkommodasie gesoek...
Volgende onderwerp: Donkerwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:58:16 MGT 2024