Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ok maar skelm
Ok maar skelm [boodskap #70816] Do, 19 Desember 2002 13:32 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nou net my selfoon balans op die Internet na gegaan, en daar sien ek
toe 'n ding wat my nogal laat dink het. Ek is R0.66 "gecharge" vir oproepe
wat, wag vir dit, presies 0 sekondes geduur het. Dit beteken die nommer was
seker beset of ek het neergesit voordat die persoon aan die anderkant
geantwoord het. Hoe kan hulle jou geld vra vir 'n oproep wat 0 sekondes
geduur het? 66c klink dalk nie na baie nie, maar as jy sukkel om dringend
deur te kom na iemand toe, en jy hou aan bel totdat hulle antwoord, of die
foon nie meer beset is nie, kan dit nogal 'n aardige bedraggie wees.
Likewise het hulle my R1,46 gevra vir 'n oproepe wat onderskeidilik 4, 6 en
13 sekondes geduur het. Ek dog daar's nou "per second billing" in plek, hoe
kom hulle by daai totaal uit?

Elaine
Re: Ok maar skelm [boodskap #70827 is 'n antwoord op boodskap #70816] Do, 19 Desember 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J.V.Smith  is tans af-lyn  J.V.Smith
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Die "per second billing" ding hang af van die tipe ooreenkoms wat jy met jou
netwerk voorsiener het - maar die onkostes klink nogal vreemd. As ek jy is
haal ek my kontrak uit en gaan dit noukeurig na.

Julian

"Elaine" skryf in boodskap news:3e01ca7e.0@news1.mweb.co.za...
| Ek het nou net my selfoon balans op die Internet na gegaan, en daar sien ek
| toe 'n ding wat my nogal laat dink het. Ek is R0.66 "gecharge" vir oproepe
| wat, wag vir dit, presies 0 sekondes geduur het. Dit beteken die nommer was
| seker beset of ek het neergesit voordat die persoon aan die anderkant
| geantwoord het. Hoe kan hulle jou geld vra vir 'n oproep wat 0 sekondes
| geduur het? 66c klink dalk nie na baie nie, maar as jy sukkel om dringend
| deur te kom na iemand toe, en jy hou aan bel totdat hulle antwoord, of die
| foon nie meer beset is nie, kan dit nogal 'n aardige bedraggie wees.
| Likewise het hulle my R1,46 gevra vir 'n oproepe wat onderskeidilik 4, 6 en
| 13 sekondes geduur het. Ek dog daar's nou "per second billing" in plek, hoe
| kom hulle by daai totaal uit?
|
| Elaine
|
Re: Ok maar skelm [boodskap #70833 is 'n antwoord op boodskap #70827] Do, 19 Desember 2002 21:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het per second billing, toe dit ingekom het is ek outomaties oorgeskakel
na dit toe. Ek sal die kontrakkie uitgrawe en kyk, maar ek kan jou belowe
daar's een of ander verskoning vir hulle "stelery". Eerlikwaar om iemand
geld te vra vir 'n oproep wat 0 sekondes geduur het, is in my opinie
diefstal.

E

"J.V.Smith" skryf in boodskap news:att39e$1tb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die "per second billing" ding hang af van die tipe ooreenkoms wat jy met jou
> netwerk voorsiener het - maar die onkostes klink nogal vreemd. As ek jy is
> haal ek my kontrak uit en gaan dit noukeurig na.
>
> Julian
Re: Ok maar skelm [boodskap #70859 is 'n antwoord op boodskap #70816] Vr, 20 Desember 2002 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie of dit sal help nie, maar hier in ou 'agter-die-klip' Namibië
het on slankal daai probleem gehad ......met gewone telefone. As jy vir 'n
uitdruk vra, dan sal jy oproepe sien wat een sekonde geduur het, maar jy
betaal die basiese tarief. Toe ons navraag gedoen het oor hoe kan 'n
oproep net 1 sekonde duur, toe reken hulle dat as jy na die moderne telefone
toe skakel, werk dit soos 'n skakelbord en al is die telefoon beset,
antwoord dit wel die oproep voor dit vir jou 'vertel' dat dit beset is. Ek
glo dit nie lekker nie en as mens vir elke besettoon die basiese tarief vir
'n eenheid moet betaal, dan score die Poskantoor een moerse lot geld vir
geen diens nie. Maar probeer jy nou om met die mense daaroor te redeneer!
Net so vergeet ons die annerdag om die telefoonrekenings betyds te
betaal.....die eerste keer in 8 jaar!.....toe word beide lyne onmiddellik
afgesny en ons moet R75 per lyn aansluitingsfooi betaal. Ek vra toe vir
hulle of dit darem nie net regverdig is om net die moeite te doen om te VRA
hoekom 'n besigheid wat vir 8 jaar beide lyne nog altyd betyds betaal, nou
skielik nie betaal nie en dat sekerlik dit net 'n mistykie is nie? Nee!
Jammer vir jou.....betaal jy nie, k.k jy! Die dag dat die Poskantoor
opposisie gaan kry..........blye dag!

"Elaine" skryf in boodskap news:3e01ca7e.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het nou net my selfoon balans op die Internet na gegaan, en daar sien ek
> toe 'n ding wat my nogal laat dink het. Ek is R0.66 "gecharge" vir oproepe
> wat, wag vir dit, presies 0 sekondes geduur het. Dit beteken die nommer was
> seker beset of ek het neergesit voordat die persoon aan die anderkant
> geantwoord het. Hoe kan hulle jou geld vra vir 'n oproep wat 0 sekondes
> geduur het? 66c klink dalk nie na baie nie, maar as jy sukkel om dringend
> deur te kom na iemand toe, en jy hou aan bel totdat hulle antwoord, of die
> foon nie meer beset is nie, kan dit nogal 'n aardige bedraggie wees.
> Likewise het hulle my R1,46 gevra vir 'n oproepe wat onderskeidilik 4, 6 en
> 13 sekondes geduur het. Ek dog daar's nou "per second billing" in plek, hoe
> kom hulle by daai totaal uit?
>
> Elaine
>
Re: Ok maar skelm [boodskap #70874 is 'n antwoord op boodskap #70859] Vr, 20 Desember 2002 14:03 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons het Telkom dit ook altyd gedoen, ek weet nie of hulle nog steeds
besig is daarmee nie, maar so ver ek dit verstaan het hulle opgehou om jou
te "charge" vir beset luitone.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3e02f08d.0@news1.mweb.co.za...
> Ek weet nie of dit sal help nie, maar hier in ou 'agter-die-klip' Namibië
> het on slankal daai probleem gehad ......met gewone telefone. As jy vir 'n
> uitdruk vra, dan sal jy oproepe sien wat een sekonde geduur het, maar jy
> betaal die basiese tarief.
Vorige onderwerp: Versoeningsdag
Volgende onderwerp: Bid woorde van Engels na Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 12:29:33 MGT 2024