Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » GEDIG: Aan almal in die buiteland
GEDIG: Aan almal in die buiteland [boodskap #7017] Vr, 16 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
My vriend Charl-Pierre Naude' het nou onlangs sy eerste
digbundel gepubliseer. Dit heet "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)
Ek stuur aan julle (spesifiek aan julle wat emigreer het)
die een wat hy spesiaal aan my in sy brief meld.

Die onophoudelike weerligstraal
-------------------------------
Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge, versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geemigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeets;
is 'n onophoudelike weerligstraal.
- ------------------

Wil julle nog gedigte van hom hoor ?
Groete
Re: GEDIG: Aan almal in die buiteland [boodskap #7035 is 'n antwoord op boodskap #7017] So, 18 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
M. Elizabeth Theron  is tans af-lyn  M. Elizabeth Theron
Boodskappe: 5
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ja asseblief Galjoen! Dis 'n baie mooi vers en ek sal graag meer wil
sien. Afrikaanse digbundels is maar skaars in die Barnes & Noble digby
my, ook in die Borders hier naby - albei wonderlike boekwinkels. Ek
wonder of ek hulle kan oortuig om 'n Afrikaanse rak te begin?

Se groete aan Charl-Pierre Naude. Ons wag vir meer verse van hom. As
ek weer daar kom, sal ek sy bundel koop.

Ns. Moet dit "...hoog, uit uit die wynglas...." wees, of is dit 'n
tikfout?

Linkie Theron in Florida.

gal...@ibm.net wrote:
>
> My vriend Charl-Pierre Naude' het nou onlangs sy eerste
> digbundel gepubliseer. Dit heet "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)
> Ek stuur aan julle (spesifiek aan julle wat emigreer het)
> die een wat hy spesiaal aan my in sy brief meld.
>
> Die onophoudelike weerligstraal
> -------------------------------
> Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
> in herinnerings terugvind? Weerlig klap
> en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
> van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
>
> Maar in die vlugtige Seance van geheue
> kan vergane dinge, versluierd, weer gebeur:
>
> My vriende wat geemigreer het sing
> hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
>
> Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
> maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.
>
> Ek onthou die oomblik se onseker praal
> wat verblindend in die hemel gerank het;
> die na-lig, teen my toe ooglede afgeets;
> is 'n onophoudelike weerligstraal.
> - ------------------
>
> Wil julle nog gedigte van hom hoor ?
> Groete

--

Florida Internet Tech - Windows95 Setup
Re: GEDIG: Aan almal in die buiteland [boodskap #7073 is 'n antwoord op boodskap #7035] Di, 20 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>> My vriend Charl-Pierre Naude' het nou onlangs sy eerste
>> digbundel gepubliseer. Dit heet "DIE NOMADIESE OOMBLIK". (Tafelberg)
>> Ek stuur aan julle (spesifiek aan julle wat emigreer het)
>> die een wat hy spesiaal aan my in sy brief meld.
>>
>> Die onophoudelike weerligstraal
>> -------------------------------
>> Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
>> in herinnerings terugvind? Weerlig klap
>> en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
>> van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.
>>
>> Maar in die vlugtige Seance van geheue
>> kan vergane dinge, versluierd, weer gebeur:
>>
>> My vriende wat geemigreer het sing
>> hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.
>>
>> Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
>> maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.
>>
>> Ek onthou die oomblik se onseker praal
>> wat verblindend in die hemel gerank het;
>> die na-lig, teen my toe ooglede afgeets;
>> is 'n onophoudelike weerligstraal.
>> - ------------------
>>
>> Wil julle nog gedigte van hom hoor ?
>> Groete

Dit het my so ontroer om die gedig
�Die onophoudelike weerligstraal�
van Charl-Pierre Naude te lees. Dat
digters in Suid-Afrika ook van ons hier
in die buiteland in hulle werk kennis
neem!
En dis reg so. Net soos die mense
in Suid-Afrika deel van ons is, so be-
hoort die mense buite SA ook in die
harte van Suid-Afrikaners 'n plek in
te neem.
Ek ken nie nog 'n groep mense hier
in die buiteland was so intens terugver-
lang na die land van hulle oorsprong as
Suid-Afrikaners nie. Ek dink dit het iets
te doen met die feit dat elkeen 'n berg
of 'n rivier of 'n vlakte het wat hy spesiaal
onthou. Dit het ook te doen met die smaak
van biltong. En met die feit dat Suid-Afrika
daar so suiwer en alleen in die suide sit,
met net die see as grens.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Diens aan persone wat emigrasie oorweeg
Volgende onderwerp: Julle moet my reken - al is ek in die buiteland!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 09:20:02 MGT 2024