Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nou DIS 'n goeie verskoning
Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69370] Ma, 25 November 2002 22:41 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n 23-jarige man het vandag in die hof verskyn omdat hy sy meisie se
3-jarige seuntjie aangerand het. Hy't die kind se beentjies en heupies of
verskeie plekke gebreuk. Sy verskoning was hy was so bietjie hoog op dagga
toe hy dit gedoen het. Flouste verskoning wat ek nog gehoor het, maar hy
sal seker wegkom daarmee. Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie. Maar nou ja, as
hy 'n goeie prokureur en 'n paar rand het, kan hy seker maar getuies koop
dat dagga jou aggro maak.

Groete
Elaine
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69373 is 'n antwoord op boodskap #69370] Ma, 25 November 2002 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.

Nè?

Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!

Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
sal kan kry.
http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml

"It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
should make health care providers for terminally ill patients and the
patients themselves, who may already be suffering from some form of
clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
adopting a therapeutic course of marijuana."
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69392 is 'n antwoord op boodskap #69373] Di, 26 November 2002 03:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Net nou die dak in die koerant weer dat wanneer dagga gereeld gebruik word
op 'n jong ouderdom, daar definitief op 'n later stadium sielsieke gevolge
is.
Nou wonder ek waar is al daardie jongetjies wat van jongsaf dagga rook -
hulle is nie almal in gestigte nie. Miskien is hulle meestal in tronke.
Feit bly dat ons as belastingbetalers vir hulle moet sorg vir hulle
persoonlike jong plesiertjies.
Annette

"Tula" wrote in message
news:nfa5uu4a4slo4f7e6f0dcl47rvhcf38o1h@4ax.com...
> "Elaine" wrote:
>
>> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
>> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.
>
> Nè?
>
> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>
> Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
> marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
> waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
> Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
> byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
> sal kan kry.
> http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml
>
> "It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
> disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
> very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
> delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
> and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
> trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
> psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
> should make health care providers for terminally ill patients and the
> patients themselves, who may already be suffering from some form of
> clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
> adopting a therapeutic course of marijuana."
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69393 is 'n antwoord op boodskap #69392] Di, 26 November 2002 04:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammeer - julle is verkeerd.
Nikotien is die euwel - nie dagga nie. Dagga het medisinale waardes. ; -)))
Nogeens - is dit nie eienaardig dat die ouens wat teen nikotien gekant is 'n
goeie woordtjie het vir dagga nie? Ook - die pro-aborsie groep is gekant
teen die doodstraf - ?

"Annette" wrote in message
news:arupo6$madte$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Net nou die dak in die koerant weer dat wanneer dagga gereeld gebruik word
> op 'n jong ouderdom, daar definitief op 'n later stadium sielsieke gevolge
> is.
> Nou wonder ek waar is al daardie jongetjies wat van jongsaf dagga rook -
> hulle is nie almal in gestigte nie. Miskien is hulle meestal in tronke.
> Feit bly dat ons as belastingbetalers vir hulle moet sorg vir hulle
> persoonlike jong plesiertjies.
> Annette
>
>
> "Tula" wrote in message
> news:nfa5uu4a4slo4f7e6f0dcl47rvhcf38o1h@4ax.com...
>> "Elaine" wrote:
>>
>>> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
>>> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.
>>
>> Nè?
>>
>> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
>> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
>> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
>> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>>
>> Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
>> marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
>> waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
>> Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
>> byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
>> sal kan kry.
>> http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml
>>
>> "It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
>> disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
>> very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
>> delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
>> and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
>> trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
>> psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
>> should make health care providers for terminally ill patients and the
>> patients themselves, who may already be suffering from some form of
>> clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
>> adopting a therapeutic course of marijuana."
>>
>>
>
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69398 is 'n antwoord op boodskap #69393] Di, 26 November 2002 04:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy veralgemeen Jonas.
Ek stem nie saam met jou stellings nie.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:3de2f204$0$237@hades.is.co.za...
> Jammeer - julle is verkeerd.
> Nikotien is die euwel - nie dagga nie. Dagga het medisinale waardes. ; -)))
> Nogeens - is dit nie eienaardig dat die ouens wat teen nikotien gekant is 'n
> goeie woordtjie het vir dagga nie? Ook - die pro-aborsie groep is gekant
> teen die doodstraf - ?
>
> "Annette" wrote in message
> news:arupo6$madte$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Net nou die dak in die koerant weer dat wanneer dagga gereeld gebruik word
>> op 'n jong ouderdom, daar definitief op 'n later stadium sielsieke gevolge
>> is.
>> Nou wonder ek waar is al daardie jongetjies wat van jongsaf dagga rook -
>> hulle is nie almal in gestigte nie. Miskien is hulle meestal in tronke.
>> Feit bly dat ons as belastingbetalers vir hulle moet sorg vir hulle
>> persoonlike jong plesiertjies.
>> Annette
>>
>>
>> "Tula" wrote in message
>> news:nfa5uu4a4slo4f7e6f0dcl47rvhcf38o1h@4ax.com...
>>> "Elaine" wrote:
>>>
>>>> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
>>>> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.
>>>
>>> Nè?
>>>
>>> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
>>> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
>>> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
>>> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>>>
>>> Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
>>> marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
>>> waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
>>> Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
>>> byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
>>> sal kan kry.
>>> http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml
>>>
>>> "It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
>>> disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
>>> very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
>>> delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
>>> and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
>>> trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
>>> psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
>>> should make health care providers for terminally ill patients and the
>>> patients themselves, who may already be suffering from some form of
>>> clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
>>> adopting a therapeutic course of marijuana."
>>>
>>>
>>
>>
>
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69419 is 'n antwoord op boodskap #69393] Di, 26 November 2002 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul Van Straaten  is tans af-lyn  Paul Van Straaten
Boodskappe: 171
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou vriend,
Nou praat jy luiterlik 'n klomp stront!
Ek het nog nooit gesien dat nikotien 'n enkele huwelik verwoes nie...maar
dagga,wel!In meeste gevalle bly dit nie net by dagga nie...drank en ander
soorte dwelms kom by.
So wys my een enkele regdenkende wat gerook is,asb?
"Jonas" skryf in boodskap news:3de2f204$0$237@hades.is.co.za...
> Jammeer - julle is verkeerd.
> Nikotien is die euwel - nie dagga nie. Dagga het medisinale waardes. ; -)))
> Nogeens - is dit nie eienaardig dat die ouens wat teen nikotien gekant is 'n
> goeie woordtjie het vir dagga nie? Ook - die pro-aborsie groep is gekant
> teen die doodstraf - ?
>
> "Annette" wrote in message
> news:arupo6$madte$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Net nou die dak in die koerant weer dat wanneer dagga gereeld gebruik word
>> op 'n jong ouderdom, daar definitief op 'n later stadium sielsieke gevolge
>> is.
>> Nou wonder ek waar is al daardie jongetjies wat van jongsaf dagga rook -
>> hulle is nie almal in gestigte nie. Miskien is hulle meestal in tronke.
>> Feit bly dat ons as belastingbetalers vir hulle moet sorg vir hulle
>> persoonlike jong plesiertjies.
>> Annette
>>
>>
>> "Tula" wrote in message
>> news:nfa5uu4a4slo4f7e6f0dcl47rvhcf38o1h@4ax.com...
>>> "Elaine" wrote:
>>>
>>>> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
>>>> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.
>>>
>>> Nè?
>>>
>>> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
>>> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
>>> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
>>> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>>>
>>> Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
>>> marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
>>> waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
>>> Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
>>> byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
>>> sal kan kry.
>>> http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml
>>>
>>> "It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
>>> disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
>>> very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
>>> delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
>>> and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
>>> trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
>>> psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
>>> should make health care providers for terminally ill patients and the
>>> patients themselves, who may already be suffering from some form of
>>> clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
>>> adopting a therapeutic course of marijuana."
>>>
>>>
>>
>>
>
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69421 is 'n antwoord op boodskap #69419] Di, 26 November 2002 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurlik het rook al huwelike verwoes.
Geldtekort agv die roker wat aandring op sy/haar plesiertjie.
Een van die ouers wat doodgaan weens rookverwante komplikasies
Kinders wat met longprobleme sukkel omdat een ouer nie wil ophou rook nie,
en die ander ouer nie meer met dit kan saamleef nie.
Dan is daar nog die rokers wat ter wille van vrede buite staan en rook met
moordgedagtes;))
Annette

"Paul Van Straaten" skryf in boodskap news:arv6hk$5k$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag ou vriend,
> Nou praat jy luiterlik 'n klomp stront!
> Ek het nog nooit gesien dat nikotien 'n enkele huwelik verwoes nie...maar
> dagga,wel!In meeste gevalle bly dit nie net by dagga nie...drank en ander
> soorte dwelms kom by.
> So wys my een enkele regdenkende wat gerook is,asb?
> "Jonas" wrote in message
> news:3de2f204$0$237@hades.is.co.za...
>> Jammeer - julle is verkeerd.
>> Nikotien is die euwel - nie dagga nie. Dagga het medisinale waardes.
> ; -)))
>> Nogeens - is dit nie eienaardig dat die ouens wat teen nikotien gekant
is
> 'n
>> goeie woordtjie het vir dagga nie? Ook - die pro-aborsie groep is gekant
>> teen die doodstraf - ?
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:arupo6$madte$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Net nou die dak in die koerant weer dat wanneer dagga gereeld gebruik
> word
>>> op 'n jong ouderdom, daar definitief op 'n later stadium sielsieke
> gevolge
>>> is.
>>> Nou wonder ek waar is al daardie jongetjies wat van jongsaf dagga rook -
>>> hulle is nie almal in gestigte nie. Miskien is hulle meestal in tronke.
>>> Feit bly dat ons as belastingbetalers vir hulle moet sorg vir hulle
>>> persoonlike jong plesiertjies.
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Tula" wrote in message
>>> news:nfa5uu4a4slo4f7e6f0dcl47rvhcf38o1h@4ax.com...
>>>> "Elaine" wrote:
>>>>
>>>> > Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
>>>> >mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.
>>>>
>>>> Nè?
>>>>
>>>> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
>>>> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
>>>> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
>>>> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>>>>
>>>> Jy kan letterlik duisende peer-reviewed artikels oor hierdie aspek van
>>>> marijuana spesifiek gaan oplees - veral as jy wil probeer verstaan
>>>> waarom verskillende mense op verskillende maniere geaffekteer word.
>>>> Of jy kan sommer net 'n vinnige Internet soektog doen. Hier is
>>>> byvoorbeeld een van letterlik honderde skakels waar jy meer inligting
>>>> sal kan kry.
>>>> http://cyber.law.harvard.edu/evidence99/marijuana/Health_1.h tml
>>>>
>>>> "It has been suggested that marijuana is at the root of many mental
>>>> disorders, including acute toxic psychosis, panic attacks (one of the
>>>> very conditions it is being used experimentally to treat), flashbacks,
>>>> delusions, depersonalization, hallucinations, paranoia, depression,
>>>> and uncontrollable aggressiveness. Marijuana has long been known to
>>>> trigger attacks of mental illness, such as bipolar (manic-depressive)
>>>> psychosis and schizophrenia. This connection with mental illness
>>>> should make health care providers for terminally ill patients and the
>>>> patients themselves, who may already be suffering from some form of
>>>> clinical depression, weigh very carefully the pros and cons of
>>>> adopting a therapeutic course of marijuana."
>>>>
>>>>
>>>
>>>
>>
>>
>
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69423 is 'n antwoord op boodskap #69373] Di, 26 November 2002 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Elaine
> Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
> mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie.

Tula Streepmuis:
Nè?
Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk
gemors dit as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar
nog steeds - jy is verkeerd as jy dink en glo soos meeste
mense hier op die NG en elders, dat dagga "onskuldig" is.
Dit is nie!!

Wouter
Hei Streepmuis, hoekom so agressief vandag?
Tula so bietjie, hoor, tula baba :-)

Maar jy is natuurlik reg, mense reageer totaal verskillend op
dagga en sommiges word baie aggressief.

In my weermagjaar het een ou terwyl hy gerook was die
Weermagkok onder kokende water gaan was omdat hy
vuil was. Hy was reg oor laasgenoemde, maar het die arme
ou amper doodgebrand terwyl hy soos 'n vark geskree het
en uiteindelik daarvoor in 'n siviele tronk beland.

Sy pelle, wat saam met hom gerook was, het rustig toegekyk.
Een het halfhartig geprotesteer, die ander had totale vrede.

Ek het nie die episode gesien nie, dit was oor 'n naweek.
Maar ek het 'n bungalow met die mense gedeel en het by
herhaling gesien hoe aggressief die spesifieke ou raak
terwyl sy pelle heel mellow is.
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69432 is 'n antwoord op boodskap #69373] Di, 26 November 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ook navorsing gedoen oor dwelms. Ek ken ander wat baie meer
gevaarlik is as dagga. Maar dagga ly tot die gebruik van ander dwelms, en
dit foeter jou longe en breinselle op. Dagga is nie onskuldig nie, maar die
paranoia en aggressie waarvan jy praat kom voor na langtermyn gebruik en
gewoonlik wanneer jy nie hoog is nie. Die kwaliteit van die dwelm, en die
THC (delta-9-tetrahydrocannabinol) inhoud, speel ook 'n rol. Jou gewone ou
op straat rook meer kakiebos as enigiets anders. Rooibaard, Durban Poison
en dies meer is duurder en moeiliker om in die hande te kry. Dit hang ook af
of jy die Dagga meng met ander dwelms al dan nie. Jy kry ook 'n dagga wat
in 'n "liquid form" is - skoon THC. Ek's nie seker hoe hulle dit gebruik
nie, maar dis baie, baie potent. Jy kry een, en dalk het jy dit al gesien,
wat goed "skoongemaak" is en dan in so langwerpige blokkie gedruk word. Dis
ook amper skoon, THC, maar word eenvoudig van die blokkie afgebreek en
gerook - Hasish. Ook erg potent
Enige ou wat al in sy lewe dagga gerook het sal vir jou sê, jou arms voel so
lam en jy't so lekker gevoel van euphoria, dat jy eindelik nou nie 'n hel
kan omgee wat om jou aangaan nie. Dit voel asof die tyd nie wil omgaan nie.
Jy voel basies asof jy in "suspended animation" is. Alles lyk asof dit in
slow motion gebeur. Natuurlik wanneer jy van daai plak afkom is jy honger,
paranoid (wie weet), miskien aggressief en depressief. Dis jou liggaam se
"craving" na nog dagga.
Ek het 'n ou geken, wat 'n voorskrif by sy dokter gekry het om dagga te
gebruik, juis omdat hy aggressiewe aanvalle gehad het. Of die dokter geweet
het wat hy doen sal ek nie weet nie, maar die ou het die goed wel by 'n
apteek gekoop.
Ek sal toegee die dwelm het dalk verskillende uitwerkings op verskillende
mense, so een ou kan dalk aggro raak daarvaan, maar die kans is maar skraal.

Groete
Elaine

"Tula" wrote:

> Nè?
>
> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69433 is 'n antwoord op boodskap #69393] Di, 26 November 2002 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dagga kan jou longe net so erg beskadig as nikotien. Maar dagga, as jy dit
drink of eet, het wel medisinale waardes. Jy kan ook heel mooi klere van
dit maak :-).

Elaine

"Jonas" skryf in boodskap news:3de2f204$0$237@hades.is.co.za...
> Jammeer - julle is verkeerd.
> Nikotien is die euwel - nie dagga nie. Dagga het medisinale waardes. ; -)))
> Nogeens - is dit nie eienaardig dat die ouens wat teen nikotien gekant is 'n
> goeie woordtjie het vir dagga nie? Ook - die pro-aborsie groep is gekant
> teen die doodstraf - ?
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69435 is 'n antwoord op boodskap #69432] Di, 26 November 2002 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Asa hulle dan so baie kakiebos rook, beteken dit dat vlooie hulle nie sal
byt nie?:))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3de346a6.0@news1.mweb.co.za...
> Ek het ook navorsing gedoen oor dwelms. Ek ken ander wat baie meer
> gevaarlik is as dagga. Maar dagga ly tot die gebruik van ander dwelms, en
> dit foeter jou longe en breinselle op. Dagga is nie onskuldig nie, maar die
> paranoia en aggressie waarvan jy praat kom voor na langtermyn gebruik en
> gewoonlik wanneer jy nie hoog is nie. Die kwaliteit van die dwelm, en die
> THC (delta-9-tetrahydrocannabinol) inhoud, speel ook 'n rol. Jou gewone ou
> op straat rook meer kakiebos as enigiets anders. Rooibaard, Durban Poison
> en dies meer is duurder en moeiliker om in die hande te kry. Dit hang ook af
> of jy die Dagga meng met ander dwelms al dan nie. Jy kry ook 'n dagga wat
> in 'n "liquid form" is - skoon THC. Ek's nie seker hoe hulle dit gebruik
> nie, maar dis baie, baie potent. Jy kry een, en dalk het jy dit al gesien,
> wat goed "skoongemaak" is en dan in so langwerpige blokkie gedruk word. Dis
> ook amper skoon, THC, maar word eenvoudig van die blokkie afgebreek en
> gerook - Hasish. Ook erg potent
> Enige ou wat al in sy lewe dagga gerook het sal vir jou sê, jou arms voel so
> lam en jy't so lekker gevoel van euphoria, dat jy eindelik nou nie 'n hel
> kan omgee wat om jou aangaan nie. Dit voel asof die tyd nie wil omgaan nie.
> Jy voel basies asof jy in "suspended animation" is. Alles lyk asof dit in
> slow motion gebeur. Natuurlik wanneer jy van daai plak afkom is jy honger,
> paranoid (wie weet), miskien aggressief en depressief. Dis jou liggaam se
> "craving" na nog dagga.
> Ek het 'n ou geken, wat 'n voorskrif by sy dokter gekry het om dagga te
> gebruik, juis omdat hy aggressiewe aanvalle gehad het. Of die dokter geweet
> het wat hy doen sal ek nie weet nie, maar die ou het die goed wel by 'n
> apteek gekoop.
> Ek sal toegee die dwelm het dalk verskillende uitwerkings op verskillende
> mense, so een ou kan dalk aggro raak daarvaan, maar die kans is maar skraal.
>
> Groete
> Elaine
>
> "Tula" wrote:
>
>> Nè?
>>
>> Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors dit
>> as verskoning moet probeer gebruik nie. Maar nogsteeds - jy is
>> verkeerd as jy dink en glo soos meeste mense hier op die NG en elders,
>> dat dagga "onskuldig" is. Dit is nie!!
>
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69436 is 'n antwoord op boodskap #69423] Di, 26 November 2002 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, ek het 'n bietjie gegiggel met die een, dis nie snaaks nie ek weet,
maar hoe lank het die persoon waarvan jy praat al dagga gebruik? En watse
soort het hy gebruik? En ja, ek erken, sommige mense kan 'n aggressiewe
reaksie toon, maar die feit dat sy pelle mellow was, wys vir jou dat dit met
die meeste nie gebeur nie.

Ek was by 'n paartie eenkeer waar hulle dagga in in "hubbly bubbly" gegooi
het. Die hubbly is met half water en half whiskey gevul en hulle het cherry
tabak oor die dagga gegooi om die reuk te verdoesel. Ek was elders besig
terwyl hulle hierdie konkoksie aanmekaar geslaan het. Ek hou van die smaak
van die hubbly's en het 'n paar lekker diep trekke gevat. Omtrent 'n
halfuur later was ek so siek soos 'n hond. Ek kon net nie ophou opgooi nie.
Die eerste halfuur dink jy, jy gaan dood, daarna wens jy,jy gaan dood. Ek
onthou vaagweg hoe iemand die toilet kom gebruik het ('n man) terwyl ek by
die wasbak gestaan en opgooi het. Gelukkig het ek so uur later uitgepaas op
my pelle se bed. Blykbaar was dit een of ander potent Swaziland dagga gewees
en ek was nie bewus van die dagga in die hubbly nie, ook nie die kwaliteit
en die hoeveelheid nie. My man het my vreeslik jammer gekry, maar ons wou
ons doodlag daaroor die volgende dag, al het ek 'n wille hangover gehad. Ek
vermoed ek was bitter naby aan "green fever" gewees.

Groete
Elaine

"Wouter Plaasvark" wrote:

> Ek het nie die episode gesien nie, dit was oor 'n naweek.
> Maar ek het 'n bungalow met die mense gedeel en het by
> herhaling gesien hoe aggressief die spesifieke ou raak
> terwyl sy pelle heel mellow is.
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69438 is 'n antwoord op boodskap #69435] Di, 26 November 2002 10:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lolol. Vlooipoeier :-)

"Annette" skryf in boodskap news:arvh9n$mer36$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Asa hulle dan so baie kakiebos rook, beteken dit dat vlooie hulle nie sal
> byt nie?:))
> Annette
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69459 is 'n antwoord op boodskap #69436] Di, 26 November 2002 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Elaine skryf in boodskap news:3de34919.0@news1.mweb.co.za...
Sorry, ek het 'n bietjie gegiggel met die een, dis nie snaaks nie ek
weet, maar hoe lank het die persoon waarvan jy praat al dagga
gebruik? En watse soort het hy gebruik? En ja, ek erken,
sommige mense kan 'n aggressiewe reaksie toon, maar die feit
dat sy pelle mellow was, wys vir jou dat dit met die meeste nie
gebeur nie.

Wouter
Ek het vir Brits 'n jaar lank geken en het na 'n week of drie agtergekom
hy rook gereeld dagga. Hoe lank voor die tyd kan ek nie sê nie, hy
was toe 24 jaar oud.

Dit was maar die local Kaapse boom wat hulle gerook het. Maar
hulle het almal saam gekoop en gerook, so hulle het verskillend
gereageer op dieselfde goed.
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69462 is 'n antwoord op boodskap #69459] Di, 26 November 2002 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay, ek erken, ek was verkeerd. Die ou se verskoning is dan geldig. Ek
het nog nooit iemand sien aggressief raak om dagga nie - maar julle het my
oortuig :). Ek wou maar net uitwys dat ek dink die man wat die kind se
beentjies gebreek het se verskoning besonder flou was.

Elaine

"Wouter Plaasvark" wrote:
>
> Wouter
> Ek het vir Brits 'n jaar lank geken en het na 'n week of drie agtergekom
> hy rook gereeld dagga. Hoe lank voor die tyd kan ek nie sê nie, hy
> was toe 24 jaar oud.
>
> Dit was maar die local Kaapse boom wat hulle gerook het. Maar
> hulle het almal saam gekoop en gerook, so hulle het verskillend
> gereageer op dieselfde goed.
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69485 is 'n antwoord op boodskap #69432] Di, 26 November 2002 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Ek het ook navorsing gedoen oor dwelms.

Nou ja toe dan. Met al daardie kennis wat jy nou het oor dwelms, hoop
ek dat jy nie weer so naiewe stelling oor dagga sal maak as wat jy
gemaak het nie.
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69486 is 'n antwoord op boodskap #69433] Di, 26 November 2002 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Maar dagga, as jy dit
> drink of eet, het wel medisinale waardes.

So ook miljoene ander "dwelms"...
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69509 is 'n antwoord op boodskap #69485] Di, 26 November 2002 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
UHM - ek was sarkasties gewees. Ek het nooit gesê dagga is goed nie - net
wat dit aan jou doen. Ek het ook gesê dis 'n flou verskoning. Geen
3-jarige kan 'n man so erg uitlok dat hy hom wil doodslaan nie. Dalk as hy
op 'n LSD trip was, dan sou ek dit nog kon verstaan. Maar 'n dagga plak?
Ek glo nie.

Hoekom meer besorg oor my stellings oor dagga as die kind wat amper
doodgeslaan is?

"Tula" wrote:
>
> Nou ja toe dan. Met al daardie kennis wat jy nou het oor dwelms, hoop
> ek dat jy nie weer so naiewe stelling oor dagga sal maak as wat jy
> gemaak het nie.
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69513 is 'n antwoord op boodskap #69485] Di, 26 November 2002 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> "Elaine" wrote:

> Hoekom meer besorg oor my stellings oor dagga as die kind wat amper
> doodgeslaan is?

Elaine, jy het gesê het dat dagga kan mens nie aggressief maak nie.
Dit was daardie deel van jou boodskap/stelling waarop ek reageer het.
Jou woorde: "Dagga is 'n kalmerende dwelm, hy maak jou "lekker
mellow". Dis nie 'n ding wat jou aggressief sal maak nie. "

My reaksie daarop:
"Natuurlik kan dagga jou aggressief maak!! Nie dat die stuk gemors
dit as verskoning moet probeer gebruik nie."

Lees weer - die keer mooi stadig. Beantwoord dit jou vraag?

En nog 'n rede waarom ek "besorg" was/is oor jou verkeerde aannames
oor dagga, is omdat dit presies is hoe 'n meme onstaan. En voor jy
jou oë kan uitveë, vertel almal vir jou hoe onskadelik dagga dan nou
eintlik is. Maak dit sin?
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69516 is 'n antwoord op boodskap #69513] Di, 26 November 2002 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Okay "point taken" :-). Dagga is nie onskadelik nie. Behalwe vir die
"mental" kondisies tas dit ook jou longe erg aan. 3 zolle 'n dag is
gelykstaande aan 20 sigarette. Die aktiviste glo dis gesond, en dagga tee
word nogal gereeld deur homeopate voorgeskryf vir goed soos asma, diabetes,
rumatiek, ens. Die wat dit gebruik het vir hulle verskillende siekte sweer
by hulle teetjie. So het slegte goed soms 'n goeie sy ook.

Elaine

"Tula" wrote:

En nog 'n rede waarom ek "besorg" was/is oor jou verkeerde aannames
oor dagga, is omdat dit presies is hoe 'n meme ontstaan. En voor jy
jou oë kan uitvee, vertel almal vir jou hoe onskadelik dagga dan nou
eintlik is. Maak dit sin?
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69517 is 'n antwoord op boodskap #69516] Di, 26 November 2002 23:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> . Die aktiviste glo dis gesond, en dagga tee
> word nogal gereeld deur homeopate voorgeskryf vir goed soos asma, diabetes,
> rumatiek, ens. Die wat dit gebruik het vir hulle verskillende siekte sweer
> by hulle teetjie. So het slegte goed soms 'n goeie sy ook.

Ja, nou stry ek gladnie meer met jou nie, hoor! :-)

(Lyk my jy slaap ook nooit nie? Dit moet mos al baie laat by julle
wees? Hier by my is dit darem nou eers 7 uur in die aand, en ek is so
halfhartig besig om kos te maak) :-)
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69518 is 'n antwoord op boodskap #69517] Wo, 27 November 2002 00:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Slaap? lol nee, ek slaap bitter min, ek slaap so 4 ure 'n dag. Ek's een van
daai gelukkige mense wat aan slaaploosheid ly. Dis nou 2:05 am hier, ek het
gister oggend 1:00 gaan lê en eers 4:00 aan die slaap geraak. My man sê ek
was "vreemd" toe hy my probeer wakker maak het vanoggend.
Ek's besig om kruideniersware te koop op pick 'n pay se site. Maar die ding
vat so lank om die produkte te laai dat ek my tyd hier en op nuus sites
verwyl.
Waar in die wêreld is jy?

E

"Tula" wrote:
>
> (Lyk my jy slaap ook nooit nie? Dit moet mos al baie laat by julle
> wees? Hier by my is dit darem nou eers 7 uur in die aand, en ek is so
> halfhartig besig om kos te maak) :-)
>
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69521 is 'n antwoord op boodskap #69518] Wo, 27 November 2002 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Slaap? lol nee, ek slaap bitter min, ek slaap so 4 ure 'n dag. Ek's een van
> daai gelukkige mense wat aan slaaploosheid ly.

Ja, ek is ook een van daardie gelukkiges! :-)

> My man sê ek
> was "vreemd" toe hy my probeer wakker maak het vanoggend.

Ek dink nie ek moet enigsins verder hieroor uitvra nie!! :-))

> Ek's besig om kruideniersware te koop op pick 'n pay se site. Maar die ding
> vat so lank om die produkte te laai dat ek my tyd hier en op nuus sites
> verwyl.

Wanneer kry julle DSL? Sal jy omgee om vir my daardie Pick n Pay se
skakel te gee? Ek is baie nuuskurig om julle produkte te sien, en wat
deesdae alles beskikbaar is.

> Waar in die wêreld is jy?

In die good ol' US of A. :-) Georgia, om meer spesifiek te wees.
En jy?

- Danielle (incognito op die oomblik) :-))
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69523 is 'n antwoord op boodskap #69521] Wo, 27 November 2002 00:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tula" wrote:
>
> Ek dink nie ek moet enigsins verder hieroor uitvra nie!! :-))

Blykbaar het ek vir hom gesê ek sal eerste gaan bad. Ek het tot by die
badkamer se deur gekom, omgedraai en terug in die bed geklim. Ek weet nie
of ek dit glo nie :)

> Wanneer kry julle DSL? Sal jy omgee om vir my daardie Pick n Pay se
> skakel te gee? Ek is baie nuuskurig om julle produkte te sien, en wat
> deesdae alles beskikbaar is.

Sover ek weet het ons klaar DSL. http://homeshopping.picknpay.co.za

> In die good ol' US of A. :-) Georgia, om meer spesifiek te wees.
> En jy?
Sit nog in SA. Johannesburg om presies te wees

E
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69524 is 'n antwoord op boodskap #69523] Wo, 27 November 2002 01:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Sover ek weet het ons klaar DSL. http://homeshopping.picknpay.co.za

Baie dankie, Elaine. Ek dog ek gaan allerande eksotiese goeters sien
soos gedroogde mopanie wurms en sprinkane - by die kilogramme! :-))
Hoe teleurstellend!! :-))))

> Sit nog in SA. Johannesburg om presies te wees

Aah - dan moet jy dalk 'n koffietjie met Jonas en Ferdi probeer reël,
en vir ons alles vertel?! :-))
Ag toe!! :-)

Lekker slaap. :-)
Re: Nou DIS 'n goeie verskoning [boodskap #69525 is 'n antwoord op boodskap #69524] Wo, 27 November 2002 01:22 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hahahahahahahaha, ek en Ferdi sal mekaar tien teen een aan die keel gryp.

Geniet wat oor is van jou aand.

"Tula" wrote:
>
> Aah - dan moet jy dalk 'n koffietjie met Jonas en Ferdi probeer reël,
> en vir ons alles vertel?! :-))
> Ag toe!! :-)
>
> Lekker slaap. :-)
>
Vorige onderwerp: Vir Annette
Volgende onderwerp: Re: Afrikaners is plesierig?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 20:18:33 MGT 2024