Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Tjailatyd
Tjailatyd [boodskap #69069] Wo, 20 November 2002 13:40 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.

Gr.Rico
Re: Tjailatyd [boodskap #69073 is 'n antwoord op boodskap #69069] Wo, 20 November 2002 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Tyd om huis toe te gaan

Thys oppie Bos

"Rico" skryf in boodskap news:3ddb8e04$0$46617$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>
> Gr.Rico
>
Re: Tjailatyd [boodskap #69074 is 'n antwoord op boodskap #69069] Wo, 20 November 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rico wrote:

> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.

Tjaila is opgeneem in beide Afrikaans
en SA Engels. Die Dictionary of South
African English sê die volgende:

shayile - (various forms and spelling
tjaila, chiela, tshaile : To stop
work, down tools, usually in combination
with - time. ( Zuly shayisa, Xhosa shiyela,
Tswana chaile).

Gewoonlik word dit in Afrikaans gebruik saam met
die element van tyd. "Wanneer gaan jy tjaila? "
" Ek moet nou tjaila." "Tjailatyd"

Gloudina
Re: Tjailatyd [boodskap #69081 is 'n antwoord op boodskap #69074] Wo, 20 November 2002 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.

Gloudina
Tjaila is opgeneem in beide Afrikaans
en SA Engels. Die Dictionary of South
African English sê die volgende:
shayile - (various forms and spelling
tjaila, chiela, tshaile : To stop
work, down tools, usually in combination
with - time. ( Zuly shayisa, Xhosa shiyela,
Tswana chaile).

Gewoonlik word dit in Afrikaans gebruik saam met
die element van tyd. "Wanneer gaan jy tjaila? "
" Ek moet nou tjaila." "Tjailatyd"

Wouter
As ek reg onthou, is tjaila ook 'n Fanagalo-woord.
Fanagalo is 'n "taal" (eintlik 'n reeks opdragte) wat
op die myne gebruik is om kommunikasie tussen die
11 (eintlik meer) taalgroepe in die land moontlik te maak.

Fanagalo leen swaar uit Zulu, omdat daar baie
Zulusprekendes op die myne was.
Re: Tjailatyd [boodskap #69082 is 'n antwoord op boodskap #69069] Wo, 20 November 2002 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Swarttaal, wat beteken tyd om huistoe te gaan na werk.

"Rico" skryf in boodskap news:3ddb8e04$0$46617$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>
> Gr.Rico
>
Re: Tjailatyd [boodskap #69085 is 'n antwoord op boodskap #69081] Wo, 20 November 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> As ek reg onthou, is tjaila ook 'n Fanagalo-woord.
> Fanagalo is 'n "taal" (eintlik 'n reeks opdragte) wat
> op die myne gebruik is om kommunikasie tussen die
> 11 (eintlik meer) taalgroepe in die land moontlik te maak.
>
> Fanagalo leen swaar uit Zulu, omdat daar baie
> Zulusprekendes op die myne was.

Maar dit lyk tog of die Tswana
die naaste is aan hoe ons hom
uitspreek in Afrikaans. Ek wonder
of tjaila nie alreeds in Afrikaans
opgeneem is deurdat boere veral in
die Vrystaat met Tswana-sprekers
as werkers op die plase te doen gekry
het nie.
Maar dit is seker deur fanagalo dat
die woord daadwerklik in Afrikaans (en
SA Engels) binnegekom het. Ek sou waag
om te sê dat enige Afrikaans-spreker,
vanwaar hy ookal kom, die woord tjaila
in Afrikaans ken. Anders as sommige
ander Zulu of Xhosa woorde, wat net
deur streeksprekers gebruik word.

Gloudina
Re: Tjailatyd [boodskap #69088 is 'n antwoord op boodskap #69069] Wo, 20 November 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Nov 2002 14:40:57 +0100, "Rico" wrote:
> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>
> Gr.Rico
>

Tjailatyd beteken nie 'huis toe te gaan' nie, Rico.
Dit beteken om 'van diens af te gaan'. Jy kan dus
tjaila sonder om huis toe te gaan. Dit sal beslis nie
in die nederlandse taal verskyn nie want soos Wouter
sê, kom dit uit Fanagalo wat 'n dialek is bestaande uit
oorheersend Zulu en ook 'n groot mate Xhosa. Daar is
meer tale verteenwoordig in Fanagalo ('n taal waarin ek
vloeiend is sedert agt jarige ouderdom).

Ek vind dit interessant dat Gloudina sê dat dit opgeneem is
in die Engelse taal maar dit bewys weer dat tale mòet groei
om te bly bestaan.
Re: Tjailatyd [boodskap #69089 is 'n antwoord op boodskap #69082] Wo, 20 November 2002 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Nov 2002 19:23:13 +0200, "koos" wrote:
> Swarttaal, wat beteken tyd om huistoe te gaan na werk.
> "Rico" wrote in message

Verkeerd Kosie, lees my pos.
Re: Tjailatyd [boodskap #69099 is 'n antwoord op boodskap #69082] Wo, 20 November 2002 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jislaaik maar jy is 'n kommin mens.

--
Groetnis
Francois

"koos" skryf in boodskap news:argge4$csu$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Swarttaal, wat beteken tyd om huistoe te gaan na werk.
> "Rico" wrote in message
> news:3ddb8e04$0$46617$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>>
>> Gr.Rico
>>
>
Re: Tjailatyd [boodskap #69104 is 'n antwoord op boodskap #69088] Wo, 20 November 2002 22:24 Na vorige boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie almal, dat julle my vertel oor tjailatyd.

Nou weet ek dis die beste tyd van die dag :-))

Het julle ook 'n naam vir die slegste tyd op 'n dag, jou bed uitklim???

Gr.Rico

"DD" schreef in bericht
news:tmlntuohi0gngj2l3t4u68csuath1olsmc@4ax.com...
> On Wed, 20 Nov 2002 14:40:57 +0100, "Rico"
> wrote:
>
>> Kan iemand vir my se, wat tjailatyd beteken.
>>
>
>> Gr.Rico
>>
>
> Tjailatyd beteken nie 'huis toe te gaan' nie, Rico.
> Dit beteken om 'van diens af te gaan'. Jy kan dus
> tjaila sonder om huis toe te gaan. Dit sal beslis nie
> in die nederlandse taal verskyn nie want soos Wouter
> sê, kom dit uit Fanagalo wat 'n dialek is bestaande uit
> oorheersend Zulu en ook 'n groot mate Xhosa. Daar is
> meer tale verteenwoordig in Fanagalo ('n taal waarin ek
> vloeiend is sedert agt jarige ouderdom).
>
> Ek vind dit interessant dat Gloudina sê dat dit opgeneem is
> in die Engelse taal maar dit bewys weer dat tale moet groei
> om te bly bestaan.
>
Vorige onderwerp: z woorde
Volgende onderwerp: Taalvasvragie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:03:15 MGT 2024