Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » TV
TV [boodskap #68821] Vr, 15 November 2002 19:07 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
9 uur begin

DD
Re: TV [boodskap #68822 is 'n antwoord op boodskap #68821] Vr, 15 November 2002 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Nov 2002 21:07:46 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
> 9 uur begin
>
> DD
>

Op 3
Re: TV [boodskap #68832 is 'n antwoord op boodskap #68822] Vr, 15 November 2002 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
ek het my tv die hele aand op 3 gesit, maar nie die fliek gesien nie :-))

Rico
"Davie Davis" skryf in boodskap news:5ihatugif2s4nhp2fmar2iafi4sc482stu@4ax.com...
> On Fri, 15 Nov 2002 21:07:46 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
>> 9 uur begin
>>
>> DD
>>
>
> Op 3
>
Re: TV [boodskap #68833 is 'n antwoord op boodskap #68832] Vr, 15 November 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Nov 2002 22:30:11 +0100, "Rico" wrote:

> ek het my tv die hele aand op 3 gesit, maar nie die fliek gesien nie :-))
>
Swak opvangs, Rico:-)))
Ek weet nie of julle in Nederland sy films in die hande kan kry nie
want dit is Afrikaanse films, wat dit van die uitvoermark af weghou.
Bes moontlik bestaan daar vertaalde weergawes (met onderskrifte
natuurlik).Julle verstaan Afrikaans op papier (skerm?:-) maar ek
wonder of julle ons aksent sal verstaan. Heelwaarskynlik tog, want
die Vlaminge kom uit België hier aan en gesels lekker met ons.

Indien jy enige (of almal) van die Leon Schuster films in video vorm
kan in die hande kry, doen dit sonder aarseling. Dit is komedies
van hoogstaande gehalte.

DD
Re: TV [boodskap #68838 is 'n antwoord op boodskap #68833] Vr, 15 November 2002 23:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:

> Indien jy enige (of almal) van die Leon Schuster films in video vorm
> kan in die hande kry, doen dit sonder aarseling. Dit is komedies
> van hoogstaande gehalte.

Ja, sy flieks is baie snaaks. :-) Ek het ook altyd Jamie Uys se
flieks geniet. Onthou jy nog vir "Lord Oom Piet"? As ek nou die
titel reg onthou? En dan was daar "Hans en die Rooinek" (Norbert sal
die een geniet!!) :-)))
DD, as daardie ou flieks ooit op DVD kom, sal jy my laat weet? Ek sal
dit nogal graag weer wil sien.

Gepraat van komedies - ek het gister 'Bowling for Columbine' gaan kyk.
Soos die een reviewer gesê het: "Sometimes the best tool for probing a
social malady is humor - which is exactly what Michael Moore does in
"Bowling for Columbine."
Dis 'n tipiese Michael Moore fliek, maar ek dink sy beste tot dusvêr.
As dit ooit daar by julle speel, kan jy dit gerus gaan kyk. Dis 'n
goeie blik van hoe dinge hier in Amerika gaan, en waarheen ons oppad
is.
(O terloops - Moore is 'n radical leftist, maar moenie dat dit jou
afsit nie) :-)
Re: TV [boodskap #68845 is 'n antwoord op boodskap #68833] Sa, 16 November 2002 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou's ek geskok tot in my fondamente.........daar is iemand wat Schuster se
drek snaaks vind! Slaat my dood!

"Davie Davis" skryf in boodskap news:cspatu88dqcq10f9jots1ptfetmfvp2kfu@4ax.com...
> On Fri, 15 Nov 2002 22:30:11 +0100, "Rico"
> wrote:
>
>> ek het my tv die hele aand op 3 gesit, maar nie die fliek gesien nie :-))
>>
> Swak opvangs, Rico:-)))
> Ek weet nie of julle in Nederland sy films in die hande kan kry nie
> want dit is Afrikaanse films, wat dit van die uitvoermark af weghou.
> Bes moontlik bestaan daar vertaalde weergawes (met onderskrifte
> natuurlik).Julle verstaan Afrikaans op papier (skerm?:-) maar ek
> wonder of julle ons aksent sal verstaan. Heelwaarskynlik tog, want
> die Vlaminge kom uit België hier aan en gesels lekker met ons.
>
> Indien jy enige (of almal) van die Leon Schuster films in video vorm
> kan in die hande kry, doen dit sonder aarseling. Dit is komedies
> van hoogstaande gehalte.
>
> DD
>
Re: TV [boodskap #68846 is 'n antwoord op boodskap #68838] Sa, 16 November 2002 07:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn
>
> Ja, sy flieks is baie snaaks. :-) Ek het ook altyd Jamie Uys se
> flieks geniet. Onthou jy nog vir "Lord Oom Piet"? As ek nou die
> titel reg onthou? En dan was daar "Hans en die Rooinek" (Norbert sal
> die een geniet!!) :-)))
> DD, as daardie ou flieks ooit op DVD kom, sal jy my laat weet? Ek sal
> dit nogal graag weer wil sien.
>
Verseker onthou ek almal. Die tipe flieks wat jy gerus op video kan hê
en weer en weer na te kyk. Indien dit op DVD kom sal ek jou laat weet.
Eintlik is ek geen fliekganger. En min dinge is so oninteressant as
die TV sepies wat elke episode slegs 'n herhaling is van wat reeds
gebeur het. Van Dallas wat (ek dink) meer as 'n dekade hier dié sepie
was, het ek sowat drie episodes gesien. Omdat ek toevallig in die
sitkamer was terwyl my vrou daarna gekyk het. Maar die Schuster,
Jamie Uys, Candid Camera's en dies meer geniet ek soos 'n fliekvlooi.

Onthou jy toe Jamie Uys die Carletonhotel se twee deure (wat
heuphoogte tralies tussenin die loopgange van ongeveer 5 treë het)
gestel het dat die ànder deur oopmaak wanneer jy op een se mat trap?
En die twee karweiers 'n groot kas daar moes indra? Swaar dra tot voor
die een deur - die ander gaan oop. Tru tot by die ander ingang
ingegaan kan word waarop die eerse deur toe oopgaan. Heen en weer. En
die een wat agter dra kan nie sien wat voor aangaan nie:-)
Of Jamie Uys wat die werkers huur om balonne
op te blaas vir verpakking en uitvoer. En net na dit mooi toegedraai
is stempel hy dit met sy uitvoerstempel een na die ander plat. Met die
verpakkers wat met verstomde uitdrukkings hom dophou.

> Gepraat van komedies - ek het gister 'Bowling for Columbine' gaan kyk.
> Soos die een reviewer gesê het: "Sometimes the best tool for probing a
> social malady is humor - which is exactly what Michael Moore does in
> "Bowling for Columbine."
> Dis 'n tipiese Michael Moore fliek, maar ek dink sy beste tot dusvêr.
> As dit ooit daar by julle speel, kan jy dit gerus gaan kyk. Dis 'n
> goeie blik van hoe dinge hier in Amerika gaan, en waarheen ons oppad
> is.
> (O terloops - Moore is 'n radical leftist, maar moenie dat dit jou
> afsit nie) :-)

.:-) sal dit onthou. En dankie vir die waarskuwing oor sy
libiralisme:-)

DD
Re: TV [boodskap #68848 is 'n antwoord op boodskap #68845] Sa, 16 November 2002 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Nov 2002 08:58:53 +0200, "Suidwester" wrote:

> Slaat my dood!
As jy daarop aandring.

> Nou's ek geskok tot in my fondamente.........daar is iemand wat Schuster se
> drek snaaks vind! Slaat my dood!
As ek na jou ernstige briewe aan Gloudina kyk
en daarby jou gebrek aan humorsin voeg
dan's jy seker maar 'n suurgat.

As Gloudina ooit op hierdie nuusgroep
selfs net geglimlag het
moet jy so skerp soos ek kan lees om dit raak te sien
Julle tweetjies kom uit een kraal

As jy 'n pompjoggie sien
wat die motoris se olie meet
en met 'n onskuldige kyk
die dipstick aan die ou
wat selfs groter as Schuster is
se das afvee
en een traai klap kry
en jy lag nie
het tannie Gloudina jou aangesteek

En as jy ;n Indiër sien
wat in die apartheidsjare
by Boksburgmeer
te midde van 'n AWB byeenkoms betoog
vir gelyke regte
en jy sien dit as drek Suidwester
Is dit die tannie wat dit aan jou doen?

DD
steeds met 'n smile na die fliek
en toe maak Katryn die smile
nog wyer met daai skerp een
van haar.

ns.
As ek hier waai na alt.smileawhile.sa
dan hoor julle nie meer van DD, Sebs,
Chrisjolette, Paultjie, Katryn, (en wie's ek
nog almal Tannie?)
Re: TV [boodskap #68853 is 'n antwoord op boodskap #68848] Sa, 16 November 2002 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ek  is tans af-lyn  Ek
Boodskappe: 10
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit was altyd vir my moeilik om my by die tipiese boerseunbende te skaar.
(Miskien omdat ek 'n broetjie dood het aan rugby)

Schuster maak vir hulle moewies. Ja sure, ek lag 'n hele paar keer as ek een
van sy flieks kyk. Ek word soms ge"stun" deur hoe skerp hy is, maar daar's
net te veel scenes waarvan ek wil kots.

Let wel, teen Schuster as persoon het ek niks. Die ou weet waar die geld lê.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:kotbtuccm7g9lrdfumictj2anpbi32km3l@4ax.com...
> On Sat, 16 Nov 2002 08:58:53 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Slaat my dood!
> As jy daarop aandring.
>
>> Nou's ek geskok tot in my fondamente.........daar is iemand wat Schuster se
>> drek snaaks vind! Slaat my dood!
> As ek na jou ernstige briewe aan Gloudina kyk
> en daarby jou gebrek aan humorsin voeg
> dan's jy seker maar 'n suurgat.
>
> As Gloudina ooit op hierdie nuusgroep
> selfs net geglimlag het
> moet jy so skerp soos ek kan lees om dit raak te sien
> Julle tweetjies kom uit een kraal
>
> As jy 'n pompjoggie sien
> wat die motoris se olie meet
> en met 'n onskuldige kyk
> die dipstick aan die ou
> wat selfs groter as Schuster is
> se das afvee
> en een traai klap kry
> en jy lag nie
> het tannie Gloudina jou aangesteek
>
> En as jy ;n Indiër sien
> wat in die apartheidsjare
> by Boksburgmeer
> te midde van 'n AWB byeenkoms betoog
> vir gelyke regte
> en jy sien dit as drek Suidwester
> Is dit die tannie wat dit aan jou doen?
>
> DD
> steeds met 'n smile na die fliek
> en toe maak Katryn die smile
> nog wyer met daai skerp een
> van haar.
>
> ns.
> As ek hier waai na alt.smileawhile.sa
> dan hoor julle nie meer van DD, Sebs,
> Chrisjolette, Paultjie, Katryn, (en wie's ek
> nog almal Tannie?)
>
Re: TV [boodskap #68860 is 'n antwoord op boodskap #68848] Sa, 16 November 2002 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie of ik hierdie flieks kan kry nie, ik sal eens inloer op Kalahari
se webblad en dalk kan ek daar die flieks koop.

Ek wil nou ook gaan soek vir enige video van Johannes Kerkorrel.
Maar dit sal beter wees as dit almal op DVD is.

Kan enig iemand my help waar 'n mens die goeters kan koop op die net.

Gr.Rico
"Davie Davis" skryf in boodskap news:kotbtuccm7g9lrdfumictj2anpbi32km3l@4ax.com...
> On Sat, 16 Nov 2002 08:58:53 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Slaat my dood!
> As jy daarop aandring.
>
>> Nou's ek geskok tot in my fondamente.........daar is iemand wat Schuster se
>> drek snaaks vind! Slaat my dood!
> As ek na jou ernstige briewe aan Gloudina kyk
> en daarby jou gebrek aan humorsin voeg
> dan's jy seker maar 'n suurgat.
>
> As Gloudina ooit op hierdie nuusgroep
> selfs net geglimlag het
> moet jy so skerp soos ek kan lees om dit raak te sien
> Julle tweetjies kom uit een kraal
>
> As jy 'n pompjoggie sien
> wat die motoris se olie meet
> en met 'n onskuldige kyk
> die dipstick aan die ou
> wat selfs groter as Schuster is
> se das afvee
> en een traai klap kry
> en jy lag nie
> het tannie Gloudina jou aangesteek
>
> En as jy ;n Indiër sien
> wat in die apartheidsjare
> by Boksburgmeer
> te midde van 'n AWB byeenkoms betoog
> vir gelyke regte
> en jy sien dit as drek Suidwester
> Is dit die tannie wat dit aan jou doen?
>
> DD
> steeds met 'n smile na die fliek
> en toe maak Katryn die smile
> nog wyer met daai skerp een
> van haar.
>
> ns.
> As ek hier waai na alt.smileawhile.sa
> dan hoor julle nie meer van DD, Sebs,
> Chrisjolette, Paultjie, Katryn, (en wie's ek
> nog almal Tannie?)
>
Re: TV [boodskap #68871 is 'n antwoord op boodskap #68822] Sa, 16 November 2002 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD,

Jy moenie worrie oor of ek Afrikaans verstaan nie.
Ja ek doen, ek hoor baie RSG op hierdie net, gisteraand het ek naar 'n
hoorspel geluister en dit goed verstaan.

Ek weet julle stem nie saam nie, maar ons tale is nie so verskillend nie.

En dink maar so, soos my ouma altyd vir my het gese, waar 'n wil is, is 'n
weg!!!!

Gr.Rico, blond maar baie smart
"Davie Davis" skryf in boodskap news:5ihatugif2s4nhp2fmar2iafi4sc482stu@4ax.com...
> On Fri, 15 Nov 2002 21:07:46 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
>> 9 uur begin
>>
>> DD
>>
>
> Op 3
>
Re: TV [boodskap #68872 is 'n antwoord op boodskap #68871] Sa, 16 November 2002 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Nov 2002 10:09:34 +0100, "Rico" wrote:

> DD,
>
> Jy moenie worrie oor of ek Afrikaans verstaan nie.
> Ja ek doen, ek hoor baie RSG op hierdie net, gisteraand het ek naar 'n
> hoorspel geluister en dit goed verstaan.
>
> Ek weet julle stem nie saam nie, maar ons tale is nie so verskillend nie.
>
> En dink maar so, soos my ouma altyd vir my het gese, waar 'n wil is, is 'n
> weg!!!!
>
> Gr.Rico, blond maar baie smart

Ek verstaan Nederlands op papier (skerm:-) goed
kan dit selfs bietjie skryf
maar wanneer twee Nederlanders met mekaar vinnig gesels
klink dit amper Duits!

Gr. DD, dark blond maar partykeer lekker stupid
Re: TV [boodskap #68883 is 'n antwoord op boodskap #68872] Sa, 16 November 2002 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:

> maar wanneer twee Nederlanders met mekaar vinnig gesels
> klink dit amper Duits!

Dis alles weer Grieks vir my!
:-)
Re: TV [boodskap #68888 is 'n antwoord op boodskap #68883] Sa, 16 November 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Selfs ek het moeilikhede om hulle te verstaan as hulle vinnig praat :-)
Hila.
"Katryn" skryf in boodskap news:2l0dtu0ho1p1cn6g728ns20v45crequ190@4ax.com...
> DD wrote:
>
>> maar wanneer twee Nederlanders met mekaar vinnig gesels
>> klink dit amper Duits!
>
> Dis alles weer Grieks vir my!
> :-)
>
Re: TV [boodskap #68889 is 'n antwoord op boodskap #68888] Sa, 16 November 2002 20:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Selfs ek het moeilikhede om hulle te verstaan as hulle vinnig praat :-)

Hehehehe....nou voel ek beter!! :-))
Waarom so stil?

Ek dink vanoggend aan jou toe ek die koerant lees en ek sien: "Bush
prepares to restart nuclear tests" :-(
Die artikel sê o.a dat hulle nuwe kern wapens ontwikkel - volgens 'n
memo van Knight Ridder. Die stories is al vir omtrent 2 jaar in
omgang, maar nou is daar 'n nuwe dimensie. En dit begin al hoe meer
klink asof daar meer in steek as net stories.
Ek het gewonder of julle pers iets daaroor te sê het? En of die
wereld selfs omgee wat hier aangaan, en die moontlike implikasies.
Of is dit 'n geval van ons weet wat ons nie weet nie, maar ons weet
nie wat ons weet ons nie weet nie, en die ander kant hoop ons weet nie
wat hulle weet ons nie weet nie? :-)
Re: TV [boodskap #68890 is 'n antwoord op boodskap #68889] Sa, 16 November 2002 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"
~~~~~~~
hello :-)
Re: TV [boodskap #68898 is 'n antwoord op boodskap #68848] So, 17 November 2002 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Luister ou Daviet, jy vat dit darem persoonlik? Seker omdat jy vir
Schuster se simpel goed lag? Ek is jammer, maar ek vind nie sy pogings om
snaaks te probeer wees nie eintlik suksevol nie. Ek ken vir Schuster al
van die jare van die 'Vrypostige mikrofoon' af en daarmee was hy uiters
suksesvol 'n baie snaaks. Toe kom sy pogings tot flieks en dis net hier
waar hy van die bus afgeval het......maar sug! Jy bly skater! Wat sê dit
van jóú humorsin? Effe simpel, jouself? Soos die goete wat jy hieronder
kwytraak. Die ergste is dat jy jou tante op my probeer afskuif.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:kotbtuccm7g9lrdfumictj2anpbi32km3l@4ax.com...
> On Sat, 16 Nov 2002 08:58:53 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Slaat my dood!
> As jy daarop aandring.
>
>> Nou's ek geskok tot in my fondamente.........daar is iemand wat Schuster se
>> drek snaaks vind! Slaat my dood!
> As ek na jou ernstige briewe aan Gloudina kyk
> en daarby jou gebrek aan humorsin voeg
> dan's jy seker maar 'n suurgat.
>
> As Gloudina ooit op hierdie nuusgroep
> selfs net geglimlag het
> moet jy so skerp soos ek kan lees om dit raak te sien
> Julle tweetjies kom uit een kraal
>
> As jy 'n pompjoggie sien
> wat die motoris se olie meet
> en met 'n onskuldige kyk
> die dipstick aan die ou
> wat selfs groter as Schuster is
> se das afvee
> en een traai klap kry
> en jy lag nie
> het tannie Gloudina jou aangesteek
>
> En as jy ;n Indiër sien
> wat in die apartheidsjare
> by Boksburgmeer
> te midde van 'n AWB byeenkoms betoog
> vir gelyke regte
> en jy sien dit as drek Suidwester
> Is dit die tannie wat dit aan jou doen?
>
> DD
> steeds met 'n smile na die fliek
> en toe maak Katryn die smile
> nog wyer met daai skerp een
> van haar.
>
> ns.
> As ek hier waai na alt.smileawhile.sa
> dan hoor julle nie meer van DD, Sebs,
> Chrisjolette, Paultjie, Katryn, (en wie's ek
> nog almal Tannie?)
>
Re: TV [boodskap #68902 is 'n antwoord op boodskap #68889] So, 17 November 2002 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:us9dtugnrdjgsj5bct4tfrd09ofh8kskoh@4ax.com...
> Of is dit 'n geval van ons weet wat ons nie weet nie, maar ons weet
> nie wat ons weet ons nie weet nie, en die ander kant hoop ons weet nie
> wat hulle weet ons nie weet nie? :-)

:-)))) Drink jy al so vroeg in die oggend ? :-)
Hilda.
Re: TV [boodskap #68903 is 'n antwoord op boodskap #68889] So, 17 November 2002 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:us9dtugnrdjgsj5bct4tfrd09ofh8kskoh@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> Selfs ek het moeilikhede om hulle te verstaan as hulle vinnig praat :-)
>
> Hehehehe....nou voel ek beter!! :-))
> Waarom so stil?
>
> Ek dink vanoggend aan jou toe ek die koerant lees en ek sien: "Bush
> prepares to restart nuclear tests" :-(
> Die artikel sê o.a dat hulle nuwe kern wapens ontwikkel - volgens 'n
> memo van Knight Ridder. Die stories is al vir omtrent 2 jaar in
> omgang, maar nou is daar 'n nuwe dimensie. En dit begin al hoe meer
> klink asof daar meer in steek as net stories.
> Ek het gewonder of julle pers iets daaroor te sê het? En of die
> wereld selfs omgee wat hier aangaan, en die moontlike implikasies.
> Of is dit 'n geval van ons weet wat ons nie weet nie, maar ons weet
> nie wat ons weet ons nie weet nie, en die ander kant hoop ons weet nie
> wat hulle weet ons nie weet nie? :-)

Nee, ek het dit nog nie gehoor nie, maar dalk sal hulle vandag iets daaroor
sê. Ja, dis erg. Die snaakse ding is dat Bush heeltyd besig is oor
'gevaarlike' lande wat DALK kernwapens besit, maar die enige land wat hulle
SEKER besit en wat hulle al gebruik het, is die VSA. Vroeër het ek maar
altyd gehoop hulle hou die wapens net as afskrikking , maar nou begin ek tog
te twyfel. Om so baie magswellus te toon en so openlik vir oorlog te predik
is darem vreesaanjaend. Ek weet nou nie meer hoe die hele toestand gaan
eindig nie. Ons moet maar hoop dat ons mooi planeet nie haar einde tegemoet
gaan nie - met so'n klomp oorlogssugtende 'leiers' soos Bush, Saddam en Bin
Laden, om nog nie van Sharon te praat nie :-(.
Hilda.
Re: TV [boodskap #68908 is 'n antwoord op boodskap #68889] So, 17 November 2002 10:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
> "Hilda" wrote:
>> Selfs ek het moeilikhede om hulle te verstaan as hulle vinnig praat :-)
>

, Katryn wrote:

> Hehehehe....nou voel ek beter!! :-))

En ek,:-0
Ek het jare gelede met 'n Sjinese vrou getrou
Sy het al hier vir Katryn 'n briefie geskryf, wat
Katryn ook vir my vertaal het. Ons verstaan
mekaar nou al somtyds helder oordag.
Re: TV [boodskap #68915 is 'n antwoord op boodskap #68902] So, 17 November 2002 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> :-)))) Drink jy al so vroeg in die oggend ? :-)

Uh uh Daai was gister in die MIDDAG
geskryf! (Net nadat ek gesien het hoe my skool die SEC voetbal gewen
het - die eerste keer sedert '82! Ons het vir Auburn (Alabama) gewys
waar Dawid die wortel gegrawe het! How 'bout them Dawgs!!) :-)))
Re: TV [boodskap #68916 is 'n antwoord op boodskap #68915] So, 17 November 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:9t2ftu4t03sgfuu8akcemtolhpja1nrfn2@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> :-)))) Drink jy al so vroeg in die oggend ? :-)
>
> Uh uh Daai was gister in die MIDDAG
> geskryf! (Net nadat ek gesien het hoe my skool die SEC voetbal gewen
> het - die eerste keer sedert '82! Ons het vir Auburn (Alabama) gewys
> waar Dawid die wortel gegrawe het! How 'bout them Dawgs!!) :-)))

:-) Dit was vroeg hier, toe ek dit lees :-).
Hilda.
Re: TV [boodskap #68917 is 'n antwoord op boodskap #68915] So, 17 November 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:9t2ftu4t03sgfuu8akcemtolhpja1nrfn2@4ax.com...
Net nadat ek gesien het hoe my skool die SEC voetbal gewen
> het - die eerste keer sedert '82! Ons het vir Auburn (Alabama) gewys
> waar Dawid die wortel gegrawe het! How 'bout them Dawgs!!) :-)))

Geluk !!!!!
Hilda.
Re: TV [boodskap #68918 is 'n antwoord op boodskap #68903] So, 17 November 2002 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> . Ek weet nou nie meer hoe die hele toestand gaan
> eindig nie. Ons moet maar hoop dat ons mooi planeet nie haar einde tegemoet
> gaan nie - met so'n klomp oorlogssugtende 'leiers' soos Bush, Saddam en Bin
> Laden, om nog nie van Sharon te praat nie :-(.

Nee nee - ek skryf dan juis vir jou, want jy was laas die ene wat my
laat beter voel het oor die hele situasie weens jou positiewe houding
dat dinge dalk nie te sleg sal uitdraai nie! Wat jy gesê het oor Irak
het sin gemaak, en my man het dit ook beaam.

Gisteraand het ek weer Canadian Bacon gekyk - dit het op HBO se Comedy
kanaal gespeel. Ek weet jy kyk nie graag na Amerikaanse flieks nie,
maar ai, dis dalk ene wat jy ook gerus weer kan kyk - net om lekker te
kan lag. (Michael Moore se eerste fiksie fliek as ek reg onthou)
Daar was net teveel "similarities" in wat vandag weer aangaan in die
withuis - soos wat die fliek oor die president sê: "What he needs, is
a good old-fashioned war to get those ratings up. But who could our
new enemy be? How about... Canada?"
LOL! How aboot Canada eh? Kom ons los Irak uit en bom daai Canuks?
:-))))
Re: TV [boodskap #68926 is 'n antwoord op boodskap #68918] So, 17 November 2002 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Daar was net teveel "similarities" in wat vandag weer aangaan in die
> withuis - soos wat die fliek oor die president sê: "What he needs, is
> a good old-fashioned war to get those ratings up. But who could our
> new enemy be? How about... Canada?"
> LOL! How aboot Canada eh? Kom ons los Irak uit en bom daai Canuks?

Dit word altyd as 'n groot grap beskou as 'n
Amerikaner praat van vir Kanada aanval.
(Hulle vergeet gerieflikheidshalwe dat hulle
die laaste oorlog in 1812 verloor het.)
Maar dis verbasend oor die aggressiwiteit wat
daar in die laaste jaar of so onder sekere
Amerikaners teen Kanada ontwikkel het, hoofsaaklik
gelei deur Republikeinse denke. Dit het begin
met die onmiddellike aanname dat terroriste deur
Kanada die VSA bereik, ten spyte van die feit
dat nie een van die 9/11 terroriste uit Kanada
gekom het nie. Daar is baie aggressiewe maatreëls
op die grense, wat maak dat enigiemand wat Midde-
Oosters lyk in die oë van onkundige Koukasiese
border workers, maar kan vergeet om die VSA binne
te kom. Een van ons beste Kanadese skrywers, Rohinton
Mistry, se voorsate kom uit Indië, wat eintlik die
VSA se vriend is in die stryd teen Bin Laden. Maar hy
word so sleg behandel op die grens dat hy nou al
opgegee het om die VSA te besoek ( waar sy uitgewers
is en sy boeke populêr is.)
Onlangs was daar weer 'n insident in Maine, waar
'n Frans-Kanadees sy voertuig in die VSA volgemaak het
sonder om deur die nodige kanale te gaan by die border
crossing. Hy het ook sy jaggeweer in sy voertuig gehad.
Om te verstaan wat aangaan, moet mens weet dat die
grens tussen Maine en New Hampshire en veral Quebec
soms deur 'n dorpie gaan, soms selfs deur 'n gebou, sodat
die voorkant van die gebou in die VSA is en die agterkant
in Quebec. ( Hierdie ou dorpies was daar voordat daar
'n grens gekom het tussen Kanada en die VSA na die American
War of Independence.) Die plaaslike mense, of hulle nou
Kanadese en Amerikaners is, verontagsaam dus tradisioneel
die reëls oor die grens en loop van die een land na die
ander oor om sy besigheid te doen. Hierdie Frans-Kanadees
het glo 'n paar meters oor die grens sy voertuig vol gemaak.
Daar het die Amerikaanse polisie hom toe gearresteer en in
die tronk gestop omdat hy 'n geweer in sy kar gehad het.
Dit was gedurende die jagseisoen en hy het 'n jaglisensie
gehad. Hy is nou 'n paar dae gelede uit die tronk laat
gaan, nadat daar 'n hele klomp diplomatiese geheen-en-weer
oor hom was. Intussen skaam Maine se Amerikaners vir
hulle dood oor die optrede van hulle Amerikaanse outoriteite.
En word die naam van die VSA ook nie juis aantrekliker vir
Kanadese nie. Nou die dag was Powell hier om te vra dat
Kanada vir die VSA help as daar 'n oorlog teen Irak kom.
Ek verwag dat Kanada sal sê dat albei hulle skepe nie in
goeie toestand is nie, en hulle dus nie hierdie keer kan
saamspeel nie. Veral nadat die enigste dooie Kanadese
in Afghanistan deur Amerikaners doodgeskiet is. Dit was
nogal tragies verlede Maandag met die herdenking van
Kanadese soldate wat in oorloë geval het, om te sien hoeveel
gemaak word van die vier wat in Afghanistan gesterf het.

Gloudina
Re: TV [boodskap #68931 is 'n antwoord op boodskap #68821] So, 17 November 2002 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Nov 2002 21:07:46 +0200, Davie Davis wrote:

>
> Daar's 'n Leon Schuster fliek op 2
> 9 uur begin
>
> DD

Het jy gesien jy en ou Jimmy was ook in die fliek, by die dam.
By the way, wat is die politieke beginsels waarin jy glo?
Re: TV [boodskap #68933 is 'n antwoord op boodskap #68926] So, 17 November 2002 16:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> Dit word altyd as 'n groot grap beskou as 'n
> Amerikaner praat van vir Kanada aanval.

Maar 'n "grap" eerder bedoel as satiries - as 'n opsetlike
misrepresentasie deur karikaturisering.
Dit is in elkgeval hoe Michael Moore dit uitbeeld, en hoe meeste mense
wat ek ken dit beskou.
Maar ek verstaan wat jy bedoel, en dit is goed at jy die ander kant
van die saak ook stel.

Oor 1812 - dis 'n lae hou, want natuurlik sal die Kanadese dit anders
ervaar as die gemiddelde Amerikaner wat maar net vir Kanada van die
dêm Britte wou verlos!
Re: TV [boodskap #68935 is 'n antwoord op boodskap #68918] So, 17 November 2002 17:28 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:tg3ftugiv1lb0kcodji0k8praop79k9ahh@4ax.com...
> "Hilda" wrote:
>
>> . Ek weet nou nie meer hoe die hele toestand gaan
>> eindig nie. Ons moet maar hoop dat ons mooi planeet nie haar einde tegemoet
>> gaan nie - met so'n klomp oorlogssugtende 'leiers' soos Bush, Saddam en Bin
>> Laden, om nog nie van Sharon te praat nie :-(.
>
> Nee nee - ek skryf dan juis vir jou, want jy was laas die ene wat my
> laat beter voel het oor die hele situasie weens jou positiewe houding
> dat dinge dalk nie te sleg sal uitdraai nie! Wat jy gesê het oor Irak
> het sin gemaak, en my man het dit ook beaam.

Dalk het ek 'n slegte dag vandag, Katryn :-). Ek glo nog altyd dat die
sterkste nasie sal dink voor hulle handel.
En, natuurlik, hoe langer dit vat, hoe meer kans ons maak op vrede.
Maar ek kan ook verkeerd wees ...

> Gisteraand het ek weer Canadian Bacon gekyk - dit het op HBO se Comedy
> kanaal gespeel. Ek weet jy kyk nie graag na Amerikaanse flieks nie,
> maar ai, dis dalk ene wat jy ook gerus weer kan kyk - net om lekker te
> kan lag. (Michael Moore se eerste fiksie fliek as ek reg onthou)
> Daar was net teveel "similarities" in wat vandag weer aangaan in die
> withuis - soos wat die fliek oor die president sê: "What he needs, is
> a good old-fashioned war to get those ratings up. But who could our
> new enemy be? How about... Canada?"
> LOL! How aboot Canada eh? Kom ons los Irak uit en bom daai Canuks?
> :-))))

Daar's darem goeie Amerikaanse flieks ook. Ek het baie van 'American beauty'
gehou.
Hilda.
Vorige onderwerp: Special Assignment: Spesiale Opdrag
Volgende onderwerp: Op T.V.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 16:49:32 MGT 2024