Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tom Gouws se Oos-Vrystaat
Tom Gouws se Oos-Vrystaat [boodskap #6884] So, 28 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaanse digters het hulle in die verlede gereeld tot beskrywing van
landskap gewend.
Dit is waarskynlik een van die standhoudendste temas in die Afrikaanse
digkuns.
Van die beter pogings - so vroeg soos Leipoldt se Boggom en Voertsek -
het die landskap se inherente eienskappe gebruik om ook op die
menslike toestand kommentaar te lewer.
So het hulle met die gedigte dus uitgestyg bokant 'n blote beskrywing
van omgewing.
Die jongste in die tradisie is Tom Gouws met sy uitstekende gedig:

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
in geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug.
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande. net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug.
hierdie landskap le^ voue van geel papier

in die belee" kleur van perkament. elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

Tom Gouws.
Uit sy nuwe bundel troglodiet (Human en Rousseau)
Re: Tom Gouws se Oos-Vrystaat [boodskap #6893 is 'n antwoord op boodskap #6884] Ma, 29 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article , fe...@is.co.za says...
>
>
> Afrikaanse digters het hulle in die verlede gereeld tot beskrywing van
> landskap gewend.
> Dit is waarskynlik een van die standhoudendste temas in die Afrikaanse
> digkuns.
> Van die beter pogings - so vroeg soos Leipoldt se Boggom en Voertsek -
> het die landskap se inherente eienskappe gebruik om ook op die
> menslike toestand kommentaar te lewer.
> So het hulle met die gedigte dus uitgestyg bokant 'n blote beskrywing
> van omgewing.
> Die jongste in die tradisie is Tom Gouws met sy uitstekende gedig:
>
> villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
> in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
>
> kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
> in geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug.
> hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
>
> waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
> op rotswande. net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
> snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
> in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug.
> hierdie landskap le^ voue van geel papier
>
> in die belee" kleur van perkament. elke grot is hier 'n skuur
> van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
> hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier,
> soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
>
> Tom Gouws.
> Uit sy nuwe bundel troglodiet (Human en Rousseau)
>
> Haai ou Koos

Waar het jy dit gelees in die Patriot, kry bietjie een of ander mens om
dit vir jou te verduidelik

At
>
Re: Tom Gouws se Oos-Vrystaat [boodskap #6894 is 'n antwoord op boodskap #6884] Ma, 29 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie, Koos, vir die gedig van Tom Gouws.
Ek weet dat veral die oud-Afrikaners buite Suid-
Afrika dankbaar sal wees om van nuwe digters te
hoor. Ek wens meer mense wil dit doen.
Dit het my sommer weer so na die Vrystaat ver-
lang, die Vrystaat wat ek meestal uit treinvensters
gesien het as ek gereeld daar deur ry op pad tussen
Natal en die Noordkaap : die oker en geel, met die
blou van die lug. En �elke grot...�n skuur van beelde.�
Wat egter nog meer die asem wegslaan, is die vorm
wat die gedig aanneem : die Villanelle ( gewoonlik
vyf driereelige strofes en 'n finale kwatryn - Gouws
het net twee finale reels. Dwarsdeur die villanelle is
daar net twee rymklanke. Die eerste en derde reel van
die eerste strofe word alternatief die refrein in die op-
volgende strofes en vorm die laaste twee reels van die
gedig.) Ek sal graag wil weet of Gouws nog meer van
hierdie klassieke digvorms hanteer. Skryf hy byvoor-
beeld ook sonnette?

Gloudina
Re: Tom Gouws se Oos-Vrystaat [boodskap #6904 is 'n antwoord op boodskap #6884] Di, 30 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
d...@eastcoast.co.za (Durban College of Education) wrote:

Haai ou Koos

> Waar het jy dit gelees in die Patriot, kry bietjie een of ander mens om
> dit vir jou te verduidelik

> At>>>

Voel jy OK, At?
Vorige onderwerp: Re: Platteland
Volgende onderwerp: Nuwe simbole
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 21:57:14 MGT 2024