Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons is 'n A-kandidaat land
Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66378] Ma, 16 September 2002 16:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Volgens ekonome Louis Fourie en Mike Schussler, en ekonomiese ontleder JP
Landman is ons nie 'n eerstewêreld land nie, maar eersteklas.
80% vir demokrasie en spraakvryheid ( 20% in 1985)
80% vir makro-ekonomiese beleid ( 40% in 1985)
80% vir oop ekonomie ( 30% in 1985)
80% vir betroubare finansiële stelsel ( 50% in 1985)
80% vir gesondheid van die sakebedryf ( 50% in 1985)
40% vir algemene welstand van die bevolking ( 40% in 1985)
50% vir onderwys ( 40% in 1985)
40% vir wetstoepassing ( 50% in 1985)
30% vir nasionale eensgesindheid ( 30% in 1985)

Ons produktiwiteit het groei die afgelope 5 jaar met 4 - 6%, teenoor die VSA
se 2-3%
Die BMW's wat hier vervaardig en uitgevoer word is van die hoogste gehalte
SA voer nou 6 keer meer goedere uit as 10 jaar gelede
( o.m. olyfolie, wyn, skoene en hemde)
Tydens die wêreldwye resessie van die laaste jaar het ons na China die
grootste nywerheidsgroei getoon
SA het die afgelope 4 jaar uitvoergewys selfs beter vertoon as Japan in sy
bloeityd in die 50- en 60ger jare.
Die reuse toename in die uitvoer van fabrieksgoede maak ons nie meer
afhanklik van landbou- en mynbou nie.
Waar een uit elke 5 werkers in die formele sektor die afgelope 12 jaar hul
werk verloor het, het die informele sektor met meer as 100% gegroei.
Ons staatskuld daal, en ons begrotingstekort is selfs kleiner as enige van
die wêreld se 7 groot ekonomië, Amerika uitgesluit.
Ons het nou 'n vaste ekonomiese groei van 3 %.
Ons mense moet net meer geloof in onsself en ons vermoëns kry.
Ons onderwysstelsel het nie tred gehou met die ekonomiese vaardighede wat
vereis word nie.
Slegs 7% van skoolverlaters kan hier werk kry.
Mense moet hulle nie meer aan slegs een beroep verbind nie, en sorg dat hul
vaardighede met die ekonomiese veranderinge tred hou.
Private inisiatief is 'n sleutelwoord as ons SA op die wenpad wil hou.
Ons moet leer om meer vir mekaar om te gee.
Ons word van kleinsdag geleer om respek selektief toe te pas, en die
gewoonte moet verander word.
Ons moet 'n ware trots hê op ons land en sy mense.

Natuurlik is ek!! My span het dan Saterdag gewen! Vrystaaaaaaat!!!:))

Annette
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66400 is 'n antwoord op boodskap #66378] Di, 17 September 2002 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
I. Hate Telkom  is tans af-lyn  I. Hate Telkom
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:am509n$2l033$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Volgens ekonome Louis Fourie en Mike Schussler, en ekonomiese ontleder JP
> Landman is ons nie 'n eerstewêreld land nie, maar eersteklas.
> 80% vir demokrasie en spraakvryheid ( 20% in 1985)
> 80% vir makro-ekonomiese beleid ( 40% in 1985)
> 80% vir oop ekonomie ( 30% in 1985)
> 80% vir betroubare finansiële stelsel ( 50% in 1985)
> 80% vir gesondheid van die sakebedryf ( 50% in 1985)
> 40% vir algemene welstand van die bevolking ( 40% in 1985)
> 50% vir onderwys ( 40% in 1985)
> 40% vir wetstoepassing ( 50% in 1985)
> 30% vir nasionale eensgesindheid ( 30% in 1985)
>

Waar is die vergelykende statistiek vir die res van Afrika? Ek is seker on
vaar vandag en selfs in die verlede veel beter as enige ander Afrika land.

> Ons produktiwiteit het groei die afgelope 5 jaar met 4 - 6%, teenoor die VSA
> se 2-3%

Dit beteken nie ons produktiwiteit is beter as Amerika s'n nie. Dis net 'n
skerper styging. Maar vir 'n land wat redelike hoë produktiwiteit ervaar is
2-3% nie sleg nie. Ons is ook dus nie noodwendig goed nie. Dis miskien 'n
verbetering. Om van sleg na bietjie beter met 4 % te verbeter is nou nie
juis iets om jouself op die skouer oor te klop nie.

> Die BMW's wat hier vervaardig en uitgevoer word is van die hoogste gehalte
> SA voer nou 6 keer meer goedere uit as 10 jaar gelede
> ( o.m. olyfolie, wyn, skoene en hemde)

Wel dit is geen wonder nie, as mens in ag neem dat DAAR SANKSIES TEEN SUID
AFRIKA WAS 10 jaar gelede!!!! Duh!!!!

> Tydens die wêreldwye resessie van die laaste jaar het ons na China die
> grootste nywerheidsgroei getoon

Weereens vir 'n land wat besig is om te normaliseer na SANKSIES, is dit te
verstane. PERSPEKTIEF is hier nodig.

> SA het die afgelope 4 jaar uitvoergewys selfs beter vertoon as Japan in sy
> bloeityd in die 50- en 60ger jare.

WEEREENS SANKSIES!!!!!

> Die reuse toename in die uitvoer van fabrieksgoede maak ons nie meer
> afhanklik van landbou- en mynbou nie.

WEEREENS SANKSIES!!!!!

> Waar een uit elke 5 werkers in die formele sektor die afgelope 12 jaar hul
> werk verloor het, het die informele sektor met meer as 100% gegroei.

Is dit goed?

> Ons staatskuld daal, en ons begrotingstekort is selfs kleiner as enige van
> die wêreld se 7 groot ekonomië, Amerika uitgesluit.

WEEREENS SANKSIES!!!!!

> Ons het nou 'n vaste ekonomiese groei van 3 %.

WEEREENS SANKSIES!!!!!

> Ons mense moet net meer geloof in onsself en ons vermoëns kry.

Sodra ons weet wat aangaan ja.

> Ons onderwysstelsel het nie tred gehou met die ekonomiese vaardighede wat
> vereis word nie.

Wie se skuld is dit?

> Slegs 7% van skoolverlaters kan hier werk kry.

Omdat matriek nie meer genoeg is nie. Dis die hele wêreld oor dieselfde
storie. Ons land se massas het nie 'n kultuur van opvoeding nie. Dis egter
die hele Afrika se probleem.

> Mense moet hulle nie meer aan slegs een beroep verbind nie, en sorg dat hul
> vaardighede met die ekonomiese veranderinge tred hou.

Baie slim, ek kan nie meer hiermee saamstem nie!

> Private inisiatief is 'n sleutelwoord as ons SA op die wenpad wil hou.

Enige land om die waarheid te sê.

> Ons moet leer om meer vir mekaar om te gee.

Dis ok waar!

> Ons word van kleinsdag geleer om respek selektief toe te pas, en die
> gewoonte moet verander word.

Hoe nou? Moet ek sommer 'n man wat nie sy werk reg doen en laks omgaan met
belasting betalers se geld nou ewe skielik respekteer? Jy kan seker nie
ernstig wees nie?!!!? Toemaar, ek glo maar aan die selektiewe opsie. As jy
bedoel dat mense ander rasse moet respekteer, stem ek saam met jou.

> Ons moet 'n ware trots hê op ons land en sy mense.
>

Ja, maar dan moet die land ook as gevolg daarvan vooruitgaan. As dit nie
gebeur nie, is die land niks minder as a skip wat sink nie. Wat doen mense
as hulle agterkom die skip sink?

> Natuurlik is ek!! My span het dan Saterdag gewen! Vrystaaaaaaat!!!:))
>

HA HA HA HA WAAR IS DIE BLOU BULLE NOU?????

> Annette
>
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66401 is 'n antwoord op boodskap #66400] Di, 17 September 2002 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ons staatskuld daal, en ons begrotingstekort is selfs kleiner as enige van
> die wêreld se 7 groot ekonomië, Amerika uitgesluit.

Telkomhater:
WEEREENS SANKSIES!!!!!

Wouter
Ek sal nogal graag wil hoor hoe die ophef van sanksies dit kan
aanhelp. Myns is dit presies andersom, sanksies dwing jou oor
die langer termyn om begrotingstekorte te verminder en uit te
skakel, die ophef van sanksies gee jou juis die ruimte om dit
te vergroot.

Fiskale dissipline is die enigste manier om staatskuld te laat daal
en die verbeterde dissipline waarmee ons staatsfinansies bestuur
word is seker die enkele grootste prestasie van die nuwe SA

Pla dit jou so baie om 'n slag 'n goeie perspektief van SA te
hoor dat jy dit met so 'n onsinnigheid moet probeer afmaak?

> Slegs 7% van skoolverlaters kan hier werk kry.

Telkomhater:
Omdat matriek nie meer genoeg is nie. Dis die hele wêreld oor
dieselfde storie. Ons land se massas het nie 'n kultuur van
opvoeding nie. Dis egter die hele Afrika se probleem.

Wouter
Nee, dis eerder omdat ons nie voldoende ekonomiese groei
het nie en dus nie genoeg werksgeleenthede skep nie. Dis
een van die negatiewe gevolge van fiskale dissipline, maar 'n
euwel waarsonder ons nie die ekonomie sal kan omdraai nie.

Daar is baie hoogs opgeleides wat werkloos is of onderbenut
word, gebrekkige opleiding word eers 'n struikelblok as die
ekonomie vinniger groei..
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66410 is 'n antwoord op boodskap #66401] Di, 17 September 2002 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

die verbeterde dissipline waarmee ons staatsfinansies bestuur
> word is seker die enkele grootste prestasie van die nuwe SA

Wouter, jy sê hierdie ding so oor en oor
dat ek dit noual moet begin glo. Waaraan
is hierdie dissipline toe te skryf. En
waaruit bestaan die dissipline? Ek neem
aan deel daarvan is die weerstaan van die
temptasie om die massas te bevredig deur
kwistig uit te gee op sosiale programme
en sodoende stemme te werf. (Ongeveer op
dieselfde manier waarop die Republikeine
belastings wil sny om stemme te werf, al
sê hulle dis goed vir die ekonomie.)

Gloudina
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66411 is 'n antwoord op boodskap #66410] Di, 17 September 2002 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> die verbeterde dissipline waarmee ons staatsfinansies bestuur
> word is seker die enkele grootste prestasie van die nuwe SA

Gloudina
Wouter, jy sê hierdie ding so oor en oor
dat ek dit noual moet begin glo. Waaraan
is hierdie dissipline toe te skryf. En
waaruit bestaan die dissipline? Ek neem
aan deel daarvan is die weerstaan van die
temptasie om die massas te bevredig deur
kwistig uit te gee op sosiale programme
en sodoende stemme te werf. (Ongeveer op
dieselfde manier waarop die Republikeine
belastings wil sny om stemme te werf, al
sê hulle dis goed vir die ekonomie.)

Wouter
Ja jy verstaan reg, maar in SA werf jy natuurlik nie
die massa se stemme deur belasting te sny nie,
eerder deur sosiale spandering.

Ek dink nie daar is een enkele faktor waaraan dit toe te skryf
is nie. Enige Minister van Finansies met 'n paar breinselle
verstaan die nodigheid van fiskale dissipline, maar sy
koukus en veral sy leier laat hom dikwels nie toe om dit te
praktiseer nie. Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
onder Maria Ramos se leiding.

Die dissipline is eintlik baie eenvoudig. Daar word vir 'n
inkomste en uitgawe begroot. Anders as in die verlede
word dit afgeforseer, daar word daarby gehou, maak nie
saak wat die pyne is nie. As 'n Minister 'n baie
verdienstelike behoefte het, word dit nie in isolasie
goedgekeur nie, daar word om 'n tafel gesit en besluit
watter Minister se toekenning gaan verminder word om
die totaal te laat klop.

Daardie fiskale dissipline het die effek dat, ten spyte van
verhoogde sosiale spandering, ons belastingkoerse
omtrent in elk van die laaste 5 jaar verlaag is.
Dis nou heelwat laer as in die apartheidsjare. (Beide
persoonlike en maatskappybelasting is skerp verlaag en
dis veral die "haves" wat hierdeur bevoordeel word.)

BTW (VAT) is onveranderd, invoerheffings en bo-belasting
is gesny of afgeskaf. Slegs plaaslike belasting (op
eiendomme) het verhoog. Die gemiddelde SAner betaal
egter dramaties minder belasting as 12 jaar gelede, toe
ons 'n bosoorlog en oneffektiewe administrasie in veral die
tuislande en swart state moes finansier.
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66418 is 'n antwoord op boodskap #66411] Di, 17 September 2002 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Die gemiddelde SAner betaal
> egter dramaties minder belasting as 12 jaar gelede, toe
> ons 'n bosoorlog en oneffektiewe administrasie in veral die
> tuislande en swart state moes finansier.

Nou wie sou dit nou kon dink? Ek het aange-
neem dat die belasting in SA ten minste op
die vorige vlakke gehou sou moes word om die
uitgawes te dek van 'n groter bevolking wat
van skoolgeboue en basiese gesondheidsdienste
voorsien moet word.
So al hierdie ouens op hierdie nuusgroep
wat so sit en kwetter oor hoe baie belasting
hulle betaal en hoe min hulle daarvoor sien,
praat kaf? Twaalf jaar gelede sou hulle meer
belasting betaal het?

Gloudina
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66419 is 'n antwoord op boodskap #66411] Di, 17 September 2002 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
> kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
> die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
> groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
> hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
> onder Maria Ramos se leiding.

As ek reg onthou, het Mbeki 'n graad in
die ekonomie van een of ander universiteit
in Engeland.
Wie is Maria Ramos?

Gloudina
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66420 is 'n antwoord op boodskap #66419] Wo, 18 September 2002 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
> kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
> die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
> groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
> hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
> onder Maria Ramos se leiding.

Gloudia As ek reg onthou, het Mbeki 'n graad in
die ekonomie van een of ander universiteit
in Engeland. Wie is Maria Ramos?

Wouter
Ja, Mbeki het 'n M in Ekonomie. Van Sussex?
Ramos is die Direkteur Generaal van Finansies. 'n Engelssprekende
SAner van Benoni wat met 'n Porra getroud is.
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66421 is 'n antwoord op boodskap #66418] Wo, 18 September 2002 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
Die gemiddelde SAner betaal
> egter dramaties minder belasting as 12 jaar gelede, toe
> ons 'n bosoorlog en oneffektiewe administrasie in veral die
> tuislande en swart state moes finansier.

Gloudina
Nou wie sou dit nou kon dink? Ek het aange-
neem dat die belasting in SA ten minste op
die vorige vlakke gehou sou moes word om die
uitgawes te dek van 'n groter bevolking wat
van skoolgeboue en basiese gesondheidsdienste
voorsien moet word.
So al hierdie ouens op hierdie nuusgroep
wat so sit en kwetter oor hoe baie belasting
hulle betaal en hoe min hulle daarvoor sien,
praat kaf? Twaalf jaar gelede sou hulle meer
belasting betaal het?

Wouter
Ja, die belastingkoerse is nou baie laer.

Die maksimum marginale koers was bv toe 48% (bo
R50 000) en is nou 40% bo R240 000. Na inflasie
is dit steeds 'n groot verlaging.

Die maatskappykoers was ook 48% en is nou 30%
plus 'n paar persent as jy dividende uitkeer.
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66424 is 'n antwoord op boodskap #66420] Wo, 18 September 2002 04:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, Maria Ramos is 'n Portugees . Sy is ongetroud. Haar ouers is van
Angola.
Dit volgens 'n artikel oor haar in een of ander tydskrif.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d87c603.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter Plaasvark wrote:
> Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
>> kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
>> die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
>> groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
>> hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
>> onder Maria Ramos se leiding.
>
> Gloudia As ek reg onthou, het Mbeki 'n graad in
> die ekonomie van een of ander universiteit
> in Engeland. Wie is Maria Ramos?
>
> Wouter
> Ja, Mbeki het 'n M in Ekonomie. Van Sussex?
> Ramos is die Direkteur Generaal van Finansies. 'n Engelssprekende
> SAner van Benoni wat met 'n Porra getroud is.
>
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66427 is 'n antwoord op boodskap #66421] Wo, 18 September 2002 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
I. Hate Telkom  is tans af-lyn  I. Hate Telkom
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Maar moet nie vergeet van die toenemende druk in terme van belasting op
huiseienaars en ander finansielse bronne van regeringsinkomste nie. Mens kan
nie net een item van die staatskas se inkomste masjien bekyk sonder om die
ander veranderinge by te trek nie. Dis maar die ou storie van kul jou hier
kul jou daar en siedaar.

Wees gerus dat 'n belasting verligting in een plek 'n verhoging iewers
anders insluit. Soos die verligting van inkomste belasting wat die regering
se staatskas met R100 miljoen aan inkomste vir die jaar verminder, maar
toename in sonde belasting soos rook en drank wat die regering se staatskas
met R200 miljoen meer aanvul. So, glo my jy betaal maar meer op die ou
einde. Dis nou as jy rook...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d87c83a.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter Plaasvark wrote:
> Die gemiddelde SAner betaal
>> egter dramaties minder belasting as 12 jaar gelede, toe
>> ons 'n bosoorlog en oneffektiewe administrasie in veral die
>> tuislande en swart state moes finansier.
>
> Gloudina
> Nou wie sou dit nou kon dink? Ek het aange-
> neem dat die belasting in SA ten minste op
> die vorige vlakke gehou sou moes word om die
> uitgawes te dek van 'n groter bevolking wat
> van skoolgeboue en basiese gesondheidsdienste
> voorsien moet word.
> So al hierdie ouens op hierdie nuusgroep
> wat so sit en kwetter oor hoe baie belasting
> hulle betaal en hoe min hulle daarvoor sien,
> praat kaf? Twaalf jaar gelede sou hulle meer
> belasting betaal het?
>
> Wouter
> Ja, die belastingkoerse is nou baie laer.
>
> Die maksimum marginale koers was bv toe 48% (bo
> R50 000) en is nou 40% bo R240 000. Na inflasie
> is dit steeds 'n groot verlaging.
>
> Die maatskappykoers was ook 48% en is nou 30%
> plus 'n paar persent as jy dividende uitkeer.
>
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66430 is 'n antwoord op boodskap #66424] Wo, 18 September 2002 09:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien ek het die kat aan die bal beetgehad, ja

Sy is in Lissabon gebore, maar het wel in Vereeniging grootgeword,
klaarblyklik met Engels as huistaal. Maria Ramos het eendag gesê
haar Portugees is ongeveer op dieselfde vlak as haar Afrikaans,
sy verstaan albei, maar kan dit nie eintlik praat nie. (Ek het haar
dit self hoor sê) Ek het die res duidelik verkeerd onthou.

Van : http://www.imc.org.za/members.html
Ramos, 42, was born in Portugal and grew up in Vereeniging.
After school she worked at Barclays Bank for 10 years until
1988. She studied economics at Wits University and then the
University of London. She held a research position at the
London School of Economics before joining government.

Dankie vir die regstelling

Wouter

"Annette" skryf in boodskap news:am8vmf$3j9mr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Wouter, Maria Ramos is 'n Portugees . Sy is ongetroud. Haar ouers
is van Angola. Dit volgens 'n artikel oor haar in een of ander tydskrif.

Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d87c603.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter Plaasvark wrote:
> Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
>> kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
>> die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
>> groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
>> hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
>> onder Maria Ramos se leiding.
>
> Gloudia As ek reg onthou, het Mbeki 'n graad in
> die ekonomie van een of ander universiteit
> in Engeland. Wie is Maria Ramos?
>
> Wouter
> Ja, Mbeki het 'n M in Ekonomie. Van Sussex?
> Ramos is die Direkteur Generaal van Finansies. 'n Engelssprekende
> SAner van Benoni wat met 'n Porra getroud is.
>
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66432 is 'n antwoord op boodskap #66430] Wo, 18 September 2002 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis okei - ek moet vir ons bekwame oujongnooiens opkom:))

Die feit bly dat sy haar pos uiters bekwaam beklee.
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d88463c.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sien ek het die kat aan die bal beetgehad, ja
>
> Sy is in Lissabon gebore, maar het wel in Vereeniging grootgeword,
> klaarblyklik met Engels as huistaal. Maria Ramos het eendag gesê
> haar Portugees is ongeveer op dieselfde vlak as haar Afrikaans,
> sy verstaan albei, maar kan dit nie eintlik praat nie. (Ek het haar
> dit self hoor sê) Ek het die res duidelik verkeerd onthou.
>
> Van : http://www.imc.org.za/members.html
> Ramos, 42, was born in Portugal and grew up in Vereeniging.
> After school she worked at Barclays Bank for 10 years until
> 1988. She studied economics at Wits University and then the
> University of London. She held a research position at the
> London School of Economics before joining government.
>
> Dankie vir die regstelling
>
> Wouter
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:am8vmf$3j9mr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wouter, Maria Ramos is 'n Portugees . Sy is ongetroud. Haar ouers
> is van Angola. Dit volgens 'n artikel oor haar in een of ander tydskrif.
>
> Annette
>
>
> "Wouter Plaasvark" wrote in message
> news:3d87c603.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter Plaasvark wrote:
>> Mbeki moet dus die grootste krediet hiervoor
>>> kry, hy het nog altyd druk van die vakbonde en sosialiste in
>>> die verband weerstaan. Trevor Manuel natuurlik ook, hy het
>>> groot politieke "clout" en kan die klagtes en versugtinge
>>> hanteer. En hy het 'n besonder bekwame span burokrate
>>> onder Maria Ramos se leiding.
>>
>> Gloudia As ek reg onthou, het Mbeki 'n graad in
>> die ekonomie van een of ander universiteit
>> in Engeland. Wie is Maria Ramos?
>>
>> Wouter
>> Ja, Mbeki het 'n M in Ekonomie. Van Sussex?
>> Ramos is die Direkteur Generaal van Finansies. 'n Engelssprekende
>> SAner van Benoni wat met 'n Porra getroud is.
>>
>
Re: Ons is 'n A-kandidaat land [boodskap #66650 is 'n antwoord op boodskap #66427] Ma, 23 September 2002 12:33 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy trap nou net al hoe dieper in 'n moeras wat jy nie verstaan nie.

Die sogenaamde sondebelastings op drank, sigarette, ens. is
'n baie klein deel van die staatsinkomste, dit word deesdae
meer om gesondheidsredes as vir die inkomste gedoen.

Dit word uitgewis deur 'n baie klein verlaging in die
inkomstebelastingkoerse. As voorbeeld, in die 2002 begroting
is die begrote koste van die verlaging in net persoonlike
inkomstebelasting byvoorbeeld meer as R15 000 miljoen,
terwyl die gesamentlike addisionele belasting uit bier, sorgum,
wyn, spiritus, en tabak R798 miljoen beloop. En dit is die
patroon sedert 1995.

Daardie ou triek, om verwarring te probeer skep om 'n leuen
te verdoesel werk nie hier nie, die feite is te oordonderend. Ek
het hier onder ook nie net een item uitgehaal soos jy probeer
uitmaak nie, ek het twee van die drie grotes uitgehaal. Die ander
een, BTW, is onveranderd. Teen daardie drie is die res kleingeld.

Ons betaal in totaal baie minder belasting, ook die groep
rokers en drinkers.

Slegs iemand met 'n baie lae inkomste en duur eiendomme
sal dalk (en ook net dalk) meer belasting betaal as in die
ou SA, ook na die effek van inflasie uitgehaal is.

Wouter

"I. Hate Telkom" skryf in boodskap news:3d8ee864.0@news1.mweb.co.za...
Maar moet nie vergeet van die toenemende druk in terme van belasting op
huiseienaars en ander finansielse bronne van regeringsinkomste nie. Mens kan
nie net een item van die staatskas se inkomste masjien bekyk sonder om die
ander veranderinge by te trek nie. Dis maar die ou storie van kul jou hier
kul jou daar en siedaar.

Wees gerus dat 'n belasting verligting in een plek 'n verhoging iewers
anders insluit. Soos die verligting van inkomste belasting wat die regering
se staatskas met R100 miljoen aan inkomste vir die jaar verminder, maar
toename in sonde belasting soos rook en drank wat die regering se staatskas
met R200 miljoen meer aanvul. So, glo my jy betaal maar meer op die ou
einde. Dis nou as jy rook...

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3d87c83a.0@news1.mweb.co.za...
> Wouter Plaasvark wrote:
> Die gemiddelde SAner betaal
>> egter dramaties minder belasting as 12 jaar gelede, toe
>> ons 'n bosoorlog en oneffektiewe administrasie in veral die
>> tuislande en swart state moes finansier.
>
> Gloudina
> Nou wie sou dit nou kon dink? Ek het aange-
> neem dat die belasting in SA ten minste op
> die vorige vlakke gehou sou moes word om die
> uitgawes te dek van 'n groter bevolking wat
> van skoolgeboue en basiese gesondheidsdienste
> voorsien moet word.
> So al hierdie ouens op hierdie nuusgroep
> wat so sit en kwetter oor hoe baie belasting
> hulle betaal en hoe min hulle daarvoor sien,
> praat kaf? Twaalf jaar gelede sou hulle meer
> belasting betaal het?
>
> Wouter
> Ja, die belastingkoerse is nou baie laer.
>
> Die maksimum marginale koers was bv toe 48% (bo
> R50 000) en is nou 40% bo R240 000. Na inflasie
> is dit steeds 'n groot verlaging.
>
> Die maatskappykoers was ook 48% en is nou 30%
> plus 'n paar persent as jy dividende uitkeer.
Vorige onderwerp: Wie stem?
Volgende onderwerp: Al- Cadac
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 19:04:14 MGT 2024