Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Heldedag
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65921 is 'n antwoord op boodskap #65917] Ma, 02 September 2002 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is nou glo 'n blitsverkoper op die rakke, geskryf deur 'n betottelde
Fransman wat nog nie sy voet op Amerikaanse grond gesit het nie, wat beweer
dat Bin Laden 'n CIA agent is, dat 11/9 deur die CIA beplan en uitgevoer is,
dat die vliegtuie deur afstandbeheer in die WTC vas is en dat dit nie 'n
vliegtuig is was in die Pentagon ingeploeg het nie.
Alles omdat Amerika kwansuis 'n rede nodig gehad het om Afghanistan binne te
kan val om die verdruktes te kon bevry.
Annette

"Max" skryf in boodskap news:e720f1c7.0209020614.41f8f532@posting.google.com...
> Pop, nou verstaan ek nie, Om Afganistan op te voes vir Bin Laden is
> ok, maar om Irak op te voes vir Hoessein is te duur...?
>
> Daai klein kokkie mannetjie wat Amerika rule moet maar vir hom ook
> dubbelgangers kry. Die res van die wêreld dink nie hy's snaaks nie...
>
> Begin Amerika al regmaak vir die herdenking volgende week? Ongelooflik
> hoe die tyd verbyvlieg.
>
> Max___________________________________________________
>
>
> "pop" wrote in message
news:...
>> Vanoggend op n radiopraatjie het hulle n onderhoud gevoer met n vrou in Camp
>> Lejeune North Carolina, wie se man nou vir ses maande uitgestuur gaan word
>> vir " peacekeeping" misies, eers in Kosovo, en dan in Afghanistan. Sy
>> praat toe van haar pa, wat destyds in Vietnam geveg het, en wat terug huis
>> toe moes sluip, want die Amerikaanse nasie het hom verag, want almal was so
>> teen die oorlog in Nam. Sy sê hierdie keer is dit anders, sy voel, soos
>> die soldate in WW1, trots dat haar man gaan veg vir sy land, die soldate is
>> gretig om te gaan veg vir hulle land, en die mense tuis ondersteun hulle
>> 100%. OK, 92% :-)
>>
>> Maar dis n ander storie met Irak, omtrent niemand wat ek ken wil h^e
>> Amerika moet by Irak betrokke wees nie, dis te duur, en dis simpel om n hele
>> land op te voes vir net een scoundrel soos Hoessein. Iemand vertel my hoeka
>> dat Houssein glo d rie dubbels het, sodat hy nie n teiken kan wees vir n
>> skerpskutter nie.
>>
>> Pop
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65935 is 'n antwoord op boodskap #65920] Ma, 02 September 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

> Ek is teen oorlog, maar die land belewe nou n samehorigheid soos nog nooit
> tevore nie. Dis saamstaan en n patriotiese atmosfeer wat ek nie kan beskryf
> nie. Ek het nog nooit in n land gewoon waar mense so patrioties is nie,
> dit gee my koue rillings :-)

As jy van 'n "patriotiese atmosfeer" praat,
neem ek aan dat jy dit in 'n effens pejoratiewe
sin gebruik, veral as dit vir jou koue rillings
gee. Wanneer patriotisme vir mens koue rillings
gee, kan dit alleen wees omdat dit gebruik word
deur sommige elemente om mense op te sweep.(Die-
selfde ding het gedurende apartheid in SA plaas-
gevind.)
Van buitekant af lyk dit vir my nie asof daar
werklike "samehorigheid" onder die bevolking van
die VSA is nie. Die samehorigheid is 'n fiksie wat
gefabriseer word deur die meestal Kaukasies-dominante
klas wat op die oomblik die leisels in die hand het
(en wat op die oomblik gedomineer word deur pro-
Israel faksies.) Maar daar is belangrike groepe wie
se toorn billik ontstoke is. Luister maar wanneer
Zogby ( van die baie goeie polling company, wat gereeld
by verkiesings aangehaal word) praat oor die toestand
van sake in sy land, die VSA. En die Demokrate het al
lankal opgehou om voor te gee dat hulle dink George Bush
is 'n leier van aansien, wie se leiding gevolg kan word.
Ek kan nie wag vir die uitslae van die verkiesing
in November nie.

Gloudina
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65937 is 'n antwoord op boodskap #65935] Ma, 02 September 2002 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Van die Demokrate is nogal baie pro Bush (al sê hulle dit nooit) vat maar
vir Lieberman - en ja, hy het n belang by die saak, maar daar is baie ander.
As mens nou terugkyk is mens maar bly ou Gore het nie gewen nie. Soos ek
sê, ek is nie juis danig n Bush mens nie, maar ek hou van sy kabinet, en hy
kry darem ware insig van Papa Bush se cronies, hulle was mos al darem daar.
Een van my favorites is Condie Rice, sy is n slim vrou. Ons sal maar moet
sien, maar dis net vlae waar jy kyk, en
die pers begin al met die 9/11 opswepery. Mens moet maar net in die middel
hou deur links en regs te lees en kyk, daar is genoeg programme/koerante wat
albei kante se saak stel. Die ou regses word sommer dadelik vasgevat.

Pop

skryf in boodskap news:3D73BA7F.8090708@rogers.com...
>
> pop wrote:
>
>> Ek is teen oorlog, maar die land belewe nou n samehorigheid soos nog nooit
>> tevore nie. Dis saamstaan en n patriotiese atmosfeer wat ek nie kan beskryf
>> nie. Ek het nog nooit in n land gewoon waar mense so patrioties is nie,
>> dit gee my koue rillings :-)
>
> As jy van 'n "patriotiese atmosfeer" praat,
> neem ek aan dat jy dit in 'n effens pejoratiewe
> sin gebruik, veral as dit vir jou koue rillings
> gee. Wanneer patriotisme vir mens koue rillings
> gee, kan dit alleen wees omdat dit gebruik word
> deur sommige elemente om mense op te sweep.(Die-
> selfde ding het gedurende apartheid in SA plaas-
> gevind.)
> Van buitekant af lyk dit vir my nie asof daar
> werklike "samehorigheid" onder die bevolking van
> die VSA is nie. Die samehorigheid is 'n fiksie wat
> gefabriseer word deur die meestal Kaukasies-dominante
> klas wat op die oomblik die leisels in die hand het
> (en wat op die oomblik gedomineer word deur pro-
> Israel faksies.) Maar daar is belangrike groepe wie
> se toorn billik ontstoke is. Luister maar wanneer
> Zogby ( van die baie goeie polling company, wat gereeld
> by verkiesings aangehaal word) praat oor die toestand
> van sake in sy land, die VSA. En die Demokrate het al
> lankal opgehou om voor te gee dat hulle dink George Bush
> is 'n leier van aansien, wie se leiding gevolg kan word.
> Ek kan nie wag vir die uitslae van die verkiesing
> in November nie.
>
> Gloudina
>
Re: Oorlog (was eers Afdraend?) [boodskap #65956 is 'n antwoord op boodskap #65921] Di, 03 September 2002 07:33 Na vorige boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Was seker 'n vlieënde piering...

"Annette"
> en dat dit nie 'n
> vliegtuig is was in die Pentagon ingeploeg het nie.
Vorige onderwerp: Kennetjie
Volgende onderwerp: Skuinskoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 15:57:47 MGT 2024