Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Antjie Krog
Antjie Krog [boodskap #65345] Ma, 05 Augustus 2002 20:09 na volgende boodskap
Cham  is tans af-lyn  Cham
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
Die vrou het ontaard in 'n ANC gatkruiper. Breytenbach noem haar soort
werfbobbejane.
Daar is niks walgliker as afrikaanssprekende wat hul mense, taal, kultuur
en herkoms
verraai nie.
Re: Antjie Krog [boodskap #65347 is 'n antwoord op boodskap #65345] Di, 06 Augustus 2002 02:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Cham wrote:

> Die vrou het ontaard in 'n ANC gatkruiper. Breytenbach noem haar soort
> werfbobbejane.
> Daar is niks walgliker as afrikaanssprekende wat hul mense, taal, kultuur
> en herkoms
> verraai nie.

Dis jy en jou soort wat die werfbobbejane
was. Werfbobbejane van die C.I.A. op die
grens van Angola. Werfbobbejane van Verwoerd
wat nie eens in Suid-Afrika gebore is nie.
Werfbobbejane van ou Margaret Thatcher en
ou Reagan, wat julle wou manipuleer om hulle
belange in SA te beskerm, ten koste van die
goeie eer en die goeie inbors van die
Afrikaner. Dis julle, werfbobbejane, wat
Afrikaans 'n gehate taal gemaak het in die
land waar dit gebore is.

Tant Hessie van die Derde Republiek.
Re: Antjie Krog [boodskap #65349 is 'n antwoord op boodskap #65345] Sa, 10 Augustus 2002 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die feit dat jy nie van Leon hou nie is duidelik. Maar, dit is nie relevant
wanneer Leon as die enigste werklik effektiewe opposisie gereken word nie.
Waarom dink jy het Afrikaans-sprekendes ewe skielik vir Leon en die DA
gestem? Omdat hy engelssprekend, Jood, en moontlik skuins is. Nee. Omdat hy
as effektiewe opposisie op die tydstip gereken word.
Vergeet van Cronin - daar is te veel mense in die SAKP wat die ou wittetjie
sal verhoed om ooit effektief te wees.
Net dit wat die kommuniste betref. Ek het nog nooit 'n dom kommie ontmoet
nie - en ek ken 'n paar.
Maar, as jy mense tot morele verantwoordelikheid wil roep, sal jy by die
kommuniste moet begin. Niemand kan regverdig wat hulle in die verlede gedoen
het nie - terwyl die WVK darem al van die apartheidsmanne bygekom het. Baiue
mense het al geskiedenis probeer weg wens - dit werk ongelukkig nie so
eenvoudig nie.
skryf in boodskap news:3D5403D0.7020608@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Al kennis geneem van die wrewel wat die ANC/COSATU/SAKP in die DA (Tony
>> Leon) het - en gewonder of dit nie moontlik aanduidend is van die feit dat
>> hy 'n klip in die skoen is nie?
>
> Wel, Tony Leon se goose was gecook die
> oomblik toe 'n klomp wittes hulle by
> hom geskaar het en hom as hulle mondstuk
> probeer gebruik het. Ek twyfel of Tony
> Leon en sy party ooit enige noemenswaardige
> druk kan uitoefen op 'n party wat so 'n
> groot meerderheid het. Die enigste werklike
> druk sal vir 'n lang ruk nog maar kom uit
> die verskillende flanke van die ANC self.
> Dis maar ook wat hier in Kanada nou aangaan,
> waar die eens sterk Conservative Tory Party
> opgesplits het in drie of vier verskillende
> partye, en nog meer faksies. Dus is die enigste
> werklike proses wat aangaan binne die Liberal
> Psrty self, waar daar nou 'n intense leierskap-
> vete aan die gang is (deur die voormalige
> Minister van Finansies, wat eerste minister wil
> word in Chretien se plek.)
>
> Gloudina
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65361 is 'n antwoord op boodskap #65349] Sa, 10 Augustus 2002 22:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Waarom dink jy het Afrikaans-sprekendes ewe skielik vir Leon en die DA
> gestem? Omdat hy engelssprekend, Jood, en moontlik skuins is.

Dierbaarheid ou Jonas. As Leon nou ook
effens skuins is, wat gaan daar by julle
aan? Het hulle nie gekla dat Martinus van
Schalkwyk ook effens skuins is nie?

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65369 is 'n antwoord op boodskap #65361] So, 11 Augustus 2002 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons is weer besig om van die onderwerp af te wyk - is ons nie?
Vraag - waarom kan kommunisme in die RSA slaag en nie in die res van die
wêreld nie?
skryf in boodskap news:3D559153.6050302@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Waarom dink jy het Afrikaans-sprekendes ewe skielik vir Leon en die DA
>> gestem? Omdat hy engelssprekend, Jood, en moontlik skuins is.
>
>
> Dierbaarheid ou Jonas. As Leon nou ook
> effens skuins is, wat gaan daar by julle
> aan? Het hulle nie gekla dat Martinus van
> Schalkwyk ook effens skuins is nie?
>
> Gloudina
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65372 is 'n antwoord op boodskap #65369] So, 11 Augustus 2002 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ons is weer besig om van die onderwerp af te wyk - is ons nie?
> Vraag - waarom kan kommunisme in die RSA slaag en nie in die res van die
> wêreld nie?

En waarom moet ons praat van "kommunisme
wat in SA..kan slaag"? Het die onmiddelike
verlede nie gewys dat die struggle uitgeloop
het op 'n SA wat meer "kapitalisties" is as
die regime van die apartheidsvarke nie?
Ek dink die denke van die mense aan die
hoof van die ANC voor 1994 was nog altyd baie
meer "konserwatief" as dit van hulle apartheids-
voorgangers. ( Vandaar dat hulle terug is in die
Gemenebes van Nasies kort na 1994.) Die
apartheidsvarke was "reaksionêr."
Dit is wel waar dat elke land wat 'n
aktiewe Kommunistiese Party het, daar beter aan
af is. Daar moet 'n stem gehoor word wat teen
rampant capitalism praat, sodat die gulde
middeweg gevind kan word. Dis soos dit hier in
Kanada werk. En soos dit nie in die VSA werk
nie.

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65373 is 'n antwoord op boodskap #65372] So, 11 Augustus 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek probeer normaalweg om uit hierdie besprekings uit te
bly, maar ek is besig om met 'n nuwe nuusleser op 'n nuwe
OS (Linux) te eksperimenteer, en ek wil kyk hoe goed dit
werk om te antwoord op 'n artikel. So hier gaat ons...

@rogers.com wrote:
> Dit is wel waar dat elke land wat 'n
> aktiewe Kommunistiese Party het, daar beter aan
> af is.
Het jy enige verwysings hiervoor? Uit my vae herinneringe
kan ek bv. onthou dat Itali"e een van die lande is (was?)
waar die kommunistiese party relatief sterk gestaan het,
terwyl die ekonomie van die land relatief chaoties was (is?).

> Daar moet 'n stem gehoor word wat teen
> rampant capitalism praat, sodat die gulde
> middeweg gevind kan word. Dis soos dit hier in
> Kanada werk. En soos dit nie in die VSA werk
> nie.
Jy insinueer dat dit beter in Kanada gaan as hier (in die VSA)?
En dat mense eerder in Kanada as in die VSA will gaan bly? As ek
jou reg verstaan het, verskil dit heelwat met die realiteit wat
ek ervaar. Ek sien grotendeels 'n eenstroom verkeer van Kanadese
wat hiernatoe kom. Die enkele kere as iemand van hierso af Kanada
gaan is dit gewoonlik omdat hulle VSA werksvisa verval het, of
iets soortgelyks.

So 'n tydjie terug het ek 'n nuusartikel op TV gesien wat ek nie
seker is dat ek dit reg verstaan het nie. Dit het gegaan oor die
patriotisme van die Kanadese, en daar was onderhoude gevoer met
Kanadese burgers. Die Kanadese het gesê dat hulle mal is oor
hulle land ens., maar as die onderhoudvoerder hulle dan gevra het
om die Kanadese volkslied te sing, kon hulle nie! Tot vandag kan
ek nie help om te dink dat ek iets subtiel erens in die program
gemis het nie. 'Of die Kanadese volkslied is nie gewild onder
die inwonders nie, 'of die Kanadese burgers is dalk nie so
patrioties nie. Of miskien was die TV program vervaardiger net
moedswillig?
Re: Antjie Krog [boodskap #65374 is 'n antwoord op boodskap #65373] So, 11 Augustus 2002 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink die vervaardiger was moedswillig:)) Miskien was dit 'n Franse
Kanadees wat nie die Engelse woorde geken het nie, of nie seker was watter
Franse Patriotiese Lied die Volkslied is nie:))
Nietemin - niks van die bespreking of kommies iets kan doen of nie - ek wil
net terugrapporteer dat die mense toe nie vir my kon vertel watter ander SA
boeke genomineer was nie.
Dis sal ons seker maar aanneem al die boeke wat genomineer was, was wenners.

Annette

"Jacques Heydenrych" skryf in boodskap news:H%s59.854$1x6.102964399@newssvr15.news.prodigy.com...
> Ek probeer normaalweg om uit hierdie besprekings uit te
> bly, maar ek is besig om met 'n nuwe nuusleser op 'n nuwe
> OS (Linux) te eksperimenteer, en ek wil kyk hoe goed dit
> werk om te antwoord op 'n artikel. So hier gaat ons...
>
> @rogers.com wrote:
>> Dit is wel waar dat elke land wat 'n
>> aktiewe Kommunistiese Party het, daar beter aan
>> af is.
> Het jy enige verwysings hiervoor? Uit my vae herinneringe
> kan ek bv. onthou dat Itali"e een van die lande is (was?)
> waar die kommunistiese party relatief sterk gestaan het,
> terwyl die ekonomie van die land relatief chaoties was (is?).
>
>> Daar moet 'n stem gehoor word wat teen
>> rampant capitalism praat, sodat die gulde
>> middeweg gevind kan word. Dis soos dit hier in
>> Kanada werk. En soos dit nie in die VSA werk
>> nie.
> Jy insinueer dat dit beter in Kanada gaan as hier (in die VSA)?
> En dat mense eerder in Kanada as in die VSA will gaan bly? As ek
> jou reg verstaan het, verskil dit heelwat met die realiteit wat
> ek ervaar. Ek sien grotendeels 'n eenstroom verkeer van Kanadese
> wat hiernatoe kom. Die enkele kere as iemand van hierso af Kanada
> gaan is dit gewoonlik omdat hulle VSA werksvisa verval het, of
> iets soortgelyks.
>
> So 'n tydjie terug het ek 'n nuusartikel op TV gesien wat ek nie
> seker is dat ek dit reg verstaan het nie. Dit het gegaan oor die
> patriotisme van die Kanadese, en daar was onderhoude gevoer met
> Kanadese burgers. Die Kanadese het gesê dat hulle mal is oor
> hulle land ens., maar as die onderhoudvoerder hulle dan gevra het
> om die Kanadese volkslied te sing, kon hulle nie! Tot vandag kan
> ek nie help om te dink dat ek iets subtiel erens in die program
> gemis het nie. 'Of die Kanadese volkslied is nie gewild onder
> die inwonders nie, 'of die Kanadese burgers is dalk nie so
> patrioties nie. Of miskien was die TV program vervaardiger net
> moedswillig?
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65382 is 'n antwoord op boodskap #65373] So, 11 Augustus 2002 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

Uit my vae herinneringe
> kan ek bv. onthou dat Itali"e een van die lande is (was?)
> waar die kommunistiese party relatief sterk gestaan het,
> terwyl die ekonomie van die land relatief chaoties was (is?).

Italië is 'n basketcase op sy eie.
Maar ek het nie bedoel dat die Kommunistiese
Party juis moet regeer nie. Daar is min sulke
plekke oor op die aardbol. Maar 'n land wat
'n aktiewe Kommunistiese Party moontlik maak
( iets wat die VSA nie doen nie) staan in die
teken van 'n politieke maturiteit wat mens
ongelukkig nie by die VSA op die oomblik vind nie.
Dis juis vir my 'n teken van politieke maturiteit
dat SA 'n aktiewe Kommunistiese Party het. Dit
het 'n gerespekteerde Kommunistiese Party gehad
voordat die apartheidskeisertjies dit verban het.

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65383 is 'n antwoord op boodskap #65373] So, 11 Augustus 2002 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

> Jy insinueer dat dit beter in Kanada gaan as hier (in die VSA)?
> En dat mense eerder in Kanada as in die VSA will gaan bly? As ek
> jou reg verstaan het, verskil dit heelwat met die realiteit wat
> ek ervaar. Ek sien grotendeels 'n eenstroom verkeer van Kanadese
> wat hiernatoe kom.

Jy moet een ding goed verstaan. Kanadese
vergelyk hulself nooit met Amerikaners nie.
Ons is dertig miljoen mense (weliswaar op
'n groter landoppervlakte as die van die
VSA se lower mainland), dus helfte van die
bevolking van Kalifornië.
Daar is egter 'n ander ding wat jy ook
moet onthou. Ons is die VSA se grootste
trading partner. ( Condoleeza Rice, julle
National Security Advisor, moes nou die dag
reggehelp word. Sy het gedink Japan is die
VSA se grootste trading partner.)
Bo en behalwe die feit dat ons die spens
van die VSA is, is ons ook die grootste verskaffer
van komedie en komediante vir die VSA. Die ou
wat Saturday Night Live al vir die afgelope 25
jaar produseer, is 'n Kanadees. Die wêreld se
mees suksesvolste Comedy Festival is in Montreal.
Moet dus nie met ons lol nie.

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65384 is 'n antwoord op boodskap #65373] So, 11 Augustus 2002 22:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

Dit het gegaan oor die
> patriotisme van die Kanadese, en daar was onderhoude gevoer met
> Kanadese burgers. Die Kanadese het gesê dat hulle mal is oor
> hulle land ens., maar as die onderhoudvoerder hulle dan gevra het
> om die Kanadese volkslied te sing, kon hulle nie! Tot vandag kan
> ek nie help om te dink dat ek iets subtiel erens in die program
> gemis het nie. 'Of die Kanadese volkslied is nie gewild onder
> die inwonders nie, 'of die Kanadese burgers is dalk nie so
> patrioties nie. Of miskien was die TV program vervaardiger net
> moedswillig?

Daar is 'n goeie kans dat die mens wat
die onderhoud gevoer het, 'n ou is wat
in Kanada gebore is. Ons is, vir 'n land
van dertig miljoen mense, ook 'n buite
verband groot verskaffer van joernaliste
aan die VSA. Peter Jennings, wat nou Walter
Cronkite se mantel dra, is 'n ou wat hier
in Ottawa grootgeword het, en nooit sy
hoërskool-sertifikaat gekry het nie.)
Ek reken dit 'n saak van politieke
maturiteit dat ons gewoonlik nie ons volkslied
woord vir woord end uit kan sing nie. Who
cares. Ons vind dit vreeslik snaaks as die
Amerikaners so hulle hande op hulle hart sit.

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65385 is 'n antwoord op boodskap #65384] So, 11 Augustus 2002 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Puhleeze, ek het al verskonings gehoor vir mense wat nie hulle eie volkslied
ken nie, maar hierdie een vat die koek :-) Dis meesal die ouer garde wat
hulle hande op hulle harte sit, as jy in n gemengde gehoor staan, sal jy
sien dat net die gryskoppe dit nog doen, en baie van die jonges ken ook nie
altyd die woorde nie :-)

Ek dink jy bedoel David Brinkley was Peter Jennings se voorganger. Walter
Cronkite was Dan Rather se voorganger. Peter is my favorite, behalwe as he
aboot vir about sê.
Pop

wrote in message >
Ek reken dit 'n saak van politieke
> maturiteit dat ons gewoonlik nie ons volkslied
> woord vir woord end uit kan sing nie. Who
> cares. Ons vind dit vreeslik snaaks as die
> Amerikaners so hulle hande op hulle hart sit.
>
> Gloudina
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65386 is 'n antwoord op boodskap #65385] So, 11 Augustus 2002 22:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

pop wrote:

> Ek dink jy bedoel David Brinkley was Peter Jennings se voorganger. Walter
> Cronkite was Dan Rather se voorganger. Peter is my favorite, behalwe as he
> aboot vir about sê.

Ek weet darem nie so mooi of jy reg is nie.
Is Peter Jennings nie op CBS nie, en was
Walter Cronkite nie op CBS voor hom nie?
Hoekom probeer jy nie uitvind wie van ons
is reg nie?

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65387 is 'n antwoord op boodskap #65386] So, 11 Augustus 2002 23:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

>
> Ek weet darem nie so mooi of jy reg is nie.
> Is Peter Jennings nie op CBS nie, en was
> Walter Cronkite nie op CBS voor hom nie?
> Hoekom probeer jy nie uitvind wie van ons
> is reg nie?

Ek dink jy is tog reg. Ek het bietjie op die
Net gesoek, en dit lyk of Peter Jennings altyd
by ABC was. Ek weet nie wat my laat dink het
dat hy Walter Cronkite opgevolg het nie. Toe
Cronkite bedank, was daar groot spekulasie oor
wie hom gaan opvolg, en ek kon sweer hulle het
vir Peter Jennings gekies, want ek het dit nog
so vreemd gevind dat hulle 'n Kanadees kies.
Maar so speel mens se herinnering jou parte.

Gloudina
Kanada vs Amerika [boodskap #65388 is 'n antwoord op boodskap #65373] Ma, 12 Augustus 2002 01:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hello Jacques, ek het lank laas iemand gesien wat prodigy gebruik, is jy
gelukkig met hulle?
Mtt Kanada, jy is reg om te dink hulle is baie patrioties. En Oh Canada is
een van die heel mooiste volksliede wat ek nog gehoor het. n Amerikaner sal
nou nie regtig omgee as mense dink hy is n Kanadees nie, maar moet tog net
nie dink n Kanadees wil enigsins verwar word met n Amerikaners nie.:-) Ons
het ons eie soort patriotisme hier, met al die mense wat vlaggies waai (in
ons straat alleen het omtrent elke huis n reuse vlag wat waai) en dinge word
al hoe erger hoe nader dit kom aan 9/11. Maar ek wil my verbeel die
Kanadese, omdat hulle so geisoleer is, is meer patrioties - en ek kan
verkeerd wees.

My punt hier is eintlik dat daar n wedersydse respek is tussen die twee
lande. Van heel bo van die regerings, tot by die common man. Natuurlik is
daar mense wat nie hou van die een of die ander land nie, maar oor die
algemeen is daar baie goodwill tussen ons en Kanada, en as daar n tikkie
wedywering of kompetisie is (soos die Olimpiese manshokkie) dan is dit mos
goed.

Pop

"Jacques Heydenrych" skryf in boodskap news:H%s59.854$1x6.102964399@newssvr15.news.prodigy.com...
> Ek probeer normaalweg om uit hierdie besprekings uit te
> bly, maar ek is besig om met 'n nuwe nuusleser op 'n nuwe
> OS (Linux) te eksperimenteer, en ek wil kyk hoe goed dit
> werk om te antwoord op 'n artikel. So hier gaat ons...
>
> @rogers.com wrote:
>> Dit is wel waar dat elke land wat 'n
>> aktiewe Kommunistiese Party het, daar beter aan
>> af is.
> Het jy enige verwysings hiervoor? Uit my vae herinneringe
> kan ek bv. onthou dat Itali"e een van die lande is (was?)
> waar die kommunistiese party relatief sterk gestaan het,
> terwyl die ekonomie van die land relatief chaoties was (is?).
>
>> Daar moet 'n stem gehoor word wat teen
>> rampant capitalism praat, sodat die gulde
>> middeweg gevind kan word. Dis soos dit hier in
>> Kanada werk. En soos dit nie in die VSA werk
>> nie.
> Jy insinueer dat dit beter in Kanada gaan as hier (in die VSA)?
> En dat mense eerder in Kanada as in die VSA will gaan bly? As ek
> jou reg verstaan het, verskil dit heelwat met die realiteit wat
> ek ervaar. Ek sien grotendeels 'n eenstroom verkeer van Kanadese
> wat hiernatoe kom. Die enkele kere as iemand van hierso af Kanada
> gaan is dit gewoonlik omdat hulle VSA werksvisa verval het, of
> iets soortgelyks.
>
> So 'n tydjie terug het ek 'n nuusartikel op TV gesien wat ek nie
> seker is dat ek dit reg verstaan het nie. Dit het gegaan oor die
> patriotisme van die Kanadese, en daar was onderhoude gevoer met
> Kanadese burgers. Die Kanadese het gesê dat hulle mal is oor
> hulle land ens., maar as die onderhoudvoerder hulle dan gevra het
> om die Kanadese volkslied te sing, kon hulle nie! Tot vandag kan
> ek nie help om te dink dat ek iets subtiel erens in die program
> gemis het nie. 'Of die Kanadese volkslied is nie gewild onder
> die inwonders nie, 'of die Kanadese burgers is dalk nie so
> patrioties nie. Of miskien was die TV program vervaardiger net
> moedswillig?
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65389 is 'n antwoord op boodskap #65387] Ma, 12 Augustus 2002 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
So begaan almal maar 'n fout of twee per geleentheid - ek aanvar jy gee bes
en stem saam dat die kommuniste tot verantwoordelikheid geroep moet word.
Soos Nazi-meelopers ens.?
skryf in boodskap news:3D56F114.7010804@rogers.com...
>
> @rogers.com wrote:
>
>
>>
>> Ek weet darem nie so mooi of jy reg is nie.
>> Is Peter Jennings nie op CBS nie, en was
>> Walter Cronkite nie op CBS voor hom nie?
>> Hoekom probeer jy nie uitvind wie van ons
>> is reg nie?
>
>
> Ek dink jy is tog reg. Ek het bietjie op die
> Net gesoek, en dit lyk of Peter Jennings altyd
> by ABC was. Ek weet nie wat my laat dink het
> dat hy Walter Cronkite opgevolg het nie. Toe
> Cronkite bedank, was daar groot spekulasie oor
> wie hom gaan opvolg, en ek kon sweer hulle het
> vir Peter Jennings gekies, want ek het dit nog
> so vreemd gevind dat hulle 'n Kanadees kies.
> Maar so speel mens se herinnering jou parte.
>
> Gloudina
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65401 is 'n antwoord op boodskap #65389] Ma, 12 Augustus 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> So begaan almal maar 'n fout of twee per geleentheid - ek aanvar jy gee bes
> en stem saam dat die kommuniste tot verantwoordelikheid geroep moet word.
> Soos Nazi-meelopers ens.?

Ek neem aan jy bedoel in SA en ek neem aan
jy bedoel dat "kommuniste" wat bewysbare
oortredings gemaak het, voor die hof gedaag
moet word en in die tronk gesit moet word.
In teorie sou ek saamstem, maar in praktyk
kan jy nie sulke mense voor die hof daag
en ou P.W. Botha sit los en vry nie. Begin
by P. W. Botha en 'n hele string ander tot
by De Klerk, en dan kan jy tegelykertyd die
ander kant begin vervolg.
Ek moet vir jou vertel dat daar 'n hele
klomp Nazi-meelopers is wat ook los loop.

Gloudina
Re: Antjie Krog [boodskap #65404 is 'n antwoord op boodskap #65401] Ma, 12 Augustus 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die Nazi-meelopers is almal dood. My familie was in Koffiefontein
weens hulle ondersteuning van die Duitse oorlogspoging - en voorwaar, ek is
baie trots op hulle.
Maar, nie een van hulle het Joodse konsentrasiekampe goedgepraat nie - om
die waarheid te sê hulle was niue ten tye van hulle internering bewus
daarvan nie.
Ook, die meeste van hulle was anti-Brittanje, meer as pro-Nazi.
skryf in boodskap news:3D57A1B8.7040909@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> So begaan almal maar 'n fout of twee per geleentheid - ek aanvar jy gee bes
>> en stem saam dat die kommuniste tot verantwoordelikheid geroep moet word.
>> Soos Nazi-meelopers ens.?
>
> Ek neem aan jy bedoel in SA en ek neem aan
> jy bedoel dat "kommuniste" wat bewysbare
> oortredings gemaak het, voor die hof gedaag
> moet word en in die tronk gesit moet word.
> In teorie sou ek saamstem, maar in praktyk
> kan jy nie sulke mense voor die hof daag
> en ou P.W. Botha sit los en vry nie. Begin
> by P. W. Botha en 'n hele string ander tot
> by De Klerk, en dan kan jy tegelykertyd die
> ander kant begin vervolg.
> Ek moet vir jou vertel dat daar 'n hele
> klomp Nazi-meelopers is wat ook los loop.
>
> Gloudina
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65405 is 'n antwoord op boodskap #65404] Ma, 12 Augustus 2002 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

My familie was in Koffiefontein
> weens hulle ondersteuning van die Duitse oorlogspoging
> Maar, nie een van hulle het Joodse konsentrasiekampe goedgepraat nie - om
> die waarheid te sê hulle was niue ten tye van hulle internering bewus
> daarvan nie.
> Ook, die meeste van hulle was anti-Brittanje, meer as pro-Nazi.

Wel, ou Jonas, volgens David Kramer
se "Kobus Le Grange Marais " sal hulle
almal gaan kak daarbo.

Tant Hessie van Lekkersing
Re: Antjie Krog [boodskap #65408 is 'n antwoord op boodskap #65405] Ma, 12 Augustus 2002 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee Antie - die wat sal kak is jou soort wat oop oë verraad pleeg teen jou
eie mense - en dan nog die kommuniste voorhou as die bewakers van die
demokrasie in Suid-Afrika. Ook die klomp wat 35 jaar na Britse
konsentrasiekampe hulle onder die kakiekombers tuisgemaak het. Maar, ek
aanvaar jy het geen verbindtenisse na daardie oorlog gehad nie.
Jy het 'n verskriklike simplistiese benadering mbt die samelewing - seker
vandaar dat jy ontvlug in die poësie.
"Get a life..."
skryf in boodskap news:3D57B20F.90204@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
> My familie was in Koffiefontein
>> weens hulle ondersteuning van die Duitse oorlogspoging
>> Maar, nie een van hulle het Joodse konsentrasiekampe goedgepraat nie - om
>> die waarheid te sê hulle was niue ten tye van hulle internering bewus
>> daarvan nie.
>> Ook, die meeste van hulle was anti-Brittanje, meer as pro-Nazi.
>
> Wel, ou Jonas, volgens David Kramer
> se "Kobus Le Grange Marais " sal hulle
> almal gaan kak daarbo.
>
> Tant Hessie van Lekkersing
>
Re: Antjie Krog [boodskap #65428 is 'n antwoord op boodskap #65374] Wo, 14 Augustus 2002 00:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Annette wrote:

> Ek dink die vervaardiger was moedswillig:))

Soos wat jy in 'n ander artikel seker gelees het, blyk dit dat
die TV program waarskynlik in die kol was - die Kanadese ken
nie hulle eie volkslied nie. Miskien dink hulle die Amerikaners
lyk te komieklik as hulle die Star Spangled Banner sing, en hulle
wil nie ook so lyk nie...
Jacques, wat nou ook 'n bietjie moedswillig is

Ekstrak uit my eerste epos
>> So 'n tydjie terug het ek 'n nuusartikel op TV gesien wat ek nie
>> seker is dat ek dit reg verstaan het nie. Dit het gegaan oor die
>> patriotisme van die Kanadese, en daar was onderhoude gevoer met
>> Kanadese burgers. Die Kanadese het gesê dat hulle mal is oor
>> hulle land ens., maar as die onderhoudvoerder hulle dan gevra het
>> om die Kanadese volkslied te sing, kon hulle nie! Tot vandag kan
>> ek nie help om te dink dat ek iets subtiel erens in die program
>> gemis het nie. 'Of die Kanadese volkslied is nie gewild onder
>> die inwonders nie, 'of die Kanadese burgers is dalk nie so
>> patrioties nie. Of miskien was die TV program vervaardiger net
>> moedswillig?
Re: Kanada vs Amerika [boodskap #65429 is 'n antwoord op boodskap #65388] Wo, 14 Augustus 2002 00:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
pop wrote:
> Hello Jacques,
Haai Pop

> ek het lank laas iemand gesien wat prodigy gebruik, is jy
> gelukkig met hulle?
Ek is versigtig om nie te "damn with faint praise" nie, maar tot
dusver het Prodigy in my behoeftes voldoen, alhoewel ek per stadium
probleme met hulle gehad het. Ek al egter versigtig wees om hulle
aan te beveel - hulle is eers oorgeneem deur SBC en toe deur Yahoo.
Yahoo wil nou hê ons moet net hulle "dialers" gebruik, en ek sien
op die praatlyste dat daar klagtes is dat daar te veel advertensies
nou in die keelgatte afgedruk word nou die mense wat ge-convert het
na Yahoo toe.

> En Oh Canada is
> een van die heel mooiste volksliede wat ek nog gehoor het.
Ons het hierdie Sondag gaan kyk hoe speel die Milwaukee Brewers
teen die Montreal Expos (baseball). Voor die tyd (soos die gebruik
mos hierso is) is die Kanadese (vir die Expos) en die Amerikaanse
volksliedere opgevoer. Ek het mooi geluister omdat die woorde op
die skerm verskyn het, en Pop, miskien het ek net 'n ongesofisti-
keerde oor, maar Oh Canada het vir my maar uitgetrek geklink.
Miskien moet ek maar net aan die lied gewoond word?

> Ons
> het ons eie soort patriotisme hier,
Ja, ek weet. Ons was minder as 6 maande hier toe vertel my
dogter (wat toe omtrent 7 jaar oud was) vir my met groot
smaak dat ONS 16de president Lincoln was!

> My punt hier is eintlik dat daar n wedersydse respek is tussen die twee
> lande. Van heel bo van die regerings, tot by die common man.
Pop, ek stry nie oor die wedersydse respek nie, maar soms
voel ek tog dat daar Kanadese is wat krapperig is oor die
Amerikaners. Toe die Amerikaners per ongeluk die paar Kanadese
gedood het in Afghanistan het ek 'n paar bitsige dinge gelees
(wat seker verstaanbaar is).

Nogtans is dit ook so dat die Amerikaners die Kanadese 'figure
skaters' (wat is dit in Afrikaans?) onomwonde ondersteun het.

Jacques
Maak die spelfout in my epos adres reg om die regte adres te kry.
Re: Antjie Krog [boodskap #65430 is 'n antwoord op boodskap #65428] Wo, 14 Augustus 2002 01:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

die Kanadese ken
> nie hulle eie volkslied nie

Siedaar die uitspraak van 'n intellektueel
onbeholpene: maak die groot sprong van 'n
TV program waar sommige Kanadese nie die
volkslied enduit kon sing nie, tot die
absolute sweeping statement dat "Kanadese
ken nie hulle eie volkslied nie." Daarmee
gaan saam die aanname dat "Amerikaners
hulle volkslied enduit kan sing." Volgens
Pop, wat in die VSA woon, is dit ook nie
waar nie.
Hierdie soort argumentasie staan gelyk
aan die tipies Kanadese verklaring dat
"meeste Amerikaners nie weet waar Kanada is
nie." En die kwaliteit van die program is
heelwaarskynlik van dieselfde stoffasie as
die program wat ek nou die dag gesien het,
waar studente op die Harvard campus gevra
word deur die Kanadese joernalis om hulle
stemme te verhef teen die feit dat Kanada
in die nabye toekoms die enigste Universiteit
wat daar in Kanada is, gaan sluit. Ek is seker
dat 99% van daardie Harvard studente geweet het
dis 'n beentrekkery, en net die 1% wat stupid
genoeg was om die aas te sluk, is op die program
aangehaal.

Minnehaha van die Algonquins
Re: Kanada vs Amerika [boodskap #65431 is 'n antwoord op boodskap #65429] Wo, 14 Augustus 2002 01:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

maar soms
> voel ek tog dat daar Kanadese is wat krapperig is oor die
> Amerikaners. Toe die Amerikaners per ongeluk die paar Kanadese
> gedood het in Afghanistan het ek 'n paar bitsige dinge gelees
> (wat seker verstaanbaar is).
>
> Nogtans is dit ook so dat die Amerikaners die Kanadese 'figure
> skaters' (wat is dit in Afrikaans?) onomwonde ondersteun het.

En dink jy Kanadese is die enigste
wat krapperig is oor die Amerikaners?
Gelukkig weet ek dat daar baie
Amerikaners is wat nie so arrogant soos
jy dink nie. Jy vertoon die simptome van
'n nuutjie wat nou probeer om die Amerikaners
te out-American. Die deursnee Amerikaner sal
diep gevoel het oor die onnodige verlies van
Kanadese lewens op die slagvelde van Afghanistan
as gevolg van die ongekorrelleerdheid van die
sogenaamde 100% effektiewe Amerikaanse magte.
En arrogansie van arrogansie: jy dink dat die
Kanadese skaters in Salt Lake City die goud
gekry het omdat die VSA aan hulle kant was, of
omdat hulle die beste was?

Gloudina
Re: Kanada vs Amerika [boodskap #65458 is 'n antwoord op boodskap #65431] Vr, 16 Augustus 2002 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Heydenrych  is tans af-lyn  Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
@rogers.com wrote:
> wat krapperig is oor die Amerikaners?
> Amerikaners is wat nie so arrogant soos
> jy dink nie. Jy vertoon die simptome van
> te out-American. Die deursnee Amerikaner sal
> sogenaamde 100% effektiewe Amerikaanse magte.
> En arrogansie van arrogansie: jy dink dat die
> Kanadese skaters in Salt Lake City die goud
> gekry het omdat die VSA aan hulle kant was, of
> omdat hulle die beste was?
Ek staan 'n bietjie verward oor jou moedswillige misverstaan oor
wat ek gesê het, en oor jou beledigings wat so kwistig (en maklik)
uit jou pen uit voortvloei. Baie duidelik het 'of ek 'of jy die kat
aan die gat beet oor Boeddhisme.

En vir die (Usenet) rekord, ek aanvaar nie een van die standpunte
wat jy aan my toedig nie.
Re: Kanada vs Amerika [boodskap #65459 is 'n antwoord op boodskap #65458] Vr, 16 Augustus 2002 01:27 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jacques Heydenrych wrote:

> Ek staan 'n bietjie verward oor jou moedswillige misverstaan oor
> wat ek gesê het, en oor jou beledigings wat so kwistig (en maklik)
> uit jou pen uit voortvloei. Baie duidelik het 'of ek 'of jy die kat
> aan die gat beet oor Boeddhisme.

O so, dis vreeslik maklik om snedige
opmerkings oor ander en oor hulle
landgenote te maak, en dan te pleit
dat jy misvertaan word. Jy vertoon
'n soort arrogansie wat ek gewoonlik
nie by my Amerikaanse vriende vind
nie, maar wat tipies is van 'n sekere
soort immigrant in die VSA in wat vir
homself nou Amerikaner wil hou.
En om nou die kroon op alles te sit,
nadat jy my-as-Kanadees beledig het,
nou gaat jy oor om my-as-Boeddhis te
beledig. Vir jou informasie, ek is nie
'n Boeddhis nie, maar ek kan jou verseker
volbloed Boeddhiste sal jou ook sien vir
wat jy is - vasgevang in 'n samsara van
oordele en vooroordele en soek na voordele.

Tant Minnehaha van Gananoque.
Vorige onderwerp: " villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS
Volgende onderwerp: nederlands leren
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 17:53:34 MGT 2024