Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geen Gawes des Gods meer
Geen Gawes des Gods meer [boodskap #64734] Do, 11 Julie 2002 06:22 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die GodsGawes ( GG in die ou tyd, nou net G vir Gauteng), motors wat deur
die meeste staatsdiensamptenare misbruik word, gaan nou streng gemonitor
word dmv 'n GPS stelsel.
Dit sal glo die ongematigde gebruik, misbruik, tyd spandeer in die voertuig
wat niks met diens vir die staat te doen het nie, brandstof en
batterydiefstal beperk.
Ek lees vanoggend dat Telkom 4 miljoen in een jaar gespaar het deur net die
batterydiefstal te keer- Telkom sit 'n nuwe battery in, en met die eerste
rit word die nuwe battery vir 'n stokoue omgeruil.
Nietemin, in die ou dae toe Pa met 'n GG gery het vir inspeksies, is vooraf
bepaal hoeveel kilometers gery gaan word, en hoeveel aan brandstof
gespandeer gaan word, en enigiets ekstra is van hul salaris afgetrek,
behalwe onvoorsiene herstelkoste.
Dit was 'n eenvoudige stelsel wat goed gewerk het.
Daardie tyd.
Nou het ons 'n duur stelsel nodig om die GG bevoorregtes in toom te hou.
Ons is dankbaar dat daar darem iets gedoen word na amper 'n dekade se
ernstige misbruik.

Annette
Re: Geen Gawes des Gods meer [boodskap #64748 is 'n antwoord op boodskap #64734] Do, 11 Julie 2002 14:11 Na vorige boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Jul 2002 08:22:00 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Die GodsGawes ( GG in die ou tyd, nou net G vir Gauteng), motors wat deur
> die meeste staatsdiensamptenare misbruik word, gaan nou streng gemonitor
> word dmv 'n GPS stelsel.
> Dit sal glo die ongematigde gebruik, misbruik, tyd spandeer in die voertuig
> wat niks met diens vir die staat te doen het nie, brandstof en
> batterydiefstal beperk.
> Ek lees vanoggend dat Telkom 4 miljoen in een jaar gespaar het deur net die
> batterydiefstal te keer- Telkom sit 'n nuwe battery in, en met die eerste
> rit word die nuwe battery vir 'n stokoue omgeruil.
> Nietemin, in die ou dae toe Pa met 'n GG gery het vir inspeksies, is vooraf
> bepaal hoeveel kilometers gery gaan word, en hoeveel aan brandstof
> gespandeer gaan word, en enigiets ekstra is van hul salaris afgetrek,
> behalwe onvoorsiene herstelkoste.
> Dit was 'n eenvoudige stelsel wat goed gewerk het.
> Daardie tyd.
> Nou het ons 'n duur stelsel nodig om die GG bevoorregtes in toom te hou.
> Ons is dankbaar dat daar darem iets gedoen word na amper 'n dekade se
> ernstige misbruik.
>
> Annette
>

ek kan ook nie sien hoekom `n log boek stelsel nie kan werk nie tensy
natuurlik as die wat dit moet kontroleer ook korrup is. maar as dit
die geval is sal die gps ook omseil word. toe ek nog met so kar gery
het moes jy vir elke trip `n log entry maak met `n verwysing na die
amptelike versoek nommer. elke voertuig het ook `n service log gehad
wat presies vertel wat wanneer gedoen is.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: alweer `n nuwe term
Volgende onderwerp: Met die maan gepla
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 07:00:21 MGT 2024