Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oud RAU studente rou
Oud RAU studente rou [boodskap #64035] Do, 20 Junie 2002 15:42 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Volgens die dagblad Beeld, maak een van Johannesburg se ou studente
hang-outs, die Sans Souci, of Sans (sê "Sans" soos 'n Amerikaner)
more (Vrydag) finaal sy deure toe.

Van die personeel wat al 30 jaar daar werk sal nou nie meer kanne
bier aan RAU studente kan bedien nie. Gelukking sal die gebou nie
gesloop word nie want dit is 'n nasionale monument wat nou deur die
Milpark Hospitaal gebruik gaan word as 'n administratiewe gebou of
iets derglilk.

Die Sans is 'n instelling so oud soos RAU self en was ook 'n
interessante spieelbeeld van Afrikaner studentelewe. In skerp kontras,
die Wits hang-out, die Dev (Devonshire Hotel) in Braamfontein was
altyd 'n lekker rowwe plek waar daar altyd 'n goeie faait was op 'n
besige Maandagaand (of Dinsdag, Woensdag, Donderdag Vrydag en
Saterdag).

In al die jare wat ek by die Sans gestudeer het, het ek noot een
bakleiery gesien nie - ek is seker daar moes gewees het - en die kroeg
was altyd bekskaafd, tog vol dronk windgat studente.

Ek verstaan dat in later jare, soos Westdene ontwikkel het (of
ver"slum" het) het ander kroee daar oopgemaak en RAU studente het daar
gaan drink en baklei. Onder hierde verraaiers was 'n ene Franscois
Pienaar.

Ek vra alle oud-Sans studente om more hulle Alma Mater te rou deur
swart armbande te dra en net beleefde en eerbiedige kommentaar op
hierde bookskap te maak.

Negatiewe kommentaar kan gerus gepos word op die The Dev Lives On
thread.

Johan Bornman
Re: Oud RAU studente rou [boodskap #64110 is 'n antwoord op boodskap #64035] Sa, 22 Junie 2002 11:46 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman
Volgens die dagblad Beeld, maak een van Johannesburg se ou studente
hang-outs, die Sans Souci, of Sans (sê "Sans" soos 'n Amerikaner)
more (Vrydag) finaal sy deure toe.

HK:
Oh no. Dit is moerse sad. Die Sans was ook 'n tuiste vir menige 'n dors
SAUK'aner in Aucklandpark. Ons het baie, baie partiekies daar gehad en
menige kere 'n etenstyd daar verwyl met 'n koue bier of drie.

Goodbey Sans, jy sal nog lank in my hart lewe.

Hantamkind.
Vorige onderwerp: Rook
Volgende onderwerp: AZAPO
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:58:54 MGT 2024