Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » sokker, rugby en klas
sokker, rugby en klas [boodskap #63520] Di, 11 Junie 2002 22:41 na volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het dit altyd ietwat snaaks gevind dat sokker in engeland met die
werkersklas assosieer word, terwyl rugby met middel - en hoerklasse (miskien
wil ek nie vir die deelogies soek nie, en die pun bedoel) assosieer word (hoe
gaan die rympie nou weer: soccer- a gentlemans' game played by hooligans, en
rugby iets teenoorgesteld - ek vergeet die bewoording). Ewenwel - in
Suid-Afrika, of liewer in die gemeenskap waar ek grootgeword het (Paarl), was
dit net die teenoorgestelde - sokker was 'n middelklas, taamlik "snobistiese"
spel, terwyl rugby gespeel was deur rowwe manne wat carling gedrink het en
oppie geboue gewerk het. Nou 'n verdere spanner hier in die VSA - rugby word
gespeel aan top-universiteite soos Harvard, Yale en so meer. Dit het 'n
duidelike elitistiese aard hier. Wat is julle ervaring - enige
verduidelikings?
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63522 is 'n antwoord op boodskap #63520] Di, 11 Junie 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

Wat is julle ervaring - enige
> verduidelikings?

Omdat ek eintlik baie min van sport weet,
behoort ek nie saam te praat nie. Maar ek
weet wel dat in die swart skole van so 'n
paar dekades gelede, rugby nie eintlik
gespeel was nie, maar sokker 'n passie was.
Omdat ek grootgeword het in 'n kultuur waar
alleen "voetbal" (rugby) gespeel is, het
ek my verwonder aan hierdie spel waar mense
met hulle koppe die bal kon stamp, maar nie
aan die bal mog raak nie. Ek was dus in my
twintigs voordat ek die eerste sokkerwedstryd
gesien het.
Hier in Kanada lyk dit vir my word dit
al hoe meer populer onder alle klasse.

Gloudina
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63564 is 'n antwoord op boodskap #63522] Wo, 12 Junie 2002 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In België was dit ook al altyd onder alle klasse populêr. Die industriële
sponsor gewoonlik die spanne en die meeste mense volg dit.
Fietsry was meer werkersklasse.
Hilda.
schreef in bericht news:3D0688CA.7080208@rogers.com...
>
> LeswinLaubscher wrote:
>
> Wat is julle ervaring - enige
>> verduidelikings?
>
> Omdat ek eintlik baie min van sport weet,
> behoort ek nie saam te praat nie. Maar ek
> weet wel dat in die swart skole van so 'n
> paar dekades gelede, rugby nie eintlik
> gespeel was nie, maar sokker 'n passie was.
> Omdat ek grootgeword het in 'n kultuur waar
> alleen "voetbal" (rugby) gespeel is, het
> ek my verwonder aan hierdie spel waar mense
> met hulle koppe die bal kon stamp, maar nie
> aan die bal mog raak nie. Ek was dus in my
> twintigs voordat ek die eerste sokkerwedstryd
> gesien het.
> Hier in Kanada lyk dit vir my word dit
> al hoe meer populer onder alle klasse.
>
> Gloudina
>
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63584 is 'n antwoord op boodskap #63520] Wo, 12 Junie 2002 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Jun 2002 22:41:11 GMT, leswinl...@cs.com (LeswinLaubscher) wrote:

> Ek het dit altyd ietwat snaaks gevind dat sokker in engeland met die
> werkersklas assosieer word, terwyl rugby met middel - en hoerklasse (miskien
> wil ek nie vir die deelogies soek nie, en die pun bedoel) assosieer word (hoe
> gaan die rympie nou weer: soccer- a gentlemans' game played by hooligans, en
> rugby iets teenoorgesteld - ek vergeet die bewoording). Ewenwel - in
> Suid-Afrika, of liewer in die gemeenskap waar ek grootgeword het (Paarl), was
> dit net die teenoorgestelde - sokker was 'n middelklas, taamlik "snobistiese"
> spel, terwyl rugby gespeel was deur rowwe manne wat carling gedrink het en
> oppie geboue gewerk het. Nou 'n verdere spanner hier in die VSA - rugby word
> gespeel aan top-universiteite soos Harvard, Yale en so meer. Dit het 'n
> duidelike elitistiese aard hier. Wat is julle ervaring - enige
> verduidelikings?>

Waar ek vandaan kom - KLein Karoo - was daar rugby en rugby en rugby
en atletiek en rugby en so 'n bietjie krieket.

Ons het sonder (amptelike) sokker grootgeword - en dus ook sonder
enige van die etikette aan die sporte. Ons het egter Engelse comics
gelees en was getickle deur sokker.

Het selfs 'n paar games op die skool se hokkieveld (die meisies het
dit gespeel) gespeel - daar was nogal heelwat Engelse en Joodse
kinders ook op die dorp (alles natuurlik op die wit kant van die dorp)
maar die games is gou stopgesit deur die onderwysers.

Ons was verbied om weer sokker games daar te organise.

Dit was eers later dat ek besef het rugby was die wit Afrikaner se
sport - met Broederbond blessings - en daar was gefrons op sokker as
'n "engelse" of 'n "swart" sport.

Ek vermoed die bruin kinders aan die anderkant van die dorp was net so
lief vir rugby want daar was ook nie sokker gespeel sover ek weet nie.

Jammer ons kon nie saam speel nie, maar what the hell, dit was die
geskiedenis.

So, my take op die ding is dat rugby in die wit Afrikaanse visie uit
apartheidsdae eerder 'n ideologiese etiket gehad het as 'n klasse een
- hoewel apartheid ook eintlik 'n soort klasse-struktuur was.

Vandag is die refleks van baie ouer witmense steeds dat rugby deur
witmense gespeel word en sokker deur swartmense. Die bruinmense, lyk
dit my, val so tussen die twee - Benni McCarthy/Breyton Paulse.

Maar bruin deelname aan rugby - wat natuurlik enige tyd net so oud en
uitgebreid soos wit deelname was - word al hoe meer besef deur die
algemene wit rugby-kykers.

Hoe kan hulle anders? Breyton en Conradie is DIE sterre van die
Bok-span.

Ek sou se dit is omtrent op die punt dat rugby sonder om eers daaroor
te dink as 'n wit en bruin sport aanvaar word terwyl swart deelname -
waarskynlik deur wit en swart - nog as 'n amper toevallige deelname
gesien word.

Dit gaan ook verander.

Dis natuurlik interressant dat rugby deur die swart bevolking van die
Oos-Kaap gespeel was VOOR wit Afrikaners die spel ontdek het!!

Maar sokker het in die swart bevolking vinnig gegroei - aanhelp deur
apartheid wat dit as "die swartman se sport" gesien het.
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63614 is 'n antwoord op boodskap #63584] Do, 13 Junie 2002 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou wonder ek hoe het die Engelse dan nou eers die swartes geleer rugby
speel, voor hulle die wittes aan die suidpunt van Afrika kom leer het? Die
swartes het seker 'n hot-line Engeland toe gehad.

HK.

"Ferdi Greyling" >
>
> Dis natuurlik interressant dat rugby deur die swart bevolking van die
> Oos-Kaap gespeel was VOOR wit Afrikaners die spel ontdek het!!
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63618 is 'n antwoord op boodskap #63614] Do, 13 Junie 2002 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Nou wonder ek hoe het die Engelse dan nou eers die swartes geleer rugby
> speel, voor hulle die wittes aan die suidpunt van Afrika kom leer het? Die
> swartes het seker 'n hot-line Engeland toe gehad.

> "Ferdi Greyling" >
>
>> Dis natuurlik interressant dat rugby deur die swart bevolking van die
>> Oos-Kaap gespeel was VOOR wit Afrikaners die spel ontdek het!!

Laat ek 'n raaiskoot waag. Daar was sendelinge
uit Engeland en daar was sendelingskole in die
Oos-Kaap al van vroeg in die negentiende eeu.
Ek verwys na byvoorbeeld The London Missionary
Society. Die Metodiste was ook baie standvastig
in die Oos-Kaap. Dis 'n feit wat maklik uit die
oog verloor word: die rol wat sendelingkerke in
die geskiedenis van SA gespeel het. Tot en met
die apartheidsjare toe Trevor Huddleston (ook
dink ek van die London Missionary Society?)âan
die wêreld bekend gemaak het wat in Sophiatown
en omgewing besig is om te gebeur.
As ek dus 'n raaiskoot kan waag, was daar
meer swart kinders in skole in die Oos-Kaap in
die vroeë gedeelte van die 19de eeu as wat daar
kinders van Voortrekkers in skole was. Terwyl
laasgenoemde kleilat gespeel het, het sommige
van eersgenoemdes rugby gespeel.

Gloudina
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63627 is 'n antwoord op boodskap #63584] Do, 13 Junie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 12 Jun 2002 20:47:50 GMT, nospam@at.all (Ferdi Greyling) wrote:

> Dit was eers later dat ek besef het rugby was die wit Afrikaner se
> sport - met Broederbond blessings - en daar was gefrons op sokker as
> 'n "engelse" of 'n "swart" sport.

En wat van sokker as 'n moffiesport? Soms sou hulle gesê het dis 'n
sissiesport, maar eintlik bedoel het moffies, Engelse en allerhande
ander swakkelinge.

Johan Bornman
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63631 is 'n antwoord op boodskap #63614] Do, 13 Junie 2002 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 13 Jun 2002 09:21:45 GMT, "Hantamkind"
wrote:

> Nou wonder ek hoe het die Engelse dan nou eers die swartes geleer rugby
> speel, voor hulle die wittes aan die suidpunt van Afrika kom leer het? Die
> swartes het seker 'n hot-line Engeland toe gehad.

Nou wonder ek hoe vas die vooreerdeel in 'n mens soos jy se kop kan
sit?

Wat ek se berus op geskiedkundige navorsing. Waarop berus die vraag
wat jy so wit arrogant vra?
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63634 is 'n antwoord op boodskap #63631] Do, 13 Junie 2002 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ag, kom nou Ferdi, 'n bruin seun soos jy behoort beter te weet.

HK

"Ferdi Greyling"
> Nou wonder ek hoe vas die vooreerdeel in 'n mens soos jy se kop kan
> sit?
>
> Wat ek se berus op geskiedkundige navorsing. Waarop berus die vraag
> wat jy so wit arrogant vra?
>
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63638 is 'n antwoord op boodskap #63634] Do, 13 Junie 2002 15:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Die onderrok hang nou so ver uit jy het daaroor geval.

On Thu, 13 Jun 2002 14:35:59 GMT, "Hantamkind"
wrote:

> Ag, kom nou Ferdi, 'n bruin seun soos jy behoort beter te weet.
>
> HK
>
> "Ferdi Greyling"
>> Nou wonder ek hoe vas die vooreerdeel in 'n mens soos jy se kop kan
>> sit?

>> Wat ek se berus op geskiedkundige navorsing. Waarop berus die vraag
>> wat jy so wit arrogant vra?



>
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63711 is 'n antwoord op boodskap #63584] Vr, 14 Junie 2002 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> (Ferdi Greyling)

> rugby in die wit Afrikaanse visie uit
> apartheidsdae eerder 'n ideologiese etiket gehad het as 'n klasse een

"n baie nice boek deur Grant Farred (Midfielder's Moment) ondersoek sport se
verhouding met ideologie, post-apartheid identiteit en "representation". Ek is
amper seker jy sal dit geniet, Ferdi. Die titel word kreatief ingespan ten
opsigte van sogenaamde bruin identiteit.
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63713 is 'n antwoord op boodskap #63711] Vr, 14 Junie 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

> 'n baie nice boek deur Grant Farred (Midfielder's Moment) ondersoek sport se
> verhouding met ideologie, post-apartheid identiteit en "representation". Ek is
> amper seker jy sal dit geniet, Ferdi. Die titel word kreatief ingespan ten
> opsigte van sogenaamde bruin identiteit.

Kan jy asseblief so bietjie die
inhoud kortliks opsom, as dit
enigsins moontlik is?

Gloudina
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63869 is 'n antwoord op boodskap #63713] Ma, 17 Junie 2002 16:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> "@rogers.com" @rogers.com

> Kan jy asseblief so bietjie die
> inhoud kortliks opsom, as dit
> enigsins moontlik is?
>
> Gloudina

Gloudina, ek kwoteer die binne-flap opsomming

"In Midfielder's Moment, South African born scholar Grant Farred explored the
ways in which ideological differences and political fissures are being
articulated in the 'new' postapartheid nation. By examining the literature and
culture of a uniquely disenfranchised constituency - the coloured community -
this collection of essays sheds critical light on ythe current debates taking
place within the recently democratized society.
From essays that rethink the role and complicated disenfranchised identity of
coloured authors within the 1950s and 1960s proted writers movement (how the
work of Richard Rive, Arthur Nortje, and Jennifer Davids can be read against
the backdrop of recent historical events) to an in-depth analysis of the ways
in which sport delineates the racial and class tensions that gird the society,
Midfielder's Moment gives voice to a singularly embattled people.
The title of this project is taken only in part from the sports section of the
collection - a midfielder refers to the intermediary but crucial position on
the football team, one that links the defence to the attack. Midfielders
Moment refers, more saliently, to the amnbigous location the coloured community
occupies on the South African political landscape. By identifying the
precarious middle ground that couloureds occupy - between a newly enfranchised
black majority and a historically empowerd white minority - Midfielder's Moment
signals an imaginative intervention into the South African ideological
landscape from the coloured perspective, a community seldom invoked and all too
frequently silent (and silenced by the complications of its in-between
status)."

Chapter Headings:
Introduction: Occupying the Interstices
I: Writing in a Twilight Zone: Richard Rive, the Making of a Colored Artist and
Intellectual
II: The Poetics of Partial Affiliation: Arthur Nortje and the Pain of Origin
III: Searching for Colouredness: Reading the Poetry of Jennifer Davids
IV: Theatre of Dreams: Mimicry and Difference in Cape Flats Township Football
V: The Nation in White: Cricket in a Postapartheid South Africa
VI: McCarthyism, Township Style
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63876 is 'n antwoord op boodskap #63869] Ma, 17 Junie 2002 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

Midfielders
> Moment refers, more saliently, to the amnbigous location the coloured community
> occupies on the South African political landscape. the South African ideological
> landscape from the coloured perspective, a community seldom invoked and all too
> frequently silent (and silenced by the complications of its in-between
> status)."

Wat is jou opinie, Leswin, oor die "probleem"
wat hier geskets word? Is dit die regte kyk
op die "kleurling" gemeenskap, om hulle status
as "ambigious" te beskou, as 'n "in-between"
status. My eie intuisie het my nog altyd wys-
gemaak dat die regte benadering is om die tipering
deur kleur heeltemal te weier en te veg teen beide
die etikette "wit" en "swart". Om dus te weier om
te dink aan jouself as "kleurling." Want dan speel
jy maar net die swartes en die wittes se game.
Maar dan merk mens dat die Metis van Kanada
geveg het totdat hulle aparte status gewen het as
Metis. En mens merk dat daar mense in die VSA en
Kanada is wat hulleself "black" noem, maar hulle
is darem nie eens meer koffiekleurig nie, maar net
so off white. Wat laat hulle hulle self as "black"
beskou? Is dit 'n weersin teen witheid? Ek kan so
'n weersin verstaan. So 'n weersin kan gebore word
uit eeue en eeue se ondervinding van "wit" arrogansie.
(Ek kon dink dat die mense in Noordelike Europa twee
duisend jaar gelede dieselfde gevoel het teenoor die
Romeine.)
My eie opinie dus: moenie in die lokval van kleur
val nie. Weier om die etiket "wit" of "swart" of
"bruin" of "kleurling" te dra. Dis al oplossing wat ek
kan sien wat gesond is. So ek hoop dat mense in SA
nie "silenced" is "by their inbetween status" nie, maar dat
hulle net could not care less.

Gloudina
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63928 is 'n antwoord op boodskap #63876] Di, 18 Junie 2002 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
LeswinLaubscher  is tans af-lyn  LeswinLaubscher
Boodskappe: 47
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
> "@rogers.com" @rogers.com

> Wat is jou opinie, Leswin, oor die "probleem"
> wat hier geskets word?

Gloudina, ek het onlangs hieroor geskryf in 'n artikel wat tans beoordeel word
vir publikasie. Ek is dus kopiereg-huiwerig om die uittreksel hier te plaas
alvorens dit gepubliseer word. Ek is egter heel bereid om die spesifieke
gedeelte wat jou vraag aanspreek per private e-pos aan jou te stuur, indien jy
dit verlang. Laat maar weet.

Groetnis

leswin
Re: sokker, rugby en klas [boodskap #63979 is 'n antwoord op boodskap #63928] Wo, 19 Junie 2002 18:40 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LeswinLaubscher wrote:

> Gloudina, ek het onlangs hieroor geskryf in 'n artikel wat tans beoordeel word
> vir publikasie

per private e-pos

indien jy
> dit verlang. Laat maar weet.

Het jy my epos gekry?
Gloudina
Vorige onderwerp: Sokker - Afrika Juig
Volgende onderwerp: Tennis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 16:56:42 MGT 2024