Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onse Mimi
Onse Mimi [boodskap #63547] Wo, 12 Junie 2002 10:23 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
( Coetzer)
Is vandag 70 jaar oud.
Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy nie
meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
Annette
Re: Onse Mimi [boodskap #63549 is 'n antwoord op boodskap #63547] Wo, 12 Junie 2002 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nog 'n pierinkie melk...?
Volmondig. ;- ))

"Annette" skryf in boodskap news:ae77gk$4fcuo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> ( Coetzer)
> Is vandag 70 jaar oud.
> Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy nie
> meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
> Annette
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63550 is 'n antwoord op boodskap #63549] Wo, 12 Junie 2002 10:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))))) Sommer 'n hele koppie dankie;)))
Edward, ons dirigent, vertel omtrent elke week vir die soprane om asseblief
nie die note te gaan haal soos Onse Mimi nie.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:ae789a$6ar$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nog 'n pierinkie melk...?
> Volmondig. ;- ))
> "Annette" wrote in message
> news:ae77gk$4fcuo$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> ( Coetzer)
>> Is vandag 70 jaar oud.
>> Almal is nou vreeslik bly dat sy nou uiteindelik oud genoeg is, sodat sy
> nie
>> meer openbare uitvoerings hoef te hou nie;)))
>> Annette
>>
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63576 is 'n antwoord op boodskap #63550] Wo, 12 Junie 2002 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Edward, ons dirigent, vertel omtrent elke week vir die soprane om asseblief
> nie die note te gaan haal soos Onse Mimi nie.

Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
mense begin om oor sangers of sangeresse
wat nie meer op die toppunt van hulle
talent is nie, neerhalend te praat. Dit
word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
vreeslik baie talent self het nie, maar
glo dat om neerhalend van kunstenaars te
praat, hulle eie cachet verhoog. Solank
mense nog bereid is om vir uitvoerings te
betaal, reken ek dat die kunstenaars die
reg het om hulle talent te praktiseer.
Ek het die voorreg gehad om Elizabeth
Schwarzkopf te hoor sing in Pietermaritzburg,
toe almal gesê het sy is nou so oor die wal
dat sy in desperaatheid op klein plekkies
moes sing. Die aand toe sy sing, toe is daar
vir 'n ruk so 'n donderstorm buite dat ons
die donderslae binne duidelik kon hoor. Dit
het Elizabeth Schwarzkopf egter nie gesteur
nie. Sy het net haar stem so geprojekteer
sodat sy oor die klanke van die donderstorm
gehoor kon word. Sy het as 't ware die
donderstorm deel van die uitvoering gemaak.
Ek onthou daardie aand nou nog duidelik.
Ek het Mimi Coertze op haar fleur hoor
sing in London as die Koningin van die Nag
in Die Towerfluit. Ek dink die hoi poloi
behoort haar die nodige respek te betoon.

Gloudina
Re: Onse Mimi [boodskap #63594 is 'n antwoord op boodskap #63576] Do, 13 Junie 2002 03:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet met jou verskil. Tydsberekening is alles - en jy moet weet wanneer
om die tuig behoorlik neer te lê.
Onse Mimi is besig om respek wat vir haar bestaan holrug te ry - selfs ek
wat op my beste 'n "neuriesanger" is kan hoor wanneer sy "note forseer.
Herinner my aan bokskampioene wat terugkeer kryt toe - en dan verwag om nie
gemoer te word nie?
skryf in boodskap news:3D0786AD.7080203@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Edward, ons dirigent, vertel omtrent elke week vir die soprane om asseblief
>> nie die note te gaan haal soos Onse Mimi nie.
>
>
> Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
> mense begin om oor sangers of sangeresse
> wat nie meer op die toppunt van hulle
> talent is nie, neerhalend te praat. Dit
> word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
> vreeslik baie talent self het nie, maar
> glo dat om neerhalend van kunstenaars te
> praat, hulle eie cachet verhoog. Solank
> mense nog bereid is om vir uitvoerings te
> betaal, reken ek dat die kunstenaars die
> reg het om hulle talent te praktiseer.
> Ek het die voorreg gehad om Elizabeth
> Schwarzkopf te hoor sing in Pietermaritzburg,
> toe almal gesê het sy is nou so oor die wal
> dat sy in desperaatheid op klein plekkies
> moes sing. Die aand toe sy sing, toe is daar
> vir 'n ruk so 'n donderstorm buite dat ons
> die donderslae binne duidelik kon hoor. Dit
> het Elizabeth Schwarzkopf egter nie gesteur
> nie. Sy het net haar stem so geprojekteer
> sodat sy oor die klanke van die donderstorm
> gehoor kon word. Sy het as 't ware die
> donderstorm deel van die uitvoering gemaak.
> Ek onthou daardie aand nou nog duidelik.
> Ek het Mimi Coertze op haar fleur hoor
> sing in London as die Koningin van die Nag
> in Die Towerfluit. Ek dink die hoi poloi
> behoort haar die nodige respek te betoon.
>
> Gloudina
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63605 is 'n antwoord op boodskap #63576] Do, 13 Junie 2002 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Gloudina, dit gaan daaroor dat sekere kunstenaars nie kan besef dat
hulle nie meer dieselfde gehalte sang kan lewer as toe hulle op die toppunt
van hul loopbaan was nie, en dan nog steeds konserte hou en verwag dat mense
uit nostalgie verspotte pryse vir die kaartjies betaal , en verwag van
resensente om nog steeds liries oor die uitvoering te wees, terwyl dit
beswaarlik beter as power beskryf kon word.
Ek noem dit blatante uitbuiting, en mens se agting vir die persoon daal
drasties.
Sy was 'n goeie sopraan, maar sy is dit laaaaaankal nie meer nie, soos wat
haar optredes die laaste klompie jare bewys het.
Sy het nog steeds 'n soet stem, 'n effense vibrato vir die wat daarvan hou,
maar sy sukkel om die note te "pitch" - sy ry gewoonlik op na die regte noot
deesdae.
Mens hoef nie 'n operasanger te wees om te weet wanneer die gehalte sang nie
meer goed is nie.

Ek sal ook nie Elizabeth Schwarzkopf en Mimi Coertze onder dieselfde vakkie
klasifiseer nie - Mimi het die rol in Die Towerfluit haar eie gemaak - maar
glad nie in soveel uiteenlopende rolle as Schwarzkopf opgetree nie.

Hoeveel beroemde operasangers weet jy van wat van hul 70ste verjaarsdag 'n
openbare geleentheid gemaak het?

Annette

skryf in boodskap news:3D0786AD.7080203@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Edward, ons dirigent, vertel omtrent elke week vir die soprane om asseblief
>> nie die note te gaan haal soos Onse Mimi nie.
>
>
> Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
> mense begin om oor sangers of sangeresse
> wat nie meer op die toppunt van hulle
> talent is nie, neerhalend te praat. Dit
> word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
> vreeslik baie talent self het nie, maar
> glo dat om neerhalend van kunstenaars te
> praat, hulle eie cachet verhoog. Solank
> mense nog bereid is om vir uitvoerings te
> betaal, reken ek dat die kunstenaars die
> reg het om hulle talent te praktiseer.
> Ek het die voorreg gehad om Elizabeth
> Schwarzkopf te hoor sing in Pietermaritzburg,
> toe almal gesê het sy is nou so oor die wal
> dat sy in desperaatheid op klein plekkies
> moes sing. Die aand toe sy sing, toe is daar
> vir 'n ruk so 'n donderstorm buite dat ons
> die donderslae binne duidelik kon hoor. Dit
> het Elizabeth Schwarzkopf egter nie gesteur
> nie. Sy het net haar stem so geprojekteer
> sodat sy oor die klanke van die donderstorm
> gehoor kon word. Sy het as 't ware die
> donderstorm deel van die uitvoering gemaak.
> Ek onthou daardie aand nou nog duidelik.
> Ek het Mimi Coertze op haar fleur hoor
> sing in London as die Koningin van die Nag
> in Die Towerfluit. Ek dink die hoi poloi
> behoort haar die nodige respek te betoon.
>
> Gloudina
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63608 is 'n antwoord op boodskap #63605] Do, 13 Junie 2002 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Verskoon maar vir ou Gloudina......duidelik is sy sensitief oor die ouderdom
en aftrede. Dalk oor sy self sukkel om by te bly? Deur jou te beskuldig,
doen sy presies dieselfde as dit waarvan sy jou beskuldig. Laat die ou
dier in haar winterslaap......

"Annette" skryf in boodskap news:ae9f38$54dut$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nee Gloudina, dit gaan daaroor dat sekere kunstenaars nie kan besef dat
> hulle nie meer dieselfde gehalte sang kan lewer as toe hulle op die toppunt
> van hul loopbaan was nie, en dan nog steeds konserte hou en verwag dat mense
> uit nostalgie verspotte pryse vir die kaartjies betaal , en verwag van
> resensente om nog steeds liries oor die uitvoering te wees, terwyl dit
> beswaarlik beter as power beskryf kon word.
> Ek noem dit blatante uitbuiting, en mens se agting vir die persoon daal
> drasties.
> Sy was 'n goeie sopraan, maar sy is dit laaaaaankal nie meer nie, soos wat
> haar optredes die laaste klompie jare bewys het.
> Sy het nog steeds 'n soet stem, 'n effense vibrato vir die wat daarvan hou,
> maar sy sukkel om die note te "pitch" - sy ry gewoonlik op na die regte noot
> deesdae.
> Mens hoef nie 'n operasanger te wees om te weet wanneer die gehalte sang nie
> meer goed is nie.
>
> Ek sal ook nie Elizabeth Schwarzkopf en Mimi Coertze onder dieselfde vakkie
> klasifiseer nie - Mimi het die rol in Die Towerfluit haar eie gemaak - maar
> glad nie in soveel uiteenlopende rolle as Schwarzkopf opgetree nie.
>
> Hoeveel beroemde operasangers weet jy van wat van hul 70ste verjaarsdag 'n
> openbare geleentheid gemaak het?
>
> Annette
>
>
>
> skryf in boodskap news:3D0786AD.7080203@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>>> Edward, ons dirigent, vertel omtrent elke week vir die soprane om
> asseblief
>>> nie die note te gaan haal soos Onse Mimi nie.
>>
>>
>> Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
>> mense begin om oor sangers of sangeresse
>> wat nie meer op die toppunt van hulle
>> talent is nie, neerhalend te praat. Dit
>> word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
>> vreeslik baie talent self het nie, maar
>> glo dat om neerhalend van kunstenaars te
>> praat, hulle eie cachet verhoog. Solank
>> mense nog bereid is om vir uitvoerings te
>> betaal, reken ek dat die kunstenaars die
>> reg het om hulle talent te praktiseer.
>> Ek het die voorreg gehad om Elizabeth
>> Schwarzkopf te hoor sing in Pietermaritzburg,
>> toe almal gesê het sy is nou so oor die wal
>> dat sy in desperaatheid op klein plekkies
>> moes sing. Die aand toe sy sing, toe is daar
>> vir 'n ruk so 'n donderstorm buite dat ons
>> die donderslae binne duidelik kon hoor. Dit
>> het Elizabeth Schwarzkopf egter nie gesteur
>> nie. Sy het net haar stem so geprojekteer
>> sodat sy oor die klanke van die donderstorm
>> gehoor kon word. Sy het as 't ware die
>> donderstorm deel van die uitvoering gemaak.
>> Ek onthou daardie aand nou nog duidelik.
>> Ek het Mimi Coertze op haar fleur hoor
>> sing in London as die Koningin van die Nag
>> in Die Towerfluit. Ek dink die hoi poloi
>> behoort haar die nodige respek te betoon.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63622 is 'n antwoord op boodskap #63605] Do, 13 Junie 2002 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Nee Gloudina, dit gaan daaroor dat sekere kunstenaars nie kan besef dat
> hulle nie meer dieselfde gehalte sang kan lewer as toe hulle op die toppunt
> van hul loopbaan was nie, en dan nog steeds konserte hou en verwag dat mense
> uit nostalgie verspotte pryse vir die kaartjies betaal
> Ek noem dit blatante uitbuiting, en mens se agting vir die persoon daal
> drasties.

En ek vra weer: wie dwing jou om na 'n
Mimi Coertze konsert te gaan? Mense stem
met hulle voete. En wie sê Mimi vra vir
jou "agting."

Gloudina
Re: Onse Mimi [boodskap #63623 is 'n antwoord op boodskap #63605] Do, 13 Junie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Thu, 13 Jun 2002 08:43:51 +0200, "Annette Wie? skryf:

> Nee Gloudina, dit gaan daaroor dat sekere kunstenaars nie kan besef dat
> hulle nie meer dieselfde gehalte sang kan lewer as toe hulle op die toppunt
> van hul loopbaan was nie, en dan nog steeds konserte hou en verwag dat mense
> uit nostalgie verspotte pryse vir die kaartjies betaal , en verwag van
> resensente om nog steeds liries oor die uitvoering te wees, terwyl dit
> beswaarlik beter as power beskryf kon word.

Niemand wurg die kaartjies in jou keelgat af nie. Die kunstenaar kan
mos maar verwag wat hulle wil, dis jy wat met jou beursie stem. En as
jy gevang word, wel, dan's dit jou eie skuld. Volgende keer weet jy
dalk beter.

> Ek noem dit blatante uitbuiting, en mens se agting vir die persoon daal
> drasties.
> Sy was 'n goeie sopraan, maar sy is dit laaaaaankal nie meer nie, soos wat
> haar optredes die laaste klompie jare bewys het.

Nou ja, moenie luister nie, maar solank sy leef het sy die reg om te
sing.

Johan Bornman
Re: Onse Mimi [boodskap #63624 is 'n antwoord op boodskap #63576] Do, 13 Junie 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

On Wed, 12 Jun 2002 17:34:37 GMT, Gloudina Wie? skryf:

>
> Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
> mense begin om oor sangers of sangeresse
> wat nie meer op die toppunt van hulle
> talent is nie, neerhalend te praat. Dit
> word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
> vreeslik baie talent self het nie, maar
> glo dat om neerhalend van kunstenaars te
> praat, hulle eie cachet verhoog.

Ek stem saam. Een van die grootste slagoffers hier is Mick Jagger. Ek
raak getrek die dag as ek 'n Engelse journalis in The Star sien wat
hom nie beskryf as "aging rocker, Mick Jagger" nie.

Soos ek die ding sien, is ons almal "aging."

> Solank
> mense nog bereid is om vir uitvoerings te
> betaal, reken ek dat die kunstenaars die
> reg het om hulle talent te praktiseer.

Dit hoef nie eers talent te wees wat hulle praktiseer nie, kyk maar
net na al die flou kunstenaars wat hope CDs en kaartjies in SA
verkoop.

Johan Bornman
Re: Onse Mimi [boodskap #63642 is 'n antwoord op boodskap #63547] Do, 13 Junie 2002 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Daar is so 'n effe van 'n verskil tussen 'n CD en 'n kaartjie wat uit vrye
> wil te koop is en TV wat jy voor betaal, moet sit en kyk na 'n ou kunstenaar
> wat duidelik oor haar beste is. Ek dink enige presteerder behoort te besef
> daar kom 'n tyd wat juis die kwaliteit wat jou spesiaal gemaak het, begin
> agteruitgaan.

Wel, soos ek vantevore gesê het:
niemand dwing jou om na die konsert
te gaan nie, en op televisie kan jy
doodeenvoudig oorskakel na 'n ander
program. Dus, wanneer jy of Annette
sit en pontifikeer oor Mimi, dan
verdink ek vir julle van affektasie,
asof julle nou dink julle is so smart
om te weet dat Mimi nou oor die wal
is, sien. Buitendien word die aanhef
"onse Mimi" nog 'n ander stukkie psigologie,
waarmee julle meer julself tipeer as
bourgeois snobiste. Julle dink as julle
haar "onse Mimi" noem, dan behoort sy nou
kultureel aan julle en kan julle haar
maar afmaai soos julle wil. Ek merk op
dat Pavarotti, wat ook oor die wal is
volgens kritici, nog vol huise trek hier
in die VSA en glo ook in Pretoria, as ek
reg onthou. Dink jy die Italianers noem
hom ook "onse Luciano." (Ek weet dat hulle
hom in Milan 'n rukkie gelede geboo het,
maar so what.)

Gloudina
Re: Onse Mimi [boodskap #63644 is 'n antwoord op boodskap #63642] Do, 13 Junie 2002 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Goed gesê. Nooit ooit het ek gedink ek sal so saam met Glodina stem nie.
(Vergewe my)
G.
skryf in boodskap news:3D08CDA6.7000204@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Daar is so 'n effe van 'n verskil tussen 'n CD en 'n kaartjie wat uit vrye
>> wil te koop is en TV wat jy voor betaal, moet sit en kyk na 'n ou kunstenaar
>> wat duidelik oor haar beste is. Ek dink enige presteerder behoort te besef
>> daar kom 'n tyd wat juis die kwaliteit wat jou spesiaal gemaak het, begin
>> agteruitgaan.
>
>
> Wel, soos ek vantevore gesê het:
> niemand dwing jou om na die konsert
> te gaan nie, en op televisie kan jy
> doodeenvoudig oorskakel na 'n ander
> program. Dus, wanneer jy of Annette
> sit en pontifikeer oor Mimi, dan
> verdink ek vir julle van affektasie,
> asof julle nou dink julle is so smart
> om te weet dat Mimi nou oor die wal
> is, sien. Buitendien word die aanhef
> "onse Mimi" nog 'n ander stukkie psigologie,
> waarmee julle meer julself tipeer as
> bourgeois snobiste. Julle dink as julle
> haar "onse Mimi" noem, dan behoort sy nou
> kultureel aan julle en kan julle haar
> maar afmaai soos julle wil. Ek merk op
> dat Pavarotti, wat ook oor die wal is
> volgens kritici, nog vol huise trek hier
> in die VSA en glo ook in Pretoria, as ek
> reg onthou. Dink jy die Italianers noem
> hom ook "onse Luciano." (Ek weet dat hulle
> hom in Milan 'n rukkie gelede geboo het,
> maar so what.)
>
> Gloudina
>
Re: Onse Mimi [boodskap #63654 is 'n antwoord op boodskap #63624] Do, 13 Junie 2002 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Daar is so 'n effe van 'n verskil tussen 'n CD en 'n kaartjie wat uit vrye
wil te koop is en TV wat jy voor betaal, moet sit en kyk na 'n ou kunstenaar
wat duidelik oor haar beste is. Ek dink enige presteerder behoort te besef
daar kom 'n tyd wat juis die kwaliteit wat jou spesiaal gemaak het, begin
agteruitgaan. Dan is die tyd om te groet, want die publiek onthou nie die
jong weergawe nie......die laaste, sukkelende beeld bly staan.
wrote in message
news:3d0870ce.1686384@news.icon.co.za...
> On Wed, 12 Jun 2002 17:34:37 GMT, Gloudina Wie? skryf:
>
>>
>> Ek vind dit altyd heel onsmaaklik as
>> mense begin om oor sangers of sangeresse
>> wat nie meer op die toppunt van hulle
>> talent is nie, neerhalend te praat. Dit
>> word gewoonlik gedoen deur mense wat nie
>> vreeslik baie talent self het nie, maar
>> glo dat om neerhalend van kunstenaars te
>> praat, hulle eie cachet verhoog.
>
> Ek stem saam. Een van die grootste slagoffers hier is Mick Jagger. Ek
> raak getrek die dag as ek 'n Engelse journalis in The Star sien wat
> hom nie beskryf as "aging rocker, Mick Jagger" nie.
>
> Soos ek die ding sien, is ons almal "aging."
>
>
>
>> Solank
>> mense nog bereid is om vir uitvoerings te
>> betaal, reken ek dat die kunstenaars die
>> reg het om hulle talent te praktiseer.
>
> Dit hoef nie eers talent te wees wat hulle praktiseer nie, kyk maar
> net na al die flou kunstenaars wat hope CDs en kaartjies in SA
> verkoop.
>
> Johan Bornman
Re: Onse Mimi [boodskap #63678 is 'n antwoord op boodskap #63642] Vr, 14 Junie 2002 07:01 Na vorige boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja antie, so jy is ook 'n voorstander van 'as niks anders help nie, verlaag
dan maar jou standaarde'? Dit is meer uit deernis vir 'n volksikoon wat
nie meer die ding ordentlik kan doen nie, dat ons sou verkies dat sy rustig
stil raak sodat ons haar beste kan onthou. Jy gee duidelik nie om dat
iemand sy naam krater maak nie.......net soos jy met jou woordeboek voor jou
sit en hogere woorde uitsoek! Jy's reg, ek het 50 kanale waarna ek kan
oorskakel, en ek doen dit as die antie met die velle en gwalle op die TV
verskyn, maar dit maak dit nie reg nie!
skryf in boodskap news:3D08CDA6.7000204@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Daar is so 'n effe van 'n verskil tussen 'n CD en 'n kaartjie wat uit vrye
>> wil te koop is en TV wat jy voor betaal, moet sit en kyk na 'n ou kunstenaar
>> wat duidelik oor haar beste is. Ek dink enige presteerder behoort te besef
>> daar kom 'n tyd wat juis die kwaliteit wat jou spesiaal gemaak het, begin
>> agteruitgaan.
>
>
> Wel, soos ek vantevore gesê het:
> niemand dwing jou om na die konsert
> te gaan nie, en op televisie kan jy
> doodeenvoudig oorskakel na 'n ander
> program. Dus, wanneer jy of Annette
> sit en pontifikeer oor Mimi, dan
> verdink ek vir julle van affektasie,
> asof julle nou dink julle is so smart
> om te weet dat Mimi nou oor die wal
> is, sien. Buitendien word die aanhef
> "onse Mimi" nog 'n ander stukkie psigologie,
> waarmee julle meer julself tipeer as
> bourgeois snobiste. Julle dink as julle
> haar "onse Mimi" noem, dan behoort sy nou
> kultureel aan julle en kan julle haar
> maar afmaai soos julle wil. Ek merk op
> dat Pavarotti, wat ook oor die wal is
> volgens kritici, nog vol huise trek hier
> in die VSA en glo ook in Pretoria, as ek
> reg onthou. Dink jy die Italianers noem
> hom ook "onse Luciano." (Ek weet dat hulle
> hom in Milan 'n rukkie gelede geboo het,
> maar so what.)
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Gat-oor-kop spul
Volgende onderwerp: Staking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 18:35:06 MGT 2024