Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons Lekker Goed
Ons Lekker Goed [boodskap #63058] Di, 04 Junie 2002 06:46 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kom toe oor die naweek agter die mense van Engeland, Kanada en VSA weet
nie van Milo nie.
Ek het ook al 'n resep vir iemand in Kanada gestuur en moes toe hoor daar is
nie peppermint crisp daar nie.
Elke keer as ek Engeland toe gaan moet ek 'n boksie vol Anchovette Vissmeer
saamneem.
Gelukkig sien ek dat Mrs Balls en Rooibostee nou in Engeland beskikbaar is.

Annette
Re: Ons Lekker Goed [boodskap #63071 is 'n antwoord op boodskap #63058] Di, 04 Junie 2002 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote:

> Ek kom toe oor die naweek agter die mense van Engeland, Kanada en VSA weet
> nie van Milo nie.

Dis snaaks - want Milo is oorspronklik 'n Britse/Engelse malt produk.
Ek praat onder korreksie, maar ek dink amper dit word versprei deur
Nestlé.
Miskien verkies of ken jou vriende dalk net die ander "brand names"
soos Ovaltine ens. Ons kry Milo en Marmite (die ander Britse produk
van oorsprong) in ons winkels, maar mense koop dit nie baie nie - ek
dink dis net die Britte en Suid-Afrikaners wat dit opkoop.
(Ekself koop nog gereeld my botteltjie Marmite, al is ek die enigste
een in die huis wat dit eet) :-)

> Ek het ook al 'n resep vir iemand in Kanada gestuur en moes toe hoor daar is
> nie peppermint crisp daar nie.

Ja, dit is nou iets wat ons ook nie hier sien nie. Dis mos Rowntree
(ook van die Nestlé stal).

> Elke keer as ek Engeland toe gaan moet ek 'n boksie vol Anchovette Vissmeer
> saamneem.

Maar waarom dan? Dis dan ook iets wat oorspronklik vanaf Engeland af
kom! :-)
Re: Ons Lekker Goed [boodskap #63075 is 'n antwoord op boodskap #63058] Di, 04 Junie 2002 13:29 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek kom toe oor die naweek agter die mense van Engeland, Kanada en VSA weet
> nie van Milo nie.
> Ek het ook al 'n resep vir iemand in Kanada gestuur en moes toe hoor daar is
> nie peppermint crisp daar nie.

Wees tog versigtig met die sweeping statements
wanneer jy net met 'n paar mense in elke land
in verbinding is. Daar is Milo op rakke hier
in die winkels. As dit nie in 'n groot kruide-
nierswinkel te kry is nie, is dit wel te kry
in spesialiteits-winkels wat oral rond is en
wat of midde-oostelike of karribiese klante
en dies meer bedien. Ek persoonlik hou nog
van Milo nog van Ovaltine.
Peppermint Crisp het net ander name hier.
Soos Mint Aero, byvoorbeeld.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wie is hier?
Volgende onderwerp: RIP Hansie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 08:43:54 MGT 2024