Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Jy sê vir My : " Ou boetie..." deur LOUIS LEIPOLDT
" Jy sê vir My : " Ou boetie..." deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #61621] Ma, 06 Mei 2002 22:53
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jy sê vir My: "Ou boetie..."
C. Louis Leipoldt

Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?
Dink jy die mense lees jou versies? Glo
Ons het nog ander goed om oor te babbel
En hou nie van slampampertjies hier bo."

Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie.
Die windswael sing - nou, waarvoor moet hy sing?
Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe -
Net om hy iets moet sê - iets, iets, moet bring!

En ek ook, soos 'n windswael, maak my versies
Nie maar vir jou - nee, glad nie; want ek weet
Jy hou mos nie van versies - jy wat trots is
Omdat jy dink jy het die wysheid beet.

Ek sing net vir myself; uit puur verstrooiing
Maak ek slampamperliedjies net soos dié:
'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,
En ek moet versies maak of praat met.... wie?
Vorige onderwerp: Die Stouterds in die Parlement
Volgende onderwerp: Jim Reeves sterf in vliegongeluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 23:40:48 MGT 2024