Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Selfbeeld
Selfbeeld [boodskap #61291] Di, 30 April 2002 06:13 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hoor nou op RSG onderhoude met dogtertjies oor hulle Barbie-poppe. ( nie
een het net een nie)
Ek sien ook dat daar alweer 'n artikel oor Advokaat Barbie in Huisgenoot
is.
Nou is daar een of ander sielkundige wat beweer dat die pop 'n simbool van
bemagtiging van die vrou is.
Ek stem nie saam nie - maar die vraag kom wel op hoekom sekere mense aan
hulle uiterlike beeld drastiese veranderinge laat aanbring en dan verklaar
dat hulle nou uiteindelik hulleself is.
Vir my het Self tog niks uit te waai hoe ek lyk nie - maar miskien kan
iemand hier vir my verduidelik hoekom daar mense is wat wel so dink, en wat
die rede tot so 'n denkrigting is.
Dis net vir my moeilik om te verstaan dat 'n besadigde persoon met 'n
introverte persoonlikheid eensklaps kan verander in 'n uitgesproke
ekstrovert met die kleur van die hare na blond en plastiese verandering aan
sigbare bates, en dan te verklaar dat hulle nou uiteindelik hulself is.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Re: popspeel en selfbeeld [boodskap #61323 is 'n antwoord op boodskap #61291] Di, 30 April 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom kry mens nie meer golliwog poppe nie?
Vroulief het so tydjie gelede een gemaak van die pragtigste blink
materiaal en alle dogtertjies wat hier by ons huis saam met hulle
mammas kom kuier kan hulle oë nie van dié pop afhou nie, ook nie
hul hande nie. Die ander poppe trek nie hulle aandag soos die
golliwog nie. Daar is selfs 'n groot nar wat ook die mooiste
blink klere aan het met die mooiste opgemaakte wit gesig met rooi
wange. 'n 90cm lange, ou dae se winkelpop, kry nie eers so baie
aftrek nie, met haar klere uit die vroeë '50.
Almal wil die gollywog hê. Ma sê dan maar net sy verkoop of gee
nie haar 'kinders' weg nie. :-)
Re: popspeel en selfbeeld [boodskap #61335 is 'n antwoord op boodskap #61323] Wo, 01 Mei 2002 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Golliwogs wat ek van weet was altyd van sulke harde plastiek, nie een
het wimpers gehad wat verleidelik oor die oë kon val nie, en nie een het 'n
kuis pruilmondjie gehad nie.
Annette

Tobie skryf in boodskap news:aamm1v$23v$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoekom kry mens nie meer golliwog poppe nie?
> Vroulief het so tydjie gelede een gemaak van die pragtigste blink
> materiaal en alle dogtertjies wat hier by ons huis saam met hulle
> mammas kom kuier kan hulle oë nie van dié pop afhou nie, ook nie
> hul hande nie. Die ander poppe trek nie hulle aandag soos die
> golliwog nie. Daar is selfs 'n groot nar wat ook die mooiste
> blink klere aan het met die mooiste opgemaakte wit gesig met rooi
> wange. 'n 90cm lange, ou dae se winkelpop, kry nie eers so baie
> aftrek nie, met haar klere uit die vroeë '50.
> Almal wil die gollywog hê. Ma sê dan maar net sy verkoop of gee
> nie haar 'kinders' weg nie. :-)
>
Re: Selfbeeld [boodskap #61684 is 'n antwoord op boodskap #61291] Di, 07 Mei 2002 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Adv. Barbie reken dan self in Huisgenoot dat die mense wat haar so
beoordeel/veroordeel net 'n geleentheid soek vir hulle 15 minute van roem!!
:))

Maar tog vergeet sy dat sy aan Idols deelgeneem het vir presies dieselfde
rede.

Mense wat voel om veranderinge aan te bring kan dit maar doen - na my
mening. Ons leef net eenkeer. Waarom ongelukkig voel dan?

"Annette" skryf in boodskap news:aaldfu$bh7if$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek hoor nou op RSG onderhoude met dogtertjies oor hulle Barbie-poppe. nie
> een het net een nie)
> Ek sien ook dat daar alweer 'n artikel oor Advokaat Barbie in Huisgenoot
> is.
> Nou is daar een of ander sielkundige wat beweer dat die pop 'n simbool van
> bemagtiging van die vrou is.
> Ek stem nie saam nie - maar die vraag kom wel op hoekom sekere mense aan
> hulle uiterlike beeld drastiese veranderinge laat aanbring en dan verklaar
> dat hulle nou uiteindelik hulleself is.
> Vir my het Self tog niks uit te waai hoe ek lyk nie - maar miskien kan
> iemand hier vir my verduidelik hoekom daar mense is wat wel so dink, en wat
> die rede tot so 'n denkrigting is.
> Dis net vir my moeilik om te verstaan dat 'n besadigde persoon met 'n
> introverte persoonlikheid eensklaps kan verander in 'n uitgesproke
> ekstrovert met die kleur van die hare na blond en plastiese verandering aan
> sigbare bates, en dan te verklaar dat hulle nou uiteindelik hulself is.
> Annette
>
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a State of Mind
>
Re: Selfbeeld [boodskap #61685 is 'n antwoord op boodskap #61291] Di, 07 Mei 2002 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou nou net vra nou tot waar mag mens verander.

"Rosie" skryf in boodskap news:ab9dhc$oth$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar Advokaat Barbie het dit oordoen. Ek het vergeet om dit by te voeg. lol.
>
> "Rosie" wrote in message
> news:ab9dd0$oof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Adv. Barbie reken dan self in Huisgenoot dat die mense wat haar so
>> beoordeel/veroordeel net 'n geleentheid soek vir hulle 15 minute van
> roem!!
>> :))
>>
>> Maar tog vergeet sy dat sy aan Idols deelgeneem het vir presies dieselfde
>> rede.
>>
>> Mense wat voel om veranderinge aan te bring kan dit maar doen - na my
>> mening. Ons leef net eenkeer. Waarom ongelukkig voel dan?
>
Re: Selfbeeld [boodskap #61686 is 'n antwoord op boodskap #61684] Di, 07 Mei 2002 20:35 Na vorige boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Maar Advokaat Barbie het dit oordoen. Ek het vergeet om dit by te voeg. lol.

"Rosie" skryf in boodskap news:ab9dd0$oof$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Adv. Barbie reken dan self in Huisgenoot dat die mense wat haar so
> beoordeel/veroordeel net 'n geleentheid soek vir hulle 15 minute van roem!!
> :))
>
> Maar tog vergeet sy dat sy aan Idols deelgeneem het vir presies dieselfde
> rede.
>
> Mense wat voel om veranderinge aan te bring kan dit maar doen - na my
> mening. Ons leef net eenkeer. Waarom ongelukkig voel dan?
Vorige onderwerp: Chirac - Le Pen
Volgende onderwerp: Herfstyd Innie Kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 12:22:30 MGT 2024