Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig
Gedig [boodskap #6097] Vr, 29 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Verandering

Verstaan-
geen pad is ooit te ver vir my nie.
Die weer is altyd reg,
en as daar kreef vir brekfis is, ook okay.

Partykeer is ek verlore, ander vas,
mens kan soms nie sê wat die verskil is nie.
Soms het ek 'n lang baard sonder skoene,
nou dra ek mooi klere en ek groet almal.

Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na liefde.

Ek verander nou die draadloos se stasie,
my musieksmaak raak oud.
Ek sit my oor teen die kassie,
my vinger op die vibrasie.
Ek tik teen die ruit om middernag.

Ek soek 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na stilte.

Soms kan ek in my slaap onthou
op watter lughawe ek laas was,
waar ek 'n milkshake gedrink het,
geld uigegee het, of vriende onthaal het
maar dis nie eintlik belangrik nie.

Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na kerse.

Nou't ek bye leer sê met 'n smile
en ek weet dis nie nodig om te verstaan nie.
Langs elke pad is 'n wensfontein oop vir almal
na-ure, of as jy moet oorslaap vir 'n aand.

Ek sit in 'n coffeeshop met 'n view
ek lees feeverhale.


**********
Julie 1995
Re: Gedig [boodskap #6105 is 'n antwoord op boodskap #6097] Sa, 30 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
James Andrews[2]  is tans af-lyn  James Andrews[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 29 Mar 1996 18:39:54 -0800, Charl Durand wrote:
> Verandering
> Verstaan-
> geen pad is ooit te ver vir my nie.
> en as daar kreef vir brekfis is, ook okay.
> Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
> Ek soek 'n coffeeshop met 'n view
> partykeer soek ek na stilte.
> waar ek 'n milkshake gedrink het,
> Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
> partykeer soek ek na kerse.
> Ek sit in 'n coffeeshop met 'n view
> ek lees feeverhale.

Jislaaik. Miskien te veel coffee by die coffee-shop?
Vorige onderwerp: waar bly die gedigte?
Volgende onderwerp: Twee gedigte van OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 18:38:09 MGT 2024