Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Pieterse
Re: Oor Grondbesit [boodskap #59236 is 'n antwoord op boodskap #59233] Wo, 27 Maart 2002 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

>> Die
>> swernoters het oral ingestap en geplak, nè?

>> Gloudina

>
> Ek weet nie hoekom dit hulle spesifiek nou swernoters maak nie. Miskien
> omdat hulle wit was? Geskiedenis vertel ons dat dit is hoe dinge gedoen
> was. Swart, wit, rooi, geel, dit maak nie saak na watter nasie jy na kyk
> nie, dit is hoe dit gewerk het. Daarmee sê ek nie dat dit reg was nie, ek
> sê net dat jou kommentaar dat die witmense nou swernoters was onregverdig
> is.

Kan jy nie sarkasme verstaan nie?

Deur die eeue het verskillende groepe
ander mense se lewensruim op 'n groot
skaal binnegegaan en gemaak of dit hulle
s'n is. Soos byvoorbeeld die Romeine.
En die Grieke voor hulle wat tot in
Afghanistan gevorder het. En so omtrent
'n duisend jaar gelede die Moslem invalle
vanuit die Middelooste.
Maar op die skaal van dinge, was die uittog
van Europeërs uit Europa in die laaste vyf
of ses eeue een van die grootste. En die
wereld is op die oomblik besig om hulle los
te maak van die dwingelandy wat daardie
Europese "plakkers" op hulle afgedwing het.
Dis een van die dinge wat die haat teen die
"Amerikaners" inspireer in die breine van
Moslem terroriste. Of hulle nou reg of verkeerd
is, is 'n ander vraag.

Gloudina
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59237 is 'n antwoord op boodskap #59232] Wo, 27 Maart 2002 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
> wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
> te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
> oorleef, en die finasieële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
> te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
> kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
> belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
> daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
> die nie-so-vêr-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
> versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
> nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
> nie net gaan oor grondbesit nie.

Ja, op die oog af is alles waar. Maar subtiel
argumenteer jy dus vir die status quo, dit wil
sê, jy neem aan omdat die wit mense al die
know how het, moet hulle maar gelos word om
op die plase voort te boer.
En selfs onder die huidige regering is die
deck gestack teen swart boere. My skoondogter
vertel dat 'n tante van haar in die besigheid
is om "wit" plase te vind om aan die regering
te verkoop, sodat hulle swart boere daarop kan
vestig. (Haar tante maak glo 'n stywe kommissie
daaruit.) Maar my skoondogter sê die arme swart
boere moet dit dan op sekere voorwaardes van die
regering koop, en skuld die regering dan op die
lang duur geld wat hulle nooit kan hoop om af te
betaal nie.
My skoondogter se mense is al meer as 'n eeu
en 'n half op dieselfde grond in die Vrystaat. Jy
kan seker daarvan wees dat daardie mense daardie
grond beset het nadat van die Voortrekkers in die
Vrystaat teen die lokale stamme geveg het en die
grond van hulle afgevat het. Hierdie storie dat
al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
bloot deur te help om die bome van die eiland
uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
pennie daarvoor betaal nie.

Gloudina
Re: Aksente [boodskap #59243 is 'n antwoord op boodskap #59226] Wo, 27 Maart 2002 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 15:13:38 +0200, "Sakkie" wrote:

>
> Nei man Dirrie, dis nerrie vie vootanne wat samtaaims missieng is
>

Maybe 'tissie time om biekie 'n paar dae vannie geselsskap
weg te bly en sodoende my eigene voortanne te spaar:-)))
Re: Aksente [boodskap #59244 is 'n antwoord op boodskap #59221] Wo, 27 Maart 2002 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

>
> Wouter
> As sy nie met daardie aksent praat nie, klink sy vir hulle soos die
> BBC-nuuslesers vir die Noord-Amerikaners klink. Hovaardig,
> neus-in-die-lug en aansitterig. Jy sal vir hulle heelwat erger klink
> met jou Tronsvôlse aksent.

Dit klink snaaks maar ek dink jy's reg
>
> Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
> "vroumens" sê baie...
>
>

Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie
is 'n klein dankie_sê."
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59249 is 'n antwoord op boodskap #59181] Wo, 27 Maart 2002 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
> wizzdim
~~~~~~~
ek hou van dié beskrywende tuisgemaakte woord verstaan ek dit nou
reg ...... ?

wizz = buitengewoond
dim = dof
---
~~~~~~~~~~~~~~~
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Welkom terug! [boodskap #59250 is 'n antwoord op boodskap #59214] Wo, 27 Maart 2002 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Mar 2002 20:53:54 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> KinkY: Welkom terug! Dit is lekker om jou weer hier rond te hê!
> Hoop jy het n wonderlike tydjie weg gehad en lekker gerus!
> :-)

Dankie Kinky. :-) Ja, dit was wonderlik om weer bekende plekke te
kon gaan opsoek en die koffiereuk wat so vasslaan teen jou as jy van
die vliegtuig afklim, ens.
My man was so gaaf om spesiaal 'n stukkie wat op TV was oor Kaapstad
te "tape". Ek het dit sopas klaar gekyk. Dit was 'n episode van een
van hierdie realiteits programme, en die ouens moes na Kaapstad toe
vlieg en dan sekere dinge daar doen. Ek kon my oë nie glo toe ek sien
hoe dinge verander het nie. Nog mooier as ooit, maar die kontras
tussen arm en ryk slaan mens nogal hard tussen die oë. En ek het my
doodgegril vir 'n ou omie wat een van die deelnemers amper wou soen
toe sy vir hom vra vir 'n donasie. In sy gebroke Engels sê hy toe vir
haar :"we don't speak english", maar hy probeer darem nog 'n soen
inkry - eeeeughy! Dit het my nogal laat terugdink aan my ervaringe as
kind ook - daai slop soene van party mense. Eeeuw....
Ek het toe ook geleer wat 'n "smiley" is...grootter EEEEUW!!!

Maar Lanzerac is nog net so mooi, en ek was heel verbaas om die
ferries te sien. Destyds moes ons met so ou boot oorvaar na Robbin
eiland, nou is hulle heel fênsie daar, hoor! :-)
Maar ai, daardie blou blou lug is iets wat ek darem baie mis. Bobby,
my man sê dat daar by julle is die lug ook so pragtig skerp blou.
Elkgeval...laat ek ophou babbel. :-)

Terloops, waar is Annette? Ek sien haar nêrens nie!
Re: Aksente [boodskap #59251 is 'n antwoord op boodskap #59216] Wo, 27 Maart 2002 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is snaaks en eintlik komies né.

Nè!! :-)))

> ken ook sulke gevalle. Wat
> hiermee saamgaan is wat 'n joernalis eendag gesê het hoe Tutu begin
> rolle speel en dramaties rondspring het na hy bekend geword het.

Hey, oppas nou. Los vir Tutu uit. :-)

> Iets wat ek vreeslik interessant gevind het, is toe Ronel, wat saam
> met my werk en van Springbok afkomstig is (baie ònlangs daarvandaan)
> en Afrikaans praat soos enige ordentlike mens (werklik sonder 'n
> aksent), 'n paar dae gelede telefonies met haar ma in Springbok gesels
> in my teenwoordigheid.. Skielik het die vroumens 'n plat stupid
> Namakwalandse aksent solank die gesprek geduur het. Net daarna was
> haar taal met my weer heel ordentlik.
> Wat ek nie aan gedink het nie en volgende keer wel sal doen, is om
> haar iets te vra terwyl sy met haar ma praat. Om te hoor hoe sy tydens
> die gesprek met my praat.

Hehehehe...ja, ek kan ook baie stories wat soortgelyk is vertel. En
weet jy wat die snaakste van alles is, is dat dit hier in die Suide
presies dieselfde is. Dank vader daarvoor, want anders sou ek NOOIT
'n enkele woord kon verstaan nie! :-))

> As julle afgelei het dat ek dink die Namakwalanders het 'n plat dom
> aksent, ja julle is reg. Hulle aksent is selfs erger as dié van die
> Kapenaars :-)

Ooo, maar djy soek mos nou!! :-))
Terloops, dink jy daar is so groot variasie van aksente (nie dialekte
nie) in die Transvaal, ook? Ons los maar die Vrystaar en Natal (ons
weet mos hulle is net daar om...er...never mind)
:-)))
Re: Aksente en mcp's [boodskap #59253 is 'n antwoord op boodskap #59221] Wo, 27 Maart 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
> "vroumens" sê baie...

So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->
Re: Aksente [boodskap #59254 is 'n antwoord op boodskap #59222] Wo, 27 Maart 2002 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 09:41:15 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
> wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
> Kapenaars het gaan aksent nie :-)

Ek stem!! :-) Ek is seker dan ook 'n ware Kapenaar, want ek het ook
geen aksent nie! Ek HET NIE HOOR!!
:-)
Re: Aksente [boodskap #59256 is 'n antwoord op boodskap #59225] Wo, 27 Maart 2002 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 14:00:38 +0200, Davie Davis
wrote:

> en Davie se verontskuldiging:
> Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
> Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
> Kapenaars. :-)))

LOL! Ag sies man!! Moenie jy nou OOK begin om woorde uit konteks te
haal en aan te haal as "bewyse" nie!! :-))
Maar jy is reg - Kapenaars het nie groot koppe nie. Hulle het nie
nodig om te "bewys" hulle is beter nie. Hulle is net...
:-))
Re: Aksente en mcp's [boodskap #59257 is 'n antwoord op boodskap #59253] Wo, 27 Maart 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 14:34:15 -0500, Danielle wrote:

> On Wed, 27 Mar 2002 09:38:29 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
>> "vroumens" sê baie...
>
> So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
> sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->

Sjjtt Danielle, hy stap steeds somtyds heel ongenooid hier in.
Laat slapende varke met rus.

Veldmuis

ns.
wat my pla is die woord 'ook' wat jy sê:-)
Re: Aksente [boodskap #59258 is 'n antwoord op boodskap #59228] Wo, 27 Maart 2002 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 15:19:18 +0200, "Sakkie" wrote:

> Ek wonder as 'n ou na die fonetiese uitspraak gaan kyk watter gebied die
> naaste aan die waarheid sal kom. Ek het so 'n idee dat ons Trônsvôler
> maatjies dalk 'n verrassing kan kry.

Sê gou vir my - is die die Namakwalanders wat praat van "hom se" as
hulle byvoorbeeld na 'n vroulike persoon verwys?
Re: Aksente [boodskap #59259 is 'n antwoord op boodskap #59244] Wo, 27 Maart 2002 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 20:20:18 +0200, Davie Davis wrote:

> Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
> Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
> hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
> baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
> kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie
> is 'n klein dankie_sê."

Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
eerder tjoepstil vrind!! :-))
Jy skyt op din ys...
:-)))
Re: Aksente [boodskap #59260 is 'n antwoord op boodskap #59251] Wo, 27 Maart 2002 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 14:13:12 -0500, Danielle wrote:

>
> Ooo, maar djy soek mos nou!! :-))
> Terloops, dink jy daar is so groot variasie van aksente (nie dialekte
> nie) in die Transvaal, ook? Ons los maar die Vrystaar en Natal (ons
> weet mos hulle is net daar om...er...never mind)
> :-)))
>

Nie regtig nie Danielle, want soos jy weet het Afrikaans miskien wel
in die Boland ontstaan maar tot sy reg gekom in die Transvaal; waar
dit gebou en ontwikkel is van die prehistoriese Afrikaans (wat steeds
in die Kaap en Namakwaland gepraat word) tot die moderne stylvolle
kommunikasiemiddel wat dit tans is. ;-)))
Re: Aksente en mcp's [boodskap #59262 is 'n antwoord op boodskap #59257] Wo, 27 Maart 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 21:45:46 +0200, Veldmuis wrote:

>> So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
>> sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->
>
> Sjjtt Danielle, hy stap steeds somtyds heel ongenooid hier in.
> Laat slapende varke met rus.
>
> Veldmuis
>
> ns.
> wat my pla is die woord 'ook' wat jy sê:-)

LOL! Hallo muisgenoot. :-))
Jaaaa....daai Danielle was altyd in SA as 'n erge feminis beskou.
(Nie dat sy is of was nie, dis net dat die ou omies het altyd so
gedink). :-)
Moet tog net asseblief NOOIT na jou vrou verwys as "mammie" nie - daar
is nog so paar ander dinge ook wat haar sommer laat rooi sien.
Vroumens is okay hoor mansmens. Maar "meisie" is nie okay nie!
:-)
Ken jy vir Benico?
:-)))
Re: Aksente [boodskap #59263 is 'n antwoord op boodskap #59259] Wo, 27 Maart 2002 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 14:49:36 -0500, Danielle wrote:

>
> Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
> eerder tjoepstil vrind!! :-))
> Jy skyt op din ys...
> :-)))

My woorde aan Sakkie (bietjie hoër op) blyk waar te wees:

Maybe 'tissie time om biekie 'n paar dae vannie geselsskap
weg te bly en sodoende my eigene voortanne te spaar:-)))
Re: Aksente en mcp's [boodskap #59264 is 'n antwoord op boodskap #59253] Wo, 27 Maart 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter
> Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
> "vroumens" sê baie...

Danielle
So gepraat van chauviniste....ek het nog 'n appeltjie te skil met 'n
sekere vark op 'n ander groep ook. Noudat jy my herinner...:->

Wouter
Nou maar gee hom gas, Danielle :-) Gee hom gas.
Re: Aksente en mcp's [boodskap #59265 is 'n antwoord op boodskap #59262] Wo, 27 Maart 2002 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 27 Mar 2002 15:07:51 -0500, Streepmuis
wrote:

> :-)
> Ken jy vir Benico?
> :-)))

Sjjjt... wie's hy vroumens?
Jy het pos... by beide jou
adresse:-)

Een van die muise
Re: Aksente [boodskap #59266 is 'n antwoord op boodskap #59259] Wo, 27 Maart 2002 20:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het nie geweet jy is 'n chauvinis ook nie, Davie. Daardie woordjie
> "vroumens" sê baie...

Davie
> Nee Wouter, wat jy in daardie woord 'vroumens' lees, lees jy verkeerd.
> Die vroumense saam met wie ek werk, en spesifiek die wat onder my
> hand is waaronder 'n persoonlike asssistent en 'n telefoniste, weet
> baie goed dat 'vroumens' vreeslik maklik 'n komplimenterende woord
> kan wees. Iets soos "Vroumens, jy was vandag goud werd. Die blommetjie
> is 'n klein dankie_sê."

Danielle
Jy is besig om jouself dieper en dieper in die sop te praat. Bly
eerder tjoepstil vrind!! :-)) Jy skyt op din ys... :-)))

Wouter
Ek wou eers sê dat aanspreekvorme soos "juffrou", "mevrou",
"mens" of selfs "vrou" baie beter as "vroumens" werk wanneer jy
komplimente uitdeel, maar na Danielle se verduideliking sê ek
liewers net in goeie Kaaps : "I rest my case, djou onner" :-)
Re: Welkom terug! [boodskap #59267 is 'n antwoord op boodskap #59250] Wo, 27 Maart 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:8k44au09mv0vdc1g92cag2klabkmms3s8o@4ax.com...
> Bobby,
> my man sê dat daar by julle is die lug ook so pragtig skerp blou.

Ja-nee, Suster, die skerp blou lug is vreeslik opmerklik hier. Veral
deesdae - dit is maar hengs droog, glo weer die begin van El Nino, en ons
sukkel nog steeds met 30+ grade C en 70%+ humiditeit. Soms, net soms, kry
ons drie duim reën, soos gisteraand - dis nou drie duim uit mekaar uit, die
druppeltjies...

Maar nou ja, vandag sluit die skole vir 'n paar dae, dit is die eerste
wedren van die seisoen vir ons, dus is dinge aan die verbeter.

Groetnis van Onder
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59269 is 'n antwoord op boodskap #59178] Do, 28 Maart 2002 00:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ca05313.0@news1.mweb.co.za...

> Wouter
> Waar het jy die klaagtoon gesien, Gloudina? Ek
> ervaar haar vertelling eerder as 'n positiewe realisme.
>
> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
> meesal uitstekende fasiliteite gehad. Die probleem
> was histories eerder by die aantal en toeganklikheid
> van die "swart" hospitale en soms by die gehalte
> van die personeel, laasgenoemde is waarskynlik
> minder van 'n probleem vandag.
>
> Jou beskuldigende vraag "Is dit die skuld van die
> lokale bewoners wat nog selfs nou met tweederangse
> hospitale tevrede moet wees" is waarskynlik misplaas
> en is die tipe reaksie waarna Kinky verwys as sy vra
> hoekom jy so negatief oor SA oorkom, selfs wanneer
> jy nie die feite aan jou kant het nie.

Nee wat.

Wat eintlik gebeur het is dat Kinky 'n emosionele kaart gespeel het om 'n
punt te score in 'n argument wat oor politiek gaan. Ek aanvaar dat sy dit
waarskynlik nie doelbewus gedoen het nie. Sy het my volle simpatie met haar
pa se siekte. Maar sy moet dit tog maar uit argumente hou wat oor iets heel
anders gaan.

Swart Simon
Re: Kroniese Klagatte [boodskap #59271 is 'n antwoord op boodskap #59269] Do, 28 Maart 2002 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Waar het jy die klaagtoon gesien, Gloudina? Ek
> ervaar haar vertelling eerder as 'n positiewe realisme.
>
> En jou aanname dat die hospitaal tweederangs is,
> sal waarskynlik verkeerd wees as dit 'n stedelike
> hospitaal is, die ou sogenaamde swart hospitale het
> meesal uitstekende fasiliteite gehad. Die probleem
> was histories eerder by die aantal en toeganklikheid
> van die "swart" hospitale en soms by die gehalte
> van die personeel, laasgenoemde is waarskynlik
> minder van 'n probleem vandag.
>
> Jou beskuldigende vraag "Is dit die skuld van die
> lokale bewoners wat nog selfs nou met tweederangse
> hospitale tevrede moet wees" is waarskynlik misplaas
> en is die tipe reaksie waarna Kinky verwys as sy vra
> hoekom jy so negatief oor SA oorkom, selfs wanneer
> jy nie die feite aan jou kant het nie.

Swart Simon
Nee wat.
Wat eintlik gebeur het is dat Kinky 'n emosionele kaart gespeel het om 'n
punt te score in 'n argument wat oor politiek gaan. Ek aanvaar dat sy dit
waarskynlik nie doelbewus gedoen het nie. Sy het my volle simpatie met haar
pa se siekte. Maar sy moet dit tog maar uit argumente hou wat oor iets heel
anders gaan.

Wouter
Nee wat.
Wat jy hier impliseer is dat 'n mens nie jou ervarings en gevoelens moet
deel nie, veral nie as jy positief is oor ons land en jy sukkel om te
begryp hoekom Gloudina so veroordelend en negatief oorkom nie?
Sy sê sy is positief oor die land, maar dit het nie so geklink nie, veral
nie waar sy 'n positiewe boodskap met drogredenasies oor swak
hospitale probeer afmaak nie.

En dis nie die eerste keer wat sy afleidings maak volgens "the world
according to Gloudina" wat nie met die feite klop nie, en dan haar
oordeel oor haar eie drogredenasie uitspreek nie.

Nee wat, inderdaad!

Jammer SS, ek sien nie hoe wat jy sê klop met wat geskryf is nie.
Re: Oor Grondbesit [boodskap #59275 is 'n antwoord op boodskap #59236] Do, 28 Maart 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Maar op die skaal van dinge, was die uittog
> van Europeërs uit Europa in die laaste vyf
> of ses eeue een van die grootste. En die
> wereld is op die oomblik besig om hulle los
> te maak van die dwingelandy wat daardie
> Europese "plakkers" op hulle afgedwing het.
> Dis een van die dinge wat die haat teen die
> "Amerikaners" inspireer in die breine van
> Moslem terroriste. Of hulle nou reg of verkeerd
> is, is 'n ander vraag.
>
> Gloudina

My donder! Dan is dit die probleem, die landing van die Mayflower het
die aanval op die WTC versoorsaak - stuur tog die ou beriggie van jou
vir Bush en Blair dan sal die hele ou kwessietjie mos opgelos wees.

Dankie - ek het dit rerig snaaks gevind.
Re: Aksente [boodskap #59278 is 'n antwoord op boodskap #59258] Do, 28 Maart 2002 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:3b84au0afhlod417kbn8an94nl9l11kth5@4ax.com...
> On Wed, 27 Mar 2002 15:19:18 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>
>> Ek wonder as 'n ou na die fonetiese uitspraak gaan kyk watter gebied die
>> naaste aan die waarheid sal kom. Ek het so 'n idee dat ons Tr�nsv�ler
>> maatjies dalk 'n verrassing kan kry.
>
> Sê gou vir my - is die die Namakwalanders wat praat van "hom se" as
> hulle byvoorbeeld na 'n vroulike persoon verwys?
>

Ja, hulle sê partykeer hom in plaas van haar en ook hy in plaas van sy. Ek
self maak partykeer dieselfde fout, maar dan sal dit wees uit nagemaakte
driftigheid wanneer ek van my dogter praat in haar teenwoordigheid en elke
keer wil my dogter my vermoor en die vrou neuk van die stoel af soos sy lag.
Nie aspris nie, doodgewoon iets wat afgesmeer het tydens baie vakansies in
Garies, Springbok, Okiep en Nababeep.
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59279 is 'n antwoord op boodskap #59237] Do, 28 Maart 2002 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
> Hierdie storie dat
> al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
> is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
> sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
> bloot deur te help om die bome van die eiland
> uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
> die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
> pennie daarvoor betaal nie.
>

Hy het dus vir die plaas gewerk nie waar nie? Grond wat nie bruikbaar
vir boerdery was nie beskikbaar gemaak?

Somtyds is jy darem maar lekker stupit!!!!!
Re: Aksente [boodskap #59280 is 'n antwoord op boodskap #59256] Do, 28 Maart 2002 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:n084au8e1a8jvplan3d5184sogjk46u738@4ax.com...
> On Wed, 27 Mar 2002 14:00:38 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> en Davie se verontskuldiging:
>> Uh Uh, nie ék wat moeilikheid soek nie Sakkie, kyk mooi hie raai
>> Danielle dat dit te doen het met die kleiner skedels van die
>> Kapenaars. :-)))
>
> LOL! Ag sies man!! Moenie jy nou OOK begin om woorde uit konteks te
> haal en aan te haal as "bewyse" nie!! :-))
> Maar jy is reg - Kapenaars het nie groot koppe nie. Hulle het nie
> nodig om te "bewys" hulle is beter nie. Hulle is net...
> :-))
>

Nou so 'n bek kort j�m!!!!
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59282 is 'n antwoord op boodskap #59237] Do, 28 Maart 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA1EED5.9080705@rogers.com...
> Sakkie wrote:
>
>
>> Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy
weet
[knip -knip]
>> versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
>> nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
>> nie net gaan oor grondbesit nie.
>
> Ja, op die oog af is alles waar. Maar subtiel
> argumenteer jy dus vir die status quo, dit wil
> sê, jy neem aan omdat die wit mense al die
> know how het, moet hulle maar gelos word om
> op die plase voort te boer.

Dink jy nie dat dit geregverdig kan word deur die nodigheid om te verseker
dat ons mense gevoed gaan word nie. Ek is oortuig dat ons al heelwat goed
opgeleide swart boere het, en die staat behoort na die mense te kyk en hulle
te help, maar om suksesvolle boere van hulle plase af te gooi net omdat hy
wit is, en dan 'n swarte daarop te plak net omdat hy swart is, is finansiële
selfmoord vir enige land.

> En selfs onder die huidige regering is die
> deck gestack teen swart boere. My skoondogter
> vertel dat 'n tante van haar in die besigheid
> is om "wit" plase te vind om aan die regering
> te verkoop, sodat hulle swart boere daarop kan
> vestig. (Haar tante maak glo 'n stywe kommissie
> daaruit.) Maar my skoondogter sê die arme swart
> boere moet dit dan op sekere voorwaardes van die
> regering koop, en skuld die regering dan op die
> lang duur geld wat hulle nooit kan hoop om af te
> betaal nie.
> My skoondogter se mense is al meer as 'n eeu
> en 'n half op dieselfde grond in die Vrystaat. Jy
> kan seker daarvan wees dat daardie mense daardie
> grond beset het nadat van die Voortrekkers in die
> Vrystaat teen die lokale stamme geveg het en die
> grond van hulle afgevat het. Hierdie storie dat
> al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
> is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
> sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
> bloot deur te help om die bome van die eiland
> uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
> die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
> pennie daarvoor betaal nie.
>
> Gloudina

Met die tweede helfte van jou boodskap moet ek saamstem. Die probleem is
nie so-seer die boere wat nou nog boer op grond wat hulle of hul voorouers
verniet gekry het nie, wat maak jy met boere wat sy grond ten duurste gekoop
het van ouens wat dit oorspronklik verniet gekry het. Die boere wat nou nog
op "vernietgrond" bly glo ek is vér in die minderheid.
Re: Oor Grondbesit [boodskap #59283 is 'n antwoord op boodskap #59236] Do, 28 Maart 2002 06:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA1EC48.103@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
>>> Die
>>> swernoters het oral ingestap en geplak, nê?
>
>>> Gloudina
>
>>
>> Ek weet nie hoekom dit hulle spesifiek nou swernoters maak nie. Miskien
>> omdat hulle wit was? Geskiedenis vertel ons dat dit is hoe dinge gedoen
>> was. Swart, wit, rooi, geel, dit maak nie saak na watter nasie jy na kyk
>> nie, dit is hoe dit gewerk het. Daarmee sê ek nie dat dit reg was nie, ek
>> sê net dat jou kommentaar dat die witmense nou swernoters was onregverdig
>> is.
>
>
>
> Kan jy nie sarkasme verstaan nie?
>
>
> Gloudina
>
>

'Skuus man, ek is al te gewoont om met die antie te baklei
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59285 is 'n antwoord op boodskap #59230] Do, 28 Maart 2002 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tante, Tante........sien, jy weet niks van boerdery nie! Die punt is
Afrika is 'n Derdewêreldse ekonomie en ELKE plaas wat kos kan prosuseer is
'n noodsaaklikheid wat moet beskerm word, maak nie saak wat jou politieke
standpunt is nie. Sonder kos wat die monde voed, is enige nasie verlore.
Weens politiek egter, sien mense soos jy eerder dat 'regverdigheid' geskied
en produserende mense van grond af verwyder word......ten koste van wat?
Om die swart boer 'n kans te gee? Wat ek vir jou probeer verduidelik het,
is dat geen mens, nie ek nie en ook nie jy nie, in 'n paar dae, maande of
jare gaan leer om te boer in Afrika nie. Dan het jy ook nog nie die geld
en infrastruktuur nie. Dus, sit jy 'n mens op die grond wat nooit in
hierdie lewe kommersieel sal kan boer nie en wie ly? Jou land.
Dis moerse vir julle op te skree van die apartheidsvarke en al sulke
drek, maar die probleem met jou en jou soort is dat daar 'n tyd kom om die
politiek eenkant toe te skuiwe en te begin werk.........en DIT het Afrika
nog nie geleer nie. Dis veel makliker om te huil oor hulle dan glo
benadeel was en nou soek na 'n plek waar hulle geld kan eis by iemand.
So as 'n stertjie, julle doer in Kanada weet sekerlik nie meer so lekker
wat in Afrika gaan nie [behalwe natuurlik wat julle in die media lees, ens.]
maar laat ek vir Tante vertel: Die GEWONE ouens op die grond, wat moet
werk en leef in ons land, beleef die gemors wat jul politici agtergelaat
het. In plaas van ryk wit politici wat hulelf sit en verryk, is daar nou
swart politici wat presies dieselfde doen! En die gewone swart man wat
gedink het sy politieke vryheid gaan vir hom kos, klere, 'n kar, 'n
opvoeding, ens. gaan gee, kry hy steeds nie! Dit is verskriklik om te
besef dat in hierdie wonderlike, pragtige land met sy model van 'n
konstitusie meer werkloosheid en armes is as wat daar ooit in die verlede
met die 'slegte' politieke bestel was! Ons het agteruit
geboer..........net oor ons vir die politici geluister het! Fok die
politici!
skryf in boodskap news:3CA1CFAA.1090505@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Verder, as jy van die politiek kan vergeet, dis jou tyd vir 'n lessie in
>> die realiteite van Afrika. Ons bly in Namibië en sal ek vir jou 'n skok
>> gee? Maak nie saak of jy swart, wit, bruin, piek of geel soos julle
>> weghollers is nie, om 'n stuk grond te vat en daarop te gaan boer en 'n
>> positiewe bydrae te maak tot die land se ekonomie [mooi stadig vir jou
>> beteken dit om meer te produseer as wat jy kan opvreet], moet jy ten eerste
>> amper 'n miljoen hê net om 'n EKONOMIESE eenheid te kan koop wat in ons land
>> ten minste 5 500 hektaar is. Dan het jy net die grond en 'n moerse lot
>> skuld!
>
>
> Dit mag vir jou 'n skok wees, maar hier in
> Noord-Amerika weet ons baie van op plase
> boer en hoe die hoë kostes van boer vir
> omtrent elke boer diep in die skuld jaag
> elke keer as die pryse sleg is en die
> oes skraal is. Dit is natuurlik omdat die
> boere, net soos enige boer in SA, onder
> die dwang is van die vereistes van die
> wêreldmarkte. Baie mense praat van die
> "death of the family farm" as 'n voldonge
> feit, maar die regerings kan nie tot die
> stap oorgaan en ophou subsidies betaal nie,
> dus gaan biljoene dollars van belasting om
> hierdie family farms in stand te hou. En nog
> is dit nie genoeg nie. Dis daarom dat Willie
> Nelson en sy "Farm Aid" konserte elke keer
> geld bymekaar moet maak om family farmers van
> bankrotskap te red.
> In die ou dae in SA, met volop swart
> hulp, was die wit boere op die wit plase seker
> nog 'n betalende onderneming. Ek neem aan op
> die oomblik is family farms in SA ook maar in
> die pekel. Ek het egter een skoondogter wie se
> familie nog lustig voortboer op 'n plaas in
> Ficksburg in die Vrystaat, en hulle klink nie
> of hulle in die moeilikheid is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59286 is 'n antwoord op boodskap #59237] Do, 28 Maart 2002 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jis tanta, maar vir iemand wat se familie so baie gescore het met grond in
SA het jy darem vinnig gat omgesit toe die moeilikheid begin! Ek's 'n
derde geslag Afrikaan en my ouers het nooit die voorreg gehad om een stukkie
grond te besit in ons land nie! Hy was 'n onderwyser en was te vrek arm om
grond te koop. Waar julle almal so lekker bakhand gestaan en aas het, weet
ek nie..........toe kom die politiek en jy hol Kanada toe en toe gaan staan
jy daar bakhand! Is jy van nature 'n bedelaar?
skryf in boodskap news:3CA1EED5.9080705@rogers.com...
> Sakkie wrote:
>
>
>> Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
>> wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
>> te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
>> oorleef, en die finansiële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
>> te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
>> kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
>> belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
>> daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
>> die nie-so-v�r-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
>> versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
>> nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
>> nie net gaan oor grondbesit nie.
>
> Ja, op die oog af is alles waar. Maar subtiel
> argumenteer jy dus vir die status quo, dit wil
> sê, jy neem aan omdat die wit mense al die
> know how het, moet hulle maar gelos word om
> op die plase voort te boer.
> En selfs onder die huidige regering is die
> deck gestack teen swart boere. My skoondogter
> vertel dat 'n tante van haar in die besigheid
> is om "wit" plase te vind om aan die regering
> te verkoop, sodat hulle swart boere daarop kan
> vestig. (Haar tante maak glo 'n stywe kommissie
> daaruit.) Maar my skoondogter sê die arme swart
> boere moet dit dan op sekere voorwaardes van die
> regering koop, en skuld die regering dan op die
> lang duur geld wat hulle nooit kan hoop om af te
> betaal nie.
> My skoondogter se mense is al meer as 'n eeu
> en 'n half op dieselfde grond in die Vrystaat. Jy
> kan seker daarvan wees dat daardie mense daardie
> grond beset het nadat van die Voortrekkers in die
> Vrystaat teen die lokale stamme geveg het en die
> grond van hulle afgevat het. Hierdie storie dat
> al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
> is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
> sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
> bloot deur te help om die bome van die eiland
> uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
> die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
> pennie daarvoor betaal nie.
>
> Gloudina
>
Re: Oor Grondbesit [boodskap #59287 is 'n antwoord op boodskap #59231] Do, 28 Maart 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ai tante, volgens jou swaksinnige insig beteken dit dat alles in
Suider-Afrika aan die San behoort het.................dis sover terug as die
1600's. Nie een van die swart volkere wat nou so grond eis, was toe al
hier nie! Hulle het ook maar uit Noord Afrika hier kom plak!
skryf in boodskap news:3CA1D2C1.7050604@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> Hoe ver wil jy dit terugvat. Die San was
>> eerste, toe kom van die ander swart volkere.....die een oorwin en vat die
>> ander se grond. Ek neem aan jy is bereid om jul eiendom in Kanada te skenk
>> vir die Indiane of wat ook al eerste daar was? Dis 'n stront argument en
>> sal altyd een wees!
>
>
> Kom ons vat dit maar net omtrent twee eeue
> terug. Tot by 1802. En sien waar meeste van
> jou voorsate gesit het. Of in Europa of in
> die Boland, neem ek aan.
> Ek dink jy is baie onkundig oor wat op die
> oomblik in Kanada gebeur. Daar word op groot
> skaal met die Eerste Nasies onderhandel
> om land terug te gee onder die bestuur van die
> Eerste Nasies in daardie gevalle waar dit kan
> bewys word dat die Eerste Nasies nie self die
> grond "verkoop" het en "treaties" gemaak het met
> die Franse en Britse setlaars uit Europa nie.
> As ek op so 'n stuk grond sit, sal ek m��t
> verskuif of anders onder die kontrole van die
> betrokke Eerste Nasie moet kom. Ek sal geen
> opsie hê nie.
> Dit neem egter nie weg van die feit dat
> Kanada, net soos die VSA en Meksiko, nog onder
> die effektiewe kontrole is van ou wit omies
> (en hier en daar tannies) wie se voorvaders
> oorspronklik uit Europa gekom het nie. Die
> swernoters het oral ingestap en geplak, nê?
>
> Gloudina
>
Sien julle oor 'n week en 'n bietjie [boodskap #59288 is 'n antwoord op boodskap #59237] Do, 28 Maart 2002 10:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CA1EED5.9080705@rogers.com...
> Sakkie wrote:
>
>
>> Tannie G, dit is presies die punt wat ons almal probeer maak. As jy weet
>> wat jy doen, en jy het 'n gevestigde plaas wat groot genoeg is om ekonomies
>> te bedryf, en jy weet hoe om te beplan om droogtes en oorstrominge te
>> oorleef, en die finansiële instansies het genoeg vertroue in jou om jou uit
>> te help wanneer dinge nou regtig broekskeur gaan, dan kan jy boer, en dan
>> kan jy jou land van kos voorsien. Daar is nog heelwat ander krities
>> belangrike fondamente waarop 'n gesonde boerdery gevestig is, en as jy
>> daardie fondasie nie het nie, gebeur wat nou in Zimbabwe gebeur en wat in
>> die nie-so-v�r-in-die-toekoms Suid-Afrika kan gebeur as ons regering nie
>> versigtig is nie en as ons voorheen benadeeldes nie net geduldiger gaan wees
>> nie, maar ook na landbouskole toe gaan waar hulle geleer kan word dat dit
>> nie net gaan oor grondbesit nie.

> Gloudina
> Ja, op die oog af is alles waar.

Op hierdie baie positiewe noot wil ek groet. Dis nie aldag dat ek en die
antie se argumente, nee, argumente is te sterk 'n woord onder die
omstandighede, ek behoort standpunte te gebruik. Dis nie aldag dat ek en
die antie se standpunte so na aan mekaar kom nie. Ek gaan dit nou vier met
'n baie jong (2001) SWARTLAND Pinotage en wanneer ek weer nugter is gaan ek
afsit Vryheid toe vir 'n rugby week saam met die seuns.
Groot groete vir almal tot ná volgende week. Ry versigtig, ek is ook op die
pad.
Re: Aksente [boodskap #59289 is 'n antwoord op boodskap #59278] Do, 28 Maart 2002 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wow Sakkie en daar voeter al wat 'n Nederlander op hierdie groep is van hul
stoele af. Hoekom ? - oor die onwelvoeglike taal wat jy hier besig : )))

Weet jy wat die betekenis van "neuk" in Hollands is? : - O

HK

"Sakkie"
> Ja, hulle sê partykeer hom in plaas van haar en ook hy in plaas van sy. Ek
> self maak partykeer dieselfde fout, maar dan sal dit wees uit nagemaakte
> driftigheid wanneer ek van my dogter praat in haar teenwoordigheid en elke
> keer wil my dogter my vermoor en die vrou neuk van die stoel af soos sy lag.
> Nie aspris nie, doodgewoon iets wat afgesmeer het tydens baie vakansies in
> Garies, Springbok, Okiep en Nababeep.
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59292 is 'n antwoord op boodskap #59279] Do, 28 Maart 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 28 Mar 2002 07:56:09 +0200, Lou served the
following to the group:

>
>
> "@rogers.com" wrote:
>> Hierdie storie dat
>> al die "witmense" hulle plase met geld gekoop het,
>> is ook sommer net 'n half-waarheid. My een oupa het
>> sy grond in die Kakamas-besproeiingsskema gekry
>> bloot deur te help om die bome van die eiland
>> uit te grawe, en deur te help om die kanale vir
>> die besproeiings-skema te grawe. Hy het nie 'n
>> pennie daarvoor betaal nie.

>
> Hy het dus vir die plaas gewerk nie waar nie? Grond wat nie bruikbaar
> vir boerdery was nie beskikbaar gemaak?
>
> Somtyds is jy darem maar lekker stupit!!!!!

somtyds??????????

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Aksente [boodskap #59293 is 'n antwoord op boodskap #59222] Do, 28 Maart 2002 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Almal weet tog Afrikaans het in die Boland ontstaan. Enige persoon
> wat dus anders as die Kapenaars praat, praat met 'n aksent. Ware
> Kapenaars het gaan aksent nie :-)

Dit het miskien in die Kaap ontstaan, maar is vervolmaak in die Transvaal
:))))
Re: Aksente [boodskap #59294 is 'n antwoord op boodskap #59289] Do, 28 Maart 2002 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja-a-a-a-a Jong, ons het al 'n paar keer die onderwerp hier bespreek. Die
Hollanders wat hier saam met ons kuier weet darem al teen hierdie tyd dat
Afrikaans nie regtig 98% Nederlands is soos wat party van hulle gedink het
nie.
Dit is ook daarom dat ons nie sê: "Teel die dom katte" as ons van ons
regering praat nie.

"Hantamkind" skryf in boodskap news:FECo8.24094$uR5.52624@newsfeeds.bigpond.com...
> Wow Sakkie en daar voeter al wat 'n Nederlander op hierdie groep is van hul
> stoele af. Hoekom ? - oor die onwelvoeglike taal wat jy hier besig : )))
>
> Weet jy wat die betekenis van "neuk" in Hollands is? : - O
>
> HK
>
> "Sakkie"
>> Ja, hulle sê partykeer hom in plaas van haar en ook hy in plaas van sy.
> Ek
>> self maak partykeer dieselfde fout, maar dan sal dit wees uit nagemaakte
>> driftigheid wanneer ek van my dogter praat in haar teenwoordigheid en elke
>> keer wil my dogter my vermoor en die vrou neuk van die stoel af soos sy
> lag.
>> Nie aspris nie, doodgewoon iets wat afgesmeer het tydens baie vakansies in
>> Garies, Springbok, Okiep en Nababeep.
>>
>
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59295 is 'n antwoord op boodskap #59282] Do, 28 Maart 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Dink jy nie dat dit geregverdig kan word deur die nodigheid om te verseker
> dat ons mense gevoed gaan word nie. Ek is oortuig dat ons al heelwat goed
> opgeleide swart boere het, en die staat behoort na die mense te kyk en hulle
> te help, maar om suksesvolle boere van hulle plase af te gooi net omdat hy
> wit is, en dan 'n swarte daarop te plak net omdat hy swart is, is finasieële
> selfmoord vir enige land.

En word "suksesvolle boere" (lees wit)
nou van hulle plase afgegooi in SA? Nog
ander kode-woorde wat jy hier gebruik,
naamlik "dat ons mense gevoed kan word"
ruik ook maar baie na 'n pleit vir die
wit status quo. Natuurlik moet mens seker
maak dat die mense wat op die plase boer,
die landboukundige know-how het. Maar dit
skok my elke keer as ek die statistieke
sien oor hoeveel plaasgrond nog in wit
hande is. Wat het dan verander? Onthou,
in Suid-Amerika het hulle volskaalse
bevrydingsbendes juis omdat die ou
dikwels Spaanse families al eeue en eeue
op die oorspronklike stamme se
grond sit. Wil jy dieselfde in SA sien?

Gloudina
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59296 is 'n antwoord op boodskap #59282] Do, 28 Maart 2002 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

Die probleem is
> nie so-seer die boere wat nou nog boer op grond wat hulle of hul voorouers
> verniet gekry het nie, wat maak jy met boere wat sy grond ten duurste gekoop
> het van ouens wat dit oorspronklik verniet gekry het.

Maar, tensy dinge nou drasties verander het,
koop die SA regering nie nou wit plase op
van mense wat gewillig is om te verkoop nie?
Stoot hulle mense van hulle plase af teen hulle
wil?
Miskien moet daar 'n meer aggressiewe land-
hervormingsplan wees. Dis wat die moeilikheid
in Zimbabwe veroorsaak het. Die Engelse regering
het oorspronklik ooreengekom dat hulle 'n sekere
hoeveelheid geld sou gee sodat plase van wit boere
opgekoop kon word, maar toe het die Konserwatiewe
regerings en nou ook ou Tony Blair soveel voorvereistes
gehad dat min van die geld ooit vir die regte doel
gebruik is. En Mugabe het ook maar in sy lekker nessie
gesit en wou nie die boot skud deur vir die wit
setlaars te sê hulle moet loop nie. Blameer jy nou
daardie bosvegters wat so lank gelede in die bosse
geveg het vir hulle vryheid, dat hulle nou die leisels
in eie hande wil neem?

Gloudina
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59297 is 'n antwoord op boodskap #59285] Do, 28 Maart 2002 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Dit is verskriklik om te
> besef dat in hierdie wonderlike, pragtige land met sy model van 'n
> konstitusie meer werkloosheid en armes is as wat daar ooit in die verlede
> met die 'slegte' politieke bestel was! Ons het agteruit
> geboer..........net oor ons vir die politici geluister het! Fok die
> politici!

Jy is maar nog net een ander wat die
ou politieke bestel wil goedpraat. Een
wit persoon wat in 'n wit laer gesit
het in die ou dae en wat óf nie geweet
het van die lyding van swartmense nie
óf dit nie wou weet nie. Ek neem aan jy
praat van Namibië.

Gloudina
Re: Van Plase en Boerdery [boodskap #59298 is 'n antwoord op boodskap #59286] Do, 28 Maart 2002 13:18 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ek's 'n
> derde geslag Afrikaan en my ouers het nooit die voorreg gehad om een stukkie
> grond te besit in ons land nie! Hy was 'n onderwyser en was te vrek arm om
> grond te koop. Waar julle almal so lekker bakhand gestaan en aas het, weet
> ek nie..........toe kom die politiek en jy hol Kanada toe en toe gaan staan
> jy daar bakhand! Is jy van nature 'n bedelaar?

Wel, sien jy nou van watter metodes jy
gebruik moet maak as jy nie die argument
kan wen nie. Beswadder jou opponent. Dit
was een van die metodes van die apartheids-
varke. Maar dit werk nie meer nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Internationaal gerechtshof
Volgende onderwerp: Wat sou jy gedoen het?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:49:00 MGT 2024