Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS
IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS [boodskap #5878] Vr, 01 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS

In die afgelope dae was daar alleen pos-items op die
nuusgroep van mense wat nie in Suid-Afrika bly
of Afrikaans praat nie. (Nogal oulik: twee ouens wat
besig is om Afrikaans te leer, en iemand met 'n
Engelse naam wat in baie goeie Afrikaans uit San
Francisco met iemand in Nederland kommunikeer.)
Daar was geen sweem van belangstelling om iets
op die nuusgroep te pos van al die mense wat so gesit
en agoniseer het oor die voortbestaan van Afrikaans
en die behandeling van Afrikaans deur die S.A.U.K.
onlangs nie. Waar is al die mense wat vir die totstand-
kom van 'n Afrikaanse nuusgroep gestem het? Waar is
al die mense wat nog Afrikaans as huistaal het, en
dus 'n gevestigde belangstelling het om 'n sterk
en groeiende Afrikaanse nuusgroep vir hulle kinders
op te bou en na te laat?
Ek merk dat meer en meer Afrikaanse name
begin voorkom in die besprekings op die Engelse Suid-
Afrikaanse nuusgroep. Ek neem hulle dit nie kwalik nie.
Dit is daar waar die aksie op die oomblik is. Daar waar
ek informasie kan inwin oor wat in Suid-Afrika aangaan.
In die onmiddellike toekoms stel ek nog belang
in die nuusgroep. Alhoewel ek nie in Suid-Afrika bly of
eers meer Afrikaans as huistaal gebruik nie, het ek nogtans
hierdie nuusgroep verwelkom as iets werklik nuttig en
wonderbaarliks : 'n manier waarop Afrikaansskrywendes
versprei oor die aardbol met mekaar kon kommunikeer
(sowel as met Nederlanders en Vlaminge). Maar in die lang
termyn sal die nuusgroep sterf tensy Afrikaners wat Afrikaans
praat nie iets daaraan doen nie. Miskien hou Afrikaners net
van kla, en kan hulle nie teveel omgee vir hulle taal nie.
Gloudina
Re: IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS [boodskap #5889 is 'n antwoord op boodskap #5878] So, 03 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
Re: IN MEMORIAM CYBER-AFRIKAANS [boodskap #5890 is 'n antwoord op boodskap #5878] So, 03 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Goldstuck  is tans af-lyn  Arthur Goldstuck
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) het geskryf:

> iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>

> Dat Afrikaans gaan sterf omdat dit te bang was om op die sypaadjie uit
> te gaan?

Ek stem saam, Koos. Een van die lesse van die Internet is dat
nuusgroepe hul eie dinamiek het. Ek ken nie 'n enkele nuusgroep of
elektroniese forum nie wat nie een of ander tyd oorvloed was met
klaery oor die voortbestaan van die forum nie.
Dat daar mense is in San Fransisco en die Nederland wat die forum
gebruik om Afrikaans te leer is rede vir blydskap, nie "doom and
gloom" nie.

Arthur Goldstuck
Vorige onderwerp: Plekbeskrywing: THE THOUSAND ISLANDS
Volgende onderwerp: Test van die wsnet gateway
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 22:15:50 MGT 2024