Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58231 is 'n antwoord op boodskap #58190] Do, 07 Maart 2002 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> Vir jou Lou...
> Onthou jy dat jy gesê het dat ek my tyd mors? Wel, dit geld vir jou
> ook. Indien sy net stry om 'n valse trots te beskerm, en ons was nie
> skaam om Sy Naam te bely nie, dan dink ek dat ons die reg het om ons
> te onttrek aan die tema.
>
> DD

Ek't annerdag deur my 'sent items' gegaan en so jaar terug het ek en GB
dieselfde argument gehad - maar laat ons dit nou maar erken - die anti
verdraai gewoonlik jou antwoord so dat jy nie kan help om te reageer nie
:)

Maar jy's reg - laat ons nou maar die stof van haar drempel van ons
voete afskud en na ander weivelde
beweeg.

Anyway - my usenet server is beig om die gees te gee - ek kry net so
elke derde pos in 'n thread - en dit is nogal moeilik om 'n gesprek dan
te volg.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58233 is 'n antwoord op boodskap #58183] Do, 07 Maart 2002 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Waarom stry jy dan? As Christene, Moslems en Hindoes 'n godsdiens is en
>> Boedisme is nie - d.w.s. hulel glo nie in iets nie - dan kan jy mos soos
>> ek al ad nauseum in die nuusgroep gesê het die twee mos nie vergelyk
>> nie?! Waarom pla dit jou dan so as die godsdienste dan in iets glo? Dit
>> het mos geen impak op die Boedistiese manier van 'opereer' nie?
>
> O, so. Die Buddhisme "glo nie in iets nie."
> Ek het nuus vir jou. Die Buddhis glo, net soos
> die Christen behoort te glo, dat die godheid
> (buddha) die natuur van almal is en dat die
> gevalle mens alleen sy gevallenheid moet ontdek
> en hom los moet maak van die dwingelandy van
> samsara. M.a.w. dat, in Christelike terme, ons
> "almal kinders van God" is.

Maar jy het dan voorheen gesê dat Boedisme nie 'n Godsdiens is nie? So
hulle glo nie in 'n God nie? En soos ek ook al voorheen gesê het maar
jy duidelik nie kan begryp nie - die Christendom en Boedisme kan nie,
soos jy weereens bo in jou drog redenasie probeer doen, vergelyk word
nie en slegs deur die geloof in Christus af te sweer kan enigiemand met
jou saamstem. As 'n persoon wat beide 'bestudeer' het soos jy beweer
behoort dit tog vir jou duidelik te wees?

> Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
> oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
> word as hulle "glo" soos jy glo.Ek val nooit
> iemand op hierdie nuusgroep aan oor waaraan hy
> glo nie. Ek val alleen mense aan wat wil politiek
> speel met die spirituele. Meeste van laasgenoemde
> op hierdie nuusgroep val in die kader van "Christene".
> Maar ek het ook eenkeer ( was dit nou Sakkie?) aangeval
> omdat hy politiek wou speel met sy ateisme.

Soos ek voorheen gesê het - jou probleem is dat JY GLOUDINA BRUWER vir
ander mense wil vertel wat hulle moet glo. Die Moslem het sy geloof, so
ook die Hindoe, Christen met sy vele vertakkinge soos Protestants,
Katoliek, Jehova ens. Net so glo die Jood ook dat hy 'n uitsluitende
Godsdiens het. Maar jy GLOUDINA BRUWER wil vir almal hier vertel dat jy
reg is en en hulle verkeerd is met waarin hulle glo want as hulle nie
soos jy glo in Boedisme nie dan is hulle verkeerd en dan speel hulle
politiek. Maar as jy vir almal vertel waarin hulle moet glo of nie glo
nie dan is dit wat? DUH!!!?

Vele kere het ek jou gevra om jou beweringe (kom ons noem dit maar
sommer leuens want dit is wat dit is) dat die Bybel sê dat ek verkeerd
is as ek glo dat Christus die enigste verlosser is maar jy systap dit
soos 'n Danie Gerber. Tot tyd en wyl jy die miskonsepsie waarop jou
redenasie berus, kan bewys stel ek nie verder belang in die thread nie.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58235 is 'n antwoord op boodskap #58215] Do, 07 Maart 2002 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> On Wed, 6 Mar 2002 23:41:59 +0200, "Swart Simon"
>>
>> Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se standpunt
>> is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
>> duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
>> museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.
>>
>> Swart Simon
>>
>
> En wat is jòu standpunt hieroor?

Davie - moenie jou asem ophou as jy wag vir 'n antwoord nie.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58237 is 'n antwoord op boodskap #58035] Do, 07 Maart 2002 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Moet 'n ander mailserver kry:

Lou wrote:

>> Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
>> dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
>> maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
>> gemotiveer wil sien.

> Nee, Lou. Ek glo dat die Bybel en die
> vooraanstaande Christelike teoloë nie
> glo dat daar in die Bybel staan dat SLEGS
> diegene wat "in Christus" glo, "gered"
> gaan word nie. Die bybel dui 'n metodologie
> gaan om die godheid te benader. Daar is ook
> ander metodologië, ander "great codes."
> As 'n "christen" glo dat slegs hy "gered"
> is, gaan hy vir my in teen wat Christus
> verkondig en speel hy politiek met die
> konsep "godsdiens."

Weereens - die is slegs jou opinie en in terme van jou vroeere beweringe
dat die Bybel die beweringe staaf dat ander ook gered sal word - niks.
En nou is die Bybel 'n metodologie - hou aan jy verstrik jouself net
meer en meer. Nou watter "vooraanstaande Christelike teoloë" praat jy
van - L. Ron Hubbard? Sun Myung Moon van die Unification Church? Baie
woorde - geen substansie.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58248 is 'n antwoord op boodskap #58220] Do, 07 Maart 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 19:08:33 -0500, Streepmuis

> Kyk hoe mooi lê daai strepies van jou nou!! :-))
> (Lyk my jy was so kwaad dat jy sommer vergeet het om dit aspris
> verkeerd te tik, nè?)

Wéèr 'n bewys dat die elektroniese opleiding wat ek ontvang
werk nê! Baie dankie daarvoor :-))))))
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58253 is 'n antwoord op boodskap #58215] Do, 07 Maart 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:a34d8uk3nhn8fdsci9ear07qtmrgl012no@4ax.com...
> On Wed, 6 Mar 2002 23:41:59 +0200, "Swart Simon"
>>
>> Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se standpunt
>> is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
>> duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
>> museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.
>>
>> Swart Simon
>>
>
> En wat is j�u standpunt hieroor?

Jong, my standpunt lê so iewers tussen die partikels en die golwe. Ek dink
dit was Danielle wat so 'n rukkie terug ook hiervan gepraat. Maar ek moet
jou sê ek sukkel nog so 'n bietjie met die matesis :-(

Swart Simon
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58263 is 'n antwoord op boodskap #58248] Do, 07 Maart 2002 23:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 07 Mar 2002 20:05:51 +0200, Davie Davis wrote:

> On Wed, 06 Mar 2002 19:08:33 -0500, Streepmuis
>
>> Kyk hoe mooi lê daai strepies van jou nou!! :-))
>> (Lyk my jy was so kwaad dat jy sommer vergeet het om dit aspris
>> verkeerd te tik, nè?)
>
> Wéèr 'n bewys dat die elektroniese opleiding wat ek ontvang
> werk nê! Baie dankie daarvoor :-))))))

EISH!!!!
:-)))
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58276 is 'n antwoord op boodskap #58231] Vr, 08 Maart 2002 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Maar jy's reg - laat ons nou maar die stof van haar drempel van ons
> voete afskud en na ander weivelde
> beweeg.

Lafaards. En hoekom sit julle nie julle
gesprek voort met Swart Simon nie?

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58277 is 'n antwoord op boodskap #58235] Vr, 08 Maart 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

>>> Swart Simon
>> En wat is jòu standpunt hieroor?

>
> Davie - moenie jou asem ophou as jy wag vir 'n antwoord nie.

So daar het ons dit nou. Lou se
aanvalstegniek. Die een draad in
al sy "argumente." Dus gebruik
hy die tegniek nie net op my nie!
Dis sy idee van 'n pre-emptive
strike.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58278 is 'n antwoord op boodskap #58237] Vr, 08 Maart 2002 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Nou watter "vooraanstaande Christelike teoloë" praat jy
> van

Is jy bewus daarvan dat daar op die
oomblik IN SUID AFRIKA 'n taamlike
flinke wisseling van gedagtes is oor
hoe sekere dinge in die Bybel geinter-
preteer moet word? As jy geinteresseerd
is, kan ek bietjie dieper gaan oplees
en rondvra en jou hieroor inlig.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58283 is 'n antwoord op boodskap #58233] Vr, 08 Maart 2002 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Die Moslem het sy geloof, so
> ook die Hindoe, Christen met sy vele vertakkinge soos Protestants,
> Katoliek, Jehova ens. Net so glo die Jood ook dat hy 'n uitsluitende
> Godsdiens het. > dat die Bybel sê dat ek verkeerd
> is as ek glo dat Christus die enigste verlosser is

So, Lou, nou het die Moslem en Hindoe en Jood
ook sy "reddende" geloof,'n groot toegewing van
jou kant, nadat jy aan die begin almal wat nie glo
soos jy glo in die Christelike raamwerk as die enigste
reddende raamwerk, veroordeel het as verdoemd.
En ek verklaar weer: die Christelike bybel
predik dat "Christus die enigste verlosser" is,
en binne die Christelike raamwerk is dit absoluut
waar. Maar dan moet jy verstaan wat daardie uitspraak
in die Bybel beteken. Jy moet glo dat alleen die
sterf aan die kruis van jou eie ego vir jou kan "red"
en jy moet glo dat kompassie jou één sal maak met
jou naaste en die godheid - letterlik. Anders is die
Christelike leer net 'n klomp hokus pokus wat
"christelike" fasciste opdis om ander mense spiritueel
te terroriseer.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58285 is 'n antwoord op boodskap #58276] Vr, 08 Maart 2002 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 08 Mar 2002 13:45:28 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Lou wrote:
>
>
>> Maar jy's reg - laat ons nou maar die stof van haar drempel van ons
>> voete afskud en na ander weivelde
>> beweeg.
>
> Lafaards. En hoekom sit julle nie julle
> gesprek voort met Swart Simon nie?

Gloudina, hulle doen presies wat die bybel hulle voorskryf om te doen.
Moenie sê hulle is lafaards nie. Hulle volg die voorskrifte van hulle
geloof. Dis mos hulle reg?
Dis jammer, en ek is self spyt daaroor, maar om hulle lafaards te noem
is ook net eenvoudig nie reg nie.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58427 is 'n antwoord op boodskap #58276] Ma, 11 Maart 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Omdat - soos met jou Gloudina dit baie moelik is om 'n gesprek met
iemand te voer wat nie die gespreks lyn verstaan en dus kan volg nie.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Maar jy's reg - laat ons nou maar die stof van haar drempel van ons
>> voete afskud en na ander weivelde
>> beweeg.
>
> Lafaards. En hoekom sit julle nie julle
> gesprek voort met Swart Simon nie?
>
> Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58428 is 'n antwoord op boodskap #58277] Ma, 11 Maart 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai oe Blommie ek't dit by jou geleer - sien die volgende:

Gloudina Wrote:
VB1:
O, dis OK as krieketspelers dit doen, maar
as 'n persoon na UNISA gaan, mag hy dit nie
doen nie?

VB2:
Lafaards. En hoekom sit julle nie julle
gesprek voort met Swart Simon nie?

VB3: So daar het ons dit nou. Lou se
aanvalstegniek. Die een draad in
al sy "argumente." Dus gebruik
hy die tegniek nie net op my nie!
Dis sy idee van 'n pre-emptive
strike.

I rest my case.]

Cheers
Lou

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>>>> Swart Simon
>>> En wat is jòu standpunt hieroor?
>
>>
>> Davie - moenie jou asem ophou as jy wag vir 'n antwoord nie.
>
> So daar het ons dit nou. Lou se
> aanvalstegniek. Die een draad in
> al sy "argumente." Dus gebruik
> hy die tegniek nie net op my nie!
> Dis sy idee van 'n pre-emptive
> strike.
>
> Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58429 is 'n antwoord op boodskap #58278] Ma, 11 Maart 2002 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar is byvoorbeeld ook IN SUID AFRIKA flinke wisseling van gedagtes is
oor hoe sekere dinge die geskiedenis geiterpreteer moet word? :)

Maar soos gewoonlik - jou stelling oor "vooraanstaande Christelike
teoloë" is dus maar weer net op uit die lug gegrypte woorde gegrond. En
daarmee val jou argument soos blyk uit die voorafgaande thread weereens
uitmekaar. Probeer tog die volgende onthou - as jy jou argument op iets
bou - maak seker dat as jy daarna gevra word jy wel die fondament kan
regverdig met feite. Voorbeeld - die sogenaamde bewys van jou argumente
uit die Bybel wat jy solank op gehammer het maar nou tjoepstil oor is.

Ek sal daarom graag jou interpretasie van die ' flinke wisseling van
gedagtes' wou sien.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Nou watter "vooraanstaande Christelike teoloë" praat jy
>> van
>
> Is jy bewus daarvan dat daar op die
> oomblik IN SUID AFRIKA 'n taamlike
> flinke wisseling van gedagtes is oor
> hoe sekere dinge in die Bybel geinter-
> preteer moet word? As jy geinteresseerd
> is, kan ek bietjie dieper gaan oplees
> en rondvra en jou hieroor inlig.
>
> Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58435 is 'n antwoord op boodskap #58283] Ma, 11 Maart 2002 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jipee - m nuusbediener het sy werk darem half beter gedoen.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Die Moslem het sy geloof, so
>> ook die Hindoe, Christen met sy vele vertakkinge soos Protestants,
>> Katoliek, Jehova ens. Net so glo die Jood ook dat hy 'n uitsluitende
>> Godsdiens het.
>> dat die Bybel sê dat ek verkeerd
>> is as ek glo dat Christus die enigste verlosser is
>
> So, Lou, nou het die Moslem en Hindoe en Jood
> ook sy "reddende" geloof,'n groot toegewing van
> jou kant, nadat jy aan die begin almal wat nie glo
> soos jy glo in die Christelike raamwerk as die enigste
> reddende raamwerk, veroordeel het as verdoemd.

Jy lê woorde in my mond - ek het nog nooit ontken
dat ander gelowe - soos die Moslem, Joods en Hindoe anders glo as wat ek
glo nie. Maar let tog op die woord uitsluitend wat ek gebruik het.

> En ek verklaar weer: die Christelike bybel
> predik dat "Christus die enigste verlosser" is,
> en binne die Christelike raamwerk is dit absoluut
> waar.

Jy erken dus dat in die Christelike Geloof daar slegs een Verlosser kan
wees. 'n GROOT stap vorentoe. Maar dan volg jy dit op met die volgende
hokus pokus -

> Maar dan moet jy verstaan wat daardie uitspraak
> in die Bybel beteken. Jy moet glo dat alleen die
> sterf aan die kruis van jou eie ego vir jou kan "red"
> en jy moet glo dat kompassie jou één sal maak met
> jou naaste en die godheid - letterlik. Anders is die
> Christelike leer net 'n klomp hokus pokus wat
> "christelike" fasciste opdis om ander mense spiritueel
> te terroriseer.

Ek glo nie dat ek een word met God nie en ook nie dat ek een word met my
naaste nie - dit is waar jy nie die verksil tussen Boedisme en ander
godsdienste verstaan nie. Ek glo - en haal jou aan - dat "Christus die
enigste verlosser" is.

Weereens vertel egter jy my wat ek moet glo en wat nie - duidelik 'n
facistiese manier om my te terroriseer tot ek glo wat jy glo, soos wat
jy my deurgaans van beskuldig. Alle gelowe is nie dieselfde nie! Somtyds
dink ek nie jy lees wat jy skryf nie - hier het jy egter groot vordering
getoon - hou so aan.

Die een vraag aangaande jou foutiewe beweringe bly egter staan - Waar in
die Bybel word dit geskryf dat mense wat nie in Christus glo - ook gered
sal word?
Re: New Age/Internet [boodskap #58436 is 'n antwoord op boodskap #58080] Ma, 11 Maart 2002 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:

> En wie wil die Bybel as landkaart uitwis?
> Al waarteen sommige mense het, is die
> neiging van baie christene (gewoonlik
> onkundig van wat die leidende moderne
> Christelike teoloë bespreek) om te
> verklaar dat hulle siening van die
> godheid die "enigste" is.

En wie is hulle? :)
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58437 is 'n antwoord op boodskap #58285] Ma, 11 Maart 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Streepmuis wrote:
>
> On Fri, 08 Mar 2002 13:45:28 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Lou wrote:
>>
>>
>>> Maar jy's reg - laat ons nou maar die stof van haar drempel van ons
>>> voete afskud en na ander weivelde
>>> beweeg.
>>
>> Lafaards. En hoekom sit julle nie julle
>> gesprek voort met Swart Simon nie?
>
> Gloudina, hulle doen presies wat die bybel hulle voorskryf om te doen.
> Moenie sê hulle is lafaards nie. Hulle volg die voorskrifte van hulle
> geloof. Dis mos hulle reg?
> Dis jammer, en ek is self spyt daaroor, maar om hulle lafaards te noem
> is ook net eenvoudig nie reg nie.

S^e haar - streepmuis - sê haar!!
Re: New Age/Internet/Liberalistiese sienings [boodskap #58439 is 'n antwoord op boodskap #58099] Ma, 11 Maart 2002 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...
> Van Gewetenswroeginge gepraat - enigiemand hier wat
> Kumalo se stukkie vandag in Sunday Times gelees het van hoe hy as liberalis
> en ondersteuner van die siening dat die huidige vloedgolf van kriminaliteit
> die gevolg is van apartheid - skielik sy liberalisme verloor het toe daar by
> sy kar ingebreek het, en net soos enige ander ontgogelde geen simpatie gehad
> het toe 2 14jariges die aanklagkantoor ingebring is vir diefstal nie - en hy
> self nogal - nadat die polisie 'n vermeende onwettige immigrant gevra het om
> in Afrikaans tot by 10 te tel, en die arme mens net tot by 4 kon kom, wat hy
> toe as ver uitgespreek het - die hardste gelag het en toe vir die polisie
> gesê het hulle moet hom vra om in Afrikaans te vloek - en as hy nie die
> 3letter woordjie wat met pap rym gebruik nie, is hy definitief nie van SA
> nie.
>
> Dit is nie vir my verbasend dat dit gebeur het nie - net goed om te weet dat
> tot mense wat 'n skewe liberalisme soms aanhang, ook menslik kan wees, en
> dit nogal op 'n publieke forum erken.

Iemand wat ek geken het het by die Universiteit van die Noorde gewerk
so 15 jaar gelede toe dinge daar vuurwarm was. Die karakter was links
vir daardie dae - nog ver verby die PFP.

Toe daag hy een dag toe die studente ekstra oproerig was by die
universiteit en daar is 'n klomp doenig by die ingang. Hy draai sy
ruit af om te verneem wat aangaan, want hy is mos baie simpatiek vir
hulle saak.

Een student haak daar af en gee hom 'n snotklap net daar waar hy sit
in die kar. hy self sê toe "daardie een klap het my geslaan uit die
PFP uit reg deur die spektrum tot binne-in die HNP".

Johnnie
Re: New Age/Internet/Liberalistiese sienings [boodskap #58443 is 'n antwoord op boodskap #58439] Ma, 11 Maart 2002 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johnnie wrote:

> Toe daag hy een dag toe die studente ekstra oproerig was by die
> universiteit en daar is 'n klomp doenig by die ingang. Hy draai sy
> ruit af om te verneem wat aangaan, want hy is mos baie simpatiek vir
> hulle saak.
>
> Een student haak daar af en gee hom 'n snotklap net daar waar hy sit
> in die kar. hy self sê toe "daardie een klap het my geslaan uit die
> PFP uit reg deur die spektrum tot binne-in die HNP".

Verskoon my nou as ek hierdie opmerking
maak. Maar was jou vriend nie maar een
van daardie witmense wat die swart
opvoedings-inrigtings volgeloop het om
akademiese poste te kry in die goeie ou
dae van apartheid nie? Dit was een van
die kenmerkendste karaktertrekke van die
apartheids-dae: die hoeveelheid wit gesigte
in swart skole skielik, nadat daar in die
dae voor apartheid al goeie vordering gemaak
was deur die sendelinge, wat die skole beheer
het, om swart en bruin mense in administrasie-
poste te sit. Ek weet waarvan ek praat. Ek
het die Departement van Bantoe-Onderwys sien
volloop van wit gesigte gedurende die dae van
apartheid. Sommige van hulle sit nou nog daar.
En verskoon my weer: ek dink jou vriend
se "simpatie" met swart mense gedurende die
apartheidsregime was net 'n dun veneer.
En verskoon my asseblief, maar daardie
vriend van jou verdien die klap wat hy gekry
het. Die struggle was nie vir sissies nie, net
soos die HNP ook nie vir sissies was nie.
Die HNP was net die stupid non-sissies. (Ek
veronderstel dat ek daardeur bedoel dat die
NP die sissies was.)

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58501 is 'n antwoord op boodskap #58429] Di, 12 Maart 2002 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Ek sal daarom graag jou interpretasie van die ' flinke wisseling van
> gedagtes' wou sien.

Gaan na Beeld en lees die stuk wat
Neels Jackson geskryf het. Lees jy
ooit jou koerante deeglik, of lees
jy net wat jy hoor.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58502 is 'n antwoord op boodskap #58435] Di, 12 Maart 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Ek glo - en haal jou aan - dat "Christus die
> enigste verlosser" is.

> Die een vraag aangaande jou foutiewe beweringe bly egter staan - Waar in
> die Bybel word dit geskryf dat mense wat nie in Christus glo - ook gered
> sal word?

Die crux van die saak is, Lou, dat ek
glo dat die woestynbewoner van Sentraal
Asië wat nog nooit van die historiese
Christus gehoor het nie en nog nooit die
Christelike bybel gelees het nie, ook
"gered" kan word deur te glo in 'n
verlossende proses uit die gevallenheid
van die mens, en dat hierdie verlossende
instrument die Kompassie is. Op 'n snaakse
manier, my liewe Lou, gee ek, deur hierdie
geloofs-verklaring van my, diepe relevansie
ook aan die Christelike raamwerk. Want ek
verklaar dat ek glo aan die sentraliteit
van Kompassie/Liefde/Caritas.

Gloudina
Re: New Age/Internet [boodskap #58503 is 'n antwoord op boodskap #58436] Di, 12 Maart 2002 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

hulle siening van die
>> godheid die "enigste" is.

>
> En wie is hulle? :)

Jy, Lou. Jy is een van hulle.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58614 is 'n antwoord op boodskap #58502] Do, 14 Maart 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Ek glo - en haal jou aan - dat "Christus die
>> enigste verlosser" is.
>
>> Die een vraag aangaande jou foutiewe beweringe bly egter staan - Waar in
>> die Bybel word dit geskryf dat mense wat nie in Christus glo - ook gered
>> sal word?
>
> Die crux van die saak is, Lou, dat ek
> glo dat die woestynbewoner van Sentraal
> Asië wat nog nooit van die historiese
> Christus gehoor het nie en nog nooit die
> Christelike bybel gelees het nie, ook
> "gered" kan word deur te glo in 'n
> verlossende proses uit die gevallenheid
> van die mens, en dat hierdie verlossende
> instrument die Kompassie is. Op 'n snaakse
> manier, my liewe Lou, gee ek, deur hierdie
> geloofs-verklaring van my, diepe relevansie
> ook aan die Christelike raamwerk. Want ek
> verklaar dat ek glo aan die sentraliteit
> van Kompassie/Liefde/Caritas.
>

Weereens antwoord jy nie die punt nie. Watter deel van "Waar in die
Bybel word dit geskryf dat mense wat nie in Christus glo - ook gered sal
word" verstaan jy nie?

Maar nog steeds verstom jou totale arrogansie my - soos in 'gee ek (dis
nou GB), diepe relevansie aan die Christelike raamwerk'?

En ek gaan niks verder skryf nie want dit sal jou net weer 'n tangent
gee om vanaf weg te skram.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58615 is 'n antwoord op boodskap #58253] Do, 14 Maart 2002 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon wrote:
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:a34d8uk3nhn8fdsci9ear07qtmrgl012no@4ax.com...
>> On Wed, 6 Mar 2002 23:41:59 +0200, "Swart Simon"
>>>
>>> Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se
> standpunt
>>> is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
>>> duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
>>> museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.
>>>
>>> Swart Simon
>>>
>>
>> En wat is jòu standpunt hieroor?
>
> Jong, my standpunt lê so iewers tussen die partikels en die golwe. Ek dink
> dit was Danielle wat so 'n rukkie terug ook hiervan gepraat. Maar ek moet
> jou sê ek sukkel nog so 'n bietjie met die matesis :-(
>

Soos ek voorheen gesê het - Davie, moenie jou asem ophou nie ... :)
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58705 is 'n antwoord op boodskap #58614] Vr, 15 Maart 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Weereens my *&^%*&% nuusbediener (van dejanews):

Gloudina wrote:
Lou wrote:

>> Ek sal daarom graag jou interpretasie van die ' flinke wisseling van
>> gedagtes' wou sien.

> Gaan na Beeld en lees die stuk wat
> Neels Jackson geskryf het. Lees jy
> ooit jou koerante deeglik, of lees
> jy net wat jy hoor.

Huh? Wat sê jy hierbo? Lees jy ooit wat jy tik?
Re: New Age/Internet [boodskap #58820 is 'n antwoord op boodskap #58503] Ma, 18 Maart 2002 02:39 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ROTFLMAO!! Kan jy enige vraag antwoord?

skryf in boodskap news:3C8DF8E1.4040805@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
> hulle siening van die
>>> godheid die "enigste" is.
>
>>
>> En wie is hulle? :)
>
>
> Jy, Lou. Jy is een van hulle.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: world broadcasting of your country
Volgende onderwerp: Mugabe heeft gewonnen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 15:51:31 MGT 2024