Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zimbabwe - bietjie bekommerd
Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58105] So, 03 Maart 2002 13:41 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is bekommerd dat die mense hier nie hul bekommernis te kenne wil gee oor
wat miskien volgende naweek kan gebeur nie.

Ek is bly dat ons mense nou kampe op ons grense opgerig het ( aan ons kant)
om vlugtelinge uit Zimbabwe te kan ontvang en tydelik te huisves.
Ek dink egter nie ons moet die enigste land wees wat die vlugteling situasie
moet hanteer nie - alle ander lande sal moet help - miskien kan Gloudina van
daardie kant begin reel dat daar 'n lugbrug na Kanada oopgestel word, en
Australië en NZ kan ook maar vrywillig en geredelik hulp aanbied:))
Dan is daar al die ander voorspoedige Afrika lande wat nie behoort te skroom
om 'n helpende hand uit te steek nie.

Vanoggend was daar ook iemand op tiewie wat wou beweer dat die
voedseltekort - soos dit nou in Zimbabwe uitsien - drie jaar sal neem om te
stabiliseer.
Ons weet egter dat dit baie langer kan neem, want ek is seker die onderste
draaipunt - hoe sleg dit nou ook nou al daar gaan, is nog nie bereik nie.

Gaan dit enigsens help om van ons swart boere te redeploy om die "veterane"
daar te gaan touwys maak
wat om met hul stukkies grond aan te vang?
Sal daardie mense ooit kan begryp - ek verstaan dit was een van die probleme
in Transkei- dat hulle meer sal moet produseer op 'n gereelde jaarlikse
basis as wat hul nodig het vir eie gebruik, en dat hulle nie kan ophou en
terugsit en wag totdat hulle voorraad opgebruik is voordat hulle weer begin
plant nie?
Is die lappies grond wat hulle ongrondwetlik/grondwetlik verniet gekry het,
groot genoeg om 'n bestaan te kan maak?
Hoe gaan Zimbabwe die kleinboere subsidieer as hulle nie eers geld het om
petrol aan te koop nie?
Is dit reg en regverdig om geld aan die Mugabe-regering te skenk en te
verwag hulle sal dit aanwend om die dreigende hongersnood en ellende af te
weer?

Hoe lank is daar al gebeds/ mediteer- groepe aan die gang wat bid en/of
konsentreer op 'n vreedsame verkiesing volgende naweek in Zimbabwe?

Annette
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58107 is 'n antwoord op boodskap #58105] So, 03 Maart 2002 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 15:41:15 +0200, "Annette" wrote:

> Is dit reg en regverdig om geld aan die Mugabe-regering te skenk en te
> verwag hulle sal dit aanwend om die dreigende hongersnood en ellende af te
> weer?
>

Dink jy ons kan Alan Broeksak as tussenganger gebruik?
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58110 is 'n antwoord op boodskap #58107] So, 03 Maart 2002 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ek dink nie dit is 'n goeie gedagte nie - die mense weet mos nou al van
sy swak punt, en sal hom te fyn dophou:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:ena48u8dber16eas97616fplb195nso74s@4ax.com...
> On Sun, 3 Mar 2002 15:41:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Is dit reg en regverdig om geld aan die Mugabe-regering te skenk en te
>> verwag hulle sal dit aanwend om die dreigende hongersnood en ellende af te
>> weer?
>>
>
> Dink jy ons kan Alan Broeksak as tussenganger gebruik?
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58130 is 'n antwoord op boodskap #58105] Ma, 04 Maart 2002 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - die goeie nuus is dat daar reeds 2 miljoen onwettige Zimbabwese
burgers in die RSA is - die ouens wat gaan volg het maw reeds 'n
ondersteuningsnet aan hierdie kant.

Ons betaal die prys van 'n totaal onbevoegde Prez - met sy stille diplomasie
en al.

Snaaks, ek het nie veel opmerkings oor die Newsweek-artikel op die ng gelees
nie.
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58132 is 'n antwoord op boodskap #58130] Ma, 04 Maart 2002 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watter Newsweek artikel?
Moet ek nou weer 'n blandelwyntjie wegslaan?

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Jonas skryf in boodskap news:a5uu3m$cdd$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Annette - die goeie nuus is dat daar reeds 2 miljoen onwettige Zimbabwese
> burgers in die RSA is - die ouens wat gaan volg het maw reeds 'n
> ondersteuningsnet aan hierdie kant.
>
> Ons betaal die prys van 'n totaal onbevoegde Prez - met sy stille diplomasie
> en al.
>
> Snaaks, ek het nie veel opmerkings oor die Newsweek-artikel op die ng gelees
> nie.
>
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58135 is 'n antwoord op boodskap #58105] Ma, 04 Maart 2002 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

ons swart boere te redeploy om die "veterane"
> daar te gaan touwys maak
> wat om met hul stukkies grond aan te vang?
> Sal daardie mense ooit kan begryp - ek verstaan dit was een van die probleme
> in Transkei- dat hulle meer sal moet produseer op 'n gereelde jaarlikse
> basis as wat hul nodig het vir eie gebruik, en dat hulle nie kan ophou en
> terugsit en wag totdat hulle voorraad opgebruik is voordat hulle weer begin
> plant nie?

Jy praat soos 'n wit ou tannie. Daar is
studies wat aandui dat as hulle weer die
basiese tradisionele "subsistence farming"
inbring in plekke soos Zimbabwe ( d.w.s.
die kondisies herstel soos voordat die witman
daar ingevaar het en een-derde vir hom gevat
het en een-derde as wildparke verklaar het)
die bevolking heeltemal lekker na hulleself
kan kyk.
Dis die gif van die westerse kolonialisme
en kapitalisme wat die stelsel geskep het waar
(wit)mense intense boerderye moes begin sodat hulle
'n "profyt" kon maak - gewoonlik deur die drug
tabak te produseer. Dis die kolonialisme se
kapitalisme wat die swart bewoners van hulle grond
afgestoot het en hulle in liederlike kroeke rondom
die stede gedwing het. Dis die kolonialisme en
die kapitalisme wat met Rhodes begin het, wat
die teelaarde geskep het vir kondisies waarteen die
swart bevolking van Zimbabwe uiteindelik oorlog
verklaar het. Dis Cecil Rhodes en Ian Smith wat
vir Mugabe geskep het.

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58142 is 'n antwoord op boodskap #58135] Ma, 04 Maart 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C837548.9090003@rogers.com...
> Annette wrote:
> ons swart boere te redeploy om die "veterane"
>> daar te gaan touwys maak
>> wat om met hul stukkies grond aan te vang?

> Daar is
> studies wat aandui dat as hulle weer die
> basiese tradisionele "subsistence farming"
> inbring in plekke soos Zimbabwe
> die bevolking heeltemal lekker na hulleself
> kan kyk.

So jy's heeltemal gekant teen die idee dat globale rykdom gedeel moet word?
"subsistence farming" sal mos sorg dat hulle agteraf bly.
Of sou jy wou sien dat sulke lande eerder moet uitvoer as om te bedel?
Waarom dink jy begin Angola en Mosambiek en ander Afrika lande wit boere
verwelkom?
Sou jy sê dit is om die wit boere sover te kry om daar te gaan sit en
hulself onderhou met "subsistence farming" ?

Jy raak die klits nou heeltemal kwyt.
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58143 is 'n antwoord op boodskap #58142] Ma, 04 Maart 2002 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> So jy's heeltemal gekant teen die idee dat globale rykdom gedeel moet word?
> "subsistence farming" sal mos sorg dat hulle agteraf bly.
> Of sou jy wou sien dat sulke lande eerder moet uitvoer as om te bedel?
> Waarom dink jy begin Angola en Mosambiek en ander Afrika lande wit boere
> verwelkom?
> Sou jy sê dit is om die wit boere sover te kry om daar te gaan sit en
> hulself onderhou met "subsistence farming" ?
>
> Jy raak die klits nou heeltemal kwyt.

Wel, Kobus,eers moet ek vir jou vertel dat ek
wel die kluts kwyt kan wees, maar nooit die
klits nie. Dis jy wat die kluts kwyt is, beide
wat jou taal betref en jou kapitalistiese
aannames.
Wat bedoel jy met "globale rykdom" moet
"gedeel" word? Is dit nie maar die wit-omie-
kapitalistiese uitdrukking vir "ons westerse
lande wil hê julle moet julle grond onder
tabak en kakao (in Nigerieë) sit daar in
Afrika en julle afsloof om dinge uit te voer
na ons nie". Die nuutste denke oor hoe Afrika
"gered" kan word, is om hulle uit die kloue
te kry van die kapitalistiese stelsel, en
uit die kloue van swart staatshoofde wat deur
die kapitalistiese sisteem te manipuleer, vir
hulle self ryk kan maak, maar geen van daardie
geld kom by die man en vrou en kinders op die
landsbodem nie.
Daar is ook nuwe denke oor die beheer van
die stukke kroongrond wat as dierereservate
verklaar is. Laat mense toe om op die periferie
van sulke dierreservate te bly, subsistence
farming te doen, en gekontrolleer ook wild vir
eie gebruik te kan doodmaak. Dan sal sulke mense
'n buffer vorm om die dierereservate, sal
poachers bekamp, geldmaak uit toeriste, ens.
Ek is bevrees daardie Afrika-lande wat
wit boere uitnooi om by hulle te kom bly, mag
'n fout maak. As hierdie wit boere vir hulle
gaan leer om met groot stukke masjinerie groot
lande vol uitvoerprodukte te kweek, dan sal hulle
in dieselfde lokval val as boere hier in Noord-
Amerika wat werk om produkte uit te voer. Mens
hoor gereeld hoe hierdie family farm en daardie
boer bankrot speel. Dis tragies, as mens weet
dat een- of twee-honderd jaar gelede die Kanadese
en Amerikaanse prairies die heenkome was van
duisende en duisende Noord-Amerikaanse subsistence
farmers. (Ongelukkig het die klomp wat uit Europa
gekom het, al die bison doodgemaak, en die Eerste Nasies
wat ook subsistence farming gedoen het, verdring.

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58149 is 'n antwoord op boodskap #58135] Di, 05 Maart 2002 03:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie

Ek daag jou om oor die Transkei te vlieg waar hierdie manne nou ongehinderd
boer vir geruime tyd - dan sal jy die grootste erosie van die RSA se
vrugbaarste grond sien.

Die grootste snert wat ooit verkondig was mbt apartheid was dat die blankes
al die grond gekry het. Die vrugbaarste grond in hierdie land is in Natal en
die Transkei - en het dit in die hande van mense gebly wat dit nie bewaar
het nie.
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58171 is 'n antwoord op boodskap #58149] Wo, 06 Maart 2002 04:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Ek daag jou om oor die Transkei te vlieg waar hierdie manne nou ongehinderd
> boer vir geruime tyd - dan sal jy die grootste erosie van die RSA se
> vrugbaarste grond sien.
>
> Die grootste snert wat ooit verkondig was mbt apartheid was dat die blankes
> al die grond gekry het. Die vrugbaarste grond in hierdie land is in Natal en
> die Transkei - en het dit in die hande van mense gebly wat dit nie bewaar
> het nie.

Dis jy wat snert praat. Was jy al ooit
in die Transkei? Die vrugbaarste grond
in SA? Miskien hier en daar is 'n stukkie
vrugbaar.
Die erosie, heelwaarskynlik as gevolg
van oorbevolking en oorbewyding, was deel
van die beleid van die series van regerings
wat die Xhosas opgehok wou hou in hulle eie
"reservaat."
Oor jou statistiek. Was dit nie 'n bekende
feit dat daar net, as ek reg onthou, dertien
persent van die land opsy gesit is vir die
sogenaamde bantoestans nie? Dertien persent
vir 'n deel van die bevolking wat meer as
tagtig persent van die totale bevolking van
SA uitmaak. Komaan, Jonas. Wie se oë probeer
jy verblind?

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58182 is 'n antwoord op boodskap #58171] Wo, 06 Maart 2002 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
>
> Die erosie, heelwaarskynlik as gevolg
> van oorbevolking en oorbewyding, was deel
> van die beleid van die series van regerings
> wat die Xhosas opgehok wou hou in hulle eie
> "reservaat."
>
Gloudina

Ek gaan nie met jou in argumente betrokke raak nie want jy is "heavy"
:)
Die erosie in die Transkei kom 'n baie lang pad, van voor die tyd dat
die plek oorbevolk en oorbewei geraak het. Een rede was dat die mense
tot so in die vroeë 1950s nie saam met die kontoere geploeg het nie,
maar reguit bult op en bult af. Eers daarna het landboubeamtes die
saak gaan regstel. Oorbeweiding is tot 'n groot mate te wyte aan die
Xhosa se "land tenure" sisteem. Ek is nie heeltemal seker oor my feite
nie maar dis min of meer soos volg: Sekeres erf die reg om diere aan
te hou en daarmee saam die reg om dieselfde reg aan ander te verhuur,
sonder dat dit nodig is om sy eie aantal diere te verminder. Met die
bevolkingsaanwas het hierdie effek natuurlik gesneeubal. Dis amper 'n
"heilige" sisteem en ek glo nie enige regering wou (kon?) daaraan
torring nie.
Wat vrugbaarheid betref kan ek net sê dat as mens oor die ou Transkei
grens gaan daar in die Indwe-Elliot-Ugie omgewings (baie goeie
landbougrond), is die verskil ontstellend.

Groete, Drom
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58185 is 'n antwoord op boodskap #58182] Wo, 06 Maart 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Wat vrugbaarheid betref kan ek net sê dat as mens oor die ou Transkei
> grens gaan daar in die Indwe-Elliot-Ugie omgewings (baie goeie
> landbougrond), is die verskil ontstellend.

Ek wil ook nie met jou argumenteer nie. Jy
weet heelwaarskynlik waarvan jy praat. Maar
kan mens nie maar veilig aanneem dat, toe die
grense van die Transkei bepaal is, daardie
"goeie landbougrond" met opset buite die Transkei
gelaat is nie?
Daar is ook 'n groot verskil tussen die bewerking
van grond in SA as daar één boer op 'n redelike
groot plaas bly (gehelp deur volop goedkoop hulp)
en hierdie (gewoonlik wit in die ou dae) boer dan
die moderne landboutegnieke kan toepas. Dit is
juis hierdie "een boer op 'n groot plaas"-sindroom
wat die swart en bruin bevolking van SA teruggedryf
het in klein areas wat sogenaamd hulle "eie" was,
as hulle nie bereid was om as knegte op die witman
se plaas te wil werk nie. Dis waar die rot begin
het - toe die setlaars uit Europa op meeste van SA
se grond kom sit het.

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58191 is 'n antwoord op boodskap #58185] Wo, 06 Maart 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 13:46:30 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Ek wil ook nie met jou argumenteer nie. Jy
> weet heelwaarskynlik waarvan jy praat. Maar
> kan mens nie maar veilig aanneem dat, toe die
> grense van die Transkei bepaal is, daardie
> "goeie landbougrond" met opset buite die Transkei
> gelaat is nie?

>
> Gloudina

Met hierdie woorde bewys jy weer die bevooroordeelde Gloudina.
"Kan ons nie maar met veiligheid aanneem dat dit die bure se kinders
is wat eerste moeilikheid gesoek het nie? Ek was nou wel nie
teenwoordig nie maar jy weet mos dat my onskuldige bloedjies nie
skoorsoekers is nie."

DD
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58194 is 'n antwoord op boodskap #58182] Wo, 06 Maart 2002 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ooooooeee!!!! Ek het al op Elliot tennis gespeel:)))
Ja, inderdaad, daardie tennisbaan se grond onthou ek nog steeds:))
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203060458.7b4be7f3@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
>>
>> Die erosie, heelwaarskynlik as gevolg
>> van oorbevolking en oorbewyding, was deel
>> van die beleid van die series van regerings
>> wat die Xhosas opgehok wou hou in hulle eie
>> "reservaat."
>>
> Gloudina
>
> Ek gaan nie met jou in argumente betrokke raak nie want jy is "heavy"
> :)
> Die erosie in die Transkei kom 'n baie lang pad, van voor die tyd dat
> die plek oorbevolk en oorbewei geraak het. Een rede was dat die mense
> tot so in die vroeë 1950s nie saam met die kontoere geploeg het nie,
> maar reguit bult op en bult af. Eers daarna het landboubeamtes die
> saak gaan regstel. Oorbeweiding is tot 'n groot mate te wyte aan die
> Xhosa se "land tenure" sisteem. Ek is nie heeltemal seker oor my feite
> nie maar dis min of meer soos volg: Sekeres erf die reg om diere aan
> te hou en daarmee saam die reg om dieselfde reg aan ander te verhuur,
> sonder dat dit nodig is om sy eie aantal diere te verminder. Met die
> bevolkingsaanwas het hierdie effek natuurlik gesneeubal. Dis amper 'n
> "heilige" sisteem en ek glo nie enige regering wou (kon?) daaraan
> torring nie.
> Wat vrugbaarheid betref kan ek net sê dat as mens oor die ou Transkei
> grens gaan daar in die Indwe-Elliot-Ugie omgewings (baie goeie
> landbougrond), is die verskil ontstellend.
>
> Groete, Drom
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58205 is 'n antwoord op boodskap #58185] Wo, 06 Maart 2002 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...

Gloudina

Sien jy nou hoekom ek traag was om op jou aanmerkings te antwoord. Jy
kan enige draad tot in die oneindigheid uitrek :-)

Dalk het jy my verkeerd verstaan. Die grense daar in die ou verre
Noord-Oos Kaap is nie fisiese grense nie. Mens kry net 'n bord langs
die pad wat sê, "You are now entering Transkei." Dis dieselfde
hoë-potentiale grond, wat net eweskielik goed opgeneuk is deur mense
wat nie eintlik van landbou, grondbewaring, kommersiële boerdery of
enigiets in daai lyn weet nie. Dis nie hulle fout nie want die
amaXhosa was nog nooit landbouers nie, veral nie die mans nie. Die
vrouens het die landerye (op en af geploeg) bewerk terwyl die mans in
die son gesit het. Dis nou nog so, kom kyk maar in my dorpie. Dis
vrouens wat met straatverkope 'n bestaan probeer maak terwyl die mans
net rondhang.

En oor jou opmerking oor die grense: Die grense van die Transkei en
Ciskei kom van die Engelse tyd af. Al wat gebeur het toe hulle
"onafhanklik" geraak het, was dat die wit "traders" en staatsamptenare
uitgegooi was. Tot nadeel! Vra my, ek het dit beleef.

Groete, Drom
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58207 is 'n antwoord op boodskap #58205] Wo, 06 Maart 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Mar 2002 11:36:00 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> "@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
> Gloudina
>
> Sien jy nou hoekom ek traag was om op jou aanmerkings te antwoord. Jy
> kan enige draad tot in die oneindigheid uitrek :-)

Dis net hier waar sy nou die tema sal verander Drom. Jy onthou van die
valse trots waarvan ek gepraat het? Presies dit verhoed dat sy erken
sy weet nie waarvan sy praat nie.
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58217 is 'n antwoord op boodskap #58205] Wo, 06 Maart 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> kom kyk maar in my dorpie. Dis
> vrouens wat met straatverkope 'n bestaan probeer maak terwyl die mans
> net rondhang.

Ek wonder altyd, wanneer mens hoor dat mense
sê dat swart mans "net rondhang," of hierdie
observasie nie 'n manier is om die swart man
as man te emaskuleer nie. Waar kom al die
manlike werkers vandaan op die wit boere se
plase, wie is die werkers wat in die talle
myne in SA onder die grond werk en die ryk-
domme uit die grond gehaal het wat die ou
koloniale wit kultuur in stand gehou het?

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58254 is 'n antwoord op boodskap #58217] Do, 07 Maart 2002 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C8698BB.7080403@rogers.com...
>
> Drom wrote:
>
>
>> kom kyk maar in my dorpie. Dis
>> vrouens wat met straatverkope 'n bestaan probeer maak terwyl die mans
>> net rondhang.
>
>
> Ek wonder altyd, wanneer mens hoor dat mense
> sê dat swart mans "net rondhang," of hierdie
> observasie nie 'n manier is om die swart man
> as man te emaskuleer nie. Waar kom al die
> manlike werkers vandaan op die wit boere se
> plase, wie is die werkers wat in die talle
> myne in SA onder die grond werk en die ryk-
> domme uit die grond gehaal het wat die ou
> koloniale wit kultuur in stand gehou het?
>
> Gloudina

Ek wonder ook. Dis nou oor "ons" (die "beskawing" se) persepsies van
"hulle" (die "barbare").

1900 jaar gelede het die Romeine (die "beskawing") die volgende te sê gehad
oor die Germane (die "barbare" en, so neem ek aan, rasgenote van Drom):

"[The German people] are less able to endure toil or fatiguing tasks and
cannot bear thirst or heat, though their climate has inured them to cold
spells and the poverty of their soil to hunger.
....................

[Their country] is well provided with live-stock; but the animals are mostly
undersized, and even the cattle lack the handsome heads that are their
natural glory. It is the number of them that the Germans take pride in; for
these are the only form of wealth they have, and are much prized.
....................

When not engaged in warfare they spend a certain amount of time in hunting,
but much more in idleness, thinking of nothing else but sleeping and eating.
For the boldest and most warlike men have no regular employment, the care of
the house, home, and fields being left to the women, old men, and weaklings
of the family. In thus dawdling away their time they show a strange
inconsistency - at one and the same time loving indolence and hating peace."

(Uit Tacitus: Germania)

Merkwaardige parallelle? Hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle
dieselfde.

Swart Simon
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58257 is 'n antwoord op boodskap #58254] Do, 07 Maart 2002 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> wrote...
>> Drom wrote:
>>
>>> kom kyk maar in my dorpie. Dis
>>> vrouens wat met straatverkope 'n bestaan probeer maak terwyl die mans
>>> net rondhang.
>>
>> Ek wonder altyd, wanneer mens hoor dat mense
>> sê dat swart mans "net rondhang," of hierdie
>> observasie nie 'n manier is om die swart man
>> as man te emaskuleer nie.
>
> Ek wonder ook. Dis nou oor "ons" (die "beskawing" se) persepsies van
> "hulle" (die "barbare").
>
> 1900 jaar gelede het die Romeine (die "beskawing") die volgende te sê gehad
> oor die Germane (die "barbare" en, so neem ek aan, rasgenote van Drom):
>
> "[The German people] are less able to endure toil or fatiguing tasks and
> cannot bear thirst or heat, though their climate has inured them to cold
> spells and the poverty of their soil to hunger.....................

> Merkwaardige parallelle? Hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle
> dieselfde.

Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as my
naaste verwante.

Groete,
Arthur
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58287 is 'n antwoord op boodskap #58257] Vr, 08 Maart 2002 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a68kda$19d3$1@news.kabelfoon.nl...
> "Swart Simon" schreef...
>> wrote...
>>> Drom wrote:
>>>
>>>> kom kyk maar in my dorpie. Dis
>>>> vrouens wat met straatverkope 'n bestaan probeer maak terwyl die mans
>>>> net rondhang.
>>>
>>> Ek wonder altyd, wanneer mens hoor dat mense
>>> sê dat swart mans "net rondhang," of hierdie
>>> observasie nie 'n manier is om die swart man
>>> as man te emaskuleer nie.
>>
>> Ek wonder ook. Dis nou oor "ons" (die "beskawing" se) persepsies van
>> "hulle" (die "barbare").
>>
>> 1900 jaar gelede het die Romeine (die "beskawing") die volgende te sê gehad
>> oor die Germane (die "barbare" en, so neem ek aan, rasgenote van Drom):
>>
>> "[The German people] are less able to endure toil or fatiguing tasks and
>> cannot bear thirst or heat, though their climate has inured them to cold
>> spells and the poverty of their soil to hunger.....................
>
>> Merkwaardige parallelle? Hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle
>> dieselfde.
>
> Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
> is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as my
> naaste verwante.

Ek stem in 'n sekere sin saam - in die sin dat 'n beskaafde mens eintlik
niks meer is as 'n barbaar met 'kultuur' nie. Net soos 'n ryk mens eintlik
maar net 'n arm mens met geld is. Die 'kultuur' / rykdom is dikwels maar 'n
dun fineer-lagie.

Swart Simon
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58301 is 'n antwoord op boodskap #58287] Vr, 08 Maart 2002 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote...
>> Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
>> is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as
>> my naaste verwante.
>
> Ek stem in 'n sekere sin saam - in die sin dat 'n beskaafde mens eintlik
> niks meer is as 'n barbaar met 'kultuur' nie. Net soos 'n ryk mens eintlik
> maar net 'n arm mens met geld is. Die 'kultuur' / rykdom is dikwels maar 'n
> dun fineer-lagie.

Jy is reg. Dit kos generasies om die fineerlagie te kry, maar mense kan dit
in baie korte tyd verlies.

Groete,
Arthur
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58303 is 'n antwoord op boodskap #58287] Sa, 09 Maart 2002 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:


> Ek stem in 'n sekere sin saam - in die sin dat 'n beskaafde mens eintlik
> niks meer is as 'n barbaar met 'kultuur' nie. Net soos 'n ryk mens eintlik
> maar net 'n arm mens met geld is. Die 'kultuur' / rykdom is dikwels maar 'n
> dun fineer-lagie.

En dan is die "kultuur" in die kop van
sekere persone natuurlik 'n sekere nou-
omskrewe groepmaaksel, waarmee hulle
ander "kulture" kan aanval as "tweede-
rangs", al is dit maar net 'n kultuur
wat buite die "laer" is.
Maar wat ek beide komies en gevaarlik
sien, is hoe byvoorbeeld in SA wit mans
gewoonlik swart of bruin mans as minder-
waardig wil aantoon, deur te sê dat hulle
nie werk nie, maar net "rondhang". Net
soos die ou Romeine die "barbaarse"
Germane wou swartsmeer, duidelik omdat
hulle hul bedreig gevoel het deur die
Germaanse mans se groter viriliteit.

Gloudina
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58432 is 'n antwoord op boodskap #58257] Ma, 11 Maart 2002 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[3]  is tans af-lyn  emmy[3]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
> is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as my
> naaste verwante.

( glimlach) de beschaving kwam inderdaad vanuit het zuiden...

Grt emmy
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58433 is 'n antwoord op boodskap #58303] Ma, 11 Maart 2002 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
> Net
> soos die ou Romeine die "barbaarse"
> Germane wou swartsmeer, duidelik omdat
> hulle hul bedreig gevoel het deur die
> Germaanse mans se groter viriliteit.
>
> Gloudina

Snaaks dat al jou mails een of ander tyd na die onderwerp beweeg nie
waar nie?
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58456 is 'n antwoord op boodskap #58432] Ma, 11 Maart 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 09:38:03 +0100, "emmy" wrote:

>
>> Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
>> is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as
> my
>> naaste verwante.
>
> ( glimlach) de beschaving kwam inderdaad vanuit het zuiden...
>
> Grt emmy
>

Hallo Emmy daar in die Noorde! Welkom terug.
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58465 is 'n antwoord op boodskap #58456] Ma, 11 Maart 2002 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "emmy" wrote:
>>> Ek het altyd gedink die Romeine was reg. Die Germane was barbare. Geneties
>>> is hulle miskien my 'rasgenote', maar kultureel beskou ek die Romeine as
>>> my naaste verwante.
>>
>> ( glimlach) de beschaving kwam inderdaad vanuit het zuiden...
>>
> Hallo Emmy daar in die Noorde! Welkom terug.

Ek vermoed Emmy se opmerking was aan my gerig ... ek woon ongeveer 60 km
noordliker :)

Groete,
Arthur
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58467 is 'n antwoord op boodskap #58465] Ma, 11 Maart 2002 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 20:07:57 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:

>
> Ek vermoed Emmy se opmerking was aan my gerig ... ek woon ongeveer 60 km
> noordliker :)
>
> Groete,
> Arthur
>

en sal sy darem erken dat ons heel in die suide is?
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58468 is 'n antwoord op boodskap #58467] Ma, 11 Maart 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote:
>> Ek vermoed Emmy se opmerking was aan my gerig ... ek woon ongeveer 60 km
>> noordliker :)
>
> en sal sy darem erken dat ons heel in die suide is?

In Nederland het ons 'n uitdrukking: 'té is ook niet goed'.

Julle is te ver in die suide ;)

Arthur
Re: Zimbabwe - bietjie bekommerd [boodskap #58475 is 'n antwoord op boodskap #58468] Ma, 11 Maart 2002 20:43 Na vorige boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 11 Mar 2002 20:37:35 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:

> In Nederland het ons 'n uitdrukking: 'té is ook niet goed'.
>
> Julle is te ver in die suide ;)
>
> Arthur
>

Maar ek is tevrede daarmee :-)))
Vorige onderwerp: Gebruik
Volgende onderwerp: jonk vrou soek haar Pa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 05:13:59 MGT 2024