Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57913 is 'n antwoord op boodskap #57848] Di, 26 Februarie 2002 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Feb 2002 16:22:38 GMT, "@rogers.com" wrote:

> "in My Vader se Huis is daar baie wonings."

> Gloudina
>

So, volgens jou gaan die Koran lesers en Budhiste sowel as Hari
Krishnas ens. ens. ens. bure wees van die Christene by die baie
wonings?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57919 is 'n antwoord op boodskap #57913] Di, 26 Februarie 2002 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> So, volgens jou gaan die Koran lesers en Budhiste sowel as Hari
> Krishnas ens. ens. ens. bure wees van die Christene by die baie
> wonings?

Ja, Davie Davis. Elkeen wat binne sy spirituele
raamwerk deur die godheid aangeraak word, sal bure
wees. Daar sal baie wees wat "Here, Here" skree
wat nie daar toegelaat sal wees nie. Daar sal baie
wees wat "Allah, Allah " skree wat nie daar sal
wees nie. Maar elkeen wat glo soos die kleinste
van hulle en soos die lelies van die veld, hulle
is noual in die huis van baie wonings.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57959 is 'n antwoord op boodskap #57893] Wo, 27 Februarie 2002 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Verstaan jy nie Afrikaans nie?

For example the
> Christian and Buddhist is quite far removed in terms of their religious
> understanding and even - as you have mentioned before - the Buddhist
> religion (Is it a religion?) encompasses the Christian Religion it does
> not succeed in the opposite direction. What in effect happens is that
> you look down on other religions and poo-poo their efforts as you
> described by you in the attched.

Jy kan maar Afrikaans gebruik. Jou
Afrikaans is beter as jou Engels.

Nee, die Buddhiste sien hulself nie
as aanhangers van 'n "godsdiens" nie.

Wat bedoel jy met "it does not succeed
in the opposite direction." Bedoel jy
dat die Buddhisme weier om vir hulself
die titel toe te eien van die enigste
waaragtige godsdiens?

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #57962 is 'n antwoord op boodskap #57894] Wo, 27 Februarie 2002 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Die feit dat 'n Christen glo dat ek slegs gered word deur my geloof in
> Christus sluit mos ander gelowe uit.

> Geloof is presies dit - swart en wit, biner - 0 of 1, aan of af, leeg
> of vol - daar is nie 'n grys area nie.

Ek dink, Lou, dat jy nie die regte "konsep"
van "geloof" het nie. Geloof is 'n eksistensiële
gegewe, nie 'n politieke statement nie. Geloof
is 'n spirituele "commodity" wat jy óf het óf nie
het nie. Neem 'n praktiserende Christen en 'n
praktiserende Buddhis en sit hulle langs mekaar,
en jy kyk na dieselfde "commodity." Dis die geloof
wat saakmaak en waarin geglo word.
Maar jy wil politiek met geestelike geloof speel.
Jy wil fascisties jou opinies op ander mense afdruk
met betrekking tot godsdienste. En ek is bevrees dat
daardie soort Christene wat eintlik fasciste wil wees,
se dae getel is. Dis die besef daarvan wat mens in
baie vooraanstaande Christelike teoloë se werk vind.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58035 is 'n antwoord op boodskap #57894] Vr, 01 Maart 2002 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Aangesien my newserver nie die helfte van die artikels meer pos nie copy
ek die van dejanews:

Lou wrote:

>> Die feit dat 'n Christen glo dat ek slegs gered word deur my geloof in
>> Christus sluit mos ander gelowe uit.
>> Geloof is presies dit - swart en wit, biner - 0 of 1, aan of af, leeg
>> of vol - daar is nie 'n grys area nie.

> Ek dink, Lou, dat jy nie die regte "konsep"
> van "geloof" het nie. Geloof is 'n eksistensiële
> gegewe, nie 'n politieke statement nie. Geloof
> is 'n spirituele "commodity" wat jy óf het óf nie
> het nie. Neem 'n praktiserende Christen en 'n
> praktiserende Buddhis en sit hulle langs mekaar,
> en jy kyk na dieselfde "commodity." Dis die geloof
> wat saakmaak en waarin geglo word.
> Maar jy wil politiek met geestelike geloof speel.
> Jy wil fascisties jou opinies op ander mense afdruk
> met betrekking tot godsdienste. En ek is bevrees dat
> daardie soort Christene wat eintlik fasciste wil wees,
> se dae getel is. Dis die besef daarvan wat mens in
> baie vooraanstaande Christelike teoloë se werk vind.

Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
gemotiveer wil sien.

Cheers
Lou

PS: Ek stel nie belang in 'n semanties ontleding van my gebruik van die
woord vragie nie.

PSS: Geloof is nie 'n akademiese oefening nie.

PSSS: 'Commodity' - jy kan geloof koop?

PSSSS: Waar probeer ek my geloof op mense afdruk - ek stel deurentyd wat
my geloof is. Jy is die een wat vir my vertel wat my geloof moet wees!
Wie druk dinge op wie af?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58036 is 'n antwoord op boodskap #57894] Vr, 01 Maart 2002 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Aangesien my newserver nie die helfte van die artikels meer pos nie copy
ek die van dejanews:

Lou wrote:

>> Die feit dat 'n Christen glo dat ek slegs gered word deur my geloof in
>> Christus sluit mos ander gelowe uit.
>> Geloof is presies dit - swart en wit, biner - 0 of 1, aan of af, leeg
>> of vol - daar is nie 'n grys area nie.

> Ek dink, Lou, dat jy nie die regte "konsep"
> van "geloof" het nie. Geloof is 'n eksistensiële
> gegewe, nie 'n politieke statement nie. Geloof
> is 'n spirituele "commodity" wat jy óf het óf nie
> het nie. Neem 'n praktiserende Christen en 'n
> praktiserende Buddhis en sit hulle langs mekaar,
> en jy kyk na dieselfde "commodity." Dis die geloof
> wat saakmaak en waarin geglo word.
> Maar jy wil politiek met geestelike geloof speel.
> Jy wil fascisties jou opinies op ander mense afdruk
> met betrekking tot godsdienste. En ek is bevrees dat
> daardie soort Christene wat eintlik fasciste wil wees,
> se dae getel is. Dis die besef daarvan wat mens in
> baie vooraanstaande Christelike teoloë se werk vind.

Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
gemotiveer wil sien.

Cheers
Lou

PS: Ek stel nie belang in 'n semanties ontleding van my gebruik van die
woord vragie nie.

PSS: Geloof is nie 'n akademiese oefening nie.

PSSS: 'Commodity' - jy kan geloof koop?

PSSSS: Waar probeer ek my geloof op mense afdruk - ek stel deurentyd wat
my geloof is. Jy is die een wat vir my vertel wat my geloof moet wees!
Wie druk dinge op wie af?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58037 is 'n antwoord op boodskap #57832] Vr, 01 Maart 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Weereen smy mail server -

Lou wrote:

die "rapture"
>>> die wegraping???

> Ja nee - slaat my plat met 'n nat vis - ek't nie 'n idee waarvan sy
> praat nie.
> Persoonlik? - gaan kyk wat die woord beteken in die woordeboek.

Gloudina se:

> Aha, hier het ons nou 'n voorbeeld van 'n
> Christen wat weier om oor die rapture/wegraping
> te praat, alhoewel dit in die bybel vers en
> kapittel genoem word, soos DD bewys het. Is jy
> bang om daaroor te praat?

Nee - duidelik gebeur dit orals in die Bybel om een voorbeeld te noem -
Elia. Die punt waarna ek verwys het was jou gebruik van rapture - dit is
'n Afrikaanse nuusgroep nie waar nie?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58038 is 'n antwoord op boodskap #57832] Vr, 01 Maart 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Weereen smy mail server -

Lou wrote:

die "rapture"
>>> die wegraping???

> Ja nee - slaat my plat met 'n nat vis - ek't nie 'n idee waarvan sy
> praat nie.
> Persoonlik? - gaan kyk wat die woord beteken in die woordeboek.

Gloudina se:

> Aha, hier het ons nou 'n voorbeeld van 'n
> Christen wat weier om oor die rapture/wegraping
> te praat, alhoewel dit in die bybel vers en
> kapittel genoem word, soos DD bewys het. Is jy
> bang om daaroor te praat?

Nee - duidelik gebeur dit orals in die Bybel om een voorbeeld te noem -
Elia. Die punt waarna ek verwys het was jou gebruik van rapture - dit is
'n Afrikaanse nuusgroep nie waar nie?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58050 is 'n antwoord op boodskap #58036] Sa, 02 Maart 2002 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 01 Mar 2002 14:11:19 +0200, Lou wrote:

> Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
> dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
> maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
> gemotiveer wil sien.
>
> Cheers
> Lou
>

ò Gloudina, jy's bekend daarvoor dat jy 'n vraag vreeslik niksseggend
kan antwoord. Ook is jy bekend as die een wat op 'n ongemaklike vraag
reageer deur die onderwerp te verander. Die spanning loop hoog
Tannie..(!).. watter een van dié toertjies gaan jy hierdie keer
gebruik? Kan ek 'n vraag by dié van Lou s'n voeg?

"Glo jy Gloudina Bouwer, die Bybel in sy kompleet vorm?
Van Genesis tot Openbaring?" Sonder weglatings en byvoegings?

Eintlik het ek niks by Lou se vraag gevoeg nie maar dit net herhaal.

DD
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58057 is 'n antwoord op boodskap #58036] Sa, 02 Maart 2002 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Laat ek nou aan jou 'n enkele vragie vra: Dui die Christelike Geloof aan
> dat slegs diegene wat in Christus glo gered sal word? Ek sal dit maklik
> maak - JA het geen uitbreiding nodig nie maar NEE sal ek graag
> gemotiveer wil sien.

Nee, Lou. Ek glo dat die Bybel en die
vooraanstaande Christelike teoloë nie
glo dat daar in die Bybel staan dat SLEGS
diegene wat "in Christus" glo, "gered"
gaan word nie. Die bybel dui 'n metodologie
gaan om die godheid te benader. Daar is ook
ander metodologië, ander "great codes."
As 'n "christen" glo dat slegs hy "gered"
is, gaan hy vir my in teen wat Christus
verkondig en speel hy politiek met die
konsep "godsdiens."

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58058 is 'n antwoord op boodskap #58050] Sa, 02 Maart 2002 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> "Glo jy Gloudina Bouwer, die Bybel in sy kompleet vorm?
> Van Genesis tot Openbaring?" Sonder weglatings en byvoegings?

Ek val nie in hierdie lokval nie. Want
jy speel politiek met die woord "glo."
Vir jou bedoel "glo" dat mens alle ander
voorkomste van die godheid moet uitsluit.
En dit is ek nie bereid om te doen nie.
Ek het lankal vaarwel gesê aan die klomp
joggies wat politiek speel met die spirituele.
As "julle" god "die enigste god" is, dan is
hy die ou Nobodaddy waarvan William Blake
praat, wat sommige mense glo sit daar in die
wolke daar eenkant en wag om te oordeel. Nee,
Davie Davis, die oordeelsdag is elke dag van
jou lewe.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58061 is 'n antwoord op boodskap #58058] Sa, 02 Maart 2002 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 13:13:40 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> ............ Nee,
> Davie Davis, die oordeelsdag is elke dag van
> jou lewe.
>
> Gloudina
>

Gloudina, definieer vir ons New Age asseblief.
Nie 'n lokval nie... nie beledigend nie... ek weet
self nie wat word onder die 'New Age' beweging
geklassifiseer nie.

DD
New Age [boodskap #58062 is 'n antwoord op boodskap #58061] Sa, 02 Maart 2002 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 16:08:25 +0200, Davie Davis wrote:

> Gloudina, definieer vir ons New Age asseblief.
> Nie 'n lokval nie... nie beledigend nie... ek weet
> self nie wat word onder die 'New Age' beweging
> geklassifiseer nie.

" When the moon is in the 7th house
And Jupiter aligns with Mars,
Then peace will guide the planets
And love will fill your heart;
This is the dawning of the age of Aquarius."

Soos die liedijie Aquarius uit "Hair" - veral aangesien julle mos die
Amerikaanse seuns en Vietnam genoem het, nè?
Dis was die "begin"...
Maitreya en die Nuwe Wereldorde, ens.
Oor die Christelike persepsie en vrese - ek het Hunt en McMahon se
"The Seduction of Christianity" hier langs my toe ek so loer na my
boekrak. Het jy dit al gelees?
Re: New Age [boodskap #58064 is 'n antwoord op boodskap #58062] Sa, 02 Maart 2002 16:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 10:07:04 -0500, Danielle wrote:

> Oor die Christelike persepsie en vrese - ek het Hunt en McMahon se
> "The Seduction of Christianity" hier langs my toe ek so loer na my
> boekrak. Het jy dit al gelees?

Dave Hunt is die skrywer van onder meer Occult Invasion en An Urgent
Call to a Serious Faith.
T.A. McMahon is 'n uitvoerende direkteur by The Berean Call ministry,
en ek weet dat hy gereeld bydraes doen in hul nuusbrief. Ook is hy
medeskrywer van The Seduction of Christianity, (soos jy genoem het)
sowel as The New Spirituality, en Understand the Times.
Re: New Age [boodskap #58065 is 'n antwoord op boodskap #58064] Sa, 02 Maart 2002 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 18:30:49 +0200, Davie Davis wrote:

> On Sat, 02 Mar 2002 10:07:04 -0500, Danielle
> wrote:
>
>
>> Oor die Christelike persepsie en vrese - ek het Hunt en McMahon se
>> "The Seduction of Christianity" hier langs my toe ek so loer na my
>> boekrak. Het jy dit al gelees?
>
>
> Dave Hunt is die skrywer van onder meer Occult Invasion en An Urgent
> Call to a Serious Faith.
> T.A. McMahon is 'n uitvoerende direkteur by The Berean Call ministry,
> en ek weet dat hy gereeld bydraes doen in hul nuusbrief. Ook is hy
> medeskrywer van The Seduction of Christianity, (soos jy genoem het)
> sowel as The New Spirituality, en Understand the Times.

Ek kan nie agterkom van jou antwoord of jy sy boeke al gelees het nie?
Ek kyk so vinnig bv. na bl 52 van "The Seduction of
Christianity"...hy maak die volgende stelling:
"Another name for the New Age movement is the Holistic Movement. "
Op bladsy 78 verwys hyt na "Teilhardianism". Ek is verbaas dat jy of
ander Christene nog niks gesê het oor Teilhard nie.
Weereens, het jy sy boeke gelees of weet jy maar net daarvan?
Re: New Age [boodskap #58067 is 'n antwoord op boodskap #58065] Sa, 02 Maart 2002 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 12:58:46 -0500, Danielle wrote:

> Weereens, het jy sy boeke gelees of weet jy maar net daarvan?

Nee, ek weet net daarvan en eentyd het ek die nuusbrief
op my favourites gehad. My vraag was nie oor een van hulle
nie maar oor New Age.

Soek my en ek sit 'n Australiëse Onderwysvriend op jou:-)))

DD
>
Re: New Age/Internet [boodskap #58068 is 'n antwoord op boodskap #58065] Sa, 02 Maart 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 12:58:46 -0500, Danielle wrote:

> Op bladsy 78 verwys hyt na "Teilhardianism". Ek is verbaas dat jy of
> ander Christene nog niks gesê het oor Teilhard nie.

Het vergeet om by te voeg - baie mense beskou Teilhard se "noosphere"
as die huidige Internet/kuberruimte. Ek dink dis nogal 'n
interessante konsep om oor te dink - veral as mens sien wat die
invloed van die Internet het op die wereldwye samelewing en hoe kennis
vermeerder.
Re: New Age/Internet [boodskap #58069 is 'n antwoord op boodskap #58068] Sa, 02 Maart 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 13:15:15 -0500, Danielle wrote:

Ek het gedink dat dit duidelik was
dat ek Gloudina as in die nuwe
eeu beskou. Begin jy nou meer
een met die tannie voel?
Re: New Age [boodskap #58070 is 'n antwoord op boodskap #58067] Sa, 02 Maart 2002 18:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 20:14:31 +0200, Davie Davis wrote:

>> Weereens, het jy sy boeke gelees of weet jy maar net daarvan?
>
> Nee, ek weet net daarvan en eentyd het ek die nuusbrief
> op my favourites gehad. My vraag was nie oor een van hulle
> nie maar oor New Age.

O. okay. :-) Maar jy moet dit lees - dis interessant, en dan kan ons
dalk sekere sienswyses bespreek?

> Soek my en ek sit 'n Australiëse Onderwysvriend op jou:-)))

Eeeeek!!
:-))))

(Nee, ek soek nie, hoor. Ek's heel onskuldig en soet - soos gewoonlik)
:-)
Re: New Age/Internet [boodskap #58071 is 'n antwoord op boodskap #58069] Sa, 02 Maart 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 20:42:57 +0200, Davie Davis wrote:

> Ek het gedink dat dit duidelik was
> dat ek Gloudina as in die nuwe
> eeu beskou.

Ja, maar my teorie is dat daar nie rerig iets soos "New age" bestaan
nie - maar dat dit maar net nog politiese mumbo jumbo terminologie
wat die "kerk" gebruik om mense mee te boelie wat nie soos hulle dink
nie. Soos die woordjie "religion" se ontstaan.
Maar dis my opinie - as 'n wannabee agnostikus.

> Begin jy nou meer een met die tannie voel?

Nee, ek voel nie "een" met enigiemand nie. :-)
Moenie *JY* nou sukkel nie, hoor! Ek het ook vriende "in lowly
places". :-)))

Nou gaan ek eers 'n paar video's kyk. Dis lekker koud en reenerig en
my man sit in Dallas in 'n sneeustorm vasgevang (of dis ten minste sy
verskoning waarom hy nie vanaand huistoe kan kom nie) :-)
Re: New Age/Internet [boodskap #58074 is 'n antwoord op boodskap #58071] Sa, 02 Maart 2002 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 14:04:19 -0500, Danielle wrote:

>>> Ek het OOK vriende "in lowly
>>>> places". :-)))
Lol - betreken dìt dat Australië doer onder is, of beteken dit dat
Australië op 'n lowly way onder is? :-)))
>
> (of dis ten minste sy
> verskoning waarom hy nie vanaand huistoe kan kom nie) :-)

Iets sê vir my die laaste aande se agressie nie net op die ng was nie
:-)))
Re: New Age/Internet [boodskap #58075 is 'n antwoord op boodskap #58071] Sa, 02 Maart 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 02 Mar 2002 14:04:19 -0500, Danielle wrote:

> Ja, maar my teorie is dat daar nie rerig iets soos "New age" bestaan
> nie - maar dat dit maar net nog politiese mumbo jumbo terminologie
> wat die "kerk" gebruik om mense mee te boelie wat nie soos hulle dink
> nie. Soos die woordjie "religion" se ontstaan.
> Maar dis my opinie - as 'n wannabee agnostikus.
>

Voorheen gesê Danielle, maar met betrekking hiertoe herhaal ek myself
graag; die dinge is net absoluut tè belangrik om pionier te probeer
speel en jou eie pad in die bosse oop te kap waar jy dink die pad
moet lei. En dit boonop na jy buitendièn 'n Landkaart het.
Ek dink dat woorde wat gesê of geskryf is
nooit uitgevee kan word nie
Tensy jy Iemand ken
met 'n uitveër
natuurlik.
Re: New Age [boodskap #58077 is 'n antwoord op boodskap #58067] Sa, 02 Maart 2002 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:u3528uclamg37apkatvlhdmooansb2kj8f@4ax.com...

> Soek my en ek sit 'n Australiëse Onderwysvriend op jou:-)))
>
Het jy my nodig, Didi? Ek's hier, al knorrende en blaffende...
gggrrrrrrr.... waff, waff, wafff!
Re: New Age/Internet [boodskap #58078 is 'n antwoord op boodskap #58071] So, 03 Maart 2002 00:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:14828ug0sltdic12sk258iaj9aoo7h1udm@4ax.com...

> Moenie *JY* nou sukkel nie, hoor! Ek het ook vriende "in lowly
> places". :-)))
>
Oi!!! En wat bedoel jy hiermee? Jy weet mos wat op Ostraya Day gebeur het
gedurende die booze-up in die pub... ons is baie nader as wat jy dalk mag
dink! Pasop, dus wanneer jy suggereer dat ons in lowly places woon...
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58079 is 'n antwoord op boodskap #58061] So, 03 Maart 2002 00:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Gloudina, definieer vir ons New Age asseblief.
> Nie 'n lokval nie... nie beledigend nie... ek weet
> self nie wat word onder die 'New Age' beweging
> geklassifiseer nie.

Ek is nie "new age" nie, Davie.
Ek weet nie wat dit beteken nie.
Dis blykbaar een van hierdie frases
wat mense gebruik soos dit hulle
pas. Ek hou nie van die sogenaamde
"new age" musiek nie. Dis stroperig
en amper nooit iets wat my siel
beweeg soos Gregorian chant of die
diep basgeluide van Tibetaanse monnike
se sang nie.

Gloudina
Re: New Age/Internet [boodskap #58080 is 'n antwoord op boodskap #58075] So, 03 Maart 2002 00:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

die dinge is net absoluut tè belangrik om pionier te probeer
> speel en jou eie pad in die bosse oop te kap waar jy dink die pad
> moet lei. En dit boonop na jy buitendièn 'n Landkaart het.
> Ek dink dat woorde wat gesê of geskryf is
> nooit uitgevee kan word nie
> Tensy jy Iemand ken
> met 'n uitveër
> natuurlik.

Jy gebruik die beeld van 'n landkaart.
Maar jy impliseer dat daar net een
landkaart is. Dieselfde plek kan bereik
word deur meer as een landkaart, wat
opgestel is, te gebruik.
En wie wil die Bybel as landkaart uitwis?
Al waarteen sommige mense het, is die
neiging van baie christene (gewoonlik
onkundig van wat die leidende moderne
Christelike teoloë bespreek) om te
verklaar dat hulle siening van die
godheid die "enigste" is.
Is jy bewus dat in Christelike
teologiese kringe in Suid-Afrika daar
baie gisting is oor hierdie sake.

Gloudina
Re: New Age/Internet [boodskap #58086 is 'n antwoord op boodskap #58078] So, 03 Maart 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 10:04:15 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> ... ons is baie nader as wat jy dalk mag
> dink! Pasop, dus wanneer jy suggereer dat ons in lowly places woon...
>

LOL... wanneer ek kyk na Gloudina se probleem met haar gewete
dan is dit so lekker om terug te keer na die kameraderie in die groep.
Miskien raak comrade Gloudina jaloers hierop! :-)))
Re: New Age/Internet/Liberalistiese sienings [boodskap #58099 is 'n antwoord op boodskap #58086] So, 03 Maart 2002 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van Gewetenswroeginge gepraat - enigiemand hier wat
Kumalo se stukkie vandag in Sunday Times gelees het van hoe hy as liberalis
en ondersteuner van die siening dat die huidige vloedgolf van kriminaliteit
die gevolg is van apartheid - skielik sy liberalisme verloor het toe daar by
sy kar ingebreek het, en net soos enige ander ontgogelde geen simpatie gehad
het toe 2 14jariges die aanklagkantoor ingebring is vir diefstal nie - en hy
self nogal - nadat die polisie 'n vermeende onwettige immigrant gevra het om
in Afrikaans tot by 10 te tel, en die arme mens net tot by 4 kon kom, wat hy
toe as ver uitgespreek het - die hardste gelag het en toe vir die polisie
gesê het hulle moet hom vra om in Afrikaans te vloek - en as hy nie die
3letter woordjie wat met pap rym gebruik nie, is hy definitief nie van SA
nie.

Dit is nie vir my verbasend dat dit gebeur het nie - net goed om te weet dat
tot mense wat 'n skewe liberalisme soms aanhang, ook menslik kan wees, en
dit nogal op 'n publieke forum erken.

Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:ogl38u0s1houc3bde8ae3qf65t3h44q39d@4ax.com...
> On Sun, 3 Mar 2002 10:04:15 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>> ... ons is baie nader as wat jy dalk mag
>> dink! Pasop, dus wanneer jy suggereer dat ons in lowly places woon...
>>
>
> LOL... wanneer ek kyk na Gloudina se probleem met haar gewete
> dan is dit so lekker om terug te keer na die kameraderie in die groep.
> Miskien raak comrade Gloudina jaloers hierop! :-)))
Vriende in lae plekke... [boodskap #58138 is 'n antwoord op boodskap #58078] Ma, 04 Maart 2002 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 10:04:15 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

>> Moenie *JY* nou sukkel nie, hoor! Ek het ook vriende "in lowly
>> places". :-)))

> Oi!!! En wat bedoel jy hiermee?

Soos Barfie Brooks sing:
"Blame it all on my roots...

'Cause I've got friends in low places
Where the whiskey drowns
And the beer chases my blues away
And I'll be okay
I'm not big on social graces
Think I'll slip on down to the oasis
Oh I've got friends in low places

ens.
Dus eintlik gladnie wat jy of DD gedink het ek bedoel nie. :-))
Het maar net bedoel ek het ook vriende in "lae plekke" teenoor die
gewone of meer tipiese "hoë plekke" waarmee mense mos gewoonlik spog?

> Jy weet mos wat op Ostraya Day gebeur het
> gedurende die booze-up in die pub... ons is baie nader as wat jy dalk mag
> dink! Pasop, dus wanneer jy suggereer dat ons in lowly places woon...

Ja, ek onthou en lag nou nog as ek daardie prentjie voor my
geestesoog sien. :-)
(Ek loer elke oggend eers deur die venster voor ek dit na buite waag -
net om SEKER te maak julle is nog nie aan wal nie) :-)))
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58153 is 'n antwoord op boodskap #57959] Di, 05 Maart 2002 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Verstaan jy nie Afrikaans nie?
>
> For example the
>> Christian and Buddhist is quite far removed in terms of their religious
>> understanding and even - as you have mentioned before - the Buddhist
>> religion (Is it a religion?) encompasses the Christian Religion it does
>> not succeed in the opposite direction. What in effect happens is that
>> you look down on other religions and poo-poo their efforts as you
>> described by you in the attched.
>
> Jy kan maar Afrikaans gebruik. Jou
> Afrikaans is beter as jou Engels.

Moerse baie dankie hoor. Dit is net dat ek gehoop het jou begrip van
engels slegter is as jou begrip van Afrikaans.

>
> Nee, die Buddhiste sien hulself nie
> as aanhangers van 'n "godsdiens" nie.

Waarom stry jy dan? As Christene, Moslems en Hindoes 'n godsdiens is en
Boedisme is nie - d.w.s. hulel glo nie in iets nie - dan kan jy mos soos
ek al ad nauseum in die nuusgroep gesê het die twee mos nie vergelyk
nie?! Waarom pla dit jou dan so as die godsdienste dan in iets glo? Dit
het mos geen impak op die Boedistiese manier van 'opereer' nie?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58183 is 'n antwoord op boodskap #58153] Wo, 06 Maart 2002 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Waarom stry jy dan? As Christene, Moslems en Hindoes 'n godsdiens is en
> Boedisme is nie - d.w.s. hulel glo nie in iets nie - dan kan jy mos soos
> ek al ad nauseum in die nuusgroep gesê het die twee mos nie vergelyk
> nie?! Waarom pla dit jou dan so as die godsdienste dan in iets glo? Dit
> het mos geen impak op die Boedistiese manier van 'opereer' nie?

O, so. Die Buddhisme "glo nie in iets nie."
Ek het nuus vir jou. Die Buddhis glo, net soos
die Christen behoort te glo, dat die godheid
(buddha) die natuur van almal is en dat die
gevalle mens alleen sy gevallenheid moet ontdek
en hom los moet maak van die dwingelandy van
samsara. M.a.w. dat, in Christelike terme, ons
"almal kinders van God" is.
Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
word as hulle "glo" soos jy glo.Ek val nooit
iemand op hierdie nuusgroep aan oor waaraan hy
glo nie. Ek val alleen mense aan wat wil politiek
speel met die spirituele. Meeste van laasgenoemde
op hierdie nuusgroep val in die kader van "Christene".
Maar ek het ook eenkeer ( was dit nou Sakkie?) aangeval
omdat hy politiek wou speel met sy ateisme.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58190 is 'n antwoord op boodskap #58183] Wo, 06 Maart 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 13:21:52 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
> oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
> word as hulle "glo" soos jy glo.
>
> Gloudina
>

Maar jy is mos besig om openlik leuens te vertel Gloudina. Daar is mos
meer van ons wat die gesprek volg. Nooit het Lou homself op 'n
troontjie geplaas en gesê dat mense moet glo soos hy glo nie (alhoewel
dit tog daarop neerkom; maar sê dinge in die regte konteks. Die manier
waarop jy dit stel is jou gewone neerhalende tipe aanval op enig een
wat met jou verskil ((wat natuurlik almal beteken)) ) maar wat Lou
werklik gesê het is dat die Christelike geloof diè ènigste weg tot
saligheid is. Én die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
soos jy in vele gode.
Wat Lou se stelling betref betreffende die feit dat slegs mense wat
Jesus Christus as bemiddelaar aanvaar gered sal word, skaar ek my
sonder voorbehoud met hom.

Vir jou Lou...
Onthou jy dat jy gesê het dat ek my tyd mors? Wel, dit geld vir jou
ook. Indien sy net stry om 'n valse trots te beskerm, en ons was nie
skaam om Sy Naam te bely nie, dan dink ek dat ons die reg het om ons
te onttrek aan die tema.

DD
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58196 is 'n antwoord op boodskap #58190] Wo, 06 Maart 2002 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> ons was nie
> skaam om Sy Naam te bely nie

Die kwessie is, Davie Davis, of jy
werklik Sy naam bely wanneer jy
politiek speel met Sy naam. Ek hoop
dat jy diep studeer in die Christelike
teologie, om uit te vind wat "om Sy
naam te bely" werklik in die praktyk
beteken. Byvoorbeeld, of jou einste
Christelike teologie (nie verregse
Christelike politici nie) alle mense
uitsluit wat nie in die historiese
Christus glo nie.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58201 is 'n antwoord op boodskap #58196] Wo, 06 Maart 2002 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 18:09:14 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Davie Davis wrote:
>
>
>> ons was nie
>> skaam om Sy Naam te bely nie
>
>
> Die kwessie is, Davie Davis, of jy
> werklik Sy naam bely wanneer jy
> politiek speel met Sy naam. Ek hoop
> dat jy diep studeer in die Christelike
> teologie, om uit te vind wat "om Sy
> naam te bely" werklik in die praktyk
> beteken. Byvoorbeeld, of jou einste
> Christelike teologie (nie verregse
> Christelike politici nie) alle mense
> uitsluit wat nie in die historiese
> Christus glo nie.
>
> Gloudina

Weer jou bekende manier om 'n kwessie te omseil deur die tema te
verander. Jy weet mos dat almal al daardeur sien maar steeds doen jy
dit.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58208 is 'n antwoord op boodskap #58190] Wo, 06 Maart 2002 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

wat Lou
> werklik gesê het is dat die Christelike geloof diè ènigste weg tot
> saligheid is. Én die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
> soos jy in vele gode.

O, so jy stel jou nou aan as die skeider
van die skape en die bokke sover dit die
Christelike leer aangaan. Christene wat nie
vir Lou ondersteun in sy beklemtoning dat
"die Christelike geloof die enigste weg tot
saligheid is" nie, word ook nou uit die
Christelike kudde gegooi. Go figure. Julle
is fasciste. En ek hou vol: julle verwring
die Christelike teologie self.

Gloudina
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58209 is 'n antwoord op boodskap #58208] Wo, 06 Maart 2002 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 21:09:11 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> O, so jy stel jou nou aan as die skeider
> van die skape en die bokke sover dit die
> Christelike leer aangaan.
>
> Gloudina

Kaf...! Wanneer ek die Bybel kwoteer
beskuldig jy my dat ék die stelling
gemaak het. Jy praat snert en jy
weet dit.
Of beskuldig jy my dat ek die Bybel glo?
Ja, natuurlik is jy reg.
Indien jy so wil, glo jy die teoloë wat die
bybel vertolk soos jy dit graag wil hoor.
Jy hét mos nou die dag
gesê dat jy 'n nuwer vertolking van die Bybel
wil hê.
Ek glo die Bybel - die Ou Ou Boek.
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58210 is 'n antwoord op boodskap #58190] Wo, 06 Maart 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:8hkc8ugoqctjjith89js5f9ajhnjodfv96@4ax.com...
> On Wed, 06 Mar 2002 13:21:52 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>
>
>> Jy, Lou, was die een wat ad nauseam oor en
>> oor gesê het dat alleen Christene "gered" kan
>> word as hulle "glo" soos jy glo.
>>
>> Gloudina
>>
>
> Maar jy is mos besig om openlik leuens te vertel Gloudina. Daar is mos
> meer van ons wat die gesprek volg. Nooit het Lou homself op 'n
> troontjie geplaas en gesê dat mense moet glo soos hy glo nie (alhoewel
> dit tog daarop neerkom; maar sê dinge in die regte konteks. Die manier
> waarop jy dit stel is jou gewone neerhalende tipe aanval op enig een
> wat met jou verskil ((wat natuurlik almal beteken)) ) maar wat Lou
> werklik gesê het is dat die Christelike geloof dié énigste weg tot
> saligheid is. 'n die Christen wat hom nie ondersteun daarmee nie, glo
> soos jy in vele gode.
> Wat Lou se stelling betref betreffende die feit dat slegs mense wat
> Jesus Christus as bemiddelaar aanvaar gered sal word, skaar ek my
> sonder voorbehoud met hom.
>
> Vir jou Lou...
> Onthou jy dat jy gesê het dat ek my tyd mors? Wel, dit geld vir jou
> ook. Indien sy net stry om 'n valse trots te beskerm, en ons was nie
> skaam om Sy Naam te bely nie, dan dink ek dat ons die reg het om ons
> te onttrek aan die tema.

Eers sê jy dat Gloudina lieg oor wat Lou gesê het en dan, in dieselfde asem
as't ware, dat wat Gloudina sê tog neerkom op wat Lou gesê het. Soos so
dikwels, skiet jy jouself weereens in die voet. Of is dit maar net dat jy
daarvan hou om 'n klomp woorde aanmekaar te ryg sonder dat jy eintlik omgee
daaroor wat die woorde beteken.

Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se standpunt
is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.

Swart Simon
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58215 is 'n antwoord op boodskap #58210] Wo, 06 Maart 2002 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Mar 2002 23:41:59 +0200, "Swart Simon"
>
> Dis duidelik dat Gloudina en Lou elk weet presies wat die ander se standpunt
> is, en dat daar 'n groot kloof tussen die twee standpunte is. Dit is ook
> duidelik, veral gegewe Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
> museum), dat die kloof nooit oorbrug gaan word nie.
>
> Swart Simon
>

En wat is jòu standpunt hieroor?
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58216 is 'n antwoord op boodskap #58210] Wo, 06 Maart 2002 22:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Lou se graniet-logika (dis 0 of 1, aan of af, ad
> museum)

As dit moontlik is om kuberverlief
te raak op die kurwes van iemand se
brein, dan is ek nou in daardie salige
staat... ad museum.

Minnehaha
Re: 'n Nuwe hemel en 'n Nuwe Aarde [boodskap #58220 is 'n antwoord op boodskap #58209] Do, 07 Maart 2002 00:08 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 06 Mar 2002 23:38:42 +0200, Davie Davis wrote:

> beskuldig jy my dat ék die stelling

> Jy hét mos nou die dag

Kyk hoe mooi lê daai strepies van jou nou!! :-))
(Lyk my jy was so kwaad dat jy sommer vergeet het om dit aspris
verkeerd te tik, nè?)
Vorige onderwerp: world broadcasting of your country
Volgende onderwerp: Mugabe heeft gewonnen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:59:00 MGT 2024