Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Padwoede
Padwoede [boodskap #57655] Di, 19 Februarie 2002 11:05 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs in
Table View.
Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin het of
dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
staalbofbalkolf in sy motor rond.
As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy nooit
die skietding gesien nie.
Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
gemik het - dis mos doodsake.
Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
rasionale denke verloor het nie.
Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig het,
maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande en
arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.

Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop by
vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.

Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is - wat
laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook met
'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.

Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die moeite
gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy twee
mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie oorgegee.
Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.

Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse gedoen
moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word, tesame
met die sigtoets, en 'n reaksietoets.

Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in padwoedevoorvalle
nie.?
Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
iemand anders se plek gaan parkeer het ,
Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
Annette
Re: Padwoede [boodskap #57660 is 'n antwoord op boodskap #57655] Di, 19 Februarie 2002 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lancer  is tans af-lyn  Lancer
Boodskappe: 5
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Gaan kyk bietjie op www.roadhogs.co.za. Dit is nou 'n lekker website.

"Annette" skryf in boodskap news:a4tbg8$313hc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs in
> Table View.
> Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
> Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin het of
> dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
> Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
> Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
> by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
> Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
> staalbofbalkolf in sy motor rond.
> As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy nooit
> die skietding gesien nie.
> Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
> gemik het - dis mos doodsake.
> Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
> rasionale denke verloor het nie.
> Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig het,
> maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
> Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
> aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande en
> arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.
>
> Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
> omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop by
> vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.
>
> Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
> nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is - wat
> laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook met
> 'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.
>
> Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die moeite
> gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy twee
> mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
> later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie oorgegee.
> Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.
>
> Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse gedoen
> moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
> uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word, tesame
> met die sigtoets, en 'n reaksietoets.
>
> Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in padwoedevoorvalle
> nie.?
> Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
> iemand anders se plek gaan parkeer het ,
> Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
> irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
> Annette
>
Re: Padwoede [boodskap #57694 is 'n antwoord op boodskap #57655] Wo, 20 Februarie 2002 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Annette!

Ek het vanoggend 'n verskriklike aanval van padwoede gehad. Ek was reeds
laat vir my afspraak - soos gewoonlik- en hier swaai die dame met die
selfoon aan die oor van 'n systraat uit VOOR my in en ploeter voort teen VYF
kilometer per uur terwyl ek haar nie kon verbysteek nie (solid white line).
Toe ek uiteindelik verby haar kon gaan met my linker venster oop skree ek
"STEEK DAAI SELFOON IN JOU GAT!!!!!!!!!!" (Sy het 'n paar ander openinge
ook gehad wat ek kon voorstel maar ek het myself darem beheer.) Sy het my
slegs dom-oorbluf aangekyk. Ek weet nie wat gaan aan met Meyerton se
vroumense nie maar hier is selfone behoorlik 'n probleem en ek dink ernstig
daaraan om 'n staalbofbalkolf aan te skaf. Hierdie mense stop sommer in die
middel van die pad om 'n selfoon te gebruik - jy sal dit nie glo nie!

Is dit toeval dat selfone en padwoede dieselfde tyd die lig gesien het?

Kalm Omie

Annette skryf in boodskap news:a4tbg8$313hc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs in
> Table View.
> Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
> Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin het of
> dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
> Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
> Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
> by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
> Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
> staalbofbalkolf in sy motor rond.
> As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy nooit
> die skietding gesien nie.
> Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
> gemik het - dis mos doodsake.
> Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
> rasionale denke verloor het nie.
> Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig het,
> maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
> Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
> aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande en
> arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.
>
> Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
> omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop by
> vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.
>
> Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
> nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is - wat
> laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook met
> 'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.
>
> Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die moeite
> gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy twee
> mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
> later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie oorgegee.
> Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.
>
> Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse gedoen
> moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
> uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word, tesame
> met die sigtoets, en 'n reaksietoets.
>
> Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in padwoedevoorvalle
> nie.?
> Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
> iemand anders se plek gaan parkeer het ,
> Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
> irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
> Annette
>
Re: Padwoede [boodskap #57700 is 'n antwoord op boodskap #57694] Wo, 20 Februarie 2002 20:22 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Grahame, ek weet wat dit met julle manne is nie - jy word tog nie kwaad vir
jou vrou as sy op die telefoon praat of haar gesig en hare doen noe?:)))
Annette

Grahame skryf in boodskap news:a50o94$3a9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette!
>
> Ek het vanoggend 'n verskriklike aanval van padwoede gehad. Ek was reeds
> laat vir my afspraak - soos gewoonlik- en hier swaai die dame met die
> selfoon aan die oor van 'n systraat uit VOOR my in en ploeter voort teen VYF
> kilometer per uur terwyl ek haar nie kon verbysteek nie (solid white line).
> Toe ek uiteindelik verby haar kon gaan met my linker venster oop skree ek
> "STEEK DAAI SELFOON IN JOU GAT!!!!!!!!!!" (Sy het 'n paar ander openinge
> ook gehad wat ek kon voorstel maar ek het myself darem beheer.) Sy het my
> slegs dom-oorbluf aangekyk. Ek weet nie wat gaan aan met Meyerton se
> vroumense nie maar hier is selfone behoorlik 'n probleem en ek dink ernstig
> daaraan om 'n staalbofbalkolf aan te skaf. Hierdie mense stop sommer in die
> middel van die pad om 'n selfoon te gebruik - jy sal dit nie glo nie!
>
> Is dit toeval dat selfone en padwoede dieselfde tyd die lig gesien het?
>
> Kalm Omie
>
> Annette wrote in message
> news:a4tbg8$313hc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs
> in
>> Table View.
>> Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
>> Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin
het
> of
>> dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
>> Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
>> Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
>> by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
>> Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
>> staalbofbalkolf in sy motor rond.
>> As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy
> nooit
>> die skietding gesien nie.
>> Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
>> gemik het - dis mos doodsake.
>> Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
>> rasionale denke verloor het nie.
>> Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig
> het,
>> maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
>> Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
>> aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande
> en
>> arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.
>>
>> Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
>> omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop
> by
>> vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.
>>
>> Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
>> nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is -
> wat
>> laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook
> met
>> 'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.
>>
>> Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die
> moeite
>> gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy
> twee
>> mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
>> later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie
> oorgegee.
>> Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.
>>
>> Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse
> gedoen
>> moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
>> uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word,
> tesame
>> met die sigtoets, en 'n reaksietoets.
>>
>> Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in
> padwoedevoorvalle
>> nie.?
>> Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
>> iemand anders se plek gaan parkeer het ,
>> Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
>> irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
>> Annette
>>
>
Vorige onderwerp: Polokwane
Volgende onderwerp: Kaapstad - voorgestelde nuwe naam!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:33:26 MGT 2024