Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE
Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE [boodskap #57533] Vr, 15 Februarie 2002 09:53
cybit friendly  is tans af-lyn  cybit friendly
Boodskappe: 20
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Piet Pompie skryf in boodskap news:a4kvqi$9ir$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Dit is natuurlik baie vereenvoudig maar al die basiese beginsels
> van vloeibeweging geld.

Nogal interresant, ek het al baie hieroor gedink, maar ook gewonder of die
feit dat daar so baie chaotiese turbulensie in verkeersvloei voorkom nie
enige waardevolle vergelykings met vloeistofvloei daardeur nutteloos gemaak
word nie.

Ek het onlangs PTA toe getrek. In die Kaap, waar ek gewoon het, moes ek op
'n daaglikse basis of die N1, of meer gereeld die N2, van Stellenbosch na
Kaapstad aandurf. Iets wat aan my duidelik geword het is dat Gautengers meer
aggresief bestuur, maar dat die Kapenaars meer "deur die kak" is, en die
Kaapse paaie daarom meer gevaarlik is.

Met hierdie vergelyking bedoel ek dat die Gau's is gou om 'n kans wat hom
voordoen te benut, waar die Kapies kanse sal vat of dit nou daar is of nie.
Iets wat ek ook opgelet het is dat hier in G bestuur mense oor die algemeen
meer intelligent - as daar 'n stadiger voertuig voor in die pad is sal mense
vroegtydig planne maak, maar in die K sal mense ophoop agter die voertuig,
en as iemand in die tou uiteindelik sy moer strip en besluit om baan te
verwissel sal 'n klomp ander sy voorbeeld volg (gevolg deur 'n "extravagant"
brieklig-vertoning - geen sprake van skokgolwe en sulke goed nie).
Laastens - taxi's - in die Kaap sou 'n krok skedonk vir geen ooglopende rede
na die "vinnige" baan verwissel (wat op die N2 'n gemiddelde spoed van
140-160km/u handhaaf), waar die aap vir so 'n rukkie sal kuier, en dan terug
gaan na een van die stadiger bane. Gewoonlik sal die bestuurders wat agter
hom vasgekeer gesit het alles doen om die "verlore" tyd te probeer inhaal,
en jaag dan teen 180km/u vir so 'n rukkie.

In slotsom, die Gau's bestuur beter as die Kapies. Nie mooier nie, net
beter.
Vorige onderwerp: Prinses en dagga
Volgende onderwerp: Nederland vir Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 13:58:22 MGT 2024