Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Saambou. Saamvou, Saamrou.
Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57368] Wo, 13 Februarie 2002 11:44 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van vandag af kan die kitsbanke weer gebruik word.
Ek het kontaknommers vir navrae - sou enigiemand belangstel om dit te wil
hê?
Annette
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57401 is 'n antwoord op boodskap #57368] Wo, 13 Februarie 2002 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 13:44:03 +0200, "Annette" wrote:
> Van vandag af kan die kitsbanke weer gebruik word.
> Ek het kontaknommers vir navrae - sou enigiemand belangstel om dit te wil
> hê?
> Annette
>

Ek sien almal kan môre R4000 onttrek, Annette. (of moet jy 'n rekening
daar hê?)
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57408 is 'n antwoord op boodskap #57401] Wo, 13 Februarie 2002 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 20:27:12 +0200, Davie Davis wrote:
>
> Ek sien almal kan môre R4000 onttrek, Annette. (of moet jy 'n rekening
> daar hê?)

LOL!
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57441 is 'n antwoord op boodskap #57408] Do, 14 Februarie 2002 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hein...  is tans af-lyn  Hein...
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Junior Lid
Watter bank is volgende?
People's bank?
dan
Standard bank?
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57442 is 'n antwoord op boodskap #57441] Do, 14 Februarie 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gooi die name van al die banke in 'n hoed en trek een:)))
Annette

wrote in message
news:a4fj7e$s35$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Watter bank is volgende?
> People's bank?
> dan
> Standard bank?
>
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57473 is 'n antwoord op boodskap #57441] Do, 14 Februarie 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 05:59:04 GMT, Hein...@BelleModel.co.za wrote:

> Watter bank is volgende?
> People's bank?
> dan
> Standard bank?

Nee, jy raai verkeerd.
Ou Mutual sal een van die dae
die Perm kompleet oorneem en
dan het dit SA Perm sekuriteit groter
as enige ander besigheid in Suid Afrika.
Absa het onlangs erg finansiële skade
gehad (die selfde rede as Saamvou) en
Standardbank het (nog) nie vergelykende
geskiedenis nie.
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57477 is 'n antwoord op boodskap #57473] Do, 14 Februarie 2002 18:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 19:55:17 +0200, Davie Davis wrote:

> On Thu, 14 Feb 2002 05:59:04 GMT, Hein...@BelleModel.co.za wrote:
>
>> Watter bank is volgende?
>> People's bank?
>> dan
>> Standard bank?
>
>

> Ou Mutual sal een van die dae
> die Perm kompleet

Hierby kan ek gerus ook voeg die feit dat
die realtief nuut gestigte Ou Mutual Bank
tradisionele banke gaan knou. Ou Mutual
doen (verskaf) nou ook huislenings en die
beplanning is om kompeterend te wees wat
opsigself die ander banke se hare (behoort) te laat rys.
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57480 is 'n antwoord op boodskap #57473] Do, 14 Februarie 2002 19:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gee bietjie meer inligting omtrent Absa se finansiële skade, ek het beslis
op daardie brokkie uitgemis, aangesien ons nog baie kontakte by Absa het en
selfs nog besigheid ook.

Patricia

"Davie Davis" skryf in boodskap news:o7un6uotov7300cekhhcuco1cpued7ld6r@4ax.com...
> On Thu, 14 Feb 2002 05:59:04 GMT, Hein...@BelleModel.co.za wrote:
>
>> Watter bank is volgende?
>> People's bank?
>> dan
>> Standard bank?
>
>
> Nee, jy raai verkeerd.
> Ou Mutual sal een van die dae
> die Perm kompleet oorneem en
> dan het dit SA Perm sekuriteit groter
> as enige ander besigheid in Suid Afrika.
> Absa het onlangs erg finansiële skade
> gehad (die selfde rede as Saamvou) en
> Standardbank het (nog) nie vergelykende
> geskiedenis nie.
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57492 is 'n antwoord op boodskap #57480] Do, 14 Februarie 2002 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 19:16:03 -0000, "Patricia"
wrote:

> Gee bietjie meer inligting omtrent Absa se finansiële skade, ek het beslis
> op daardie brokkie uitgemis, aangesien ons nog baie kontakte by Absa het en
> selfs nog besigheid ook.
>
> Patricia
>

Ook veroorsaak deur 'n Mikro Leen afdeling Patricia. Dit is waarom ek
sê dat dit die selfde oorsprong as die van Saambou gehad het. Hulle
skade was natuurlik ver van vergelykbaar met die van Saambou maar
groot verliese het hulle gely. Baie onlangs.
Die mense skiet blykbaar geld voor aan leners wat nie kan terug
betaal.
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57511 is 'n antwoord op boodskap #57368] Vr, 15 Februarie 2002 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
As ek so na die TV kyk en ouens wat hulle geld soek moet Saamtou ook seker
gebruik word ...

"Annette" skryf in boodskap news:a4dje4$1drcnq$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Van vandag af kan die kitsbanke weer gebruik word.
> Ek het kontaknommers vir navrae - sou enigiemand belangstel om dit te wil
> hê?
> Annette
>
Saambou [boodskap #57513 is 'n antwoord op boodskap #57368] Vr, 15 Februarie 2002 04:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
ek is n trotse houer van n 20/20 saambou kaart en is nie van plan om
rekening te sluit nie
Re: Saambou [boodskap #57515 is 'n antwoord op boodskap #57513] Vr, 15 Februarie 2002 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou toe nou!! En wat gaan jy doen as die bank ophou bestaan - gaan jy die
kaart dan raam?:)))
Annette

david skryf in boodskap news:a4i3or$gre$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> ek is n trotse houer van n 20/20 saambou kaart en is nie van plan om
> rekening te sluit nie
>
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57523 is 'n antwoord op boodskap #57511] Vr, 15 Februarie 2002 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gesien in die Sake Burger gister:
Blykbaar het Saambrou glo hulle personeel lenings aangebied om Saambrou
aandele te kan koop!
Een van die eerste reëls in aandelebeleggings is: Moenie aandele met
geleende geld koop nie!!

Thys oppie Bos

"Jonas" skryf in boodskap news:a4i1em$gaq$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> As ek so na die TV kyk en ouens wat hulle geld soek moet Saamtou ook seker
> gebruik word ...
> "Annette" wrote in message
> news:a4dje4$1drcnq$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Van vandag af kan die kitsbanke weer gebruik word.
>> Ek het kontaknommers vir navrae - sou enigiemand belangstel om dit te wil
>> hê?
>> Annette
>>
>
Saambou, Ou Mutual en Absa [boodskap #57526 is 'n antwoord op boodskap #57473] Vr, 15 Februarie 2002 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Watter bank is volgende?
> People's bank?

DD
Nee, jy raai verkeerd.
Ou Mutual sal een van die dae
die Perm kompleet oorneem en
dan het dit SA Perm sekuriteit groter
as enige ander besigheid in Suid Afrika.

Wouter
'n Groot aandeelhouer is geen waarborg nie. Saambou het
Fedsure en Investec (indirek) as beherende aandeelhouer
en hulle gaan net met hulle eie beleggings skade ly.

Ons sal maar moet sien of Ou Mutual sy belange anders
gaan struktureer, sê jy daar is sprake dat al Ou Mutual se
bates as waarborg vir People's Bank sal dien? Dan wil ek
nie 'n polis by Ou Mutual hê nie, waarom moet daar sulke
risiko's met aandeelhouers- of polisgeld geloop word? Jy
kan mos jou sake so reël dat slegs die aandelekapitaal
wat in die betrokke bank belê is op risiko is? Ek glo
moeilik dat 'n instelling soos Ou Mutual so sal optree, ek
ken hulle nie so nie.

DD
Absa het onlangs erg finansiële skade
gehad (die selfde rede as Saamvou)

Wouter
Jy verwys na Absa se belang in Unifer, 'n mikrolener waarin
Absa 'n belang het maar wat nie deur Absa bestuur word nie.
Absa het 'n voorsiening geskep vir moontlike slegte skuld in
Unifer, ek kan die bedrag nie onthou nie, maar ek weet dit
was gelyk aan R1 per Absa-aandeel. Dit beteken dus dat
hulle wins eenmallig R1 per aandeel verlaag. Nie lekker vir
die Absa-aandeelhouers nie, maar dis nie iets wat Absa se
solvensieposisie of sy posisie as SA (en Afrika?) se grootste
bank in gedrang bring nie. Dit het geen effek op Absa-kliënte
nie. (Ek werk nie vir Absa nie en het ook nie Absa-aandele nie.
As kliënt kry ek wel goeie diens van hulle.)

Saambou se probleme kom klaarblyklik ook nie hoofsaaklik
uit hulle mikrolener nie. Dit was die aanvanklike gerug, maar
die feite is blykbaar dat die voorsiening vir slegte skuld in die
mikrolener wat Saambou teësinnig en op Investec se aandrang
moes skep R70 miljoen beloop het. Hulle solvensiemarge op
daardie stadium was R1 200 miljoen, so dis nie die
hoofmoeilikheid nie.
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57550 is 'n antwoord op boodskap #57523] Vr, 15 Februarie 2002 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" wrote in message

Saambrou

mooi skerp een daai Thys!

> glo hulle personeel lenings aangebied om Saambrou
> aandele te kan koop!

om die prys op te stoot

How low can you go?
En daardeur drop hulle 1000e ander beleggers!
Re: Saambou. Saamvou, Saamrou. [boodskap #57557 is 'n antwoord op boodskap #57511] Vr, 15 Februarie 2002 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Feb 2002 06:05:33 +0200, "Jonas" wrote:

> As ek so na die TV kyk en ouens wat hulle geld soek moet Saamtou ook seker
> gebruik word ...

Saammoan?
Re: Saambou, Ou Mutual en Absa [boodskap #57559 is 'n antwoord op boodskap #57526] Vr, 15 Februarie 2002 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Feb 2002 10:10:12 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> 'n Groot aandeelhouer is geen waarborg nie. Saambou het
> Fedsure en Investec (indirek) as beherende aandeelhouer
> en hulle gaan net met hulle eie beleggings skade ly.
>
> Ons sal maar moet sien of Ou Mutual sy belange anders
> gaan struktureer, sê jy daar is sprake dat al Ou Mutual se
> bates as waarborg vir People's Bank sal dien?

uh uh Wouter, ek sê nie dat Ou Mutual slegs die perm
finasieël gaan ondersteun nie. Ek sê dat Ou Mutual (wat
reeds al baie jare lank'n baie groot deel van die Perm besit!) die
Perm in geheel gaan oorneem! (Wie dink jy is die eienaar van Nedbank?)
Jy spreek 'n bekommernis daaroor uit?
'n Harde feit is dat Osama Bin Laden soos apartheid is. Hy kry nou
die skuld vir alles wat finasieël verkeerd gaan. Ou Mutual het op
Isle of Man 'n swak belegging gedoen (wat reeds verkoop is) en
dit is waarom die Ou Mutual aandele huidiglik op die vlak is waar dit
is EN besig is om te herstel (maa Bin Laden se naam is so briukibaar!)
Re: Saambou, Ou Mutual en Absa [boodskap #57584 is 'n antwoord op boodskap #57559] Sa, 16 Februarie 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> 'n Groot aandeelhouer is geen waarborg nie. Saambou het
> Fedsure en Investec (indirek) as beherende aandeelhouer
> en hulle gaan net met hulle eie beleggings skade ly.
> Ons sal maar moet sien of Ou Mutual sy belange anders
> gaan struktureer, sê jy daar is sprake dat al Ou Mutual se
> bates as waarborg vir People's Bank sal dien?

Davie
uh uh Wouter, ek sê nie dat Ou Mutual slegs die perm
finasieël gaan ondersteun nie. Ek sê dat Ou Mutual (wat
reeds al baie jare lank 'n baie groot deel van die Perm besit!) die
Perm in geheel gaan oorneem! (Wie dink jy is die eienaar van Nedbank?)
Jy spreek 'n bekommernis daaroor uit?

Wouter
Nee, ek spreek 'n bekommernis uit dat jy sê Perm gaan groter en
sterker wees omdat Ou Mutual dit gaan oorneem. Dis bullshit, as
ek jou woorde elders kan gebruik.

Kom ons kyk weer na die feite, help my reg as ek iets verkeerd onthou
Jy vra wie ek dink is die eienaar van Nedbank. Die Nedbank-handelsmerk
behoort aan Nedcor, wat honderde eienaars het, sy aandele is wyd versprei.
Die beheer lê by Ou Mutual wat die eienaar van ongeveer 53% van die
aandele is.

Nedcor besit 100% van 'n paar banke, onder ander SA Perm, Peoples
Bank en Cape of Good Hope Bank. Indirek besit Mutual dus 53%
van dié banke, ook van SA Perm.

As ek verlede jaar se aankondiging reg onthou gaan die Perm
omvorm word of oorgeneem word in iets soos Old Mutual
Banking Services, waarvan Ou Mutual en Nedcor elk 50%
gaan besit. Old Mutual se effektiewe belang sal dus verhoog.

Die punt is dat dit niks aan 'n Perm-kliënt se sekuriteit verander nie.
As die bestuur van die bank iets imbesiel sou aanvang
(onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie) en daar kom 'n lopie
teen die bank, dan is die Ou Mutual se bates nie beskikbaar
om die bankkliënt te beskerm nie. Nie nou nie en ook nie later nie

Jou vroeëre opmerking : "Ou Mutual sal een van die dae die Perm
kompleet oorneem en dan het dit SA Perm sekuriteit groter as enige
ander besigheid in Suid Afrika" is volgens my persepsie van die
gebeure verkeerd.

Perm gaan nie totaal oorgeneem word nie, daar sal steeds dieselfde
buite-aandeelhouers wees, hulle belang gaan net verwater word. En Perm
sal 'n relatiewe klein bank wees teen die grotes (Absa, Standard, Eerste
Nasionaal en Nedbank). Dit klink of jy maatskappy-propaganda versprei.
Werk jy dalk (direk of indirek) vir Ou Mutual? Dit klink so.....

Hierdie is nie kritiek op Ou Mutual nie. Dis wel nie die mees opwindende
groep in SA nie, maar hulle doen dinge professioneel en konserwatief, dit
is dus onwaarskynlik dat hulle banke 'n probleem sal optel. Maar niks is
onmoontlik nie, as Nedcor nie in die 80's deur die Reserwebank
ondersteun is nie, het hulle toe al dieselfde pad geloop as wat Saambou
nou loop.
Re: Saambou, Ou Mutual en Absa [boodskap #57590 is 'n antwoord op boodskap #57584] Sa, 16 Februarie 2002 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Feb 2002 13:50:49 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Nee, ek spreek 'n bekommernis uit dat jy sê Perm gaan groter en
> sterker wees omdat Ou Mutual dit gaan oorneem. Dis bullshit, as
> ek jou woorde elders kan gebruik.
>
Nee Wouter, dit is nie wat ek gesê het nie. Wat ek wel gesê het (of
bedoel het) is dat Ou Mutual sy aandeel gaan vergroot.

> Kom ons kyk weer na die feite, help my reg as ek iets verkeerd onthou
> Jy vra wie ek dink is die eienaar van Nedbank. Die Nedbank-handelsmerk
> behoort aan Nedcor, wat honderde eienaars het, sy aandele is wyd versprei.
> Die beheer lê by Ou Mutual wat die eienaar van ongeveer 53% van die
> aandele is.
Weer is dit waarop ek neergekom het maw dat Ou Mutual die beherende
aandeel besit.
> Nedcor besit 100% van 'n paar banke, onder ander SA Perm, Peoples
> Bank en Cape of Good Hope Bank. Indirek besit Mutual dus 53%
> van dié banke, ook van SA Perm.
>
> As ek verlede jaar se aankondiging reg onthou gaan die Perm
> omvorm word of oorgeneem word in iets soos Old Mutual
> Banking Services, waarvan Ou Mutual en Nedcor elk 50%
> gaan besit. Old Mutual se effektiewe belang sal dus verhoog.
Ou Mutual Bank is 'n relatief nuut gestigte bank wat 'n kompleet nuwe
bank is en slegs aan Ou Mutual behoort. Die eerste van sy soort. Daar
is nie deure waar jy kan instap nie. Dit is nie 'n bank wat jy kan
besoek (anders as op internet) nie. Rekeninge word telefonies ge-open
en geld word telefonies onttrek.

> Die punt is dat dit niks aan 'n Perm-kliënt se sekuriteit verander nie.
> As die bestuur van die bank iets imbesiel sou aanvang
> (onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie) en daar kom 'n lopie
> teen die bank, dan is die Ou Mutual se bates nie beskikbaar
> om die bankkliënt te beskerm nie. Nie nou nie en ook nie later nie

Korrek. Ander bates sal nie gebruik word om die bank te beskerm teen
dom bewegings nie want kliënte belê hulle geld met spesifieke risikos
waarvan dit nie noodwendig een sal wees nie. Noodwendig het ek gesê
want natuurlik is die faktor in watter portefeulje die belegging is.

> Jou vroeëre opmerking : "Ou Mutual sal een van die dae die Perm
> kompleet oorneem en dan het dit SA Perm sekuriteit groter as enige
> ander besigheid in Suid Afrika" is volgens my persepsie van die
> gebeure verkeerd.

Miskien sal jy dit interessant vind dat mense hulle huidige verbande
kan oorswaai vanaf enige bank na die Ou Mutual Bank. Perm verbande
word anders gehanteer (word nie graag gedoen nie) juis om die rede wat
ek genoem het. Dit sal dubbelkostes vir die (Perm) kliënt wees terwyl
hy tog een van die dae 'n Ou Mutual kliënt gaan wees.

>
> Hierdie is nie kritiek op Ou Mutual nie. Dis wel nie die mees opwindende
> groep in SA nie, maar hulle doen dinge professioneel en konserwatief, dit
> is dus onwaarskynlik dat hulle banke 'n probleem sal optel. Maar niks is
> onmoontlik nie, as Nedcor nie in die 80's deur die Reserwebank
> ondersteun is nie, het hulle toe al dieselfde pad geloop as wat Saambou
> nou loop.
>
Wonder waarom noem jy Ou Mutual minder opwindend. Die fenomenale groei
wat die beweging sedert die stigting een honderd sewe en vyftig jaar
gelede beleef het, is uit 'n ander wêreld.
17 Mei 1845 stig nege sakemanne onder leiding van John Fairbairn in 'n
klein kantoortjie in die Heerengracht die Mutual.
Een honderd en vyftig jaar later bestuur dit bates van meer as R128
miljard. In 1995 was Ou Mutual reeds ver buite die landsgrense en is
nou internasionaal. En jy noem Ou Mutual minder opwindend Wouter?
Re: Saambou, Ou Mutual en Absa [boodskap #57597 is 'n antwoord op boodskap #57590] Sa, 16 Februarie 2002 18:55 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> As ek verlede jaar se aankondiging reg onthou gaan die Perm
> omvorm word of oorgeneem word in iets soos Old Mutual
> Banking Services, waarvan Ou Mutual en Nedcor elk 50%
> gaan besit. Old Mutual se effektiewe belang sal dus verhoog.

DD
Ou Mutual Bank is 'n relatief nuut gestigte bank wat 'n kompleet
nuwe bank is en slegs aan Ou Mutual behoort. Die eerste van sy
soort. Daar is nie deure waar jy kan instap nie. Dit is nie 'n bank
wat jy kan besoek (anders as op internet) nie. Rekeninge word
telefonies ge-open en geld word telefonies onttrek.

Wouter
Ek is bewus van Ou Mutual Bank. Ek verwys hier bo na die
omvorming van Perm na Old Mutual Banking Services.
En ek reken jy is verkeerd dat Ou Mutual Bank die eerste virtuele
bank was. BOE se Icanonline was voor hom. Jy versprei
klaarblyklik steeds propaganda?

> Jou vroeëre opmerking : "Ou Mutual sal een van die dae die Perm
> kompleet oorneem en dan het dit SA Perm sekuriteit groter as enige
> ander besigheid in Suid Afrika" is volgens my persepsie van die
> gebeure verkeerd.

> Hierdie is nie kritiek op Ou Mutual nie. Dis wel nie die mees opwindende
> groep in SA nie, maar hulle doen dinge professioneel en konserwatief,

DD
Wonder waarom noem jy Ou Mutual minder opwindend. Die
fenomenale groei wat die beweging sedert die stigting een honderd
sewe en vyftig jaar gelede beleef het, is uit 'n ander wêreld. Op
17 Mei 1845 stig ....En jy noem Ou Mutual minder opwindend Wouter?

Walter
Sheez Davie, jy versprei nie net die propaganda nie, dit lyk
my jy glo dit sowaar ook nog. Net mense wat by Ou Mutual
werk (en ook nie almal nie) dink die maatskappy is opwindend.
Daar is twee stoomskepe in die finansiële wêreld, Sanlam en
Ou Mutual. Hulle beweeg nie vreeslik vinnig nie, bied oor die
algemeen goeie produkte en diens en loop jou plat as jy in
hulle pad staan. Albei word professioneel bestuur, maar vir
opwinding moet jy elders gaan.

Van die twee stoomskepe is Ou Mutual die stadigste
langtermyngroeier, Sanlam is rondom 1918 gestig (73 jaar na
Ou Mutual) en ongeveer 55 jaar later (in die 70's) was sy SA
premie-inkomste gelyk of selfs groter as die van Ou Mutual.
Mutual is vandag steeds die groter een van die twee, maar
dit sou 'n mens verwag met 'n voorsprong van 73 jaar.

Davie
17 Mei 1845 stig nege sakemanne onder leiding van John
Fairbairn in 'n klein kantoortjie in die Heerengracht die Mutual.
Een honderd en vyftig jaar later bestuur dit bates van meer as
R128 miljard. In 1995 was Ou Mutual reeds ver buite die
landsgrense en is nou internasionaal.

Wouter
So dan werk jy wel vir Ou Mutual. Is jy 'n verteenwoordiger?

Ek het baie respek vir die organisasie, SA het groot suksesvolle
ondernemings baie nodig. Dit pla my dus as mense sonder goeie
rede smalend van groot maatskappye soos Absa, Sanlam of Ou
Mutual praat. Nie een is perfek nie, en almal maak foute, maar
hulle is almal suksesverhale. Suksesvolle klein maatskappye word
groot maatskappye en ons ekonomie het hulle baie nodig.
Vorige onderwerp: EKONOMIESE WANBESTUUR
Volgende onderwerp: Die Begroting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 19:23:46 MGT 2024