Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei
DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei [boodskap #5443] Do, 25 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid


> fe...@is.co.za (Koos) schreef:
>
>> >> dus wees om die diversiteit van die land weer te gee in hul
>>> uitsendings. Dit beteken dus dat Engels nie bo enige ander taal
>>> voorgetrek moet word nie.
>
>>> Antonie>>>
>
>> Behalwe natuurlik as die groot meerderheid in die land Engels as
>> die ankertaal verkies, ne^? (Of mag hulle dit nie verkies nie)

Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
regte van groepe sal beskerm".

Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
die "common national purpose" en die "community" wel.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Re: DS: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5469 is 'n antwoord op boodskap #5443] Vr, 26 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
.
partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)[/color]
> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
> regte van groepe sal beskerm".

> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
> die "common national purpose" en die "community" wel.

> Groete, Leendert>>>

Is dit nie blote demokrasie nie?

.
Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5475 is 'n antwoord op boodskap #5443] Sa, 27 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cag...  is tans af-lyn  cag...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 1995
Karma: 0
Junior Lid
Frederick Peter Eek wrote:

> Nee Koos. As jy mooi lees, word daar gese dat groepsregte deur die
> owerheid vertrap word. By die onderhandelings is gese dat groepsregte
> nie afsonderlik gespesifiseer hoef te word nie, omdat individuele regte
> dit sal beskerm. Dit is nou baie duidelik dat hierdie 'n foefie was, en
> dat die onderneming van die ANC soos meeste van sy ander ondernemings net
> kussingretoriek was.

Die beskerming van individuele is regte IS 'n beskerming van groepsregte.
Die probleem met groepsregte is egter dat dit moeilik is om dit te
omskryf op 'n manier wat nie inbreuk maak op ander groepe se regte nie.
As individue van groepe op hulle regte staan, sal hulle mos hulle regte
beskerm kry.
Wat my egter pla is dat die tradisionele leiers uitgesonder word vir
beskerming as groep - salarisse en dies mees. Op dieselfde beginsel
behoort die staat kulturele leiers van alle groepe te akkommodeer. Ek
wonder wat sou gebeur indien hierdie saak voor 'n hof moet kom.
Ek kan verstaan dat 'n mens nie sommer oornag van die tradisionele leiers
ontslae kan raak nie, maar om voor te trek lyk ook nie reg nie. In baie
gebiede is dit die tradisionele leiers wat die ekonomiese ontwikkeling en
vooruitgang van hulle mense in die wiele ry, deurdat hulle geen
ontwikkeling op hulle grond toelaat nie. Miskien moet hulle besoldig word
ooreenkomstig die ontwikkelings wat hulle goedkeur...

J. A. (Bobby) Loubser,
Vanderbilt University, Box 1585 Station B, Nashville, TN 37235
Tel: (615) 322-4884 (office hrs)
Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5476 is 'n antwoord op boodskap #5475] Sa, 27 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cag...  is tans af-lyn  cag...
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 1995
Karma: 0
Junior Lid
Frederick Peter Eek wrote:

> Nee Koos. As jy mooi lees, word daar gese dat groepsregte deur die
> owerheid vertrap word. By die onderhandelings is gese dat groepsregte
> nie afsonderlik gespesifiseer hoef te word nie, omdat individuele regte
> dit sal beskerm. Dit is nou baie duidelik dat hierdie 'n foefie was, en
> dat die onderneming van die ANC soos meeste van sy ander ondernemings net
> kussingretoriek was.

Die beskerming van individuele is regte IS 'n beskerming van groepsregte.
Die probleem met groepsregte is egter dat dit moeilik is om dit te
omskryf op 'n manier wat nie inbreuk maak op ander groepe se regte nie.
As individue van groepe op hulle regte staan, sal hulle mos hulle regte
beskerm kry.
Wat my egter pla is dat die tradisionele leiers uitgesonder word vir
beskerming as groep - salarisse en dies mees. Op dieselfde beginsel
behoort die staat kulturele leiers van alle groepe te akkommodeer. Ek
wonder wat sou gebeur indien hierdie saak voor 'n hof moet kom.
Ek kan verstaan dat 'n mens nie sommer oornag van die tradisionele leiers
ontslae kan raak nie, maar om voor te trek lyk ook nie reg nie. In baie
gebiede is dit die tradisionele leiers wat die ekonomiese ontwikkeling en
vooruitgang van hulle mense in die wiele ry, deurdat hulle geen
ontwikkeling op hulle grond toelaat nie. Miskien moet hulle besoldig word
ooreenkomstig die ontwikkelings wat hulle goedkeur...

J. A. (Bobby) Loubser,
Vanderbilt University, Box 1585 Station B, Nashville, TN 37235
Tel: (615) 322-4884 (office hrs)
Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5519 is 'n antwoord op boodskap #5475] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> .
>> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
>> Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
> > Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid
>
>
> .
>> Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
>> Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
>> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
>> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
>> regte van groepe sal beskerm".
>
>> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
>> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
>> die "common national purpose" en die "community" wel.
>
>> Groete, Leendert>>>>
>
>
> Dis nie duidelik vir my wat jy bedoel nie.
> Bedoel jy dat individuele regte vandag van owerheidskant misken en
> vertrap word?

Nee Koos. As jy mooi lees, word daar gese dat groepsregte deur die
owerheid vertrap word. By die onderhandelings is gese dat groepsregte
nie afsonderlik gespesifiseer hoef te word nie, omdat individuele regte
dit sal beskerm. Dit is nou baie duidelik dat hierdie 'n foefie was, en
dat die onderneming van die ANC soos meeste van sy ander ondernemings net
kussingretoriek was.
Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5520 is 'n antwoord op boodskap #5475] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frederick Peter Eek wrote:


owerheid vertrap word. By die onderhandelings is gese dat groepsregte[/color]
> nie afsonderlik gespesifiseer hoef te word nie, omdat individuele regte
> dit sal beskerm. Dit is nou baie duidelik dat hierdie 'n foefie was, en
> dat die onderneming van die ANC soos meeste van sy ander ondernemings net
> kussingretoriek was.>>>

Jy het dit verkeerd.
Sover ek kan onthou, was groepsregte nooit ernstig ter sprake by die
World Trade Centre nie.
Dit was 'n idee waarmee die NP vir lank gespeel het.
Toe die ANC nie daaraan wou byt nie, het die NP dit laat vaar.
Dit was - as ek reg onthou - voor enige onderhandelinge by die World
Trade Centre begin het.
Nie een van die groot partye het groepsregte by die WTC op die tafel
geplaas as 'n beginsel nie.

By die World Trade Centre is daar waarskynlik in van die besprekings
gese dat dit wat deur groepsregte beskerm sou moes word, net so goed
deur individuele regte beskerm sal kan word. Nie dat individuele regte
dieselfde effek as groepsregte sal he nie.
Groepsregte sou natuurlik onvermydelik gelei het tot
minderheids-veto's en die probleem van hoe 'n groep omskryf word wat
weer sou gelei het tot die onvermydelikheid dat 'n mens aan die hand
van jou klassifikasie regte gegee word.
En dan natuurlik die probleem van hoe jy klassifiseer. Dit sou lei tot
'n nuwe soort "Wet op die Klassifikasie van..." ens.
Dan sou jy nie as 'n individu regte kon opeis nie, maar altyd as deel
van 'n groep.
En die dinge wat ter sprake was, was dinge soos: Die reg om jou eie
taal te praat en so meer. En dit word deur die grondwet beskerm.
Jy het vandag daardie reg.

Jy sê groepsregte word deur die owerheid vertrap, maar jy erken ook
dat daar nooit op groepsregte besluit is nie.
Die beginsel van groepsregte was dus nooit aanvaar of omskryf nie.
Hoe kan dit kan in enige regs- of tegniese sin vertrap word?
Re: DS: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5521 is 'n antwoord op boodskap #5443] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
.
> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
> Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid[/color]


.
> Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
> Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
> regte van groepe sal beskerm".

> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
> die "common national purpose" en die "community" wel.

> Groete, Leendert>>>>


Dis nie duidelik vir my wat jy bedoel nie.
Bedoel jy dat individuele regte vandag van owerheidskant misken en
vertrap word?







.
DS: [AFRIKAANS:5835] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5565 is 'n antwoord op boodskap #5443] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:13
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5835] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
>> .
>> >> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
>>> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook
>>> die regte van groepe sal beskerm".
>
>>> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
>>> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
>>> die "common national purpose" en die "community" wel.
>
>>> Groete, Leendert>>>
>
>> Is dit nie blote demokrasie nie?

As " blote demokrasie" beteken dat 'n mens nie jou ondermenings nakom
nie, dan verkies ek 'n weergawe wat nie so "bloot" is nie :-))

Soos byvoorbeeld een met 'n grondwet wat die fundamentele regte van
individue verskans teen die dwang van die kollektief. Teen die idee,
byvoorbeeld dat die "community" die mag moet he^ om kinders onder
dwang op te voed volgens die norme van die "common culture".

Maar dan, dit was ook maar een van die "ondernemings" by die World
Trade Centre - "every child shall have the right to parental care".
En een van die ondernemings wat die Nation gemaak het to ons op 16
Junie verlede jaar met groot fanfare ons ondertekende kopie van die
Handves van Kinderregte by die VVO ingedien het - dat die staat hom
sal weerhou daarvan om in te meng met die opvoeding van kinders, dat
dit prime^r die ouers het wat die verantwoordelikheid het vir die
opvoeding van die kinders, en dat hulle die reg het om kinder op te
voed volgens hul eie oortuigings.

Die jongste witskrif oor onderwys verklaar prontuit dat "schools will
not be handed over to parent representatives". Inteendeel,
ouerverteenwooriging op die (tandelose) beheerliggame word beperk tot
'n magtelose minderheid.

Dit is soos jy sê - ons het nou 'n _blote_ demokrasie.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5869] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5574 is 'n antwoord op boodskap #5443] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Robert Wagenaar[SMTP:wagenaar]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 21:11
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5869] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid

In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef Frederick Peter Eek
:

> fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>> .
>>> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
>>> Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
>> >> Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid
>>
>>
>> .
>>> Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
>>> Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
>>> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
>>> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
>>> regte van groepe sal beskerm".
>>
>>> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
>>> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
>>> die "common national purpose" en die "community" wel.
>>
>>> Groete, Leendert>>>>
>>
>>
>> Dis nie duidelik vir my wat jy bedoel nie.
>> Bedoel jy dat individuele regte vandag van owerheidskant misken en
>> vertrap word?

> Nee Koos. As jy mooi lees, word daar gese dat groepsregte deur die
> owerheid vertrap word. By die onderhandelings is gese dat groepsregte
> nie afsonderlik gespesifiseer hoef te word nie, omdat individuele regte
> dit sal beskerm. Dit is nou baie duidelik dat hierdie 'n foefie was, en
> dat die onderneming van die ANC soos meeste van sy ander ondernemings net
> kussingretoriek was.
DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei [boodskap #5582 is 'n antwoord op boodskap #5443] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:40
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei


> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
><<>Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
>> >>Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
>> >> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
>>> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook
>>> die regte van groepe sal beskerm".
>
>>> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
>>> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
>>> die "common national purpose" en die "community" wel.
>
>>> Groete, Leendert>>>
>
>> Is dit nie blote demokrasie nie?

Waar daar verskillende volke in een land bly is die bestel wat tans in SA is,
volgens my, nie demokrasie nie. Die nuwe SA verskil dus nie veel van die oue
nie. Daar is nog steeds sekere groepe wat oor ander groepe regeer en dus op hul
taal en kultuur ens trap. Maar omdat almal nou stemreg het mag dit maar gebeur.

Piet Muller het in Sondag se Rapport die volgende gestel: ons het 'n slegte
oorlog vir 'n nog slegter vrede verruil.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5893] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5583 is 'n antwoord op boodskap #5443] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5893] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid

On 31 Jan 96 at 9:11, Freek Eek wrote:

> Waarom
> kan ek nie eers my eie bejaardes met my belastinggeld versorg, en
> dan na ander volke s'n kyk nie?

Omdat die versorging van bejaardes uit belastinggeld 'n
sosialistiese onding is, behalwe in die geval van bejaardes wat nie
familie het om die ou, tradisionele (in die Afrikaanse en ander
tradisies), en gemeenregtelike verpligting na te kom om vir hulle te
sorg nie.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Re: DS: [AFRIKAANS:5835] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5618 is 'n antwoord op boodskap #5565] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
> Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:13
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5835] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid



Trade Centre - "every child shall have the right to parental care". >>>[/color]

Onderneming?
Praat jy van die handves van menseregte?
Die WTC het mos gegaan oor 'n grondwet en handves nie oor
ondernemings buite dit nie?

ouerverteenwooriging op die (tandelose) beheerliggame word beperk tot[/color]
> 'n magtelose minderheid.>>>

En na die gemors op Potgietersrus ondersteun ek ten volle 'n finale
seggenskap deur die staat.
DS: [AFRIKAANS:5889] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5624 is 'n antwoord op boodskap #5443] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:29
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5889] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderheid


> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
>> .
>>> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
>> .
>>> Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
>>> Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
>>> partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
>>> partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook
>>> die regte van groepe sal beskerm".
>
>>> Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
>>> kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
>>> die "common national purpose" en die "community" wel.
>
>>> Groete, Leendert>>>>
>
>
>> Dis nie duidelik vir my wat jy bedoel nie.
>> Bedoel jy dat individuele regte vandag van owerheidskant misken en
>> vertrap word?

Inderdaad. Kyk gerus na die twee witskrifte oor onderwys en die
Hunterverslag wat tussen Maart en November verlede jaar verskyn het.

Ek is nie baie vatbaar vir conspiracy theories nie - ek dink
"stelsels" is inherent te ondoeltreffend om geloofwaardigheid te gee
aan die dinge wat aan conspiracies toegeskryf word - van die
Illuminati tot die Broederbond.

Maar my skeptisisme het 'n knak gekry toe ek sien hoe versigtig die
regering die balans tussen regte en verpligtinge manipuleer in die
betrokke witskrifte.

Hulle wy 'n hele hoofstuk aan die grondwetlike inplikasies vir die
onderwys. Die _een_ grondwetlike erkende fundamentele reg wat
enigsins die staat se mag in die onderwys inperk, word egter geheel
en al doodgeswyg - die kind se reg op ouerlike sorg, wat die kind
beskerm teen staatsinmenging met die opvoeding wat hy van sy ouers
ontvang.

Hulle gaan egter verder: In 'n ander deel van die dokumente - waar
dit nie gaan oor grondwetlike regte nie, word "parental rights" as 'n
allemintige strooipop opgestel. "Parental rights" word egter nie
direk deur die grondwet beskerm nie - slegs as regte wat afgelei kan
word uit die verpligting wat die grondwet op ouers le^ om hul kinders
te versorg (pligte verleen regte, maar nie noodwendig andersom nie).

"Parental rights" vorm dus 'n swak teiken, wat hulle lustig afskiet
en verduidelik hoekom hierdie parental rights nie in die pad mag
staan van gedwonge onderwerping aan die "national common purpose" en
die "common culture" nie.

Die ironie is natuurlik dat die "common culture" uit die staanspoor
gedoem is indien dit nie gegrond is op die uitgesproke "national
common pupose" wat die Nation in sy grondwet verklaar en in die
internasionale forum bely wanner hy met groot fanfare op 16 Junie
(1995) toetree tot die ondertekenaars van die Handves van Kinderregte
nie. Waar die Nation onderneem om die fundamentele regte te beskerm
teen die oormag van die meerderheid - insluitende die reg van kinders
om volgens die oortuigings van hul ouers opgevoed te word, en nie
volgens die oortuigings van die meerderheid nie.

Die wyse waarop - en die sukses waarmee die beleidsdokumente die
skaal geswaai het in die rigting van gedwonge onderwerping van
kinders aan die "national common purpose" en die "common culture"
maak my nou ietwat paranoi"es oor dinge wat gebeur, soos:

Dit is nou die kritieke stadium waarop die betrokke witskrifte voor
die kabinet dien, en binne weke sal dit waarskylik wet word. Juis in
hierdie stadium doen sommige regeringsmense groot aankondigings van
Afrikaanse skole en universiteite wat moet verdwyn. Die Afrikaners
hol met 'n groot gedruis agterna, pleeg uit paniek gekhede soos om
enkele swart kinders met 'n kakiekordon uit 'n laerskool te weer
(begryplik, maar nie verskoonbaar nie, in die lig van die
grootskaalse besetting van ander skole)

Intussen, terwyl die kalklig effektief gedeflekteer is, word (met
skielike dringendheid) 'n wet deurgevoer wat behoorlik ontluis is van
die een enkele grondwetlik erkende fundamentele reg wat die staat in
toom hou wanneer hy die algehele mag oor die onderwys kaap.

Kyk gerus wat die witskrif be-oog. Beheerliggame is van alle mag
gestroop om 'n beslissende inset te maak in die kurrikuluminhoud van
die skool, die kulturele/religieuse etos daarvan, of die karakter
van die onderwysers wat daarin aangestel word. Hulle mag nie veel
meer doen as om geld in te samel vid ei matriekafskeid nie.

Daarbenewens is die ouers van die skool beperk tot 'n magtelose
midnerheid in hierdie tandelose liggaam.

Maar niemand kwiek 'n kwak nie, want ons aandag is angstig gevestig
op "die voortbestaan van Afrikaanse onderwys" op Potgietersrus.

Ek het weer 'n vlugskriffie beskikbaar soos die een wat verlede jaar
so effektief was teen die Gauteng-wetsontwerp - Julie Killian (van
die Not my favourite Party - maar sy doen goeie werk) het in die
pers verklaar dat hulle dit nie so doeltreffend sou kon teenstaan of
voor die Grondwetlike Hof sou kon sleep sonder die steun wat uit
daardie veldtog gedemonstreer is nie.

Iemand wat elektroniese afskrifte van die vlugskriffie wil he^ kan
e-pos stuur. Meld asseblief die woordverwerkerformaat wat verlang
word.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5886] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5625 is 'n antwoord op boodskap #5443] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:11
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5886] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid

Koos skryf:

>> By die World Trade Centre is daar waarskynlik in van die besprekings
>> gese dat dit wat deur groepsregte beskerm sou moes word, net so goed
>> deur individuele regte beskerm sal kan word. Nie dat individuele regte
>> dieselfde effek as groepsregte sal he nie.

Nou is ek heeltemaal deurmekaar. Op die einde van die dag wil 'n
mens iets bereik - 'n effek he. Deur te se dat "individuele regte"
dieselfde dinge as "groepsregte" beskerm, maar nie dieselfde effek
het nie, se jy tog dat "individuele regte" nie dieselfde goed as
"groepsregte" beskerm nie. Klink vir my jy glo nou al jou eie
kussingretoriek.

>> Groepsregte sou natuurlik onvermydelik gelei het tot
>> minderheids-veto's en die probleem van hoe 'n groep omskryf word wat
>> weer sou gelei het tot die onvermydelikheid dat 'n mens aan die hand
>> van jou klassifikasie regte gegee word.

Klink my hulle was maar haastig om die ou sakie afgehandel te kry, en
het toe nie baie mooi gedink nie.

>> En dan natuurlik die probleem van hoe jy klassifiseer. Dit sou lei tot
>> 'n nuwe soort "Wet op die Klassifikasie van..." ens.

Nie noodwendig 'n probleem nie. Solank as wat individue toegelaat
word om van groep te verander soos wat hy wil (met dien verstande dat
die groep hom sal aanvaar), word niemand mos te na gekom nie. Terwyl
jy nie daardie "groepsregte" het nie, word minderhede in alles
onderwerp aan die meerderheid. Dit klink vir my die ouens was
bietjie lui om die probleme in die oe te kyk, en het dit toe maar
geignoreer.

>> Dan sou jy nie as 'n individu regte kon opeis nie, maar altyd as deel
>> van 'n groep.

Hierdie gedeelte verstaan ek glad nie. Waarom moet "groepsregte" dan
nou noodwendig "individuele regte" dooddruk? Jy kan tog voorsiening
maak vir mense wat glad nie in "groepsregte" belangstel nie. Die
idee is tog om beide soorte te he.

>> En die dinge wat ter sprake was, was dinge soos: Die reg om jou eie
>> taal te praat en so meer. En dit word deur die grondwet beskerm.
>> Jy het vandag daardie reg.

Watter reg is dit nou. Om van my belastinggeld te kry om vir
Afrikanerkinders 'n Afrikaner opvoeding te gee? Hulle te leer van
die Afrikaner se geskiedenis? Hulle met die Woord groot te maak?
Dink jou nou regtig die sentrale regering of Gauteng se poppekas sal
toelaat dat 'n skool (behalwe miskien 'n privaatskool) elke oggend al
die Boererepublieke se vlae uit die geskiedenis hys en "Ken't gij dat
volk" sing, sonder om die onderwysers te verplaas?

Die kern van "individuele regte" en "groepsregte" is dat
groepsregte jou die vermoe gee om te help besluit hoe die geld wat
jy vir belasting betaal op die einde van die dag bestee word. Waarom
moet ek belastinggeld betaal sodat bejaardes versorg moet word en dan
nog geld uithaal om my eie bejaardes te versorg? Waarom kan ek nie
eers my eie bejaardes met my belastinggeld versorg, en dan na ander
volke s'n kyk nie?
=======================================================
Freek Eek
Re: DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei [boodskap #5637 is 'n antwoord op boodskap #5582] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> ----------
> Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
> Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:40
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei

<<....Die nuwe SA verskil dus nie veel van die oue
> nie......>>

> Antonie>>>

Huh?
Re: DS: [AFRIKAANS:5886] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5662 is 'n antwoord op boodskap #5625] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
> Verzonden: woensdag 31 januari 1996 10:11
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5886] Re: KOOS en die oorgrote meerderheid

>>

Dis OK. Ek verstaan.
Re: KOOS en die oorgrote meerderheid [boodskap #5679 is 'n antwoord op boodskap #5475] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
cag...@ctrvax.vanderbilt.edu wrote:

beskerming as groep - salarisse en dies mees.......snip snip..,...Ek kan verstaan dat 'n mens nie sommer oornag van die tradisionele leiers[/color]
> ontslae kan raak nie, maar om voor te trek lyk ook nie reg nie. >>>

Ek stem saam.
Ek wonder soms of die hele Buthelezi/KwaZulu-probleem nie iets
daarmee te doen het nie.
Om die IFP te knak in Natal, moet daar gat gekruip word by
tradisionele leiers. Ek dan ry ander tradisionele leiers ook daarop.
Ek sal nie verbaas wees as die hele tradisionele ding nie baie
vinniger ontrafel sal word as die Natal-situasie eers tot ruste gekom
het nie (die een of ander kant toe).
Die IFP se mag rus ook sterk op die tradisionele ding, vermoed ek.
As dit so is, dan kan mens seker se: As die IFP eers 'n verkiesing in
Natal kan wen sonder die tradisionele leiers, of as die ANC die IFP
kan knak en 'n verkiesing kan wen net op sy "ontradisionele" steun,
dan kan die tradisionele leiers vinniger in die hoofstroom opgeneem
word.
Sal kommentaar verwelkom oor die Natal-situasie in die verband.
Re: DS: [AFRIKAANS:5978] Re: DS: Re: DS: KOOS en die oorgrote meerd [boodskap #5702 is 'n antwoord op boodskap #5443] Ma, 05 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
> ----------
> Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
> Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 12:27
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5978] Re: DS: Re: DS: KOOS en die oorgrote meerd

>En na die gemors op Potgietersrus ondersteun ek ten volle 'n
>>> finale seggenskap deur die staat.

> Interessante oplossing. As jy nie hou van mense se optrede nie, neem
> jy hul besluitreg weg>>>

In die land is daar 'n bottom line: Rassisme het die land amper
vernietig.
Rassisme kan nie toegelaat word onder die dekmatel van eie kultuur
nie.
Net soos daar in Duitsland nie in 1947 'n skool kon gewees het wat
allerhande soort verskonings gebruik het om Jode uit te hou nie, kan
hier nie een wees wat allerhande redes gebruik om SWART kinders uit te
hou nie.
Let's face it: As daar op Potgietersrus tien Engelse kinders en ouers
opgedaag het - WIT Engelse kinders - sou daar NIKS gebeur het nie.
Dit gaan om swart kinders.
Ek dit kan nie in die land nou gebeur nie.
En as enigiemand dink dat dit polities deur die regering toegelaat
sal word, (reg of verkeerd) moet hy sy kop laat lees.
Re: DS: [AFRIKAANS:5978] Re: DS: Re: DS: KOOS en die oorgrote meerd [boodskap #5733 is 'n antwoord op boodskap #5702] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Frederick Peter Eek wrote:
Re: DS: [AFRIKAANS:5978] Re: DS: Re: DS: KOOS en die oorgrote meerd [boodskap #5734 is 'n antwoord op boodskap #5702] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> Dit gaan om swart kinders.
> Ek dit kan nie in die land nou gebeur nie.
> En as enigiemand dink dat dit polities deur die regering toegelaat
> sal word, (reg of verkeerd) moet hy sy kop laat lees.

Is dit nou die regering wat staan vir 'n nie-rassige, nie-seksistiese
stelsel, maar seuns- en meisieskole toelaat? Dieselfde regering wat
toelaat dat daar openbare geriewe is wat duidelik gemerk is vir vrouens
of vir mans?

Klink vir my na kussingretoriek of dubbele standaarde.
Vorige onderwerp: Opperman: JEROEN BOSCH
Volgende onderwerp: Re: penfriends
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 09:48:03 MGT 2024