Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Re: DS: [AFRIKAANS:5611] Ekonomiese vryheid
Re: DS: [AFRIKAANS:5611] Ekonomiese vryheid [boodskap #5288 is 'n antwoord op boodskap #5289] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:
<<<
>Die uitvoerdende direkteur van die Vryemarkstigting, mnr. Leon
> Louw, het gesê dat die studie wys dat lande wat 'n toename in
> ekonomiese vryheid het, 'n hoër tempo van ekonomiese groei
> ervaar.>>>

KLein ou puntjie wat "mnr. Leon Louw" vergeet: Al die lande van sy
drome het baie goeie infrastrukture, goeie goedkoop (indien nie gratis
nie) skole, bekostigbare basiese mediese dienste en openbare
vervoer-stelsels. Die fondamente van 'n goeie samelewing.
Hoe is hierdie infrastrukture daar gestel?
Deur sosialistiese beleide van die staat.
Suid-Afrika se bevolking gaan nie skielik geletterd en prodiktief
word as ons nou alle staatshulp afsny en begin privatiseer asof ons
bytsoda gedrink het nie.
nr. Louw se denkrigting-mense wil die onderwys ook ten volle
geprivatiseer he.
Re: DS: [AFRIKAANS:5742] Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5289 is 'n antwoord op boodskap #5288] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 14:05
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5611] Ekonomiese vryheid

Hierdie berig het onlangs in 'n plaaslike Engelstalige koerant verskyn
(my vertaling):
----------------------------------------------------------

Suid-Afrika is in die 54ste ranglysposisie geplaas op 'n nuwe
aanwyser wat die wêreld se ekonomiese vryheid meet.

Die aanwyser, die eerste van sy soort, is die produk van 10
jaar se navorsing op meer as 100 lande deur 61 navorsers
dwarsoor die wêreld wat Suid-Afrika se Vryemarkstigting
insluit. Griekeland en Siprus is saam met Suid-Afrika in
dieselfde plek op die ranglys, terwyl Ecuador, Colombië, die
Tjeggiese Republiek, Pakistan en die Dominikaanse Republiek
onmiddellik bo die land verskyn. Jordanië, Sri Lanka, Pole,
Gaboen, Tjaad, en Bulgarye verskyn onmiddellik onder Suid-Afrika
op die ranglys.

Die studie meet die vlak waartoe burgers van 'n land vry is om
aan verskillende ekonomiese aktiwiteite deel te neem, en hoe
dit ekonomiese groei raak.

Anders as ander aanwysers, kyk hierdie een na 17 meetbare
komponente. Die lande met die hoogste ekonomiese vryheid van
1993 tot 1995 was Hong Kong, Nieu-Seeland, Singapoer, Amerika,
Switserland, Brittanje en Kanada.

Die uitvoerdende direkteur van die Vryemarkstigting, mnr. Leon
Louw, het gesê dat die studie wys dat lande wat 'n toename in
ekonomiese vryheid het, 'n hoër tempo van ekonomiese groei
ervaar. Hy wys na Japan, Singapoer en Chile, wat vir 'n
styging van 'n enkele eenheid van ekonomiese vryheid in die
10-jaar tydperk van 1980 tot 1990, 'n ekonomiese groeikoers
van drie persent ervaar het.

Lande wat hoog op die ranglys verskyn het gemiddelde inkomstes
van $15 834, terwyl lande met 'n lae aanwyser, soos Suid-Afrika,
gemiddelde inkomstes van $3 180 het. "Gegewe die politieke
wilskrag, kan Suid-Afrika die 'wonderwerk' van Nieu-Seeland
naboots", het mnr. Louw gesê.

In 1985 was Nieu-Seeland, soos Suid-Afrika, geteister deur
onstabiele monetêre beleid, valutabeheer, hoë belasting,
subsidies en markbeperkings. Dié land het die wêreld se
hoogste toename in ekonomiese vryheid tussen 1975 en 1995
ervaar, wat sy plasing op die ranglys van 4,1 tot 8 verbeter
het.

"Die implikasies vir ons land is dat ons ekonomiese vryheid
moet verhoog. Dit kos niks om burgers toe te laat om aan
ekonomiese aktiwiteit deel te neem nie, maar dit kom die land
duur te staan as hulle nie toegelaat word om dit te doen nie",
het mnr. Louw gesê.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5633] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5299 is 'n antwoord op boodskap #5288] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5633] Re: Ekonomiese vryheid

> Kyk gerus wat Kenichi Ohmae oor ekonomiese vryheid te se het in sy boek
> The End Of The Nation State, The Rise of Regional Economies (How new
> engines of prosperity are reshaping global markets.)
>
> Ek dink dat sy opmerkings die rigting aantoon vir ontwikkeling in Suid
> Afrika.

Dit toon die rigting aan maar ek dink nie iemand luister nie.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5638] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5310 is 'n antwoord op boodskap #5288] Vr, 19 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 17:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5638] Re: Ekonomiese vryheid


a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:
>
>> Kyk gerus wat Kenichi Ohmae oor ekonomiese vryheid te se het in sy boek
>> The End Of The Nation State, The Rise of Regional Economies (How new
>> engines of prosperity are reshaping global markets.)
>>
>> Ek dink dat sy opmerkings die rigting aantoon vir ontwikkeling in Suid
>> Afrika.
>
> Dit toon die rigting aan maar ek dink nie iemand luister nie.
>
> Antonie
>
Onthou die dae wat Afrikaners en andere kon kyk na die regering om om te
sien na hulle toekoms en welsyn is verby. Die mense wat moet luister is
die wat wil deel wees van 'n beter toekoms. Hier naby my woon die
Pennsylvania Dutch. Hulle is eintlik van Switz-Duitse afkoms. Hulle is
reeds vir 200 jaar omring deur 'n meerderheid van Amerikaanssprekendes
wat nie hulle taal of kultuur deel nie. Hulle praat nog Pennsylvania
Dutch, Hulle is nog baie Godsdienstig, hulle het hulle eie kultuur, en
hulle is hardwerkend en super welgesteld. Waarom? Omdat hulle wil, en
hulle nie hulle koor uit Washington DC of uit Pennsylvania se hoofstad,
Harrisburg laat begelei nie.
As Suid Afrikaners met eer wil voortbestaan, hou op om na
die regering van die dag te kyk vir begrip, en erkenning. Die wereld
verhoog het geen visa of taalvereistes nie, en daardie verhoog smag na
waardige spelers.

Jan Lange



--
DS: [AFRIKAANS:5652] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5321 is 'n antwoord op boodskap #5288] So, 21 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: zondag 21 januari 1996 6:50
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5652] Re: Ekonomiese vryheid


van der Merwe wrote:
>
>> hou op om na
>> die regering van die dag te kyk vir begrip, en erkenning.
>
> Ja Jan in 'n land soos Amerika of Australië is dit van toepassing maar die
> ANC het 'n Diktoriale staats gesag geword sonder dat enig een dit kan keer,
> baie het nie eens kennis daarvan geneem nie! Ek wonder soms of die Nationale
> Party hulself die situasie van vandag ooit kon voorstel. Die ANC maak en
> breek soos hy wil,baie soos die vorige regering, miskien net meer
> skaamteloos omdat Mnr. Mandela die posisie van Held en "Martyr" ingeneem het
> en sy Party-genote hou piekniek met dit wat noodsaaklik is vir die opbou van
> 'n nuwe SA.
> Enige begrip van "Vryheid" is nie in die ANC se woordeboek nie.
> Groete uit 'n Vrye Australië,
> Paul
>
Dit het die ANC omtrent 50 jaar en miljoene geskrewe lyne geneem om die
wereld mening aan hulle kant te kry. Mandella sal nie vir altyd
lewe nie. Afrikaners en andere kan van elke geleentheid gebruik maak
om die wereld in te lig oor die dinge wat hulle voel nie tuis hoort in
'n demokrasie nie. Daar is op die oomblik vinnig groeiende groepe
in baie lande, wat aanstoot neem as daar getrap word op die regte van
minderhede; ry daardie perd.
As toneelstukke, TV produksies, films, romans, artikels in "geleerde
joernale", e-pos, treurmares voor die VV ens. effektief gebruik
word, hoef dit nie 50 jaar te neem om die wereldmening aan die kant van
Suid Afrika se minderhede te kry nie.
Ek is half teleurgesteld dat dit nog nie begin het nie; of is die die
wittebroodstyd nog nie verby nie.

Jan Lange

--
DS: [AFRIKAANS:5642] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5326 is 'n antwoord op boodskap #5288] So, 21 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: van der Merwe[SMTP:...@iinet.net.au]
Verzonden: zaterdag 20 januari 1996 14:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5642] Re: Ekonomiese vryheid

> hou op om na=20
> die regering van die dag te kyk vir begrip, en erkenning.

Ja Jan in 'n land soos Amerika of Australië is dit van toepassing maar =
die
ANC het 'n Diktoriale staats gesag geword sonder dat enig een dit kan =
keer,
baie het nie eens kennis daarvan geneem nie! Ek wonder soms of die =
Nationale
Party hulself die situasie van vandag ooit kon voorstel. Die ANC maak en
breek soos hy wil,baie soos die vorige regering, miskien net meer
skaamteloos omdat Mnr. Mandela die posisie van Held en "Martyr" ingeneem =
het
en sy Party-genote hou piekniek met dit wat noodsaaklik is vir die opbou =
van
'n nuwe SA.
Enige begrip van "Vryheid" is nie in die ANC se woordeboek nie.
Groete uit 'n Vrye Australië,
Paul =20
DS: [AFRIKAANS:5619] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5351 is 'n antwoord op boodskap #5289] Do, 18 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 17:14
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5619] Re: Ekonomiese vryheid

Renier,

Kyk gerus wat Kenichi Ohmae oor ekonomiese vryheid te se het in sy boek
The End Of The Nation State, The Rise of Regional Economies (How new
engines of prosperity are reshaping global markets.)

Ek dink dat sy opmerkings die rigting aantoon vir ontwikkeling in Suid
Afrika.

Jan Lange

--
DS: [AFRIKAANS:5671] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5352 is 'n antwoord op boodskap #5288] Ma, 22 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 10:08
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5671] Re: Ekonomiese vryheid

On 21 Jan 96 at 5:50, Jan Lange wrote:

> Dit het die ANC omtrent 50 jaar en miljoene geskrewe lyne geneem om
> die wereld mening aan hulle kant te kry. Mandella sal nie vir altyd
> lewe nie. Afrikaners en andere kan van elke geleentheid gebruik
> maak om die wereld in te lig oor die dinge wat hulle voel nie tuis
> hoort in 'n demokrasie nie. Daar is op die oomblik vinnig groeiende
> groepe in baie lande, wat aanstoot neem as daar getrap word op die
> regte van minderhede; ry daardie perd. As toneelstukke, TV
> produksies, films, romans, artikels in "geleerde joernale", e-pos,
> treurmares voor die VV ens. effektief gebruik word, hoef dit nie 50
> jaar te neem om die wereldmening aan die kant van Suid Afrika se
> minderhede te kry nie. Ek is half teleurgesteld dat dit nog nie
> begin het nie; of is die die wittebroodstyd nog nie verby nie.

Jan jy kan sommer weer bly word - dit het al begin:

Die nuutste witskrif oor onderwys (24 November - dit is die
inisterie van onderwys se amptelike reaksie op die Hunterverslag
oor skoolmodelle) is in elke opsig meer onderdrukkend as al sy
voorgangers - met een uitsondering. Die Ministerie kritiseer Hunter
omdat hy nie toegeeflik genoeg is oor tuisonderwys nie, verklaar dat
hy kennis geneem het dat tuisonderwys internasionaal erken word, en
onderneem om na die wetgewing van ander lande te kyk om 'n toepaslike
model vir SA te vind.

Ek aanvaar dat hulle steeds 'n model sal soek wat hulle die meeste
beheer moontlik sal gee - die stryd is dus nog nie gewonne nie.

Die enigste rede vir hierdie ommekeer deur die owerhede is egter die
duisende briewe ter ondersteuning van tuisonderwys wat op die
lessenaar van die SA Ambassadeur in Washington en ander amptenare
beland het - insluitende 'n tiental of wat e-posbriewe aan Mandela se
adres.

Die sukses van die (mikroskopies-klein) tuisonderwysgemeenskap in
hierdie opsig het selfs die grootbek-Nasionale Party (wat nog nooit
tuisonderwys ondersteun het nie, en dit nog steeds vervolg in die
een provinsie waar hulle regeer) laat regop sit en laat begin dreig
dat hulle internasionale steun gaan soek vir die stryd om die skole.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5693] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5401 is 'n antwoord op boodskap #5288] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 9:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5693] Re: Ekonomiese vryheid


Jan skryf

> Onthou die dae wat Afrikaners en andere kon kyk na die regering om om te
> sien na hulle toekoms en welsyn is verby. Die mense wat moet luister is
> die wat wil deel wees van 'n beter toekoms. Hier naby my woon die
> Pennsylvania Dutch. Hulle is eintlik van Switz-Duitse afkoms. Hulle is
> reeds vir 200 jaar omring deur 'n meerderheid van Amerikaanssprekendes
> wat nie hulle taal of kultuur deel nie. Hulle praat nog Pennsylvania
> Dutch, Hulle is nog baie Godsdienstig, hulle het hulle eie kultuur, en
> hulle is hardwerkend en super welgesteld. Waarom? Omdat hulle wil, en
> hulle nie hulle koor uit Washington DC of uit Pennsylvania se hoofstad,
> Harrisburg laat begelei nie.
> As Suid Afrikaners met eer wil voortbestaan, hou op om na
> die regering van die dag te kyk vir begrip, en erkenning. Die wereld
> verhoog het geen visa of taalvereistes nie, en daardie verhoog smag na
> waardige spelers.

Ek sou graag meer oor die Pensylvania Dutch te wete wou kom. Klink my ons kan 'n
goeie paar lesse by hul leer. Weet jy iets meer?

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5697] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5403 is 'n antwoord op boodskap #5288] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Ester Ferreira: Library[SMTP...@info.rau.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 10:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5697] Re: Ekonomiese vryheid

Ek meen dat Jan verwys na die groep wat in die Lancaster- "county" in
Pennsylvania woon. Staan ook bekend as die "Amish". Daar is trouens
Amish- groepe in verskeie dele van Amerika. Het hulle eie skole met
eie onderwysers. Onderrig nie Wetenskap nie -- dit is tegnologie.
Leef baie eenvoudig met tradisionele waardes. Baie sterk
godsdienstig. Ook spesifieke kleredrag, maar tog in mate
gemoderniseer -- jong seuns, dra graag swart Nike-loopskoene (of
"sneakers"). Ry met perdekarretjies, maar is volgens wet verplig om
batteryaangedrewe weerkaartsers te he. Dalk onthou van julle die
fliek "The witness" van die Amish-seuntjie wat 'n moord gesien het op
die lughawe? Indien julle ooit kans het om hulle te besoek, beveel
ek dit werklik aan. 'n Mens kan redelik maklik 'n dagreis vanaf NY-
stad hulle besoek.

Groete
Ester

> Date sent:
Tue,
23 Jan 96 08:17 SAT > Send reply to: afri...@unseen.aztec.co.za
> From: a...@rmbmain.rmb.co.za
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5693] Re: Ekonomiese vryheid

>
> Jan skryf
>
>> Onthou die dae wat Afrikaners en andere kon kyk na die regering om om te
>> sien na hulle toekoms en welsyn is verby. Die mense wat moet luister is
>> die wat wil deel wees van 'n beter toekoms. Hier naby my woon die
>> Pennsylvania Dutch. Hulle is eintlik van Switz-Duitse afkoms. Hulle is
>> reeds vir 200 jaar omring deur 'n meerderheid van Amerikaanssprekendes
>> wat nie hulle taal of kultuur deel nie. Hulle praat nog Pennsylvania
>> Dutch, Hulle is nog baie Godsdienstig, hulle het hulle eie kultuur, en
>> hulle is hardwerkend en super welgesteld. Waarom? Omdat hulle wil, en
>> hulle nie hulle koor uit Washington DC of uit Pennsylvania se hoofstad,
>> Harrisburg laat begelei nie.
>> As Suid Afrikaners met eer wil voortbestaan, hou op om na
>> die regering van die dag te kyk vir begrip, en erkenning. Die wereld
>> verhoog het geen visa of taalvereistes nie, en daardie verhoog smag na
>> waardige spelers.
>
> Ek sou graag meer oor die Pensylvania Dutch te wete wou kom. Klink my ons kan
> 'n
> goeie paar lesse by hul leer. Weet jy iets meer?
>
> Antonie
>
>

************************************************************ **********
rs.Ester Ferreira Tel: National: (011) 489-2646
Information Librarian International: 27-11-489-2646
University Library Fax: National: (011) 726-7723
Rand Afrikaans University International: 27-11-726-7723
P.O. Box. 524
AUCKLAND PARK
2006
SOUTH AFRICA E-mail: H...@info.rau.ac.za
************************************************************ **********
DS: [AFRIKAANS:5695] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5408 is 'n antwoord op boodskap #5288] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 9:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5695] Re: Ekonomiese vryheid

Antonie skryf in antwoord op Jan:
> Ek sou graag meer oor die Pensylvania Dutch te wete wou kom. Klink my ons kan 'n
> goeie paar lesse by hul leer. Weet jy iets meer?

Volgens my gebrekkige kennis is die "Pennsylvania Dutch" in wese die
groep wat beter bekend is as die Amish. Hulle het in die vorige eeu na
van Duitsland na Amerika gegaan vir redes van godsdiensvryheid, en is
bekend daarvoor dat hulle moderne masjiene vermy. Hulle praat nie
werklik "Dutch" nie - eerder 'n Duitse dialek.

Tydens 'n onlangse treinreis in Amerika was daar 'n groot groep Amish
saam met ons op die trein. My vrou het 'n bietjie met hulle gesels.
Ons het gedink dis 'n hele geselskap van 'n paar gesinne, maar
ontdek toe dat dit 'n vrou en haar ganse kroos is!

Ons was altyd onder die indruk dat die Amish uiters behoudend is,
en dat hulle moderne vervoermiddels vermy, maar blykbaar is daar
verskillende sieninge hieroor, en treinry was vir hierdie groep
nie onaanvaarbaar nie. Hulle het egter die tipiese Amish-drag
aangehad.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5758] Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5428 is 'n antwoord op boodskap #5288] Do, 25 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 17:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5758] Re: DS: Ekonomiese vryheid

Hoor! Hoor!

Gisteraand het Bill Clinton in sy jaarlikse "State of the Nation"
toespraak probeer voorgee dat selfs hy verstaan dat die wereld
by die einde van Big Government gekom het. In die volgende twee
weke sal hy waarskynlik toon dat hy die die alternatief, die vryemark
stellsel nog nie mooi verstaan nie. Dit is waarom die volgende president
van Amerika waarskynlik Steve Forbs gaan wees.
As Amerika probleme het met mense wat nie die rol van die vrye mark
stelsel verstaan nie, kan ek my net die frustrasie in Suid Afrika voorstel.

Jan Lange

--
Re: DS: [AFRIKAANS:5742] Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5472 is 'n antwoord op boodskap #5288] Vr, 26 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
<<>Die lande van "sy drome" het al hierdie dinge ontwikkel as gevolg van
> vryemarkstelsels. Dis die linkse sosialistiese lande (die voormalige
> oosbloklande) en regse sosialistiese lande (die voormalige Suid-Afrika)
> waar hierdie dinge nie ontwikkel het nie, juis as gevolg van die staat
> se ontsaglike inmenging in die ekonomie. Dis die lande wat
> vryemarkstelsels nagevolg het, wat die luukse van staatsprogramme
> kan bekostig. Kyk maar na die aandeel wat die staat in die ekonomie
> van suksesvolle lande het - dis aansienlik laer as die lande wat
> sosialistiese/intervensionistiese beleide gevolg het, en daardeur in
> bankrotskap beland het.>>

And so? Wie het gese daar is net een vorm van sosialisme en sy naam
is sentralistiese Kommunisme?
Al gehoor van social democracy?
'n Staatsprogram is sekerlik nie die vryemark-stelsel nie, of hoe?
As 'n regering belasting hef op die rykes en die geld aanwend om die
armes op te hef en tot hulp te wees, wat noem 'n mens so 'n stelsel?
Die vrye mark?
Nieu-Seeland het hulself tot baie onlangs die etiket sosialisties
gegee.
As 'n mens "sosialisme" se, lyk dit my sien jy net rooi vlae wapper
bokant Bresjnef waar hy kanonwaens salueer.
By the way, is Suid-Korea en Singapoer nie intervensionisties nie?
Die land ter wereld met die ekonomie wat die vinnigste groei,
is..........?

> Dwarsoor die wêreld lei privatisering tot verhoogde produktiwiteit.
> Dis in die staatsektor waar produktiwiteit op sy laagste is.>>>

OK. Nou privatiseer ons skole en technikons en so meer en dan raak
ons produktief op 'n ongeletterde bevolking wat aan tering lei.
Goeie oplossing.
Re: DS: [AFRIKAANS:5697] Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5473 is 'n antwoord op boodskap #5403] Sa, 27 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Aamgaande die Amish:
Dit sal 'n kwade dag wees as Afrikaners na die Amish gaan
om lesse te kry oor hoe om die veranderende werklikheid om hulle
te hanteer.
Re: DS: [AFRIKAANS:5776] Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5474 is 'n antwoord op boodskap #5288] Sa, 27 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
<< Verkeerd!!!!! Gaan kyk bietjie wat in Suid-Korea, Taiwan, Singapoer en Maleisi"e
> so 25 to 30 jaar gelede aan gegaan het (om nie eens van Sjina te praat nie).
> Bitter min tot niks. Die mense was juis nie geletterd nie en daar was juis nie
> 'n infrastuktuur nie. Die ekonomie was 'n bestaansekonomie, die mense was arm en
> die meeste van hulle het op die platteland gebly.
>
> Daardie regerings het so 20 jaar gelede besluit om die lande te ontwikkel, om
> meer aan die opvoeding van die mense te spandeer en om die infrastruktuur daar
> te stel. Deur belastingtoegewings het hul beleggings gelok en so kon hulle hul
> land opbou.
>
> Antonie>>

Jammer, ek het nie besef die bevolking van Nederland, Swede en so meer het eers opgevoed en opgelei graak nadat die skole geprivatiseer is nie.
Kan 'n Nederlander dalk vir ons se hoeveel kos dit om 'n kind daar op skool te he en watter maatskappye die skole besit?
Stel groepe soos Shell hul eie leerplanne op?
Ek neem ook aan dat die openbare vervoerstelsels in volle private besit is. Wie besit dit en hoeveel is die wins?
Re: DS: [AFRIKAANS:5758] Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5508 is 'n antwoord op boodskap #5428] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
: As Amerika probleme het met mense wat nie die rol van die vrye mark
: stelsel verstaan nie, kan ek my net die frustrasie in Suid Afrika voorstel.

Wat op aarde laat jou dink die Amerikaners het 'n vrye-mark stelsel?! ;-)
Dries Venter, Pretoria
DS: [AFRIKAANS:5837] Re: DS: Re: DS: Ekonomiese vryheid [boodskap #5553 is 'n antwoord op boodskap #5288] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:19
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5837] Re: DS: Re: DS: Ekonomiese vryheid

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):

>> OK. Nou privatiseer ons skole en technikons en so meer en dan raak
>> ons produktief op 'n ongeletterde bevolking wat aan tering lei.
>> Goeie oplossing.

Gloudina, is dit nou wat jy cute Koos noem?

Die stelling dat privatisering van skole en techikons lei tot
ongeletterdheid en tering?

Nou ja - cute mag dit wees - there's no accounting for taste.

Maar logies is dit nie, en geensins in ooreenstemming met die
resultate van gesaghebbende navorsing nie. Gesaghebbend genoeg dat
die wetgewer van die deelstaat Washington, op grond van sy eie
navorsing, verlede jaar 'n mosie van dank aangeneem het vir die
bydrae wat privaatskole en tuisonderwys maak om die voorkoms van
ongeletterdheid te beperk. Dat die onderwyskommitee van dieselfde
wetgewer 'n ondersoek geloods het om te bepaal waarom tuisonderwys
veel beter resultate lewer met die onderrig van
geletterdheidsvaardighede.

Dis nou in 'n land waar 18.5% van die skoolverlaters (170 000 mense
per jaar) uit staatskole funksioneel ongeletterd is, waar die koste
per leerling in staatskole tweemaal die koste per leerling in
privaatskole beloop (en tienmaal die koste per leerling in
tuisonderwys). En waar al meer deelstate die voorbeeld volg van
enkeles (New Hampshire?) waar leerlinge uitgereik word met
"onderwyskoepons" wat hulle kan verdiskonteer vir onderrig aan enige
skool - staat of privaat.

In die VSA, in elk geval, is ongeletterdheid in staatskole dus veel
meer waarskynlik as in privaatskole. Oor tering sal ek nou nie weet
nie.

Hier te lande is dinge nie te veel verskillend nie ek herinner my 'n
syfer van 'n dekade of wat gelede waar Stellenbosch beweer het dat
iets soos 10% van die eerstejaaraansoekers inderdaad funksioneel
ongeletterd was - dis nou mense met matriekvrystelling. Miskien kan
iemand die juiste inligting opdiep - ek kan nie voorbly met die
navrae oor tuisonderwys nie.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5836] Re: DS: Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5562 is 'n antwoord op boodskap #5288] Di, 30 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:13
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5836] Re: DS: Re: Ekonomiese vryheid

On 28 Jan 96 at 15:50, Robert Wagenaar wrote:

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef Koos
> :
>
>
>
>> Aamgaande die Amish:
>> Dit sal 'n kwade dag wees as Afrikaners na die Amish gaan
>> om lesse te kry oor hoe om die veranderende werklikheid om hulle te
>> hanteer.

Waarom?

Het jy enige rede om te beweer dat hul hantering van die
veranderende werklikheid disfunskioneel is? Is daar tekens van
buitengwone sielkunige en sosiale stres onder hulle?
iddelafhanklikheid, selfmoord, gesinsverval, bendegeweld ens. ens.?

Hoe lyk dit met armoede, kindersterftes, gemeenskapsgesonheid edm?

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
Re: DS: [AFRIKAANS:5836] Re: DS: Re: Ekonomiese vryheid [boodskap #5704 is 'n antwoord op boodskap #5562] Ma, 05 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frederick Peter Eek  is tans af-lyn  Frederick Peter Eek
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> Dit is was ek voel: Nou verder oor hoekom ek dink dis 'n slegte model
> vir die Afrikaner. Ek is oortuig daarvan dat as die Afrikaner hom in
> Suid-Afrika afsluit in sy eie wereldjie en sy afkeur aan ander groepe
> as hy wys, gaan hy sy gat baie vinnig sien.

Dit is net jy wat praat van afsluit in sy eie klein wereldjie. Ek
wonder of Nederlanders afgesluit is in hulle eie klein wereldjie, of
Duitsers dalk?

Dit is jy wat praat van afkeur in ander groepe. Persoonlik het ek geen
afkeur in ander groepe nie. Ek het wel afkeur in sekere individue, maar
dit ook in individue onder die Afrikaner.
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5969] Inflasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 23:25:27 MGT 2024