Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die drukkoker-beginsel
Die drukkoker-beginsel [boodskap #56738] Ma, 04 Februarie 2002 17:47 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die drukkoker-beginsel geld ook vir mnse en volke. Plaas 'n individu, 'n
gemeenskap of 'n volk onder druk en verset teen die onderdrukking bou op
soos stoom in 'n drukkoker. Daarvan getuig ook die Boerevolk se geskiedenis.

Dit was teen die einde van Januarie 1824 dat die Boerehater lord Charles
Somerset die gebuik van Hollands in die howe verbied het. Hierdie en ander
pogings van hom en ander ná hom, het nie net skipbreuk gelei nie. Daar kan
met oortuiging gesê word dat Afrikaans se twee grootste Britse vyande,
naamlik Somerset en Milner, ook ons taal en selfs ons volk se redders was.
Want albei het tot ontwaking van nasionalisme, volks- en taaltrots en
triomferende verset gelei. Die taalstryd, aanvanklik om behoud van Hollands
en later om erkenning van Afrikaans, het Afrikaners van verskillende
politieke oortuigings saamgesnoer in 'n versetaksie ter wille van hulle
gemeenskaplike volksbesit, hulle taal.

Die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Net soos Somerset het die
huidige volksvreemde minister van justisie, Penuell Maduna probeer om die
gebruik van Afrikaans in die howe uit te skakel. En soos Somerset en Milner
is hy en die res van die volksvreemde bewind besig om hulleself bloedneus te
stamp teen die oplaaiende Afrikaner-weerstand.

Afrikaners voel die aggressiewe onwil teen hulle taal daagliks aan die lyf,
in omgang met amptenare op al drie regeringsvlakke, maar ook in die private
sektor, ja selfs in Afrikaner-georiënteerde finansiële instellings wat met
ons oorlog- en depressie-verarmde Boeremense se tiekies en sikspense gebou
is.

Van owerheidswe� noem ons instansies soos die Departement van Onderwys wat
Engels op ons Afrikaanse skole en universiteite afdwing, die departemente
van openbare werke, justisie, verskeie stadsrade, die Reserwebank en die
Ontvanger van Inkomste wat al in die openbaar moes verduidelik waarom hulle
probeer het om Afrikaans uit te skakel. Daar is egter ook ander, soos
Parmalat, Sarvu, die lugdienste SAL en Nationwide en die Universiteit van
Pretoria.

Hoewel baie van dié instansies al moes terugkrabbel, duur die stryd voort.
En juis dit is bemoedigend. Want solank die stryd voortduur, beteken dit
verset en weerstand uit die Afrikanergemeenskap. Nog meer, net soos in die
dae van Somerset en Milner word die taalstryd buite die politiek gevoer deur
mense wat nie altyd mekaar se politieke ideale deel nie, maar 'n
gemeenskaplike bedreiging en belang in die taalstryd ervaar.

Een van die mees formidabele stryders vir Afrikaans is die vakbond
MWU-Solidariteit. Hy beskik oor die infrastruktuur en ook die finansiële
vermoë om die stryd tot in die howe te voer, wat op sigself 'n afskrikmiddel
is. Belangriker nog, dit beteken dat die Afrikaner se arbeidsmag homself met
die stryd vereenselwig. Die Afrikanerwerker het in ons geskiedenis al 'n
belangrike rol gespeel en is besig om dit weer te doen.

Daar is natuurlik die talle en soms uiteenlopende kultuurorganisasies, van
Praag, die Vrydaggroep tot die FAK en Tabema wat by geleentheid kragte
saamsnoer. Afrikaners wat nie noodwendig ons ideal van herwonne volksvryheid
deel nie, lewer dus tog soms 'n bydrae daartoe deurdat hulle saamstry vir
behoud van hulle taal.

Die taalstryd is in werklikheid deel van ons stryd om ons selfbeskikking te
herwin en elke oorwinning wat op dié gebied behaal word, is 'n stap
vorentoe.
Re: Die drukkoker-beginsel [boodskap #56932 is 'n antwoord op boodskap #56738] Wo, 06 Februarie 2002 09:14 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"david" skryf
: Die drukkoker-beginsel geld ook vir mnse en volke
---knip---
~~
Dankie David. Baie mooi uiteen gesit.
--
Vorige onderwerp: Grootdoenerigheid
Volgende onderwerp: Iets om Gloudina wakker te maak - Engels:)))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 00:24:56 MGT 2024