Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » aanvalle
aanvalle [boodskap #55079] Wo, 02 Januarie 2002 18:53
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
PIETERSBURG
2 JANUARIE 2002

In die Noordelike Provinsie het ons so pas 'n aanval uit elk van voormelde
kategorieë beleef.

Mnr Jaco van der Walt van die Plaas Roodepoort by Naboomspruit, wat deur
plaasaanvallers in die buik geskiet is, het twee van sy aanvallers gewond
en beide is reeds onder polisiebewaking in die hospitaal. Die Provinsiale
Kommissaris van Polisie het die versekering gegee dat die medepligtiges
bekend sal raak en dat verdere arrestasies binnekort verwag kan word.

By die Arabiedam het rowers in 'n aanval op hengelaars geloods en is mnr
Pieter van Wyk van Vanderbijlpark in die knie geskiet en sy voertuig geroof.
Voorvalle soos hierdie werk kontraproduktief in op die Toerismebedryf, 'n
aspek wat die Noorde se wankelende ekonomie geensins kan bekostig nie.
Kommissaris N.C. SenganI het bevestig dat die Polisie se reaksie-eenheid
van die Bosveld sekerlik die beste in die land is, en dat hulle intensief
werk aan die opsporing van die skuldiges, maar terselfdertyd ook aandag gee
aan die beveiliging van die omgewing van die Arabiedam. Hierdie pro-aktiewe
optrede in volgens die Vryheidsfront noodsaaklik en behoort dwarsdeur die
Provinsie by versamelpunte van vakansiegangers en toeriste geïmplimenteer te
word. 'n Aspek wat verseker dringend aangespreek sal word.
Vorige onderwerp: Nuwejaarswens vir julle!
Volgende onderwerp: Kinky antwoord haar donkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 00:45:39 MGT 2024