Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersfees se Missing Link
Kersfees se Missing Link [boodskap #54877] So, 23 Desember 2001 01:42 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
As twee miljoen Gautengers gedurende die Kersvakansie uitwyk na die kus en
ander binnelandse vakansieoorde, maak dit klaarblyklik nie 'n duit verskil
aan die populasie hier nie. Totaal teen ons jaarlikse tradisie van wegbly
van enige opeenhoping van die mensdom die laaste Saterdag voor Kersfees, het
ons vanoggend (Saterdag) besluit om te gaan inkopies doen. (Almal is mos in
Durban en die Kaap op die oomblik).

Die Goue Myl van Boksburg Noord is by uitstek ons geliefkoosde uithangplek,
met die East Rand Mall, restaurante en elke ander denkbare inkopiesplek, kan
mens maklik die hele dag daar deurbring. Ongelukkig dink 'n miljoen ander
mense dieselfde as ons. Tientalle restaurante, 'n string bioskope
insluitende een Imax wat nou tradisioneel orals ingepas word, en die
grootste vlooimark in die land, was almal tjokvol van 'n malende massa mense
wat onwetend seker gemaak het dat Gauteng se geld in Gauteng bly.

Ofskoon ons vroeg gery het om parkeerplek te kry, het niks ons voorberei
vir die toestroming van geldblasers soos ons hier ondervind het nie. Dit het
ons teen 12 namiddag, 'n driekwart uur geneem om UIT die parkeerterrein te
kom.

Maar iets het my en die Tannie mateloos gehinner. Daar was deurgaans 'n
totale afwesigheid van ongeduld, onvriendelikheid en ongenaakbaarheid wat
altoos saam met so 'n massa samedromming van mense gaan. Dit was nie die
Kersfeesgees nie. Dit was nie die bykans totale afwesigheid van Swartes
nie - Gauteng het 'n soort van vrywillige apartheid wat geen ander plek het
nie. Daar was iets anders "missing", iets wat ander Kersfese geirriteer
het, en ek kon nie my vinger daarop lê nie. Eers teen laat vanmiddag het dit
my getref soos 'n bom. Dit kon net een ding wees. In nie 'n enkele winkel
het ons Bony M se Little Drummer Boy gehoor nie. Dink jouself dit in:
Kersfees sonder The Little Drummer Boy! Wat 'n deurbraak!!! Halleluja!!!!

Geseëndheid vir almal.
Re: Kersfees se Missing Link [boodskap #54882 is 'n antwoord op boodskap #54877] So, 23 Desember 2001 05:45 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit laat my dink aan Julio wat eens in elke restaurant in Pretroia gespeel
is - daai oliebol ....

"Grahame" skryf in boodskap news:a03dpf$c7$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> As twee miljoen Gautengers gedurende die Kersvakansie uitwyk na die kus en
> ander binnelandse vakansieoorde, maak dit klaarblyklik nie 'n duit verskil
> aan die populasie hier nie. Totaal teen ons jaarlikse tradisie van wegbly
> van enige opeenhoping van die mensdom die laaste Saterdag voor Kersfees, het
> ons vanoggend (Saterdag) besluit om te gaan inkopies doen. (Almal is mos in
> Durban en die Kaap op die oomblik).
>
> Die Goue Myl van Boksburg Noord is by uitstek ons geliefkoosde uithangplek,
> met die East Rand Mall, restaurante en elke ander denkbare inkopiesplek, kan
> mens maklik die hele dag daar deurbring. Ongelukkig dink 'n miljoen ander
> mense dieselfde as ons. Tientalle restaurante, 'n string bioskope
> insluitende een Imax wat nou tradisioneel orals ingepas word, en die
> grootste vlooimark in die land, was almal tjokvol van 'n malende massa mense
> wat onwetend seker gemaak het dat Gauteng se geld in Gauteng bly.
>
> Ofskoon ons vroeg gery het om parkeerplek te kry, het niks ons voorberei
> vir die toestroming van geldblasers soos ons hier ondervind het nie. Dit het
> ons teen 12 namiddag, 'n driekwart uur geneem om UIT die parkeerterrein te
> kom.
>
> Maar iets het my en die Tannie mateloos gehinner. Daar was deurgaans 'n
> totale afwesigheid van ongeduld, onvriendelikheid en ongenaakbaarheid wat
> altoos saam met so 'n massa samedromming van mense gaan. Dit was nie die
> Kersfeesgees nie. Dit was nie die bykans totale afwesigheid van Swartes
> nie - Gauteng het 'n soort van vrywillige apartheid wat geen ander plek het
> nie. Daar was iets anders "missing", iets wat ander Kersfese geirriteer
> het, en ek kon nie my vinger daarop lê nie. Eers teen laat vanmiddag het dit
> my getref soos 'n bom. Dit kon net een ding wees. In nie 'n enkele winkel
> het ons Bony M se Little Drummer Boy gehoor nie. Dink jouself dit in:
> Kersfees sonder The Little Drummer Boy! Wat 'n deurbraak!!! Halleluja!!!!
>
> Geseëndheid vir almal.
>
Vorige onderwerp: Norbert uit Vlaanderen
Volgende onderwerp: Medikasie of nie?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:55:24 MGT 2024