Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hêppie neeu jeer antie
hêppie neeu jeer antie [boodskap #54669] Ma, 17 Desember 2001 10:03
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie

ai my antie nogge jaar lê alweer beendere innie lig. ennit wassie eers
'n baie goeie jaar nie antie want my pa is baie armir as wat hy kon
gewees.

antie weet mos hoe slim my pa is toe beland hy op
woe-wants-toe-bie-'n-millienêr en hy ken allie antwoorde tot by die
laaste vraag antie. toe vra hille vir hom wie issie premier vannie
weskaap antie. en nie eers die wesskaape het daai een geweet nie
antie.

nou is my pa die moer in virrie deepee en virrie enenpee en virrie
aensee en virrie peeasee antie. ma' hy sê hyt ma' net weer geleer wat
hy nog allietyd geweet het antie en dis lat alle pollietiesie
dieselfde is. maakie saak aan watter party hille behoort en wat die
oom vannie koerant sê nie. hoe virstaan antie lat oom pietertjie
vannie kaap hof toe gaan oorlat oom tounie sê hy issie meer die
burgemeester vannie kaap nie en toe die hof sê hy is toe sê hyself hy
issie.

mientaaim sê oom hoofseun vanskalkwyk oom jerald morkel issie meer
premier nie en toe maak oom tounie oom jerald burgemeester. ennie
aensee sê die enenpee issie meer die ennemie vannie piepel nie oom
pietertjie is nou premier. my pa sê sy kanse is beter om 'n miljoen
innie biekbradder hys te wen want hy kan beter vloek as witboesman
ferdinand rabie.

nou issie kaap okkie meer hollans nie antie en da is okkie 'n kans lat
hy volgende jaar driehonderdenvyftag jaar na jan vanriebeek weer
hollans gaan raak nie. want antie petrisia delilla vannie peeasee
fillistyne sê ons gannie weer vanriebeekdag vier nie antie. oom taboe
het hoeka mos gesê apartheid is jan vanriebeek se skuld oor hy die
amandelbome geplant het en antie petrisia sê hy is die yntlike enemie
vannie piepel want as hy nie al die pikkewyneiers op robbenyland
opgevreet het nie sou da' nie plek virre tronk gewees het nie. en as
hy die kaap gelos het soos hy was sou dit nie nog tweehonderdjaar
gevat het om 'n spoorlyn kiemberlie toe te bou en diamante te gaan
ytgrawe nie antie. en dan was oom pietertjie hoeka al premier en
burgemeester.

my pa sê ek moet vi' antie sê antie hoef nie te warrie lat hy kanada
toe sal kom nie. hy sê vanlat hille die arme rand by 'n vliegtyg
ytgegooi het lat hy in vryval is het hy nie eers geld vir petrol
simbabwie toe nie wat nog van 'n vliegtygkaartjie kanada toe. ma' oom
robbies makapie van simbabwie kla nie want hy sê hy soek nie my pa se
soort da' nie.

my pa sê strandloper herrie viljoen het hom nou finaal van rakbie
genees. hy sê sydafrika se rakbie is nou so trerig lat dit nie eers
sal help as hille vir herrie potter afrigter maak en ons op toorbesems
lat speel nie.

koebaai antie (merrie krismis en heppie neeu jeer)

hennerietjie
Vorige onderwerp: Hulp Asseblief?
Volgende onderwerp: Haai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 23:42:32 MGT 2024