Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Was dit nodig?
Was dit nodig? [boodskap #53792] Wo, 21 November 2001 19:18 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit was 'n
besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk dat
die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het. Het hy
teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy gewees het
of sou dit veel minder ernstig gewees het.

Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.

Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag nie,
en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n persoon
wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat homself
daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles wat
laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar. "Hulle"
is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense te
vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so nodig
is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is tyd dat
die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks om oor
bekommerd te wees nie.
Re: Was dit nodig? [boodskap #53793 is 'n antwoord op boodskap #53792] Wo, 21 November 2001 19:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Nov 2001 21:18:45 +0200, "Grahame" wrote:

> Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
> sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was.

Dit is 'n hartseer storie Grahame. Dit is so jammer dat daardie tipe
ding gebeur. In jou sin wat ek aangehaal het, is die woord
'onnodig' onvanpas.

Groetnis

DD
Re: Was dit nodig? [boodskap #53799 is 'n antwoord op boodskap #53792] Wo, 21 November 2001 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Grahame, jammer om die nuus en jou hartseer te te hoor.
Ons almal glo in verskillende goed verskillend.
Natuurlik was dit nie nodig nie -
Maar dit was so bestem.
Dit is hoe ek na sulke tragedies kyk.
Dit was so bestem dat die mooi jong kind op daardie oomblik op daardie plek
moes wees.

Natuurlik moet daar beter beheer en meer effektiewe wetstoepassing wees.
Maar die seun was nodig op 'n ander plek, vir 'n ander diens - en ons as
gewone mens sukkel maar nog om dit te verstaan,
Daar is ook 'n doel met die persoon wat die motor bestuur het. Wie weet -
miskien het hy wrede besinning in sy lewe nodig gehad - ons weet nie.
Miskien is daar 'n doel met die ander memse wat die jong man geken het, en
wie se lewe vorentoe op een of ander manier be-invloed gaan word deur
hierdie hartseer - ons weet nie.

Dus, liewe vriend - wees hartseer. Wees selfs kwaad - dit is menslik.
Maar moenie vergeet dat die mooi jong man op die regte tyd en oomblik gegaan
het soos wat dit bestem was nie.

Sterkte.
Annette

in message news:9tgvq0$nq3$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
> sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit was 'n
> besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
> bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk dat
> die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het. Het hy
> teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy gewees het
> of sou dit veel minder ernstig gewees het.
>
> Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
> sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
> hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
> skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.
>
> Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag nie,
> en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n persoon
> wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
> verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat homself
> daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
> Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles wat
> laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
> word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar. "Hulle"
> is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense te
> vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so nodig
> is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is tyd dat
> die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks om oor
> bekommerd te wees nie.
>
Re: Was dit nodig? [boodskap #53800 is 'n antwoord op boodskap #53793] Wo, 21 November 2001 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Patricia  is tans af-lyn  Patricia
Boodskappe: 48
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Net die afgelope naweek vertel ek my suster hoe wetsgehoorsaam Ierse
bestuurders is. En dis beslis nie omdat daar verkeersbeamptes is wat om
elke hoek en draai staan met 'n radar, of kamera of selfs toutjies nie. Die
reël - toegepaste reël - hier is dat jy 'n sekere aantal punte kry wanneer
jy jou lisensie bekom en indien jy 'n padreël verontagsaam, word punte
afgetrek en sodra jy al jou punte kwyt is, is jy ook jou lisensie kwyt,
permanent!
Die spoedgrens op algemene paaie is slegs 30 myl per uur en 70 myl per uur
op die snelweg, en glo my jy kry niemand wat op die snelweg of enige ander
plek jaag nie en boonop kry voetgangers altyd voorkeur. Dit was aan die
begin vir my soms verskriklik moeilik om die een oomblik nog te ry en dan af
te kom op 'n string karre net om te sien dat hulle vir voetgangers wag om
die pad te kruis, maar raai wat? Nou doen ek dit ook, want ek het net besef
dat ek of my kinders ook met tye voetgangers is en ook die gebruik van die
paaie wil hê.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:pa0ovt8oadvr2gsj5th95tptfh59p5ntq6@4ax.com...
> On Wed, 21 Nov 2001 21:18:45 +0200, "Grahame"
> wrote:
>
>> Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
>> sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was.
>
> Dit is 'n hartseer storie Grahame. Dit is so jammer dat daardie tipe
> ding gebeur. In jou sin wat ek aangehaal het, is die woord
> 'onnodig' onvanpas.
>
> Groetnis
>
> DD
Re: Was dit nodig? [boodskap #53803 is 'n antwoord op boodskap #53799] Wo, 21 November 2001 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Nov 2001 22:31:49 +0200, "Annette" wrote:

> Natuurlik was dit nie nodig nie -
> Maar dit was so bestem.
> Dit is hoe ek na sulke tragedies kyk.
> Dit was so bestem dat die mooi jong kind op daardie oomblik op daardie plek
> moes wees.

Kan nie maklik met jou saamstem nie Annette, want sou dit so wees soos
jy troos, sou dit beteken dat alle wrede moorde ook Sy wil is.
Aikôna, Annette, die Woord leer dat baie dinge buite Sy wil gebeur.
Slegs dinge wat binne die Koningkryk (Geestelike KoningKryk op aarde
natuurlik) gebeur, is soos bestem. Want reeds/juis hier op aarde is
daar 'n binne en 'n buite betreffende Sy Wil.

DD
Re: Was dit nodig? [boodskap #53920 is 'n antwoord op boodskap #53799] Vr, 23 November 2001 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Anette,
Nee jong, hier stem ek def. nie saam met jou dat dinge altyd so bestem is /
was nie.
Onthou al die moorde wat daar was. Dis maar die een wat almal se aandag het
ne. Sê van die +1000 Boere wat al op die plase vermoor is net 10% van hulle
het in God geglo, dink jy nog steeds dat dit so bestem was. Wat dan van die
ander 90%.
God sê hard en duidelik dat dit wat ons in sy Naam vra en Glo dat ons dit
sal kry en dit is werklik so. Ja, maar in dieselfde Boek waar ons dit lees
sê Hy ook dat daar ander persone sal wees wat gesond sal maak ens., hier
dink ons sommer aan die baal priester, joshua...

Ons kan nie sê dat alles God se wil was / is nie.
Ek voel jammer vir die persoon aan die ander kant, maar dit is ongelukkig
die pad wat ons sal moet volg omdat ons God so in die rug steek.
As ons ou Volkie nie weer op ons kniee voor die Almagtige Vader bely en
opreg begin lewe nie moet ons waaragtig nie kla oor die wetteloosheid,
moorde en al daai ander lekker dinge nie.

Net een voorbeeld:
Is ons Volk nog Desember op ons kniee met die Gelofte van Bloedrivier. Nee,
die lekker nuwe sa het ons mos anders geleer en so breinspoel hulle ook nou
ons kinders in die skole..

Groete
Frikkie
Ps: Jy hoef nie hierop te antwoord nie, maar gaan sit net en dink vir
jouself, nie dit wat jy hoor en van die preekstoele af mee gelieg word nie.
Gebruik maar net jou gesonde verstand en die beste nog, vra jouself af en
gaan kyk soos jy op die oomblik leef of dit is soos wat God jou graag sal
wil laat leef. "Bang, beangs, vrees, sukkel in die maand, die lys gaan
aan....
Wel ek kan opreg sê dat dit nie met my gebeur het nie....

Annette skryf in boodskap news:9th37q$2ijm4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Grahame, jammer om die nuus en jou hartseer te te hoor.
> Ons almal glo in verskillende goed verskillend.
> Natuurlik was dit nie nodig nie -
> Maar dit was so bestem.
> Dit is hoe ek na sulke tragedies kyk.
> Dit was so bestem dat die mooi jong kind op daardie oomblik op daardie plek
> moes wees.
>
> Natuurlik moet daar beter beheer en meer effektiewe wetstoepassing wees.
> Maar die seun was nodig op 'n ander plek, vir 'n ander diens - en ons as
> gewone mens sukkel maar nog om dit te verstaan,
> Daar is ook 'n doel met die persoon wat die motor bestuur het. Wie weet -
> miskien het hy wrede besinning in sy lewe nodig gehad - ons weet nie.
> Miskien is daar 'n doel met die ander memse wat die jong man geken het, en
> wie se lewe vorentoe op een of ander manier be-invloed gaan word deur
> hierdie hartseer - ons weet nie.
>
> Dus, liewe vriend - wees hartseer. Wees selfs kwaad - dit is menslik.
> Maar moenie vergeet dat die mooi jong man op die regte tyd en oomblik gegaan
> het soos wat dit bestem was nie.
>
> Sterkte.
> Annette
>
> in message news:9tgvq0$nq3$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
>> sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit
was
> 'n
>> besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
>> bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk dat
>> die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het. Het hy
>> teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy gewees
> het
>> of sou dit veel minder ernstig gewees het.
>>
>> Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
>> sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
>> hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
>> skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.
>>
>> Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag nie,
>> en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n
> persoon
>> wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
>> verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat
> homself
>> daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
>> Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles wat
>> laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
>> word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar.
> "Hulle"
>> is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense te
>> vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so
> nodig
>> is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is tyd
> dat
>> die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks om
> oor
>> bekommerd te wees nie.
>>
>
Re: Was dit nodig? [boodskap #53926 is 'n antwoord op boodskap #53920] Vr, 23 November 2001 22:23 Na vorige boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" Hallo Anette,[/color]
> Nee jong, hier stem ek def. nie saam met jou dat dinge altyd so bestem is /
> was nie.
> Onthou al die moorde wat daar was. Dis maar die een wat almal se aandag het
> ne. Sê van die +1000 Boere wat al op die plase vermoor is net 10% van hulle
> het in God geglo, dink jy nog steeds dat dit so bestem was. Wat dan van die
> ander 90%.
> God sê hard en duidelik dat dit wat ons in sy Naam vra en Glo dat ons dit
> sal kry en dit is werklik so. Ja, maar in dieselfde Boek waar ons dit lees
> sê Hy ook dat daar ander persone sal wees wat gesond sal maak ens., hier
> dink ons sommer aan die baal priester, joshua...
>
> Ons kan nie sê dat alles God se wil was / is nie.
> Ek voel jammer vir die persoon aan die ander kant, maar dit is ongelukkig
> die pad wat ons sal moet volg omdat ons God so in die rug steek.
> As ons ou Volkie nie weer op ons kniee voor die Almagtige Vader bely en
> opreg begin lewe nie moet ons waaragtig nie kla oor die wetteloosheid,
> moorde en al daai ander lekker dinge nie.
>
> Net een voorbeeld:
> Is ons Volk nog Desember op ons kniee met die Gelofte van Bloedrivier. Nee,
> die lekker nuwe sa het ons mos anders geleer en so breinspoel hulle ook nou
> ons kinders in die skole..
>
> Groete
> Frikkie
> Ps: Jy hoef nie hierop te antwoord nie, maar gaan sit net en dink vir
> jouself, nie dit wat jy hoor en van die preekstoele af mee gelieg word nie.
> Gebruik maar net jou gesonde verstand en die beste nog, vra jouself af en
> gaan kyk soos jy op die oomblik leef of dit is soos wat God jou graag sal
> wil laat leef. "Bang, beangs, vrees, sukkel in die maand, die lys gaan
> aan....
> Wel ek kan opreg sê dat dit nie met my gebeur het nie....
>
>
>
> Annette wrote in message
> news:9th37q$2ijm4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Grahame, jammer om die nuus en jou hartseer te te hoor.
>> Ons almal glo in verskillende goed verskillend.
>> Natuurlik was dit nie nodig nie -
>> Maar dit was so bestem.
>> Dit is hoe ek na sulke tragedies kyk.
>> Dit was so bestem dat die mooi jong kind op daardie oomblik op daardie
> plek
>> moes wees.
>>
>> Natuurlik moet daar beter beheer en meer effektiewe wetstoepassing wees.
>> Maar die seun was nodig op 'n ander plek, vir 'n ander diens - en ons as
>> gewone mens sukkel maar nog om dit te verstaan,
>> Daar is ook 'n doel met die persoon wat die motor bestuur het. Wie weet -
>> miskien het hy wrede besinning in sy lewe nodig gehad - ons weet nie.
>> Miskien is daar 'n doel met die ander memse wat die jong man geken het, en
>> wie se lewe vorentoe op een of ander manier be-invloed gaan word deur
>> hierdie hartseer - ons weet nie.
>>
>> Dus, liewe vriend - wees hartseer. Wees selfs kwaad - dit is menslik.
>> Maar moenie vergeet dat die mooi jong man op die regte tyd en oomblik
> gegaan
>> het soos wat dit bestem was nie.
>>
>> Sterkte.
>> Annette
>>
>> in message news:9tgvq0$nq3$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Iewers in Alberton vanaand is 'n huis in diepe rou oor die dood van 'n
>>> sestienjarige seun wat onnodig by 'n verkeerslig doodgetrap was. Dit
> was
>> 'n
>>> besige kruispad by 'n groot winkelsentrum en volgens die skade aan die
>>> bakkie en die feit dat die seun opslag gedood was kry mens die indruk
> dat
>>> die bakkie teen 'n geweldige spoed deur die verkeerslig gejaag het.
Het
> hy
>>> teen 'n normale spoed gery kon die ongeluk heelwaarskynlik vermy
gewees
>> het
>>> of sou dit veel minder ernstig gewees het.
>>>
>>> Die mense by die winkelsentrum is almal diep geskok oor die gebeurtenis,
>>> sommige het gehuil en my vrou is steeds gebelgd oor die onnodigheid van
>>> hierdie verlies. Hoeveel mense is daarvan bewus dat die tyd nadat die
>>> skole uitkom, 'n tyd vir uiterse versigtigheid op die paaie moet wees.
>>>
>>> Nee, dit gaan nie hier om die Swart taxies wat in ons strate rondjaag
> nie,
>>> en waaroor ons alewig kla nie. Dit gaan hier heelwaarskynlik om 'n
>> persoon
>>> wat daarvan oortuig is dat spoedbeperkings daargestel is om die
>>> verkeersdepartement van inkomste te voorsien. Die soort persoon wat
>> homself
>>> daarop roem dat hy te slim is vir die traffic cops.
>>> Die verkeersbeamptes is al vir so lank as wat ek kan onthou vir alles
> wat
>>> laag en onnosel is uitgekryt. Elke verkeers en spoedboete wat uitgereik
>>> word is so onnodig. Die beampte is dan hardvogtig en ongenaakbaar.
>> "Hulle"
>>> is skelms en "hulle" kruip agter bosse en goed weg net om sekere mense
> te
>>> vang. So nodig as wat spoedbeperkings en padreëls op ons paaie is, so
>> nodig
>>> is dit dat die Wet gehandhaaf word, en iemand moet dit doen. Dit is
tyd
>> dat
>>> die Wet meer doeltreffend toegepas word. Die wat dit nakom het niks
om
>> oor
>>> bekommerd te wees nie.
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Moeite met lezen en begrijpen.
Volgende onderwerp: Gloudina is nou 'n Roger?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:39:16 MGT 2024